dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. maar natuurlik is die...

32
Dans-dans deur die duisende jare... Die geskiedenis van die dans kan so oud wees soos die geskiedenis van die mens. Maar het jy geweet dat ook sjimpansees in ’n kring dans? En het jy al ooit gehoor van die tyd in Europa toe mense freneties in begraafplase gedans het of van die danse van die slaapwandelaars tydens die Depressiejare in Amerika? S jy doodseker is dat jy in ’n eksamen gedruip het, maar dan hoor dat jy eintlik met vlieënde vaandels geslaag het, sal jy maklik opspring en begin rondtrippel van uitbundige ekstase. As musiek met ’n lewendige ritme van êrens in jou omgewing opklink, kan jy só gekielie voel dat jy outomaties ’n paar wilde passies op die vloer maak. En as die meisie of jong man van jou drome op die toneel verskyn, wil jy haar of hom in jou arms neem en wals tot in die hoogste wolke van geluk. Soveel situasies, soveel danse, kan ’n mens byna sê, want om soms ritmiese bewegings met die liggaam te wil maak, is inherent aan die menslike aard. Selfs kleuters wat skaars kan praat, wieg op wankele beentjies op die maat van opgewekte musiek uit die radio, en iemand het al dans die huwelik van menslike beweging en musiek genoem. Tog hoef musiek nie noodwendig deel te vorm van ’n dans nie, soos wanneer mense hul ritmiese kaperjolle op die maat van tromme of selfs handeklap doen. Dans oorspan nagenoeg alle kulture, van die vreesaanjaende voetegestamp van begeesterde Zoeloe-krygsmanne tot die grasieuse gesweef van balletdanseresse op die verhoë van konsertsale. Dit is ’n vorm van ontspanning, maar ook van kommunikasie, en dit is miskien die oudste soort kuns, wat tog die minste bewaar gebly het van al die kunste. A

Upload: others

Post on 17-Jan-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

Dans-dans deur die duisende jare...

Die geskiedenis van die dans kan so oud wees soos die geskiedenis van die mens. Maar het jy geweet dat ook sjimpansees in ’n kring dans? En het jy al ooit gehoor van die tyd in Europa toe mense freneties in begraafplase gedans het of van die danse van die slaapwandelaars tydens die Depressiejare in Amerika?

S jy doodseker is dat jy in ’n eksamen gedruip het, maar dan hoor dat jy eintlik met vlieënde vaandels geslaag het, sal jy maklik opspring en begin rondtrippel van uitbundige ekstase.

As musiek met ’n lewendige ritme van êrens in jou omgewing opklink, kan jy só gekielie voel dat jy outomaties ’n paar wilde passies op die vloer maak.

En as die meisie of jong man van jou drome op die toneel verskyn, wil jy haar of hom in jou arms neem en wals tot in die hoogste wolke van geluk.

Soveel situasies, soveel danse, kan ’n mens byna sê, want om soms ritmiese bewegings met die liggaam te wil maak, is inherent aan die menslike aard. Selfs kleuters wat skaars kan praat, wieg op wankele beentjies op die maat van opgewekte musiek uit die radio, en iemand het al dans die huwelik van menslike beweging en musiek genoem.

Tog hoef musiek nie noodwendig deel te vorm van ’n dans nie, soos wanneer mense hul ritmiese kaperjolle op die maat van tromme of selfs handeklap doen.

Dans oorspan nagenoeg alle kulture, van die vreesaanjaende voetegestamp van begeesterde Zoeloe-krygsmanne tot die grasieuse gesweef van balletdanseresse op die verhoë van konsertsale. Dit is ’n vorm van ontspanning, maar ook van kommunikasie, en dit is miskien die oudste soort kuns, wat tog die minste bewaar gebly het van al die kunste.

A

Page 2: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

Hoe, waar en wanneer die dans ontstaan het

DIE oorsprong van die dans het verlore geraak in die voorgeskiedenis van die mens. Maar as ons die handelinge bestudeer van ongekunstelde gemeenskappe soos byvoorbeeld die San (Boesmans), wat vandag nog naby die natuur lewe, besef ons dat mans sowel as vroue heel waarskynlik nog altyd gedans het.

Anders gestel: die geskiedenis van die dans kan so oud wees soos die geskiedenis van die mens. Tekeninge op grotwande in Frankryk en Spanje toon die rituele danse van gemaskerdes in die primitiewe samelewing van destyds. En toe die eerste Europeërs enkele eeue gelede in Suid-Afrika aangekom het, het hulle die Khoikhoi hier aangetref wat toe miskien reeds millenniums lank saans om vure gedans het.

Jy dans lekker, my dier…

DIT is nie net die mens wat dans nie, selfs party diere doen dit. Die sjimpansees in die tropiese Afrika-bosse stamp hul voete ritmies terwyl hulle in ’n kring beweeg, terwyl sekere voëls pronk en buig wanneer hulle mekaar die hof maak.

Dan sal ’n gevierde Suid-Afrikaanse rolprentmaker van vroeër, die geniale Jamie Uys, ook onder meer onthou word vir ’n kostelike toneeltjie in een van sy films waarin skerpioene ’n skouspelagtige paringsdans uitvoer op die maat van

Page 3: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

musiek—wat natuurlik later bygevoeg is.

Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike liggaamswaaie van mense, al staan die mens se ingeskape drifte ook nie heeltemal los van die dans nie.

Weliswaar het die witman destyds die psige van hierdie natuurmense nie ten volle begryp nie en daar is selfs gedink dat die Khoikhoi besig was om met hul danse die maan te vereer. Sekere geleerdes sê vandag dat, as die Europese immigrante dieper in die sielelewe van die Khoikhoi-dansers kon ingekyk het, hulle sou besef het dat hul dansery niks met ’n maansverering te doen gehad het nie.

Die Khoisan, sê hulle, het eintlik om vure gedans het om in verbinding te kom met hul persepsie van die krag van God. Hulle moes Hom bedank vir die seëninge wat hulle in die afgelope maan-maand ontvang het en Hom vra om hulle in die komende maan-maand te beskerm. Maar, soos al so dikwels gebeur het wanneer mense met totaal verskillende kulture met mekaar in aanraking gekom het, het verkeerde gevolgtrekkings bly steek wat eeue later steeds nie werklik reggestel sou wees nie.

Hoe ook al, daar is ook duidelike argeologiese getuienisse van danse in sekere ander wêrelddele in die gryse verlede. Dikwels kan ons egter maar net net raai hoe verskillende volkere en groepe mense se danse in verskillende tydvakke daar uitgesien het.

Wat wel gesê kan word, is dat die danse in uiteenlopende gemeenskappe uiteenlopend ontwikkel en verander het. Dit het gepaard gegaan met die groei in eiesoortige godsdienstige en sosiale beskouings. Dit het ook saamgeloop met die geleidelike verfyning van allerhande unieke kulturele bedrywighede by die onderskeie nasies.

Page 4: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

Danse van die Oudheid en daarna en hoe sekere van vandag se danse ontwikkel het

TEKENINGE en reliëfbeelde op mure toon dat daar in Ou Egipte twee hoofsoorte danse was, godsdienstig en akrobaties. Priesters het die godsdienstige danse uitgevoer, waarin ingewikkelde bewegings die verhale van die gode vertel het.

Singende danseresse was gedurig by die Egiptiese tempels om eer aan die gode te betoon. Egiptenare van die laer klasse en slawe het weer akrobatiese danse gedoen, wat dikwels met goëltoertjies en swaardslukkery gekombineer is.

In ou Griekeland was dans ’n vereiste deel van die opvoeding. Met die kragtige Pyrrhus-dans het seuns gevegstegnieke leer bemeester. Meisies het op hul beurt die grasie van sosiale danse geleer. Griekse vroue wat by feeste gedans het, het die skoonheid van vryvloeiende ritmiese bewegings ontwikkel, wat die grondslag vir die moderne ekspressionele danse gelê het.

Met hul godsdienstige feeste, veral met die bok-lied ter ere van die god Dionysus, het die Grieke die klassieke rondedans ontwikkel. Hierdie dans was belangrik in die ontwikkeling van die teater.

In Rome is grootliks gekonsentreer op vermaak deur beroepsdansers wat veral van patomimes gebruik gemaak het, dit wil sê voorstellings van handelings deur gebare, dans, ensovoorts, sonder woorde. Hul vertonings het nie die natuurlike grasie van die Griekse danse gehad nie en wulps en wellustig geword toe die Romeinse ryk aan die verval was.

In die vroeë Middeleeue het danse in Europa hoofsaaklik uit volksdanse en statige religieuse danse in die Christelike kerk bestaan. Christelike religieuse danse is in die sewende eeu verbied, maar het tog in sekere plekke bly voortbestaan.

In die latere Middeleeue het die kerk wel danse in mirakel- en passiespele toegelaat wat op kerkterreine uitgevoer is. Aanvanklik was die enigste dansende karakters Satan en sy volgelinge. Latere spele het ook ander dansers ingesluit.

Page 5: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

’n Onverklaarde histerie, wat dansmanie genoem is, het Europa in die elfde eeu beetgepak. Op feeste en begrafnisse het mense freneties in begraafplase gedans om met die dooies te probeer kommunikeer. Wanneer dansers nie wou luister na ’n priester wat hulle beveel het om op te hou nie, sou hy hulle volgens oorlewering vervloek het om die hele jaar deur te dans.

Die sprokie van die Skone Slaapster of Doringsrosie ("Sleeping Beauty") spruit glo uit ’n Hongaarse begrafnisdans waarin iemand voorgee om te sterf en dan weer lewend gesoen word.

Teen die middel van die veertiende eeu het nog ’n dolle dansgier in Europa posgevat. Om onbekende redes het mans en vroue geswaai, gespring en geruk totdat hulle neergeslaan het.

Renaissance-danse word onderverdeel in danse haute (Frans vir "hoë dans"), die vrolike sprong- en warreldanse van die landvolk; en danse basse ("lae dans"), die statige danse van die hof, waar mans en vroue hul voete naby die vloer gehou het. Die adel het dansmeesters in diens geneem om hulle die stadige, ingewikkelde passies te leer.

Uit die hofdanse van Italië en Frankryk het die klassieke ballet en die teenswoordige baldanse ontwikkel.

Só het die dans dan gekom, gebloei en met verloop van tyd enigermate gekwyn. Uiteindelik is dit uitgerangeer tot ’n ondergeskikte rol in die moderne samelewing, waar dit vroeër by die natuurgebonde mens ’n betreklik sentrale plek ingeneem het.

Die betekenis van die dans

Page 6: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

BO: Die dans van die slaapwandelaars in ou Amerika.

Foto: U.S. Library of Congress

Dans van die slaapwandelaars

PAARTJIES het gedans totdat hulle aan die slaap geval het. En partykeer selfs totdat een van die dansers dood neergeval het. Dit was ’n rare vorm van vermaak wat baie gewild was in die Depressiejare van die vroeëre 1930’s in Amerika.

Honger, daklose mense het hulle só laat misbruik om deur betalende toeskouers toegejuig of bespot te word ter wille van die gratis kos en huisvesting wat hulle ten tyde van die knellende Depressie by die

Page 7: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

dansplekke ontvang het. Die "vermaaklikheid" is "dans-marathons" genoem en deelnemers is boonop gelok deur die moontlikheid om vet kontantpryse te wen. In ’n tyd van groot werkloosheid sou baie mense immers omtrent enigiets vir ’n klompie dollars doen.

Allerhande foefies is bedink om die toeskouers by sulke danswedstryde genoeg waarde vir hul geld te gee, maar die algemene reël was dat die deelnemers op die dansbaan moes aanhou dans en dans sonder om te slaap. Partykeer kon ’n deelnemer wel slaap, solank sy of haar dansmaat net vir haar of hom regop gehou en aan die beweeg gebly het. Of hulle goeie of slegte dansers was, was nie eintlik ter sake nie.

Dit was die ekwivalent van vandag se werklikheidstelevisie waar ware lewensdramas onder die bittereinders van die bitter vaak dansers ontvou het.

Dans-marathons is egter uiteindelik in die meeste state van die VSA verbied omdat dit die deelnemers se gesondheid so erg benadeel het en dit selfs sommige "kanniedoods" hul lewe gekos het.

Page 8: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

DIE betekenis van die dans hang natuurlik af van die soort dans wat ter sprake is en die waarde wat die beoefenaars van daardie spesifieke dansvorm daaraan heg.

In sy eenvoudigste vorm is dans bepaalde ritmiese en herhalende liggaamlike handelinge wat ten doel het om uiting aan die danser se gevoelens te gee of om gevoelens op te wek of om dit aan andere oor te dra. Dit kan ook gedoen word om wat die danser as 'n meerdere of 'n goddelike wese beskou, te behaag.

Danse kan vandag in drie hoofgroepe ingedeel word, te wete danse vir ontspanning, danse op die verhoog of in die teater en rituele danse. Ontspanningsdanse, wat vir die pret gedoen word, is volks- en baldanse ("folk" en "ballroom", soos dit in Engels genoem word).

Verhoogdanse, wat voor gehore uitgevoer word, sluit klopdanse, akrobatiese danse, ballet en ekspressionele danse in. Rituele danse is die liggaamsbewegings van natuurgebonde mensegroepe wat uitdrukking gee aan die idees of emosies van ’n hele gemeenskap, soos ’n stam of dalk al die inwoners van ’n kraal. By sulke mense is daar danse vir byna alle geleenthede en omstandighede, soos geboorte, sterfte, jag en die behoefte aan reën.

’n Etniese dans is ’n ontspannings-, verhoog- of rituele dans wat kenmerkend van ’n volk of ’n sekere streek is. Die Argentynse tango (’n baldans) en die rituele danse van stamgebonde Suid-Afrikaanse swartmense is voorbeelde van etniese danse.

Danse is dus betekenisvol op verskillende terreine, soos op sosiale gebied, op kulturele gebied en op die gebied van die geestelike. In die volgende aflewering word dit van naderby bekyk.

Page 9: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

Die rol van die dans op die terreine van sosiale omgang, die kultuur, die geestelike lewe en die ekonomiese wêreld

OP die sosiale terrein, soos by die jong mense se "sokkies" en disko’s, het die dans ’n klaarblyklike rol te speel om die sug na vermaak te bevredig en baiemaal om te help om die opgebondelde jeugdige energie te ontlaai. Nie almal doen egter daaraan mee nie, veral nie die behoudende jongklomp wat soos baie ouers voel dat sulke byeenkomste maklik die teelaarde vir allerhande losbandighede kan word nie.

Op die gebied van die kulturele weerspieël die soort danse van ’n groep of volk dikwels baie van die aard of karakter van daardie besondere samelewing. Die volkspele wat vroeër byvoorbeeld as tradisioneel in baie Afrikanerkringe beskou is, is wêrelde verwyder van die geisja-danse van Japan, net soos die Boere-kultuur en dié van Japan min ooreenkomste toon. Die San dans ook nie soos die Eskimo’s nie en die Spanjaarde dans heeltemal anders as, sê, die Maori’s of selfs die Grieke.

En wat die geestelike aanbetref, word die dans van die vroegste tye af aangewend om uitdrukking te gee aan die emosies en die ontroeringe van die hart. In die Bybel lees ons in II Samuel 6 hoe Dawid “met alle mag gedans (het) voor die aangesig van die Here”. Soos ons vroeër in hierdie artikel gesien het, is danse ook tradisioneel by die Khoisan gebruik om die mense in kontak te bring met hul begrip van die krag van ’n Goddelike Opperwese.

Die ou Australiese inboorlinge, wat weer tradisioneel geglo het dat hul wêreld in die “Tyd van Drome” geskep is deur singende geeste wat uit die grond gekom het, het op hul beurt met rituele danse, dreunsang en sang probeer om hul bande met daardie geeste te behou. Self vandag nog word in baie Christelike kerke van dansers gebruik gemaak om sekere waarhede of gedagtes by die kerkgangers tuis te bring.

Ook op ekonomiese gebied is die dans belangrik. Balletliefhebbers, byvoorbeeld, sal die hand diep in die sak sal steek om hul gunsteling-dansers in aksie te sien. Danse in rolprente, vernaamlik in musiekblyspele, is boonop ’n integrerende deel van ’n multimiljoendollar-bedryf. Die ekonomiese voorbeelde is legio.

Page 10: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

Die dans is dus vir stemmige vermaak en aanbidding, vir gesonde pret en vir eerbetoon. Dit is ook vir wellus, soos toe die dogter van Heródus in die Mattheüs 14 in die Bybel voor Herodus gedans en hom behaag het. En vir uitspattige feesviering, soos vandag nog met die Mardi Gras-feestelikhede in verskillende lande, wat gepaard gaan met vlotte, swierige kostuums, gemaskerde balle en dansery in die strate. Om nie te praat van ons eie dansende en singende Kaapse Klopse wat jaarliks op "Tweede Nuwejaar" die Kaap in ’n feesstad verander nie.

Die dans is baie dinge vir baie mense. Maar sy uniekheid lê in die lyftaal. Met soepele vloeiings van die menslike liggaam of die wildste wendinge van die romp en ledemate word die lyf omgetower tot ’n woordelose spreekbuis vir die gees. Viva die dans! Ons sou geen ware mense gewees het daarsonder nie.

DIE WALS

In watter land het die wals ontstaan?

DIE naam wals kom van die ou Duitse woord "walzen", wat rol, draai of gly beteken. Dit is aanvanklik in die voorstede van die Oostenrykse stad Wenen en in die Alpe-streek van Oostenryk gedans—enigsins ’n verfyning van die sogenaamde Ländler, ’n volksdans in driekwarttyd (1-2-3, 1-2-3, 1-2-3. . . ).

Page 11: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

REGS: Oostenryk en meer spesifiek Wenen—

die wêreld van die wals.

Hierdie dansstyl se begin was dus maar baie nederig—trouens, dit is as ’n uitspattige en sedebederwende gehuppel van die landvolk beskou en nie as iets waaraan ’n ordentlike mens van die hoër klasse ooit sou meedoen nie.

Die maniere waarop ’n walsende mansmens sy dansnooientjie om haar lyf vasgehou het, was aanvanklik vir die adellikes en andere in Europa te vulgêr vir woorde. In Engeland (wat tradisioneel baie behoudend was) het dit selfs langer geduur voordat die wals as respektabel beskou is.

BO: ’n Spotprent oor die wals uit 1810. Die wals was toe nog iets nuuts

Page 12: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

in Engeland en is as bra skandalig beskou—weens die manier waarop die man se arm die vrou se middel omsirkel as deel van die dans.

Is die wals deel van ’n bepaalde kultuur en het dit ’n spesifieke betekenis?

DIE wals kan vandag steeds Oostenryk, en meer spesifiek Wenen, as sy heimat beskou, hoewel dit regdeur die Westerse wêreld gewild geraak het, veral by gesofistikeerde baldansers.

REGS: Walsende baldansers.

Die stylvolle elegansie wat deel van die wals geword het, is ligjare verwyder van die destydse beskouing dat dit sommer ’n banale hoogskop van die uitvaagsels in die samelewing is!

Walskenners maak ’n besliste verskil tussen die wals en die Weense wals, maar vir die doel van hierdie artikel word daardie onderskeid nie gemaak nie.

Maar die wals se betekenis dan? Daaroor sal daar baie menings wees. Die baldanser sal dit bes moontlik bloot as ’n ritmiese sensasie van sensuele romantiek beskou, selfs as ’n kunsvorm van ligvoetse, deinende liggaamlike ekspressie. Volkekundiges, sosioloë, sielkundiges en ander geleerdes sal weer op hul eie maniere net so effens anders daaroor kan dink!

Page 13: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

Kan ons sê presies wanneer die wals ontstaan het?

NIE regtig nie. Daar is wel mense wat reken die eerste walsmelodie was Das Lied vom lieben Augustin, wat toeka in 1679 reeds in driekwarttyd gekomponeer is. Maar ons weet darem baie beslis wie die wals tot ’n voortreflike hoogtepunt gevoer het. Die onbetwiste

walsmeesters was die geniale Strausse van Wenen.

Die naam Strauss, of daar nou na Johann senior of Johann junior verwys word, laat ’n mens dadelik dink aan parmantige walse wat die Oostenrykse volksmusiek vergestalt. Pa Johann Strauss (1804-1849) was ’n bekwame violis en leier van ’n orkes wat lewendige, vermaaklike

musiek regoor Europa gespeel het. Hy het sowat 250 werke gelewer, waarvan ongeveer 150 walse was. Hy het bekend geword as die Vader van die Wals.

Page 14: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

Verskeie van sy kinders het ook beroemd geraak vanweë hul walskomposisies, nie die minste nie Johann Strauss jr. (1825-1899). Die jong Strauss het sy eie orkes gestig toe hy negentien was, en dit was spoedig besig om sy pa s’n na die kroon te steek. Bygenaamd die Walskoning, het Strauss jr. vir sowat 400 walse gesorg, asook verskeie polkas en kadriele. In 1863 het hy musiekdirekteur van die hofballe in Wenen geword en in hierdie periode van agt jaar sy onsterflike walse oor die Blou Donou en Verhale van die Weense Woude gekomponeer.

LINKS BO: Johann Strauss die jongere, bygenaamd die "Walskoning". REGS BO: Johann Strauss die ouere, die "Vader van die Wals".

Is daar enige beroemde dansers in hierdie spesifieke dansstyl?

BALDANSERS neem gewoonlik aan meer as een dansvorm deel, waaronder die wals, die jakkalsdraf en die baldans-tango, en dit is dus nie so maklik om spesifieke beroemde walsers uit te sonder nie. Baie mense sal weer sê die wals is in elk geval te veel van ’n volksdans om befaamde beoefenaars uit te sonder, hoewel daar al heuglike walstonele in hoeveel verskilende rolprente was.

Of dink maar net aan Superman se vlug doer bo oor die liggies van

Page 15: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

Manhattan met Lois Lane in sy arms op die wysie van ’n wiegelied-wals.

En die wentelende ruimtestasie in 2001, A Space Odyssey, met die Blou Donou as agtergrondmusiek.

En wie was een van die beroemdste walsers in die geskiedenis? Niemand minder nie as die destydse Engelse koningin Victoria, wat ’n ywerige baldanseres was met ’n spesiale voorliefde vir die wals.

BO: Nie die "superwals" uit die rolprent Superman I nie, maar

darem ’n tekening van ’n soortgelyke toneel.

REGS: Koningin Victoria.

Hoe sal jy aantrek as jy na die een of ander deftige bal genooi word waar die klem op Weense walse sal wees?

DIT kan ’n witdas- of swartdas-geleentheid wees. Die jong vroue wat die bal gaan open, sal lang wit rokke dra en die jong mans swaelstertbaadjies. ’n "Wit das" vir mans beteken wit das, wit onderbaadjie, wit handskoene, swaelstert en skitterblink swart skoene. Vroue wat nie in die

Page 16: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

openingsdans is nie, kan lang rokke van enige kleur dra. Wanneer ’n bal as "swart das" beskryf word, sal die mans ’n swart aanpak, swart das en swart kamarband dra. Die vroue trek aan soos vir ’n witdas-geleentheid.

BO: Nadat dit respektabelheid verwerf het, was die wals deur al die jare baie gewild. Hier is ’n plaatomslag van The St. Nicholas Waltz uit

1953.

OUTYDSE MAZURKA Nr. 11 Lekkerdraai nr. 2 Vorm 'n frontkring - beweeg in 'n kring 1. Na regs Trap trap hIp(2 MAZUKA PASSIES) 2x draai terug - na links - trap trap hop2x draai

Page 17: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

terug front na binne - herhaal 2 keer eindig die tweede keer om na binne te front. 2. Vorentoe wals,draai om na buitekring vorentoe wals draai om na binnekring herhaal 1e deel weer. 3. Hele kring vat hande en beweeg met mazurkapas na regs vir 8 tellings draai lyf sywaarts en kring beweeg na links vir 8 tellings 4. Herhaal 2 weer 5. Begin van voor met mazurka passies en nou gaan almal eers na vore met 2 mazurka passies en draai om rigting na buite beweeg nou na buite met 2 mazurka passies en draai om om na binne te kyk 2 wals passies na regs draai om twee wals passies na links draai regs. 6. Tussenspel Wals na binne met 4 walspassies. Draai onderdeur arms met nog twee walspassies wals uit met 4 wals passies en draai met baliegreep op eie plek in rondte 7. Herhaal die hele ritueel maar staan op een plek maw. 2 mazurka passies en draai op een plek - terwyl mazurkamaat uitgeklap word met beide hande - klap, klap bobene, eie hande en kliek met vingers. Herhaal - twee wals passies en draai op een plek 8. Herhaal 3, en 5 onderskeidelik

NR. 10 Lekkerdraai Pretdans Wag vir die eerste 8 mate vir die musiek terwyl daar "gees gevang" word. Front kring 4 kort treetjies vorentoe terwyl regtervoet vorentoe opswaai - 4 kort treetjies agteruit terwyl linkervoet na agtertoe swaai 2 skuifpassies na regs en draai regs om 2 skuifpassies na links en draai links om

Page 18: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

Refrein 1. Punt regtervoet na vorentoe, dan na regs - herhaal met linkervoet Herhaal hele proses na agterkant. 2. Skêrspronge vorentoe, regs, agtertoe en links - herhaal linksom. 3. "Twist" op een plek - gaan af en kom weer op. 4. Met boude agtertoe gee kort sprongetjie na regs, na agter , na links en weer na voor - herhaal anderkant om.

ROOIROK WALS Nr. 12 Lekkerdraai nr. 2 Begin in frontkring met plasing van pare langs mekaar 1. Wag vir 4 mate wals in frontkring - agtermekaar - na regs met 2 wals mate draai regsom en wals - agtermekaar na links. (oorspronklike plek in kring) 2. 4 walspassies vorentoe in pare terwyl hande hoog opgeswaai word. Meisies draai onderdeur terwyl teruggedraai word. Wals met 4 walspassies na buitekant van kring en kyk weer na binne. 3. Pare draai wals met baliegreep na regs vir 4 wals passies. Meisies draai met 4 walspassies onderdeur seun se arm terwyl in looprigting gewals word - herhaal in looprigting. 4. Frontkring meisies met twee walspassies na vorentoe draai en kom terug tot langs maat. Seuns met twee wals passies na binne en kom terug. 5. Herhaal 3de frase 6. Elke tweede paartjie beweeg na binne en vorm eie klein kring terwyl die ander op plek met eie maats wals. Tweede groep beweeg ook na binne terwyl groep 1 terug beweeg na hulle oorspronklike plekke. Tweede groep wals in looprigting in klein kring. 7. Herhaal 3de frase terwyl in twee kringe gewals word. 8. Die meisies ruil maats met binnekring en andersom met 4 walsmates, die seuns ruil maats met binnekring en andersom met 4 walsmates sodat paartjies by oorspronklike maats uitkom.

Page 19: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

9. Herhaal frase 3 terwyl binnekring na linkerkant (teen looprigting) wals en buitekring na regterkant (in looprigting) 10. Binnekring beweeg na buite en sluit aan by groot kring terwyl almal met draaiwals in die looprigting geweeg. 11. Herhaal frase 1 en 2 tot einde van musiek.

BOEKE: SOLANK DAAR MUSIEK IS : JAN BOUWS ONS VOLKSPELE ERFENIS D. TESIS M BURDEN

LEKKERDRAAI 1 EN 2 LAURIKE RAUCH OU TANTE KOBA ENIGE BOEREMUSIEK CD ENIGE CD MET MINUETTE MUSIEK

VOLKSDANSE

Volksdanse is danse in 'n bepaalde volksverband wat deur tradisie oorgelewer is. Die huidige beoefening van volksdanse het aan die begin van die twintigste eeu tot stand gekom omdat wetenskaplikes, veral musikoloë, kulturele erfenisse wou bewaar en omdat die jeug 'n vorm van vryetydsbesteding gesoek het.

Ná die Tweede Wêreldoorlog het die volksdanse nuwe lewe gekry. Verenigings is gestig wat verskillende soorte volksdanse in hul repertoires opgeneem het. Hulle het klubs, kursusse en internasionale samekomste georganiseer, instruksieboeke uitgegee en grammofoonplate verkoop. In verskeie lande is daar beroepsvolksdansers, wat hul land se kostuums dra en hul eie danse ontwikkel. Tradisionele volksdanse gee uitdrukking aan die gevoels- en driflewe, sowel as aan die dink- en voorstellingsvermoë. In Europa vind mens die oudste dansvorme, naamlik slingers en kringe, hoofsaaklik in die Balkan. Sekere danse kom uit die Griekse Oudheid, waar die dansers hul plek in die ry behou en die pas die hoofsaak is. Laasgenoemde kan wissel van baie eenvoudig tot baie vinnig en ingewikkeld. Voorbeelde is die Joego-Slawiese kolos, die Roemeense horas en die Griekse sirtos.

Baie dansmelodieë het 'n ongelyke maatsoort. In Serwië en Roemenië dans mans en vroue saam in 'n ry; in Bulgarye en Griekeland in aparte rye. Die

Page 20: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

mans beeld hul krag en vaardigheid uit; die vroue rustigheid en sedigheid. In die ou Oos-Europese lande word volksdanse deur die Staat beskerm en aangemoedig. Wes-Europa het die meeste van die oorspronklike volksdanse verlore gegaan of dit het vervlak tot 'n loopdans.

In Wes-Europa het volksdanse grootliks ontwikkel tot geselskapsdanse. Die "country dances" van Engeland het in Frankryk tot die kotiljons en kadriel ontwikkel. Baie volksdanse in Wes- en Midde-Europa is via die geselskapsdans deur paredanse beïnvloed. Van die Hongaarse tsardas is veral die musiek bekend. Dit word vinnig gedans, met 'n geklap van die hakke aan die einde van elke melodiefrase.

Spanje het sy tradisionele volksdanse lank behou en party toon steeds 'n sterk sigeunerinvloed, byvoorbeeld die flamenco. Ander bekende Spaanse danse is die bolero, fandango en jota. Italiaanse volksdanse het minder sigeunerinvloede en die tarantella, die forlana en saltarello het tot in die twintigste eeu gewild gebly. Die gavotte is 'n geselskapsdans in Frankryk. Uit Rusland is veral die kosakkedanse bekend.

Page 21: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike
Page 22: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike
Page 23: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike
Page 24: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike
Page 25: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike
Page 26: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

Volksspele foto’s

Page 27: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

Zoeloe-kultuur II: Geleenthede en feeste

Opsomming

Die Zoeloes (AmaZulu), die grootste etniese groep in Suid-Afrika, het 'n kenmerkende kultuur met ingewikkelde tradisies en rituele. In hierdie artikel, die laaste in 'n reeks van twee, word daar gekyk na geleenthede en feeste van kulturele belang vir die Zoeloes.

'n Zoeloe-dansgroep in tradisionele drag. Die Zoeloe-dans het oorspronklik ontwikkel as 'n manier vir mans om hul talente ten toon te stel, nie slegs vir vermaaklikheid nie, maar ook om die teenoorgestelde geslag te beïndruk. Ken Oosterbroek/PictureNET Africa

Daar is verskeie tradisionele feestelike geleenthede in die Zoeloe-kultuur, insluitende umemulo ('n viering gewy aan vroue wat hulle by die tradisionele reëls hou totdat hulle vir die huwelik gereed is), umgcagco (huwelik) en umsebenzi (voorouerseremonie). Een van die grootste feeste is die Rietseremonie (Umkhosi Womhlanga) wat by die koning se

Page 28: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

koninklike paleis gehou word. Hierdie geleenthede en feeste word gewoonlik vir naweke beplan:

Rietseremonie (Umkhosi Womhlanga)

1. Die Rietseremonie, wat een van die belangrikste geleenthede van die Zoeloes is, word by die Enyokeni- koninklike paleis in Nongoma, een van die Zoeloe-koning se paleise, gehou. Dit was oorspronklik 'n geleentheid waartydens die hoof van die Zoeloe-stam (inkosi) sy vroue onder die maagde (izintombi genoem) gekies het. Dit sluit die amaqhikiza (vroue wat in hofmaakverhoudings betrokke is en vir die huwelik gereed is) en jongvroue (amatshitshi) in.

Aangesien net maagde toegelaat word om hierdie fees by te woon, moet die kandidate (gewoonlik tussen die ouderdom van tien en agttien) maagdelikheidstoetse ondergaan wat deur ouer vrouens in hul onderskeie gebiede uitgevoer word. Net diegene wat die toets slaag, word toegelaat om die seremonie, wat gewoonlik in September plaasvind, by te woon.

Elke jaar kom jongvroue uit die meeste dele van KwaZulu-Natal en elders by die koninklike paleis bymekaar. Hulle dra gewoonlik tradisionele klere wat net hul privaatdele bedek (izinciba), met stringe krale om hul nekke. Die seremonie word amptelik geopen deur die Zoeloe-koning (ten tye van skrywe koning Zwelithini). Ná die openingseremonie gaan haal die jongvroue, gelei deur die koning se prinsesse, riete uit die Umfolozi-rivier naby die Enyokeni-paleis en plaas dit op 'n hoop by die paleis. Wanneer die koning kom om na die optog te kyk, word hy deur een of meer van sy lofsangers (izimbongi) besing.

Koning Goodwill Zwelithini in tradisionele drag.

Elke jongvrou tel dan 'n riet uit die hoop op, loop verby die koning, plaas dit op die grond en gaan na haar aanvanklike posisie terug. Voorheen sou dít die tydstip gewees het wanneer die koning sy nuwe vrou sou kies. Deesdae kyk koning Zwelithini en sy gaste egter net toe hoe die jongvroue dans en sing. Aan die einde van die dans maak die

Page 29: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

koning sy toespraak, waarna die ouer vroue ululate en lofprysings sing. In sy toespraak praat hy gewoonlik oor kwessies van moraliteit en ontwikkeling.

Die Rietseremonie word beskou as 'n sleutelelement vir die behoud van die maagdelikheid van jong Zoeloe-meisies totdat hulle trou. Die seremonie word ook amptelik beskou as 'n geleentheid om "'n gevoel van trots, samehorigheid en identiteit" onder jong Zoeloe-vroue uit te beeld en te bevorder.

Umemulo

Umemulo is 'n geleentheid wat gewy is aan jongvroue wat hulle by die tradisionele reëls hou totdat hulle die ouderdom bereik waar hulle vir die huwelik gereed is. Die belangrikste hiervan is die behoud van maagdelikheid totdat hulle trou. As 'n vrou hierdie reël verbreek, word dit as 'n skande vir haar en haar familie beskou. In wese vier hierdie geleentheid dus 'n vrou se selfrespek en druk dit haar familie se trots op haar uit. Familielede en vriende word genooi om saam met die familie fees te vier.

Die Vrydagmiddag word 'n koei en 'n bok geslag en almal kom in 'n oop ruimte (esigcawini) bymekaar waar die vleis bedien word. Daarna sing en dans hulle. Die aand voer vroue in dieselfde ouderdomsgroep as die vrou aan wie die geleentheid gewy is, 'n gebruik uit wat ukuvula ingungu genoem word. Hiervoor word 'n emmer met die vel van die geslagte bok bedek, met die binnekant na buite. Terwyl een of twee vroue kniel om die vel na die kante van die emmer ondertoe te trek, plaas 'n ander vrou, wat staan, 'n gladde riet vertikaal bo-op en gooi water op die vel en die riet. Sy plaas haar hande om die riet en begin hulle dan om die beurt op en af beweeg om 'n vibrerende geluid voort te bring.

Al die vroue begin 'n lied sing waarin hulle elke lid van die abameli se familie roep (abameli verwys gewoonlik na die selebrant se swaer en sy familie of na haar tante se man en sy familie). Elke lid kom dan vorentoe om geld of 'n geskenk aan die selebrant te oorhandig. Die gesing en gedans hou tot die volgende oggend aan.

Die oggend word die selebrant na die kraal geneem waar die oues aan die voorouers aankondig dat sy volwassenheid bereik het. Hulle plaas dan 'n stuk bokvel om haar linkerhand, wat simboliseer dat 'n dier namens haar geslag is. Hierna word die bok se galblaas leeggemaak, opgeblaas en aan haar kop vasgebind (die oorsprong van hierdie gebruik is onbekend).

Hierna sluit sy haar aan by die singende en dansende mense wat in 'n oop ruimte (esigcawini) bymekaar is. Met tussenposes word kos (wat vleis insluit) bedien. Regdeur die geleentheid ontvang die selebrant geskenke en geld van familielede en ander gaste.

Umgcagco(troue)

Page 30: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

In die Zoeloe-kultuur is 'n troue 'n geleentheid wanneer 'n vrou formeel in haar man se familie, wat haar nuwe familie word, opgeneem word. Hierdie seremonie sluit 'n aankondiging aan die man se voorouers in. In hierdie aankondiging word die voorouers vertel van die nuwe vrou wat haar by die familie aansluit. Dit is 'n belangrike deel van die seremonie omdat dit verseker dat sy deur haar man se voorouers as deel van die familie erken word sodat hulle hul beskerming na haar kan uitbrei.

Hoewel die meeste Zoeloe-troues deesdae Westerse invloede bevat, byvoorbeeld die gebruik dat die bruid 'n wit bruidsrok dra, hou 'n klein deel van die gemeenskap nog betreklik tradisionele troues:

Bruid (Umakoti)

Die bruid dra 'n geplooide romp wat van 'n saggemaakte beesvel (isidwaba) gemaak is, 'n bostuk en om die middel 'n gordel van gevlegte gras, met wolstroke aan beide punte wat met krale versier is en die voorkop en oë bedek (imvakazi). Sy rond dit af met verskillende krale-artikels om die nek, arms en middel.

Bruidegom (Ukhwenyana)

Die bruidegom dra 'n stuk saggemaakte beesvel, ibheshu genoem, wat die rug van die boude tot by die knieë bedek. Voor dra hy 'n wildbokvel wat in stroke gesny is (izinene) wat die privaatdele bedek. Hy dra ook verskillende krale-artikels om sy nek en arms.

Seremonie

Die seremonie begin die Vrydagmiddag by die bruid se familiehuis waar 'n koei (uphaphe) vir kos geslag word. 'n Bok word ook geslag om die funksie by die voorouers aan te meld. Hoewel bokke in die Zoeloe-kultuur vir kos gebruik kan word, word hulle - baie belangriker - beskou as die enigste diere wat die lewendes met die voorouers in aanraking kan bring.

Die mense wat die seremonie bywoon, eet die vleis en sing en dans tot die aand toe. Daarna gaan hulle almal na die bruidegom se dorpie, waar hulle by die naaste rivier wag vir die bruidegom se pa om hulle te kom haal.

Die Saterdagoggend word 'n tweede koei geslag en kom almal bymekaar in 'n oop ruimte (esigcawini) waar die bruid se kant, as umthimba bekend, deur dans en sang begin meeding met die bruidegom se kant, ikhetho genoem. Die dansery gaan voort totdat die hoofman se boodskapper ('n man wat deur die hoofman van daardie dorpie gestuur is om as getuie by die ooreenkoms tussen die twee families op te tree) opdaag.

Page 31: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

Hy doen navraag oor die aantal koeie wat vir ilobolo betaal is (die prys wat deur die bruidegom aan die bruid se familie betaal is), die aantal huidige vroue van die bruidegom (as hy reeds getroud is) en die aantal kinders. Hierdie navrae word aan albei families gerig. Daarna rig hy sy vrae aan die bruidspaar, en vra die bruid of sy die bruidegom liefhet en bereid is om met hom te trou. Ná haar antwoord word dieselfde vrae aan die bruidegom gestel. Ná die bruidegom se antwoord vertrek die hoofman se boodskapper weer.

Daarna word daar gedans en gesing. Die kos wat as die hoofmaaltyd van die dag bedien word, sluit vleis, rys, stampmielies en slaaie in. Die gedans hou tot laat aan.

Die Sondag word nog 'n koei (imvuma) geslag om die bruid in haar nuwe familie te aanvaar. Daarna volg 'n ritueel wat as umabo bekend staan ('n gebruik waar die bruid geskenke aan die bruidegom se familie oorhandig). In hierdie gebruik word geskenke soos komberse, amacansi (grasmatte), amavovo (geweefde siwwe) en izinkamba (bolvormige potte met kleinerige bekke vir die drink van sorghumbier) aan die bruidegom se ouers en familielede, met inbegrip van afgestorwe lede van die familie, gegee. (Die afgestorwenes word deur die lewende lede van die familie verteenwoordig.)

Teen die einde van die feestelikhede kom nabye familielede van albei families bymekaar in 'n hut, wat kwagogo genoem word, om te verrig wat as ukuthetha ukulanda bekend staan. (Die kwagogo is 'n hut in die hoofwoonplek van die woning wat 'n heilige gebied het wat teenoor die hut se ingang geleë is en waar die voorouergeeste na bewering woon.) Gedurende hierdie byeenkoms bespreek hulle die verrigtinge, ilobolo en umabo. As daar klagtes hieroor is, moet dit geopper en tydens hierdie bespreking hanteer word.

Voordat die bruid se familie vertrek, gee die ouer vrouens van haar familie haar lesse oor hoe om haar in haar nuwe familie te gedra.

Voorouerseremonie (Umsebenzi)

'n Voorouerseremonie word gehou ter ere van die voorouers van die betrokke familie. Dit word ná die begrafnis van die afgestorwene gehou. Dit is bedoel om die gees van die afgestorwene aan die voorouers van die familie bekend te stel.

By hierdie geleentheid word 'n bok (wat beskou word as die enigste dier wat die lewendes met die geesteswêreld in aanraking kan bring) na 'n hut geneem, kwagogo genoem, waar die familie byeenkom. (Sien beskrywing hierbo.)

Die hoof van die huishouding, wat manlik moet wees, gaan na die umsamo (die heilige gebied oorkant die hut se ingang waar die voorouergeeste na bewering woon) en praat met die geeste. Hy roep die name van al die voorouers uit en vra hulle om die gees van die afgestorwene te aanvaar.

Page 32: Dans-dans · 2015-10-14 · musiek—wat natuurlik later bygevoeg is. Maar natuurlik is die primitiewe ritteldanse van diere op ’n veel meer instinktiewe vlak as die bewustelike

Soos in ander seremonies, word 'n koei geslag en saam met ander kos as 'n feesmaal vir gaste voorberei.

(Sien ook artikel: "Zoeloe-kultuur I: Tradisionele leefwyse".)