cansa vrouegesondheid borskanker 2014

30

Upload: cansa-the-cancer-association-of-south-africa

Post on 20-Aug-2015

448 views

Category:

Health & Medicine


0 download

TRANSCRIPT

Borskanker is die mees algemene kanker in vroue van alle rasse en etniese groepe

*SA Statistiek soos per Nasionale Kankerregister (NKR) 2007

*

Waarskuwingstekens van borskanker• Vroeë borskanker toon gewoonlik nie simptome nie,

maar soos die gewas groter word, kan die bors andersbegin lyk of voel

Tipiese veranderinge sluit in:• Rimpeling in die borsvel• 'n Knop in die bors of armholte• 'n Verandering in die vel rondom die tepel• Kuiltjievorming /inkering van die tepel• Buitengewone vergroting van een bors• Een bors is buitengewoon laer as die ander. Tepels op

verskillende vlakke• 'n Vergroting van die kliere• Buitengewone swelsel in die armholte

Bespreek enige veranderinge wat jy opmerk met jougesondheidspraktisyn

Vroeë opsporing van borskankerBors-selfondersoeke (BSO)

Bors-selfondersoeke (BSO) behoort elke maand tydens ovulasie gedoen te word (verkieslik op dieselfde tyd van die dag)

Wees bewus van hoe jou borste lyk en voel

Knopperige klierweefsel is 'n normale deel van borsweefsel

Gereelde bors-selfondersoeke gee waarskuwing van enige veranderinge

‘n Bors-selfondersoek is so maklik soos 1-2-31. Voor die spieël• Voor 'n spieëI, kyk vir enige veranderinge in die normale voorkoms en hoe

jou borste voel, soos klein kuiltjies, verskil in grootte of afskeiding van die tepel

• Ondersoek op vier maniere: arms langs die sye; arms bokant die kop; hande ferm op die heupe geplaas en in ‘n vooroor gebukkende posisie

2. Lê plat • Lê op jou rug met ‘n kussing onder jou regterskouer en jou regterhand

onder jou kop • Maak klein, ferm sirkelbewegings met die vier vingers van jou linkerhand in

'n op-en-af patroon oor die hele bors area, onder die arms en op tot by die skouer

• Herhaal met die regterhand op die linker bors3. In die bad • Met jou regterarm gelig, ondersoek jou regterbors met ‘n seperige

linkerhand en plat vingers. Gebruik dieselfde metode wat by stap 2(‘Lê plat’) beskryf word

• Herhaal aan die ander kant

As jy ’n verandering in jou borste of

armholtes opmerk, vra jou mediese praktisyn om ‘n

kliniese borsondersoek (KBO) te doen

Vroeë opsporing van borskankerKliniese Borsondersoek (KBO)

‘n Kliniese Borsondersoek (KBO) is ‘n visuele en tasbare ondersoek van die hele bors – vanaf die sleutelbeen tot die bralyn en van die armholtes tot by die borsbeen

As jou roetine mediese ondersoek nie 'n KBO deur 'n mediese praktisyn insluit nie, vra daarvoor

Vroue 40 of ouer behoort elke jaar vir 'n mammogram verwys te word

Vroeë opsporing van borskankerMammogram• ‘n Mammogram is 'n hulpmiddel om vroeë borskanker op te

spoor in vroue wat geen simptome ervaar nie• Mammografie speel 'n sentrale rol in die vroeë opsporing van borskanker,

omdat dit die veranderinge in die bors aanwys wys tot twee jaar voor 'n pasiënt of dokter dit kan voel

Mammogram in samewerking met die Suid-Afrikaanse Radiologiese Vereniging• KANSA en die Radiologiese Vereniging van Suid-Afrika (RVSA), deur die

kantoor van dr Richard Tuft, uitvoerende direkteur van die RSSA, is in samewerking - gedurende die maand van Oktober, sal hulle 'n spesiale mammografie aanbod bied. Dit behels die voorsiening van toegang tot 'n mammogram in al die RSSA geaffilieërde mammografie klinieke dwarsoor die land teen 'n verlaagde prys:

(http://www.cansa.org.za/rssa-offers-reduced-fee-on-mammograms-in-october/)

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien...Jy ouer as 50 is• Die kans om borskanker te kry verhoog namate jy ouer word• Alhoewel die meeste vroue ouer as 50 is wanneer hulle gediagnoseer

word, word vroue in hulle twintigs en dertigs toenemend metborskanker gediagnoseer

Jy 'n gesinslid met borskanker het• Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry as jou ouma, ma, suster

of dogter bors- of ovariese kanker gehad het• Jou risiko verhoog verder as hulle dit voor 50-jarige ouderdom gehad

het• Vra jou mediese praktisyn aangaande genetiese raadgewing

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien...

Jy 'n persoonlike geskiedenis van kanker het en daarvoor behandel is • Vroue wat voor die ouderdom van 30 hoë dosisse chemoterapie,

of bestraling van die borskas (insluitende die borste) ontvang het, het ‘n groter kans om borskanker te kry

• Studies dui daarop dat hoe jonger 'n vrou is wanneer sy hierdie behandeling ondergaan, hoe groter is haar kanse om later borskanker te kry

Jou borsweefsel baie dig is• Vroue wie se mammogramme toon dat hul borsweefsel digter is as

ander vroue van dieselfde ouderdom, het 'n groter kans om borskanker te kry

• Ultraklank mag benodig word aangesien digte borsweefsel dit moeilikmaak om moontlike gewasse op te spoor

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien...

Geboorte• Vroue wat nooit kinders gehad het nie het 'n groter kans om

borskanker te kry• ‘n Moontlike verklaring hiervoor is dat swangerskappe die aantal

menstruele siklusse in ‘n vrou se lewe verminderJy tans geboortebeperkingspille (mondelike voorbehoedmiddels) reeds vir etlike jare gebruik – of tot onlangs gebruik het• Studies toon dat vroue wat mondelike voorbehoedmiddels gebruik

'n groter kans het om borskanker te kry as vroue wat dit nooit gebruik het nie

• Die risiko verlaag as jy dit vir meer as 10 jaar ophou gebruik het

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien...

Jy post-menopousaal is en gekombineerde hormoonvervangings-terapie (HVT) gebruik (wat estrogeen en progestoroon bevat)• Kombinasie HVT verhoog ook die kanse dat borskanker eers in ‘n

gevorderde stadium opgespoor word - moontlik omdat dit borsweefsel laat verdig wat mammogramme minder effektief maak

• Hoër dosisse kombinasie HVT verhoog borskankerrisiko meer as laer dosis kombinasie HVT

• Vroue wat kombinasie HVT gebruik se risiko vir borskanker verhoog aansienlik binne die eerste 2 tot 3 jaar van gebruik

• Vroue wat kombinasie HVT vir minstens 5 jaar ophou gebruik het, se risiko vir borskanker verlaag

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien...

Jy meer as een standaard sopie alkohol per dag drink• Alkohol verhoog beslis vroue se kanse om borskanker te kry• Die risiko verhoog namate meer alkohol gebruik word• Diegene wat drie standaard alkoholiese drankies 'n week drink, het 'n

15% hoër risiko as vroue wat nie alkohol drink nie• Oormatige gebruik van alkohol verhoog ook die risiko om mond-,

keel-, slukderm- en lewerkankers te ontwikkel

PhakamisaKANSA is een van die stigterslede van 'n werklik unieke vrywilligerprojek genaamd Phakamisa, wat om 'op te hef' in isiZulu en ‘verhoog’in isiXhosa beteken

Die Phakamisa projek het ten doel om: • Vroulike vrywilligers met kennis van borsgesondheid en borskanker te

bemagtig • Hulle in staat stel om borskankerpasiënte na fasiliteite vir behandeling te lei,

help en ondersteun • Om vrywilligers in staat stel om die pad te stap met borskankerpasiënte • Vestiging van 'n doeltreffende verwysingstelsel en opvolg bestuur van

borskankerpasiënte • Bydra tot die ontwikkeling van vaardighede (geakkrediteerde opleiding en

professionele ontwikkelingskursusse vir verskaffers van gesondheidsorg en vrywilligers in die borskanker veld versamel krediete vir werkswinkels bygewoon)

Onthou...

Alhoewel baie skaars, kan mans ook

borskanker ontwikkel

Die meeste vroue met verskeie

risikofaktore ontwikkel nooit borskanker nie

Vroue wat vir minstens 18

maande borsvoed, kan

hul (en hul babas) se risiko verder verlaag

Wees fisies aktief, waak

teen oorgewig en beperk jou alkoholinname

Jy kan jou kanse om borskanker te kry, verlaag

deur 'n gebalanseerde lewenstyl te handhaaf en

deur omgewings-karsinogene

(kankerveroorsakende stowwe) te vermy

Wat doen KANSA omte help?KANSA het Mobiele Gesondheidsklinieke wat na afgeleë gebiede in Suid-Afrika reis om mense wat andersins nie toegang tot siftingstoetse het nie, te bereik

Dit sluit in borsondersoeke, Pap-smeer siftingstoetse vir servikale kanker, sowel as ander gesondheidstoetse soos cholesterol

Ons help deur seker te maak dat Suid-Afrikaanse vroue toegang het tot Kliniese Borsondersoeke (KBO) wat potensieël hul lewens kan red

Wat doen KANSA omte help?• Limfedeembehandeling • Limfkliere en –vate word somtyds

tydens kankerchirurgie verwyder, wat die risiko vir infeksie verhoog

• As die oorblywende limfvate nie genoegsaam vloeistowwe kan dreineer nie, bou daar 'n oormaat vloeistof op en veroorsaak swelsel of limfedeem

• Radioterapie kan ook limfklierskade veroorsaak

Wat doen KANSA omte help?• Verskeie KANSA Sorgsentra bied

limfedeembehandeling aan *• Terapeute (wat spesiale opleiding in die

hantering van limfedeem ondergaan het), Gebruik volledige Ledigingsterapie (VLT) om hierdie simptome by kankerpasiënte te verlig

• VLT-behandeling sluit in limfdreinering per hand, drukverbande, spesiale oefeninge en vel- en naelversorging

* Neem asseblief kennis dat limfedeembehandeling slegs beskikbaar is by 'n paar van die KANSA Sorgsentra (sien die webwerf vir besonderhede - www.cansa.org.za)

Pruike • Kankerbehandeling lei dikwels tot

haarverlies. Vra jou haarkapper om jou pruik (wat by ons Sorgsentra gehuur of gekoop kan word) na jou behoefte te stileer

Borsprosteses • Borsprosteses word by ons Sorgsentra te

koop aangebied, waar personeel en vrywilligers jou met kundige raad en advies kan bedien – sommige Sorgsentra verkoop ook onderklere wat saam met prosteses gedra kan word

Wat doen KANSA omte help?

SureTouch • KANSA is ‘n pionier van die nuutste

tegnologie vir veilige borsondersoeke• Dit is nie 'n diagnostiese hulpmiddel nie,

maar word gebruik vir vooraf-siftingstoetse

• Ondersoek en geverifieer deur KANSA, word die SureTouch siftingstoestel na stedelike, voorstedelike en landelike gemeenskappe regoor die land geneem, om sodoende maklike en veilige borsondersoeke beskikbaar te stel

Wat doen KANSA om te help?

Kontak asseblief die KANSA Sorgsentra vir meer inligting (sien die webwerf vir besonderhede - www.cansa.org.za)

KANSA het dieafgelope jaar...• 15 275 Kliniese Borsondersoeke &

SureTouch ondersoeke gefasiliteer om knoppe in die bors op te spoor en 'n bykomende 2 007 in vennootskap met die Departement van Gesondheid

• Spesialisondersteuning aan sowat 335 limfedeempasiënte gebied

KANSA het dieafgelope jaar...• Ondersteuning aan 6 203 individuele

kankerpasiënte verleen deur middel van ons 110 ondersteuningsgroepe en met behulp van ons 2 611 opgeleide sorg- en ondersteuningsvrywilligers

• Ongeveer 1 055 pasiënte elke maand besoek en ondersteun by KANSA Sorgsentra en onkologie-klinieke

• Tuisversorging gefasiliteer vir 13 397 pasiënte

• Mediese hulptoerusting aan 4 320 mense beskikbaar gestel

Kliniese borsondersoeke word landswyd by KANSA se Mobiele

Gesondheidsklinieke of Sorgsentra gedoen

Een van KANSA se Mobiele Gesondheids-klinieke skep bewustheid en doen gratis siftingstoetse in die gemeenskap

KANSA skep bewustheid en onderrig aan die publiek

Om KANSAte help om ons

kankersiftingsprogramme uit te brei, oorweeg dit

asseblief om 'n skenking by enige van ons KANSA Sorgsentra landswyd te

maak

Kyk ons Videos

Aartsbiskop Tutu het ‘n boodskap vir jou:http://youtu.be/CTeis0HRXXk

KANSA Sorg en Ondersteuning:http://youtu.be/swNltOAZSwE

KANSA Sifting:http://youtu.be/Hfq5z3MtSz4

Kontak ons…

Skakel ons tolvry 0800 22 66 22, of e-pos [email protected]

Teken in op ons KANSA Nasionale Facebook-blad:CANSA The Cancer Association of South Africa

As jy ‘n kankeroorwinnaar is, besoek asseblief ons Facebook blad ter ondersteuning van kankeroorwinnaars: Champions of Hope - CANSA Survivors

Word ook deel van ons Twitter-blad: @CANSA

Besoek ons op Pinterest: http://pinterest.com/cansa/

Kyk al ons videos op YouTube: http://www.youtube.com/user/can1000sa

Disclaimer:

Whilst the Cancer Association of South Africa (CANSA) has taken every precaution in compiling this presentation, neither it, nor any contributor(s) to this presentation can be held responsible for any action (or the lack thereof) taken by any person or organisation

wherever they shall be based, as a result, direct or otherwise, of information contained in, or accessed through, this presentation.