dhuvnrro %orhpirqwhlq - laerskool …lsbfn.com/pdf/nuusbrief-13-2017.pdf · (n yhuzrqghu p\...

3
Laerskool Bloemfontein Goeie waardes maak ons ’n Wenskool. Webblad: lsbfn.com Besoek ons op facebook: Laerskool Bloemfontein NUUSBRIEF 13 2017/04/26 Uit die kantoor Ek verwonder my partykeer aan mense se ingesteldheid. Sommige mense sien mos altyd net die negatiewe in die lewe. Ek dink dit is verskriklik om elke dag so swartgallig deur die lewe te gaan. Tydens een van ons openinge in die personeelkamer deel Mnr. Botha die volgende met ons personeel. BELANGRIK!!! Kyk na die ingesteldheid van die person. Drie ouens gaan kamp in twee tente. Hulle weet egter dat die een ou vreeslik snork en besluit om hom nie te laat sleg voel nie, sal hulle elkeen ‘n nag saam met die snorkende maat in sy tent slaap. Na die eerste nag kom een uit die tent gestrompel, oë bloedrooi, hare deurmekaar – hy lyk soos die dood! “En toe?” vra die ander ou. “Nee” sê die een, Trevor snork so ek het heelnag vir hom gesit en kyk, nie een minuut geslaap nie. Dié aand is dit die tweede ou se beurt. Hy kom die volgende oggend uit die tent, fris en vars en uitgerus. Die eerste ou vra: “Wat het jy gedoen dat jy so fris en vars lyk?” Die tweede ou sê: “Dit was maklik. Ek het Trevor in die bed gesit, hom op die voorkop gesoen en hom op die boud geklap. Hy het heelnag vir my gesit en kyk.” Ons skool se waardes is: Respek, Eerlikheid, Lojaliteit en Uitnemendheid. Kom ons leef ons waardes! Kom ons maak die verskil in ons land!! Belangrik!! Vir die veiligheid van ons kinders vra ons dat u ‘n besoekerskaartjie by Lee-Ann kry indien u na ‘n spesifieke klas wil gaan. Moet ook asb. nie tydens klastyd ‘n onderwyser gaan spreek nie. Dit is baie moeilik om dissipline te handhaaf as ouers jou kom sien. Noodgedwonge beweeg onderwysers uit die klas om ouers te woord te staan en dan is dit net daar waar die moeilikheid binne die klasse begin. Help ons asb. hiermee. Onderwysers is na skool tot half drie beskikbaar sodat u hulle kan kom spreek. Maak net ‘n afspraak deur vir Lee-Ann te skakel. Sy stel die onderwysers in kennis en dan kan gesprekke met ouers rustig plaasvind. Dankie vir u begrip. Leerders moet asb. hulle selfone net in noodgevalle skool toe bring. Handig dit asb. by tannie Lee-Ann in. Indien ‘n selfoon tydens klas- tyd lui, sal die persoon se foon ingeneem word en toegesluit word tot aan die einde van die kwartaal. Busgeld Laerskool leerders se busgeld moet asb. by tannie Annatjie betaal word. Geen internet betalings op die Hoërskool bankrekening vir laerskool kinders nie asb. Kaartfasiliteite is beskikbaar. REKENAARS Elke Maandag. Koste: R50 per leerder. Tyd: 13:30 – 14:30 Eie vervoer asseblief. Wat doen ek met my getuienis? Ek hoor wat God vir mense doen en wonder soms hoekom Hy nie ook na my luister nie! Hoekom doen Hy nie ook iets spesiaal vir my nie? Weet jy dis nie dat Hy ander bo my kies nie – andere sien net raak wat Hy doen. Ek verwag hierdie “wow” gebeurtenis of ervaring, maar gee nie aandag aan elke dag se lewe, gesondheid, familie of vriendskappe wat ek het nie. Dankbaarheid is ‘n keuse en kan nooit groei tot die ”wow” as die alledaagse oor die hoof gesien word nie. Die Bybel sê dat God se goedentierendheid (genade) nuut is elke môre. Tog ervaar ek dit nie en ek wonder hoekom….. Open 12 : 11 – “En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.” Johannes laat my bietjie stil word deur hierdie vers. Oorwinning kom deur die bloed van Jesus en met Paasnaweek nog vars in ons gedagtes weet ek dat dit iets besonders was wat Hy vir my gedoen het, maar…. Dan sê Johannes dat my getuienis – ja, my getuienis – ook ‘n rol speel. Maar my getuineis is nie so “wow” nie. Niemand het gesê dit moet “wow” wees nie; dis myne en as ek dit nie deel nie kan ek nie oorwin nie; kan dit nie “wow” word nie. My getuienis is dalk net wat jy nodig het, maar ek dink dis niks. Johannes sê nie dat hulle oorwin het deur wow getuienisse nie, maar deur hul getuienis. Kom ons begin weer met mekaar deel wat God doen, want dan sal ons meer raaksien en Hom kan loof ook vir die “wow” wat ons nog altyd miskyk!! Andere mag dalk nie opgewonde wees deur my getuienis nie, maar dit bly MYNE! Mag ek almal vra om ‘n paar getuienisse aan te stuur dat ons mekaar kan aanmoedig en opbou!? Jy kan anoniem bly – gooi dit in die grys posbus in die kantoor of Whatsapp dit vir ons. Ons is hier om vir elkeen te bid en vra elkeen om ook saam met ons vir ons skool en sy mense te bid. Onthou asb. van die grys gebedsposbussie in die kantoor by Lee-Ann. Neem asb. vrymoedigheid om u versoeke daarin te gooi. Kontak asb. een van die volgende ouers: Riette v Staden 0748431303 Ettienne v Staden 0742296709 OUERKOMITEE When you feel like you can’t go any further, just know that the strength which carried you this far, will take you the rest of the way. VERJAARDAGWENSE Aan personeellede, ouers en leerders. Hartlik geluk met die herdenking van jul geboortedag hierdie week. Alles wat mooi, goed en geseënd is vir julle nuwe lewensjaar. Geniet dit en gaan groot! Ons dink aan al ons geliefdes wat siek in hospitale is, of wat by die huis aansterk. Ons bid vir spoedige herstel. 8 EN 9 Mei EMO ADAMS “Waar’s dit lêkka? Hier’s dit lêkka!!” soos EMO ADAMS sal sê. Emo kom tree by ons skool op. Kaartjies kos R100 per kop. Te koop by tannie Annatjie. Vertel asb. vir almal daarvan en help ons om van hierdie twee aande ‘n groot sukses te maak. Daar is net 600 kaartjies per aand beskikbaar. Vinnig speel om teleurstelling te voorkom!! 1 Junie 2017 MANNE-AAND Spreker: ANDRIES VERMEULEN (Sanger en Storieverteller) Van OPPIESTOEP Koste: R2000 per tafel van 10 of R200 per persoon. Skakel Carin Jordaan by 084 441 7615 indien u weet van persone wat sou belangstel om ‘n tafel of kaartjies te koop. Gedagte van die week: Gebed kan genees en beskerm. Dit is ook die kosbaarste en mooiste geskenk wat jy ooit vir iemand kan gee, as jy sê: “Ek bid vir jou!” O N S I S N W A A R D E G E D R E W E S K O O L

Upload: duongthien

Post on 01-Jul-2018

224 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Laerskool Bloemfontein

Goeie waardes maak ons ’n Wenskool. Webblad: lsbfn.com Besoek ons op facebook: Laerskool Bloemfontein

NUUSBRIEF 13 2017/04/26

Uit die kantoor Ek verwonder my partykeer aan mense se ingesteldheid. Sommige mense sien mos altyd net die negatiewe in die lewe. Ek dink dit is verskriklik om elke dag so swartgallig deur die lewe te gaan. Tydens een van ons openinge in die personeelkamer deel Mnr. Botha die volgende met ons personeel. BELANGRIK!!! Kyk na die ingesteldheid van die person. Drie ouens gaan kamp in twee tente. Hulle weet egter dat die een ou vreeslik snork en besluit om hom nie te laat sleg voel nie, sal hulle elkeen ‘n nag saam met die snorkende maat in sy tent slaap.

Na die eerste nag kom een uit die tent gestrompel, oë bloedrooi, hare deurmekaar – hy lyk soos die dood! “En toe?” vra die ander ou. “Nee” sê die een, Trevor snork so ek het heelnag vir hom gesit en kyk, nie een minuut geslaap nie.

Dié aand is dit die tweede ou se beurt. Hy kom die volgende oggend uit die tent, fris en vars en uitgerus. Die eerste ou vra: “Wat het jy gedoen dat jy so fris en vars lyk?” Die tweede ou sê: “Dit was maklik. Ek het Trevor in die bed gesit, hom op die voorkop gesoen en hom op die boud geklap. Hy het heelnag vir my gesit en kyk.”

Ons skool se waardes is: Respek, Eerlikheid, Lojaliteit en

Uitnemendheid. Kom ons leef ons waardes! Kom ons maak die verskil in ons land!!

Belangrik!! Vir die veiligheid van ons kinders vra ons dat u ‘n besoekerskaartjie by Lee-Ann kry indien u na ‘n spesifieke klas wil gaan. Moet ook asb. nie tydens klastyd ‘n onderwyser gaan spreek nie. Dit is baie moeilik om dissipline te handhaaf as ouers jou kom sien. Noodgedwonge beweeg onderwysers uit die klas om ouers te woord te staan en dan is dit net daar waar die moeilikheid binne die klasse begin. Help ons asb. hiermee. Onderwysers is na skool tot half drie beskikbaar sodat u hulle kan kom spreek. Maak net ‘n afspraak deur vir Lee-Ann te skakel. Sy stel die onderwysers in kennis en dan kan gesprekke met ouers rustig plaasvind. Dankie vir u begrip.

Leerders moet asb. hulle selfone net in noodgevalle skool toe bring. Handig dit asb. by tannie Lee-Ann in. Indien ‘n selfoon tydens klas-tyd lui, sal die persoon se foon ingeneem word en toegesluit word tot aan die einde van die kwartaal.

Busgeld Laerskool leerders se busgeld moet asb. by tannie Annatjie betaal word. Geen internet betalings op die Hoërskool bankrekening vir laerskool kinders nie asb. Kaartfasiliteite is beskikbaar.

REKENAARS Elke Maandag. Koste: R50 per

leerder. Tyd: 13:30 – 14:30 Eie vervoer asseblief.

Wat doen ek met my getuienis?

Ek hoor wat God vir mense doen en wonder soms hoekom Hy nie ook na my luister nie! Hoekom doen Hy nie ook iets spesiaal vir my nie? Weet jy dis nie dat Hy ander bo my kies nie – andere sien net raak wat Hy doen. Ek verwag hierdie “wow” gebeurtenis of ervaring, maar gee nie aandag aan elke dag se lewe, gesondheid, familie of vriendskappe wat ek het nie.

Dankbaarheid is ‘n keuse en kan nooit groei tot die ”wow” as die alledaagse oor die hoof gesien word nie. Die Bybel sê dat God se goedentierendheid (genade) nuut is elke môre. Tog ervaar ek dit nie en ek wonder hoekom…..

Open 12 : 11 – “En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie.”

Johannes laat my bietjie stil word deur hierdie vers. Oorwinning kom deur die bloed van Jesus en met Paasnaweek nog vars in ons gedagtes weet ek dat dit iets besonders was wat Hy vir my gedoen het, maar….

Dan sê Johannes dat my getuienis – ja, my getuienis – ook ‘n rol speel. Maar my getuineis is nie so “wow” nie. Niemand het gesê dit moet “wow” wees nie; dis myne en as ek dit nie deel nie kan ek nie oorwin nie; kan dit nie “wow” word nie.

My getuienis is dalk net wat jy nodig het, maar ek dink dis niks. Johannes sê nie dat hulle oorwin het deur wow getuienisse nie, maar deur hul getuienis.

Kom ons begin weer met mekaar deel wat God doen, want dan sal ons meer raaksien en Hom kan loof ook vir die “wow” wat ons nog altyd miskyk!! Andere mag dalk nie opgewonde wees deur my getuienis nie, maar dit bly MYNE!

Mag ek almal vra om ‘n paar getuienisse aan te stuur dat ons mekaar kan aanmoedig en opbou!? Jy kan anoniem bly – gooi dit in die grys posbus in die kantoor of Whatsapp dit vir ons.

Ons is hier om vir elkeen te bid en vra elkeen om ook saam met ons vir ons skool en sy mense te bid. Onthou asb. van die grys gebedsposbussie in die kantoor by Lee-Ann. Neem asb. vrymoedigheid om u versoeke daarin te gooi.

Kontak asb. een van die volgende ouers:

Riette v Staden 0748431303 Ettienne v Staden 0742296709

OUERKOMITEE When you feel like you

can’t go any further, just know that the strength which carried you this

far, will take you the rest of the way.

VERJAARDAGWENSE

Aan personeellede, ouers en leerders. Hartlik geluk met die herdenking van jul

geboortedag hierdie week. Alles wat mooi, goed en geseënd is vir julle nuwe lewensjaar. Geniet

dit en gaan groot!

Ons dink aan al ons geliefdes wat siek in hospitale is, of wat by die huis aansterk.

Ons bid vir spoedige herstel.

8 EN 9 Mei

EMO ADAMS “Waar’s dit lêkka? Hier’s dit lêkka!!” soos EMO ADAMS sal sê. Emo kom tree by ons skool op. Kaartjies kos R100 per kop. Te koop by tannie Annatjie. Vertel asb. vir almal daarvan en help ons om van hierdie twee aande ‘n groot sukses te maak. Daar is net 600 kaartjies per aand beskikbaar. Vinnig speel om teleurstelling te voorkom!!

1 Junie 2017 MANNE-AAND

Spreker: ANDRIES VERMEULEN

(Sanger en Storieverteller) Van OPPIESTOEP

Koste: R2000 per tafel van 10 of R200 per persoon.

Skakel Carin Jordaan by 084 441 7615 indien u weet van persone wat sou belangstel om ‘n

tafel of kaartjies te koop.

Gedagte van die week: Gebed kan genees en beskerm.

Dit is ook die kosbaarste en mooiste geskenk wat jy ooit vir

iemand kan gee, as jy sê: “Ek bid vir jou!”

O N S I S N W A A R D E G E D R E W E S K O O L

Baie geluk aan ons seuns wat aan die proewe deelgeneem het. Ons verneem dat dit baie goed gegaan het. Veertien van ons seuns is deur na die volgende rondte proewe. Tot en met druktyd het ons nog nie ‘n naamlys ontvang om te sê wie watter span gehaal het nie.

ELOHIM TRANSPORT Beste, betroubare en kwaliteit

diens!! Ons doen trekke, verwyder en vervoer u goedere

teen sakpas pryse! Skakel:

076 463 3998 of

084 202 0251

Die ligaspan wen 5 – 3 teen Pres Brand, en 8 – 0 teen Eunice!! Julle

is kookwater! Hou so aan! Die volgende wedstryde is Dinsdag, 2 Mei net na die langnaweek. Die

skaakoefeninge vir almal begin weer Donderdag, 4 Mei 2017.

VOORTREKKERS Elke Dinsdag, direk na skool tot

half drie.

BELANGRIK!! Leerders wat verjaar mag met gewone

klere skool toe kom.

KOPLUISE!!! WEES BEDAG DAAROP!!!!!! Ouers maak tog seker dat u kopluise

dadelik behandel. Dit kom gereeld hierdie tyd van die jaar voor.

Resep om kopluise te behandel: 1 koppie kookolie, 1 koppie asyn

1 koppie parrafien Skud die mengsel goed.

Wend mengsel aan droë hare en laat staan vir ongeveer 20 minute. Was daarna met sjampoe in warm water;

laat hare half droog word en kam deur met 'n dun kammetjie.

BAIE BELANGRIK!!!! U MOET OOK DIE BEDDEGOED IN BAIE

WARM WATER WAS.

VIR DIE OORTREK VAN MEUBELS RM UPHOLSTERY: 074 285 2564

DIS-CHEM AANBOD Indien u u Dis-Chem kaart gebruik by enige Dis-Chem word daar ‘n 1,6 sent

van elke rand wat u spandeer in ‘n fonds geplaas wat dan tot u beskikking is om enige leerder van u keuse by te staan

met hul skoolfonds. Hierdie besparing van 1,6 sent beïnvloed glad nie die besparing van die 1,5 sent wat u van Dis-Chem ontvang op alle

aankope nie. Om te registreer vir hierdie besparing, kontak Lee-Ann by 051-

4331913.

ONS BENODIG DRINGEND… Skenkings vir ons maatjies wat in die

oggend by die skool eet asb. Bokspap, oats, suiker en melk. Baie

dankie vir dit wat ons reeds ontvang het.

aan al ons ouers wat gereeld hulle skoolfonds kom betaal!! Ons het ook nou kaartfasiliteite beskikbaar by tannie Annatjie om die betalings te vergemaklik.

SELECTIVE HAIR & EXTENSIONS

Was- en blaaspakette beskikbaar. Kleur

Alle moderne kleure beskikbaar. Sny

Mans, dames en kinders welkom. Ons doen:

Matriekafskeide, Bruide

Make-overs: Vir vaal Sannie tot GLAMOROUS Sannie. Kom geniet ‘n heerlike kopmassering!! Ons gee persoonlike aandag aan elke kliënt. Beste pryse vir hoë gehalte behandeling. Ons is oorkant Hoërskool Bloemfontein. Spring gou en maak jou afspraak!!

*Wendy – 071 467 2722

LAERSKOOL BLOEMFONTEIN BEDANK ONS BORGE VAN DIE RUGBY- EN NETBALTOERNOOI

ITEC TWIZZA

BLUE RIBBON BENETRAX

ALPHA PHARM PFIZER

EL-AZAAR POULTRY FARM L&M VLEIS

PVM G4S

SUNRICH ELRINA CONRADIE FANTASEA GEAR

SPOR-ON AVBOB – HENNIE NIEMANN

PIET WIESE DOREA VAN ROOYEN

IRMA BOTHMA BLOEMIE OUERS VIR AL DIE SKENKINGS

Sonder julle ondersteuning sou ons toernooi nie so ‘n groot sukses kon wees nie. DANKIE!!

TENNIS A.g.v. langnaweke, begin die tennis op

15 Mei 2017 net na skool tot 14:30.

VIR DIE MAAK VAN SLEUTELHOUERS (R40), BEKERS(R40),

MOUSEPADS(R40), YSKASMAGNETE(R20) EN STICKERS(R1,50)

SKAKEL Irma by 071 642 9142 Irma neem ook pragtige foto’s.

Gaan eet by Prellerplein se Spur. Gooi jou strokie asb. in Laerskool Bloemfontein se “boks” by die ingang. Die skool kry dan ’n persentasie van die maandelikse verkope wat in Laerskool Bloemfontein se “boks” is. Elke maand word ‘n strokie uit die “boks” getrek. Die naam kwalifiseer vir ‘n “lucky draw” in November. Die gelukkige wenner se skoolgeld kan ten volle betaal word vir 2018.

VCSV Teksvers van die maand

Jes. 43 vers 4 Omdat jy kostelik in my oë hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee EK

mense in jou plek en volke vir jou lewe.

Middagsorg vir Gr. 1 – 4 Laat my toe om jou kind te versorg en by te

staan met sy huiswerk terwyl jy by die werk is. Ek sal persoonlik die kinders by die skool gaan haal. Skakel my gerus by 074 544 3206 of kom

sien my persoonlik by David Fourie Straat 23, Noordhoek.

Koste: R400 per kind, sluit ligte middagete in.

Kennisgewings Woensdag, 26 April

Skool kom 13:00 uit.

Donderdag, 27 April VRYHEIDSDAG – GEEN SKOOL NIE.

Vrydag, 28 April Skole vakansiedag! – GEEN SKOOL

Maandag, 1 Mei WERKERSDAG - GEEN SKOOL

Dinsdag, 2 Mei Voortrekkers direk na skool tot 14:30 Kuns: Gr 1 – 3 (13:30 – 15:00) Skaakliga

Woensdag, 3 Mei Juffrou Stephanie verjaar!! Kuns: Gr 4 – 7 (13:30 – 15:00) Rugby liga @ Grey

Donderdag, 4 Mei Skaak oefening net na skool tot 14:30 Netbal proewe by Fichardtpark Laerskool

Vrydag, 5 Mei HEMELVAART

LEERDERRAAD SE GEDAGTE Wees sout wat smaak gee aan die wêreld;

wees positief!!

SO-LEERDERS Ons is opsoek na

Afval draad om draadkarre mee te bou. Ons SO-maats soek asb. politoer

blikkies vir die wiele van hulle karre en blikkies en botteltjies om allerhande mooi goedjies mee te maak. Vat asb.

alles vir juf. Tharina.

PLASTIESE KOELDRANKPROPPIES GESOEK

As ons 150 kg doppies bymekaar kan maak, kry ‘n gestremde persoon ‘n

rolstoel. Bring asb. al julle plastiese doppies vir juf. Annette.

Wat sê die een vlooi vir die ander vlooi toe hulle verby die kat stap? “Sal ons hom vir ‘n spin vat?”

Wat is die verskil tussen ‘n swak rugbyspan en ‘n samoesa? ‘n Samoesa het darem drie

punte.

Wat is die definisie van ‘n onderwyser? Iemand wat in ander mense se slaap praat.

Ek is seker ons skoolhoof is ‘n

heks. Op sy deur staan: Kan-TOOR!!

Watter soort appel kan kontaklense dra? ‘n Oogappel!

RESPEK EERLIKHEID LOJALITEIT U I T N E M E N D H E I D