bloemnuus 8 nov 2013

12
VRYDAG 8 NOVEMBER 2013 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS Roets sing Mathys maak ’n draai by Koekela bl. 4 Bobaas Marie mag maar kook bl. 2 Naka Drotské Het jy dít van dié rugbyman geweet? bl. 12 BLOEMNUUS het baie foto’s ontvang waarop matrikulante voor hul matriekafskeid by mo- tors – van blinknuwe vuurwaens tot ’n outentieke perdekar – afgeneem is. Dit verskyn in BloemWiele, Bloemnuus se motorbladsye wat een maal per maand verskyn. Sien bll. 8, 9 en 10. Op die meegaande foto is Marteli Potgieter saam met Christopher Mills van Sentraal. Foto: www.3kies.co.za

Upload: central-newspaper-group-bloemnuus

Post on 21-Mar-2016

285 views

Category:

Documents


24 download

DESCRIPTION

Bloemnuus 8 nov 2013

TRANSCRIPT

Page 1: Bloemnuus 8 nov 2013

VRYDAG 8 NOVEMBER 2013 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

Roets sing

Mathysmaak ’ndraai byKoekela

bl. 4

Bobaas

Mariemagmaarkookbl. 2

Naka Drotské

Het jy dítvan diérugbymangeweet?

bl. 12

BLOEMNUUS het baie foto’sontvang waarop matrikulantevoor hul matriekafskeid by mo­tors – van blinknuwe vuurwaenstot ’n outentieke perdekar –afgeneem is. Dit verskyn inBloemWiele, Bloemnuus semotorbladsye wat een maal permaand verskyn. Sien bll. 8, 9 en10. Op die meegaande foto isMarteli Potgieter saam metChristopher Mills van Sentraal.

Foto: www.3kies.co.za

Page 2: Bloemnuus 8 nov 2013

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013GEBRUIKERSVRIENDELIK:Bloemnuusissóontwerpdatjydie

koerantmaklikopjouselfoonkanlees:http://bloemnuus.mobi.

DIE skryfkuns-student uit Neder-land verkneukel haar in ’n gedig ooriets wat sy nou die dag in Potchef-stroom waargeneem het.’nMan staanmet tuinslang en rooi

sambreel sy tuin en natlei terwyl ’ndonderbui stowwerig aan die op-steek is. Voetgangers en fietsers haashulle in die straat verby. “Er komtnattigheid van,” sluit haar gedig af.Sy verduidelik mense in Neder-

land sê “daar komnattigheid van” ashulle vrees iets gaan geen goeie af-loop hê nie. In daardiewaterrykewê-relddeel is (nóg) reën nie iets waarnatipies uitgesien word nie.In Suid-Afrika is dit natuurlik an-

dersom. ’n Onweertjie met stof – juiswanneer droogte tier soos tans – boe-sem geen vertroue in dat dit die dorsvan die tuin gaan les nie.“Ja-nee,” weet een van die Afri-

kaanse studente in die klas te vertel,“ons praat hier liewer van droog-maak as iemand iets doen wat slegtegevolge gaan hê.”’n Ander wys hom tereg: “Daai

‘droogmaak’ komvan ’n uitdrukkingwat met stink dinge te make het.”

Droë feite. Droë vente en vakan-sies. Droog het tóg onvleiende bybe-tekenisse.Pa was op ons hoewe op die Bains-

vlei-vlakte gedurig aan ’t waterlei.Soms ook so ongelowig soos diePotchefstromer tot onder ’n stort-reën in.As die voorjaar gelyk het soos van-

jaar, het sy oë almaardeur gedwaalnadiehorisonne.Veral noordwes, nawaar die landsreëns vandaan moetkom.Die nuk van elke wind registreer

hy. Smiddae se uiltjie word op ’nkampstoel onder bomeaandieweste-kant van die huis geknip.As die wolkbanke eindelik opsta-

pel, is hy pal buite. Of diepnag by dievensters. Luister hy hoe ver die don-dereggo’s heen rammel, rammel . . .asof hy dae se reën wil hoor aankom.Dan begin die genade sing op die

sinkdak; die geute maak die geluidna van ’n mooi woord soos “mur-mel”.S Bernard Odendaal (ATKV-SkryfskoolvandieNoordwes-Uni-versiteit)

Droë feite

Dié “woestyn­landskap” is verlede Vrydag op ’n plaas suid van die Ferreira­plotte afgeneem. Geen reënwordvir die naweek voorspel nie. Sien bl. 11. Foto: Jens Friis

Jens Friis het met Marie Lom-bard, bekende sjef en eienaarvan die De Oude Kraal Count-ry Estate&Spa, gesels. DeOu-de Kraal is onlangs weer deurAmerican Express aangewysas een van die top-86 plekkeom te eet in Suid Afrika. DeOude Kraal het die eerbewysdie afgelope nege jaar agter-eenvolgens gekry.

Marie, wat behels aardse geluk?Werk wat elke dag ’n nuwe uitda-gingbied endie gelukvanmygesin.

Met watter tekortkominge in andermense kan jy saamleef? Mense watgraag iets wil bereik, maar nie diegeleentheid gekry het nie.

Wie en wat kan jy nie verduur nie?Iemandwat iets twee keer verkeerddoen.

Wat is jou kenmerkendste eienskap?Deursettingsvermoë.

Wat sou jy anders gedoen het as jyjou lewe kon oorhê? Ek sou argitek-tuur gestudeer het.

Wie of wat is of was die liefde vanjou lewe? Gerhard, my man.

As jy nou ’n reis na enige plek opaar-de konwen – waarheen sou dit wees?Alaska, om self salm te gaan vangen vars te eet.

Wat is die mooiste pleknaam? Wil-helmshöhe, die plaas waarop ekgrootgeword het.

Wat is jou gunsteling-eetplek inBloemfontein? Enige plek, solankek die kos nie self hoef voor te bereinie.

Wat is jou grootste tekortkoming?Dat ek oorgewig is.

Lees jy enige boek(e) tans? “Vuur opdie horison”.

Laaste fliek gesien? Was dit goed?“The BigWedding”. Dit was gemid-deld.

Wat is vir jou snaaks?Gerhardwan-neer hy grappe vertel, hy is so goeddaarmee.

Wanneer en waar was jy op jou ge-lukkigste?Saammetmygesin indieWildtuin.Wie of wat was jy in ’n vorige lewe?Een van De Oude Kraal se honde.

Wat is jou grootste vrees? Dat eenvan my kinders ongelukkig is, ofdat ’n dier swaarkry.

Waaroor is jy spyt?Dat ek nie al die kosbare stories

vanmy oupa en pa uit my kinderja-re kan onthou nie.

Jou kosbaarste besitting? My kin-ders, meerkat Dirkie en ons honde.

Wat dink jy gebeur ná die dood?Ek sal kan kosmaak deur net ’n

vinger te klap en dankos sal kanbe-dien met die lekkerste smake.

Wie is jou helde? David Higgs, sjefby die Saxon, en my broer EmilBührmann.

Wie is jou gunsteling- historiesemens? Generaal de Wet.

Wie sou jy die graagste vir ete wounooi? Hanlie (Rupert) en Hein Koe-gelenberg.

Wat sou jy dan vir ete maak? Skaap-vleis bedien met shiraz.

Wat verveel jou?Doellose gesprekkeWaarmee verwyl jy die graagste joutyd? Werk, kosmaak, naaldwerk,

lees.

Oor watter gawe sou jy woubeskik? Ek sou graag mooiwou skryf.

Waar sou jy eendag wil af-tree?Op die plaas, net hier by DeOude Kraal.

Marie magmaar kook

Marie Lombard (regs, metdie swart voorskoot) in diekombuis doenig.

Op die plaas, net hier by De

Page 3: Bloemnuus 8 nov 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013 3

DIE volgende aanhalings bly VicusBürger, ’n joernalis van Volksblad,oor die jare heen by:

S There is a crack, a crack ineverything. That’s how the lightgets in. – Leonard Cohen se liedjieAnthem.

S Blus uit, O Diep Rivier, dievlam van haat; die groot verlan-gewatmynooit verlaat. – EugèneMarais in sy gedig Diep Rivier.

S Power tends to corrupt andabsolute power corrupts absolu-tely. – Lord Acton

S It matters not how strait thegate, how charged with punish-ments the scroll. I am themasterofmy fate:I am the captain ofmysoul. –WilliamErnest Henley in sygedig Invictus

SWie ’n “waarom” in sy lewebesit, kan byna elke “hoe” ver-werk.– Friedrich Nietzsche

SHy wat met monsters veg,moet versigtig wees dat hy nieself in ’n monster verander nie.En as jy lankna ’n afgrond staar,sal die afgrond na jou staar. –Friedrich Nietzsche

SAfrikaans-wees is meer askerkbasaars, geloftedagvierin-ge, sustersverenigings, Broeder-

bond en Rapportryers, BlesBridges, die dominee en dieskoolhoof. Jy kan Boheems inAfrikaans wees, jy kan ’n punkof ’nhippieof ’nanargisof ’nvry-heidsvegter wees, jy kan ’n wê-reldburger of ’n kommunis of ’nsosialis of ’n Katoliek of ’n HareKrishna wees – jy kan wees netwat jy wil en nog Afrikaanswees. En jy kan baie beslis ’n de-mokraat en Afrikaans wees. –Max du Preez oor Vrye Weekblad seboodskap aan Afrikaansspreken-des tydens die laaste jare van apart-heid, Oranje Blanje Blues – ’n nos-talgiese trip.

Oase ____

ENGAGEMENT: Nongazi Tshobeka and Darlington Wasakara. Photo: Eye Candy Photography House

Wel en wee

S PETERADAMS is aangewys as dieHeidedaller van die Jaar, dr. NadiaWessels is die Heidedalse Vriend vandie Jaar en diePreprimêre Skool Ed-na-Rita is die Heidedalse Instansievan die Jaar.

S Carlen is op soek na leerlinge watin 1964 aan Oranje gematrikuleer het.Daar word ’n reünie vir 11 tot 13 Aprilbeoog. Bel haar by 082-784-4549.

S Landdros M. Thamae het ’n aan-klag van aanranding in die landdros-hof teenAndréKnipe teruggetrek. Syverskyning spruit uit ’n bakleiery tus-sen hom en Jacques van Schalkwyk,’n regisseur van Supersport, by ’n bad-kamer vir gestremdes in die Vrystaat-stadion. Dit het blykbaar hoofsaaklikoor Juliet Lupton, die vriendin vanKnipe, gegaan. ’n Skikking is tussenKnipe en Van Schalkwyk bereik.

S Leolynn Smith van Graaff-Reinetis aangestel as ’n subredakteur inBloemfontein by Media24 se plaaslikekoerante waarvan Bloemnuus een is.

S Prof. Muna Mdolu het Dinsdag syintreerede gelewer as buitengewoneprofessor aan die departement han-delsreg aan die UV.

S Ernest Welgemoed is in die deurvan Standard Bank in Nelson Mande-larylaan geskiet en beroof toe hy oppadwas omgeld van die Parkweg-slag-huis te gaanbank.Die koeël is deurEr-nest se been enhy is in die trauma-een-heid van die Pelonomi-hospitaal opge-neem. ’n Klag van gewapende roofword ondersoek.

SMariëth Hattingh (38) se troos-diens het Woensdag in die NG kerkWilgehof plaasgevind.

S Pieter van der Berg van HuisDeernis vier vandag sy 88ste verjaar-dag.

SAllan Donald, bou afrigter van dieSuid-Afrikaanse krieketspan, gaanBloemfontein om persoonlike redesvir die Kaap verruil. Hy het sy huis inBloemfontein reeds verkoop en soekwoonplek in die Kaap. Donald sal ookin die Kaap ’n onderhoud voer by ’ngeskikte skool vir sy tienerseun.Volksblad het vroeër berig sy seun lyaan aandagafleibaarheid. Dit is virhom hartseer om die stad te verlaat,want hy is ’n gebore en getoë Bloem-fonteiner.

S Chalbert Sassenberg en AndrewElsmere, albei 25 jaar oud, is dood na-dat die voertuig waarin hulle gery het,verskeie kere gerol het voordat ditteen ’n muur tot stilstand gekom het.Sassenberg het vermoedelik beheeroor sy voertuig op die N1-hoofweg na-by die Walter Sisulu-afrit verloor. An-na-Marie Sassenberg, Chalbert se ma,het in Maart 2011 haar man, André(55), en oudste seun, Leaan (32), ook in’n motorongeluk verloor. ’n Gedenk-diens vindmôre om 12:00 by Celebrati-ons, Kenilworth 5, Spitskop, plaas.

S Ivan Mikyle Pool (1991-2013), ’nkelner by Kerdoni’s (Bayswater), isvier dae ná sy 22ste verjaardag dood.’n Dankdiens vir sy lewe is in die Tri-nity-Metodistekerk gehou.

S PD Jacobs, ’n fynwol-merinotelervan Trompsburg, is vanjaar die Land-bouskrywers SA: Sentraal se boer vandie jaar vir die Vrystaat. Jacobs, watdie Pdrino-fynwolstoetery op die plaasVlakfontein saam met sy skoonseunWillem Grobbelaar bedryf, word ver-eer vir die dekades van uitnemend-heid in die Suid-Afrikaanse wolbe-dryf.

Die nuwe drie hoofleiers van Grey­kollege (primêr) is aangewys. Hulle isReece van Staden (onderhoofseun), Lesley Botha (hoofseun) en Riaan Brits(onderhoofseun).

Page 4: Bloemnuus 8 nov 2013

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013

WAT gebeur wanneer waarin die groter Bloemfontein?Bloemnuus se gewilde Dag-boek-blad is die plek om tekyk.As jy jou selfoon gebruik

om Bloemnuus te lees be-soek bloemnuus.mobi enkyk onder “My gemeen-skap” vir dagboek-inskry-wings.Stuur dagboek-inskry-

wings in die onderstaandeformaat (moenie volledigenuusverklarings stuur nie)na [email protected] is gratis.Die spertyd is Dinsdae om

09:00.

VRYDAG 8/11S Yuran Lee violin recitalwith Tertia Visser-Downie(piano), Odeion, 19:30. Admis-sion: R130, R90, R50.S Lees vorige uitgawes vanBloemnuus aanlyn op die koe-rant se digitiale bewaarplek/argief, bloemnuus.co.za.S Snow White and the 7dwarfs om 11:00 in die AndréHuguenet-teater. Kry kaart-jies teen R25 by Pacofs.SHoe ’n man se kop werk(komedie) met Altus Theart.Kaartjies kos R100 by KikiCorner, 051-446-5666, of skryfaan Madelein by [email protected].

SATERDAG 9/11S David Fourie en dieBloemfonteinse Kinder-koor tree om 19:30 in die Sandop.Kaartjies kosR100 enR120.Pacofs, 051-447-7771.S Springbokke speel om19:30 teen Wallis in Cardiff.S Empire of Desire and theDevil’s Ribs at 20:00 in theAasvoëlklub.S Van Toeka tot Nou-mo-torskou op die Loch Logan-eiland. Toegang kos R30. BelWillie Marais, 082-331-5339.S Die son kom vandag om05:15 op en steek vanaand om18:42 sy kop weg.S NOTC VII om 18:00 in dieTempe- binnenshuise sport-sentrum. Daar sal 12 gevegtewees. Die hoofgeveg is tussenWarren Allison en Sihle Khu-boni. Skakel 083-612-8590.S ’n Boeremark word elkeSaterdag van 06:00 af op dieBewarea-terrein in Langen-hovenpark gehou. Daar is ’nspesiale KersmarkmetManieJackson as gaskunstenaar opVrydag 29 November van17:00 af. Toegang is gratis.

SONDAG 10/11SKoek en koffie word van15:00 tot 17:00 in die lentetuinvan die Koekela Huis Kafee(Reidstraat 17, Westdene) be-dien. Bel Gabrielle by 073-141-1740.S Gaaneet om12:00afvalmetplaasbrood, botter en anderbykosse in Truksvy op Sout-pan. Plekbespreking is nood-saaklik: [email protected].

MAANDAG 11/11S Iewers Nicemaak ’n nuwetak by Pretty Gardens langsCaramello’s oop. Die tak byReidstraat 28, Westdene (071-695-0104), gaan soos altydvoort.S Koop ’n burger by die Spuren kry een gratis.S Die Bevrienders hou syjaarvergadering in die sen-trumbyKlercklaan 18, Brand-wag.SMTV Europe MusicAwards vier sy 20ste be-staansjaar in Amsterdam.Justin Timberlake, Mackle-more enRyanLewis is voor indie koor met vyf benoemingselk. MTV, 22:00, kanaal 130.S Aansoekvorms vir stalle-tjies op dieVryfees se kunste-mark is van vandag af opvryfees.co.za beskikbaar. Diesperdatum is 20 Maart endie kontakpersoon is AtieKamper. Stuur e-pos [email protected] End of year function of theLadies 100 Club at 18:30. Theguest speaker will be Devi Go-vender of Carte Blanche.Tickets cost R225 (members)and R235 (guests). Call MagsLewis-Houghting on 082-411-7412.S Die laaste maandvergade-ring van die jaar van dieVry-staat-tak van die Genealo-giese Genootskap van Suid-Afrika om 18:30 in dieouditorium van die Oorlogs-museum.Die gasspreker is dr.Martinus Jordaan wat oor dieverskil (al dan nie) van navor-sing in genealogie as tydver-dryf of vir akademiese kwali-fikasies sal praat. Besoekersbetaal R20 teegeld. Bel Marie-tjie van Zyl, 082-406-5975.S Die meeste MultiChoice-kliënte gaan ’n week lank gra-tis toegang tot die meeste van

die kanale op die DStv Pre-mium-pakket kry. Van van-dag tot Sondag sal intekenareop die pakkette DStv Access,Select 1 en 2, Family, Compacten Extra customers toegangtot kanale soos SuperSport senege kanale, bykomendenuuskanale, kinderprogram-me en vermaakkanale hê.M-Net se 13 kanale, met flieks,reekse en meer, sal ook op dienaweek van 16 en 17 Novem-ber oopgestel wees.

TUESDAY, 12/11S Day of Aashura (Tenthday of Muharram), IslamicHoly Day.S Oproep tot gebed byKlip-kerk tussen 10:00 en 11:00 inkamer 21 van die kerk se sen-trum. Bel Vanessa, 072-375-3652.S Kunstenaars wat van 15 tot20 Julie op die 14deVryfees inBloemfontein wil optree, hetnog tot 30 November tyd omhul aansoeke in te dien. Ditkan by vryfees.co.za ingedienword.

WOENSDAG 13/11S NG kerk Soutpan hou om10:00 vrouebybelstudie inTruksvy.

DONDERDAG, 14/11S Jennifer Zamudio metHart en Siel in InnieSkuur.Kaartjies teen R80 is te kry byKiki Corner (051-446-5666) enMusic Inc (051-433-3439). Na-vrae: 079-387- 3614 of [email protected] Ter viering van Wêreld-diabetesdag bied die Life Ro-separk-hospitaal van 09:00 tot14:00 ’n diabetesbewusma-kingsdag aan.Die publiek kandie hospitaal vir gratis bloed-druk-, cholesterol- en glukose-toetse besoek. Sr. Jossie van

der Westhuizen, suster in be-heer van diabetiese dienstevan die Life-Rosepark-hospi-taal, sal helpmet raaden inlig-ting. Bel die bemarkingskan-toor van die Life-Rosepark-hospitaal by 051-505-5424.SKlipkerk-feesmark in diegemeentesentrum. Belang-stellendes wat wil uitstal, kan051-448-1419 bel.

VRYDAG 15/11SKersmark van 10:00 tot18:00 met heerlike eetgoed enmooi geskenke by Pletten-bergstraat 1, Dan Pienaar. BelLita Kotzé, 083-262-1165.S Tempe-gholfklub hou ’ngholfaand, iets wat seldeplaasvind. Bel Johan Venterby 082-551-1137 of stuur e-posna [email protected].

DINSDAG 19/11S Reps for Jesus, Praise andWorship-aand, 18:30, Houseof Bread. Bel Francois Kru-ger, 084-446-3084.

THURSDAY, 21/11S Jérome Pernoo (tjello) enJêrome Ducros (klavier),Odeion, 19:30. Toegang kosR130, R90 of R50.S Die Vrystaatse tak van dieSuid-Afrikaanse Verenigingvir Gesondheid en Beroeps-veiligheid (Saiosh) bied ’nkonferensie en uitstalling oorberoepsveiligheid en gesond-heid in die President-hotelaan. Registrasie is om 08:00 endie konferensie begin om09:00. Van die onderwerpe on-der bespreking is die wetge-wing oor beroepsveiligheid engesondheid en registrasie vanpraktisyns. Dit kos R295 perpersoon. Bel Gillian Sue, 082-701-9149.S Nog inskrywings is tevind op bloemnuus.co.za.

Dagboek

Vrydag 22 November: Mathys Roets om 19:00 in die Koeke­la Café. Kaartjies kos R100. Etes is beskikbaar. Bespreekvooraf plek by Gabrielle by 051­430­1949. Bloemnuus is diemediaborg van dié konsert.

Altus Theart, Björn Coetsee met Bunnie, die kleinste kuiergas in Innie Skuur, ElzetteMaarschalk en Joseph Clark. Nog foto’s te sien op bloemnuus.co.za se galerye.

Rhyno van den Berg (regs) is die wenner van Bloemnuus se Pas die Foto­kompetisie. Hierontvang hy ’n R500­geskenkbewys van Johnny’s Fruit Market, asook ’n geskenkbewysvir ’n driegangete vir twee van Euro Caffé. Links staan Simon Tyranis, eienaar van Johnny’sFruit Market, en agter Carike Barnard wat die kompetisie gekoördineer het.

Page 5: Bloemnuus 8 nov 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013 5

Hoekom Essex? Ek het by ’n filiaal van Saam-bou gewerk. Toe Saambou in 2002 vou, was ditdie derde keer in ’n kort ruk dat die (be-roeps-)mat ondermyuitgepluk is. Christine het’n werkaanbod van Essex ontvang en so het onstoe besluit dat ons as gesin so ’n jaar of wat diewêreld gaan verken.

Wat doen julle? Ek is saammet twee oud-Dur-baniete in ’nbesigheid,BiltongDirect,waar onsboerewors en biltong maak en ander Suid-Afri-kaanse lekkernye vir verlangharte invoer enverkoop. Christine is ’n rekenaarkonsultant inLonden. Melissa (24) doen haar meestersgraadin argitektuur aan Oxford. Etienne (21) doen syhonneursgraad in BSc (rekenaarwetenskap)aan die Universiteit van Essex waar hy in dieontwikkeling van videospeletjies spesialiseeren Stephan (17) doen sy A-levels (omtrent die-selfde as st. 9 en st. 10 in Suid-Afrika).

Het julle maklik aangepas? Nee. Die aan-vanklike plan was om ’n jaar of wat te kom –wat soos ’n verlengde vakansie gevoel het – eenwat te lank uitgerek het.My hart klopVrystaat-bloed en ek is gewoond aan rolbosse, rooigronden Afrikaans. In ’n stadium wou ek met alle ge-weld oppak en teruggaan. Die onderneming,waar ek met mede-Suid-Afrikaners kon mengen ons inskakeling by die Suid-Afrikaanse ge-meente het baie gehelp om my aanpassing ein-delik makliker te maak.

Hoe leef jy jou kultuur as Suid-Afrikanerdaar uit? Ons praat net Afrikaans by die huis,gaan na die Afrikaanse kerk hier en bring metelke besoek aan Suid-Afrika Afrikaanse boekeen musiek saam. Al my Britse vriende ken dieCheetahs.Etienne isbetrokkebydie internasio-nale War and Peace Show waar mense van oordie wêreld heen jaarliks krygstuig en uniformsvan vergange oorloë uitstal en veldslae uit-beeld.Hyen ’ngroep jongSuid-Afrikaanseman-ne (en enkele meisies) verteenwoordig ons Bos-oorlog – kompleet met browns,webbing en selfs’n Eland-pantserkar.

Wat maak dit beter of slegter om daar tewoon? ’n Groot voordeel is dat dit so maklik isom Europa toe te gaan, veral noudat ons Britsepaspoorte het. Ons gaan dikwels vir ’n naweekNederland, Frankryk of België toe. Die gesond-heidsorg is uitstekend enonshet geen skoolgeldvir die kinders betaal nie. Ek is egter oortuigdaarvan dat die gehalte van onderwys in Suid-Afrika beter as in Engeland is. Ná drie kindersdeur die stelsel verstaan ek steeds nie die onno-dig gekompliseerde stelsel nie.

Hoe verskil die Britte van Suid-Afrikaners?Hoewel ek dit deesdae ook al hoe meer by Suid-Afrikaners sien, grens die BritseHealth andSa-

fety-reëls en -regulasies heel dikwels aan die be-laglike (anderdag is koekies by ’n laerskool ver-bied omdat iemand beseer kan word as hydaarmee gegooi sou word. By ’n ander skoolmoes kinders handskoene en ’n bril dra toe hul-le met gomstiffies gewerk het). Nog ’n verskilis dat meisies toegelaat word om grimeringskool toe te dra en hul hare los te laat hang watnie by ’n skooluniform pas nie. Baie van dieseuns – van laerskool af – dra blink oorbelle(skool toe).

Is die mense van Essex erg gesteld op hulvoorkoms?Essex isEngeland seVrystaatwaarlandwyd goedig die spot gedryf wordmet die in-woners. Die meisies word geterg oor hul voor-koms – oranjerige fake tan, vals naels, valswim-pers en hulle is baie modebewus – soos in diegewilde TV-program The Only Way Is Essex.

Interessante sêgoed? Wildvreemdes kan jouas darling of sweetheart aanspreek – ongeag jououderdomof geslag.Hierword ’n dialek gepraat(Estuary English) wat ons aanvanklik moeilikverstaan het. Hulle kan nie ’n “r” sê nie en ooknie die Engelse “th”-klank nie. Verder sê hullenie die “t” aan die einde van ’n woord nie. ’nSin soos “But, Mother, it is my birthday” word“Ba Muve, ee eez ma bifday” en dan word dielaaste “ay” so lankuitgerek.MeneerGerber,myEngelsonderwyser, sou die stuipe gekry het ashy moes hoor hoe die klomp Engelse hul taalvermoor.

Wat mis jy van Bloemfontein? Ek moet nouversigtig wees om nie die Bloemfontein wat ekdestyds agtergelaat het te verwarmet die huidi-geBloemfonteinnie. Soos oral terwêreldhet dietyd aangestap en verandering gebring. Ek misdie spontane Afrikaans, die ongekompliseerdelewenstyl endatBloemfontein ’nkompakte stadmet alles binne ’n redelike afstand is. Ek ver-lang na die heerlike tye by Maselspoort en dieatmosfeer (en sosaties) opdie jaarlikse landbou-skou. En om die Cheetahs in die Vrystaat-sta-dion te sien.

Raad vir ander mense wat oorsee wil gaanwerk en woon? Besef dat jy alles wat vir joubekend en dierbaar is, agterlaat en dat dit tydgaan verg om so soort van ’n ondersteuningstel-sel te begin. Maak seker die kultuur is vir jouaanvaarbaar. Die belangrikste is egter om ’ndoelbewuste besluit te neem en dan afsluitingte kry. Moet nie, soos ek, met jou twee bene inverskillende lande staan nie.

Watter lewensles het jy daar geleer? Moetnooit die waarde van ’n hegte gesin onderskatnie. Sonder my gesin sou ek dit nie gemaak hetnie.By ’ngebrekaanbehoorlikeondersteuning,soos ons in Suid-Afrika het, was ons op mekaaraangewese en het ons ’n baie hegte eenheid ge-vorm.

Hegte gesin hetgroot waarde

Die Fourie­gesin woon in Essex, Engeland. Van links is Stephan (17), Christine, Melissa(24), André en Etienne (21).

ANDRÉ FOURIE, ’n oudleerling vanSand du Plessis en Jim Fouché, en sy ge-sinwoon inBenfleet, Essex, oos van Lon-denwaar die Teems in dieNoordsee uit-mond. “Ons bly op ’n bult wat uitkyk opdie Teems waar dit see begin word. Dierivier mond by Southend-on-Sea (eenvan die buurdorpe en ’n gewilde vakan-siebestemming) in die Noordsee uit enafhangend van hoe die wind waai, kanons die see ruik.” Hy het hul ervaringvanEngeland endiemensemetTheonieKok gedeel.

Ons mensein die vreemde

Page 6: Bloemnuus 8 nov 2013

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013

Erika Henning en Arno Dynes (Jim Fouché).Lizelle Kotze en Tertius Tait (Sand du Plessis).

Jade Martyn en Lize­Marie Kruger (Sanddu Plessis).

Arndt Viviers en Simonei van Ede (Fichardt­park).

BernPotgieter en LorencodeKock (JimFou­ché).

Linette Swiegers (Sand du Plessis).

Ig Maré en Carmen Smith (Fichardtpark).

Jean Massyn en Anton Klopper (Fi­chardtpark).

Henco Moller en Jeanique Greyling (Fi­chardtpark).

Gr. 12’s

Lizé­Mari duToit enRikusSmit (Fichardt­park).

Page 7: Bloemnuus 8 nov 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013 7

Ruan en Elene (Grey). Foto: Zander VisserMarco Bester en Esmari Coetzee (Grey).

Nina le Grange en PC Labuschagne (Jim Fouché).Krappie Labuschagne en Carla Grové (Fichardtpark). Zander Visser en Zandri van der Ryst (Jim Fouché).

Callie Malan en Inge Viljoen (Fichardtpark). Marcel Matthee en Pallie Venter (AHS Kroonstad). Mariesa Olivier en Julian Roux (Jim Fouché).

Page 8: Bloemnuus 8 nov 2013

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013

MEET OUR NEWESTMEMBER Of ThE faMily.BRiNg yOURS TO jagUaR BlOEMfONTEiN ThiS WEEKEND.

JAGUAR BLOEMFONTEIN50 Nelson Mandela Avenue, BloemfonteinTel: 051 403 4200

hOW aliVE aRE yOU?

It’s your chance to introduce your loved ones to the car of your dreams.Bring them and join us at Jaguar Bloemfontein this weekend. And after seeingthe SA Car of the Year finalist F-Type, you can check out the thrilling Jaguar XF,which is now available from just R534 800.

JAGUAR.CO.ZA

JAGUAR RANGE STARTING FROM ONLY R534 800.

Page 9: Bloemnuus 8 nov 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013 9

BLOEMNUUS het baie foto’s ontvang waar matrikulante voor hul ma-triekafskeid is bymotors – van blinknuwe vuurwaens tot ’n outentiekeperdekar, afgeneem is.

Klas van ’13

Hardus Nieuwenhuis en Liza Labuschagne (Fichardtpark).

Ian Stannard en Felescha van der Westhuizen (Jim Fouché).

Chanrilize Coetzer en Anco Gouws (Jim Fouché).

Page 10: Bloemnuus 8 nov 2013

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013

Ludwig Streso en Sammi Lee Snyman(Fichardtpark).

Ronel van Zyl en Stephan Raulstone(Fichardtpark).

Mariska Swiegers (Fichardtpark).Jano de Beer en Marieke Botha (Jim Fouché).

Page 11: Bloemnuus 8 nov 2013

BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013 11

Idees, wenke en raad om jou na-week te help beplan:

S DIT sal vandag 30 °C word, vol-gens weathersa.co.za. Die aanvoel-bare temperatuur sal 31 °C wees.Geen reën word voorspel nie. Dieres van die naweek se weer lyksoortgelyk. Jy kan dus jou naweekhiervolgens beplan.

SWeg, die reistydskrif, reik ’nplat-telandse uitgawe genaamd Weg/Platteland uit. Die eerste uitrei-king is op 25 November op die rak.

S Die Otterskloof- Private Wild-reservaat hou op Saterdag 16 No-vember ’n MTB en Trail RunningEvent. Hardloop/ry tussen renos-ters, swartwitpense en buffels deurlangs dieVanderkloofdam.Kontak:[email protected] of078-801-9776.

S FicksburgsegewildeKersiefeesword die naweek van 23 Novembergehou. Kyk by cherryfestival.co.za.Slabbert Toere, ’n gereelde adver-teerder in Bloemnuus, onderneem’n toer na dié fees. Bel Andries duToit by 083-412-7453.

S Philippolis, 90 minute se ry suidvan Bloemfontein, hou skou totmôre. Die saalperdskou is naas dieeen in Bloemfontein die grootste in

sy soort in die land. Annette Loock,051-773-0484.

S Suid-Afrika se jongste nasionalepark, Mokala, is nou nog groter.Die park is nou 275 vierkante kilo-meter groot. Dit volg nadat noggrond van 10 vierkante kilometerhierby gevoeg is. Mokala (053-204-

0158) is ongeveer 90 km suid vanKimberley.

S Stuur soortgelyke inskrywingsna [email protected]. Dieplek of gebeurtenis moet naby ge-noeg aan Bloemfonteinwees dat in-wonersmaklik oor ’n naweek daar-heen kan uitwyk.

Johan Kok, met wie Bloemnuus die heel eerste Ons Mense in dieVreemde­onderhoud gevoer het, woon nou in Suid­Korea en het diéfoto van ’n grootstreepswael op ’n onlangse kuiertjie in die Bloem­hofdam­natuurreservaat geneem.

Tyd vir uitspan Today inhistory1679 – Commander Simon van derStel camps on the bank of the EersteRiver and calls the place Stellen-bosch.

1879 – Born: Leon Trosky, RussianCommunist leader.

1887 – The Johannesburg Stock Ex-change (JSE) is established.

1909 – Born: Katherine Hepburn,American actress who won four Os-cars. Her movies include The Phila-delphia Story and The African Queen.

1922 – Born: Christiaan NeethlingBarnard,medical pioneerwhoperfor-med the first heart transplant.

1923 –Adolf Hitler attempts a coup inMunich, the “Beer Hall Putsch”, andproclaims himself chancellor and Lu-dendorff dictator.

1960 –JohnF.Kennedy is elected35thpresident, defeating Republican can-didate Richard Nixon in the closestelection, by popular vote, since 1880.

1974 – Born: Penny Heyns, South Af-rican swimming star. She represen-ted South Africa at the Atlanta Olym-pics in 1996, winning both the 100 mand the 200 m breaststroke event.This made her the only woman in thehistoryof theOlympicGames todoso.

Wysheiduit die flesDOMINEE: “Dronk Daan, ek wilvandag met jou praat . . .”Dronk Daan: “Praat maar, Domi-

nee, ek luister.”Dominee: “Dis oor jou drinkery

wat ek met jou wil praat, DronkDaan.”DronkDaan: “Enwat vanmy drin-

kery, Dominee?”Dominee: “Dronk Daan, ek dink jy

drink te veel.”Dronk Daan: “Mag so wees, Domi-

nee, maar wat kan ek maak as diedors so groot raak?”Dominee: “Maar, Dronk Daan, dis

mos nou al oor en oor bewys wateris die beste drank op aarde . . .”Dronk Daan: “Ja, Dominee, maar

wie is ek, arme sondaar, omaltyd netdie beste te wil hê?”– Grappie ingestuur deur JorinaClaassen

PERSOONLIKEDIENSTE

FINANSIEËL

1420

CJK ACCOUNTANTS:For any accounting work,financials, statutoryreturns, estates, etc.Contact 0795223021/[email protected]

KRUIEKENNER

1435

OP SOEK NA

1485

I am looking for knitting machines:Empisal and Passap, in any condition.Will pay cash. Contact Cecilia082 482 4686.

ALGEMENE &HUISDIENSTE

LOODGIETERS

1855

Qualified plumber:We do geysers, bathrooms,leakages, etc. Contact Jerry 079 0772054.

BOME

1871

AFSNY EN WEGRY VAN BOME, hoë-risikobome. 082 693 0234.

BOME SNY en tuinvullis verwyder.40% afslag.Skakel Joubert0832407905.

VAKANSIE& REIS

AKKOMMODASIE

2635

JEFFREYS BAY:XMAS SPECIALBEAUTIFUL, FULLYFURNISHED 2-BEDRDUPLEX, CARPORT,BRAAI AREA. 1 KMFROM BEACH.044 293 1268/ 076 4000703.

EIENDOMME

TUINWOONSTELLETE HUUR

3265

Ruim, moderne 3-slk-/2-badk, 2motorhuise, voorafbetaalde krag, inWaverley. R7 800 plus deposito.083 297 9221/071 872 7870.

BOEDELKENNIS-GEWINGS

BOEDELS:KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

122 TJ HOLTZHAUSENIn the estate of the late TobiasJohannes Holtzhausen, identity num-ber 340426 5008 087, married out ofcommunity of property to MagdalenaWelhelmina Anna Holtzhausen, apensioner who resided at Flat I 8,Noorderbloem Retirement Village,Metz Street, Bayswater, Bloemfon-tein, date of death 21 October 2012,number of estate: 13145/2012.Notice is hereby given in accordancewith Sections 35(5) and 34(9) of ActNo. 66 of 1965, as amended, that thefirst and final liquidation and distri-bution account in the above estate,will lie open for inspection at theoffice of the Master of the HighCourt, Bloemfontein for a period of21 (twenty one) days from date ofpublication of this notice.Signed at Bloemfontein this 31st dayof October 2013.

KA SOROURC/o Van der Merwe & Sorour

45 First AvenueWestdeneBloemfontein

BOEDELS:LIKWIDASIE ENDISTRIBUSIE

4205

122 ARTHUR EDWARD SCOTTIn die boedel van wyle Arthur EdwardScott, identiteitsnommer 3706215006 080, gebore 21/06/1937, boe-delnommer 2484/2013.Kennis geskied hiermee dat die eer-ste en finale likwidasie- en distribu-sierekening (tensy anders vermeld)in bogenoemde boedel ter insae sallê ten kantore van die Meester vandie Hooggeregshof Bloemfontein vir'n tydperk van een en twintig (21)dae vanaf 8 November 2013.Evert Phillippus Jacobus Kleynhans,Posbus 20157, Willows 9320. Tel.051 430 3630, datum: 29 October2013.

122 HM VAN NIEKERKIn die boedel van wyle HenricusMarinus van Niekerk, wat woonagtigwas by Westerbloem 170, Bloemfon-tein, boedelnommer 869/2013.Kennis geskied hiermee dat die eer-ste en finale likwidasie- en distribu-sierekening in bogenoemde boedelter insae lê by die Kantoor van dieMeester van die Hooggeregshof,Bloemfontein en 'n afskrif daarvanby die Landdroskantoor, Bloemfon-tein, vir 'n tydperk van 21 (een entwintig) dae vanaf 8 November 2013.PROKUREURS: DUVENHAGE & VANDER MERWE, Posbus 63, Kuruman8460.

GEREGTELIKEVEILING

4501

KENNISGEWING VAN VERKO-PING

IN EKSEKUSIEIn die Landdroshof vir die distrikBloemfontein, gehou in Bloemfon-tein, in die saaknommer 19649/2013tussen:

LOOTS LOODGIETERSEksekusieskuldeiseren

MNR BOETA KöNIGEksekusieskuldenaar

Geliewe kennis te neem dat inge-volge 'n vonnis verleen op11/09/2013 in bogemelde AgbareHof in terme van 'n Lasbrief vir Ekse-kusie wat daaropvolgend uitgereik is,sal die goedere hieronder beskryf ineksekusie verkoop word op Dinsdag 3Desember 2013 aan die hoogste bieërby Balju Bloemfontein-Wes, Veilings-lokaal, Mannionweg 4C, OuIndustriële Gebied, Oranjesig, Bloem-fontein (langs die Kragsentrale enLittle Green Beverages) om 10:00,naamlik:1 Isuzu KB 320 V6 D/C-bakkie metkappie (registrasienommer:BTP682FS) R65 000Neem verder kennis:1. Hierdie is 'n verkoping in ekseku-sie kragtens 'n vonnis bekom inbogenoemde hof2. Reëls van hierdie verkoping isbeskikbaar 24 uur voorafgaande dieverkoping by die kantoor van dieBalju, Bloemfontein-Wes, DerdeStraat 6A, Bloemfontein3. Registrasie as koper is 'n vereisteonderworpe aan die bepaalde voor-waardes, onder andere:3.1 voorskrifte van die Verbruikers-beskermingswet 68 van 20083.2 FICA-wetgewing met betrekkingtot identiteit en adresbesonderhede3.4 Registrasievoorwaardes.4. Verkoping sal geskied by die vei-lingslokaal van die Balju, Bloemfon-tein-Wes met afslaers.5. Advertensiegeld teen heersendepublikasietariewe en verkopingsko-ste volgens Hofreëls, geld.Gedateer in Bloemfontein op hierdie29ste dag van Oktober 2013.

W J BOTHAProkureur vir Eiser

Botha Hefer Ing.Property ParkKellnerstraat 60BBloemfonteinVerw: WJ Botha/bv/LOO4/0004Tel. 051 430 4353

Page 12: Bloemnuus 8 nov 2013

12 BLOEMNUUS, VRYDAG 8 NOVEMBER 2013

NAKA DROTSKÉ is as rug-byspeler en afrigter be-kend. Maar wie is hy asmens? Hier verklap hy ’npaar dinge wat jy moontliknie geweet het nie.

Wat sou jy anders gedoen hetas jy jou lewe kon oorhê? Eksou ’n pro-golfer wou wees.

Wat is jou grootste tekortko-ming? Ongeduld.

Met watter tekortkominge inander mense kan jy saam-leef? Mense wat impulsief is.

Wie en wat kan jy nie verduurnie? Skynheilige mense enmense wat negatiwiteit in al-les raaksien.

Jou kenmerkendste eienskap?Ek is ’n reguit mens.

Wie is jou helde? RichardBranson en Ernie Els.

Wie of wat is die liefde van joulewe? My twee seuntjies enmy vrou Marzanne.

Wat is jou gunsteling-eetplekin Bloemfontein? Ons eetgraag by Margaritas.

Waarvan hou jy glad nie inBloemfontein nie? Stofstorms.

Wanneer enwaarwas jy op jougelukkigste?Bymy rivierhuisby Riviera Glen saammet mygesin.

Jou kosbaarste besitting? Myskootrekenaar.

Wie sou jy die graagste virete wou nooi? Richard Bran-son.

Wat sou jy dan vir ete maak?Braaivleis met my groente-pot.

Wat verveel jou? Mense watwil kritiseer maar nie hul fei-te reg het nie.

Wat is jougunsteling-versreël?Avoid pessimists.Negativity iscontagious.

Waar sou jy eendagwil aftree?Phuket.

Naka Drotské by sy vrou Marzanne en die kinders Jeazanne, Annica, Tristan en Allen.Foto: Charl Devenish

Die anderNaka . . .

AdriaanStrauss (links) enNakaDrotské. Foto:ConradBornman

BLINK UIT: Van links is Bianca van Huysteen, Elri Groenewald, Ruhandré Coetzeeen Kobus Duvenhage, die Laerskool President Brand se sportsterre vir 2013.