agtergrond - wnps.co.za
TRANSCRIPT
AGTERGROND
Die inhoud van hierdie personeelinligting is daarop gemik om ordelike
samewerking in die skool te bewerkstellig. Vir die beginner-onderwyser
is dit ‘n belangrike hulpmiddel om maklik in te skakel by die onderwys
as beroep in die algemeen en as lid van die personeel van hierdie skool
in die besonder. Ervare onderwysers wat van elders by die personeel
aansluit, sal dit nuttig vind om op die hoogte te kom rakende die bepaalde
orde wat hier voorgestaan word. Ervare onderwysers wat reeds ‘n
bepaalde tyd by WNPS onderrig bly op hoogte van die verwagte
werkswyse by Worcester-Noord.
A 1. Aankondigings oor interkom 2. Aanlegtoetse - graad 7’s 3. Administratiewe periode 4. Afrol- en fotostaatwerk-reëlings 5. Afskeidsgeselligheid 6. Aflosreëlings 7. Afwesigheid van kollegas 8. Afwesigheid van leerders 9. Apparatuur 10. Afdakke vir motors 11. Aankondigings in personeelkamer voor skoolopening en reëling by rye. B 1. Behoeftelys 2. Beplanningsvergaderings 3. Beseringsregister 4. Bestellings en aankope 5. Blomreëlings vir kantoor 6. Boekkontrole 7. Boekstoor 8. Buitelugopvoeding - graad 5,6 en 7 9. Buitemuurse program 10. Busbesprekings 11. Bybellyste 12. Bybelvasvra 13. Bystandsfonds 14. Besoekers-reëling 15. Beskikkingsraad 16. Bestrydende uitgawes 17. Balkies vir presteerders 18. Bewegingsontwikkeling 19. 20.
Bywoning van sport (en ander) geleenthede deur WNPS personeel Beplanningsboeke weekliks nagaan
21. Beleid t.o.v. leerders in rolstol of enige ander besering wat loop bemoeilik. D 1. Diensorganisasies - skakeling 2. Didaktiese hulpverlening na skool 3. Dissiplinêre Komitee - riglyne 4. DVD’s tydens onderrigtyd E 1. Edlab- kaarte 2. Eisteddfod 3. Entrepreneursdae - graad 5-7 4. Eksamen puntebesprekingsmiddag 5. Eksamen (grade 4, 5, 6 en 7) - Punte, tydsduur, riglyne t.o.v. vraestelle 6. Eksamenreëlings 7. Eksamenkultuur tydens toetse/eksamens 8.
Erkenning aan akademiese presteerders tydens eksamens
F 1.
Fietshokke
2. Fondsinsamelings 3. Foto’s – individuele- en groepfoto’s
G
1. Gange se netheid - aansteekborde 2. Geskenke en ruikers 3. Geskiedenis van WNPS 4. 5.
Groepwerk –riglyne aan personeel Geskenk deur gr. 7’s aan skool
H 1. Huiswerkboekies 2. Huiswerktye - (riglyne) per dag 3. Hersiening vir toetse en eksamens 4. Horlosies tydens toetse/eksamens
I 1. I.K. - toetse - graad 6 2. Instandhouding - faktotum 3. Instaprooster 4. Inventarisse 5. In- en uitteken van personeel
K 1. Kerspakkies aan werkers 2. Klankapparaat se opstel en gebruik 3. Klasbesoeke 4. Klasbydraes vir “Communicator” en webtuiste 5. Klasindelings vir die volgende jaar 6. Klasuitstappies 7. Klerebank 8. Klerekomitee 9. Kompetisies 10. Konsertklere 11. Kontak met ouers 12. Koorfeeste 13. Kopieërwerk 14. Kultuuraande 15. Kunsuitstalling in voorportaal 16. Kwartaal- en jaarprogram 17. Kenmekaaraande vir personeel en ouers 18. Kopluise
L 1. Laboratoriumreëlings 2. Leerderprofiele 3. Lentedaguitreiking 4. Lief- en leed vir “Communicator”, webtuiste en facebook 5. L.O.- Apparaatkamer 6. Leerondersteuning 7. Lugversorgers in lokale
M 1. Mediasentrum 2. Mediaskakeling 3. Meisies se netheid - L.O.-drag en hare 4. Merieteborde in saal 5. Musiekonderrig 6. Musiekaand 7. Merkwerk 8. Meer tyd leerders N 1. Nasorgsentrum 2. Nie-onderrigperiodes O 1. Onderrigtyd per week 2. OBOS verwysings (Kenny Stevens) 3. Onthaalarea by sportterrein 4. Ontruimingsplan 5. OOV – bestuur 6. Oueraande 7. Opvoedersportefeulje 8. Ouerbesoeke n.a.v. rapporte P 1. Personeelfonds en aankope 2. Personeelfunksies 3. Personeelkamer - opening (soggens) 4. Personeelkamer se netheid 5. Personeelontwikkeling 6. Polisie – skakelfunksie 7. Proefonderwys R 1. Raam van presteerders se foto’s 2. Redenaarskompetisies 3. Rekenaarlokaal 4. Remediërende onderrig 5. Rooklokaal 6. Rekenaargeletterdheid
S 1. Saalbyeenkomste 2. Sangsaal 3. Selfoon 4. Sertifikate se skryfwerk 5. Seuns se netheid - (L.O.-drag en hare) 6. Skakeling met hoërskole 7. Skooldrag, sportdrag en algemene netheid van leerders 8. Skoolgelde - reëling 9. Skoolsielkundige van distrikskantoor 10. Skoonmaakdiensrooster 11. Skryf- en handboeke 12. Sportuitstalling in voorportaal 13. Swem 14. Skoollied 15. Stofsuier se gebruik 16. Sleutels - Sportterrein 17. Straf- en beloningstelsel 18. Stoorkamers 19. Skoonmaak van klasse 20. Skoolsaal: Instap en verdaging uit skoolsaal 21. Sportwedstryde gedurende week - vertrekreëlings 22. SGOS - amanuense 23. SGOS se werking in WNPS T 1. Telefoonoproepe en fakse 2. Terreindiens V 1. Vaklêers 2. Vakvergaderings 3. Verfwerk 4. Verjaarsdae – graad 1 – 7 en LSO leerders 5. Verjaarsdae - personeel 6. Verkeersveiligheid 7. Vorderingsverslae 8. Versorgingsbeleid 9. Veiligheidsbeleid (sluit ontruimingsplan in) 10. Verkiesing van leerderleiers W 1. Weekbrief 2. Wiskunde Olimpiade (AMESA)
A.1. AANKONDIGINGS
Aankondigings oor die interkom word tydens die administratiewe periode, voor pouses en aan die
einde van die dag gedoen. Die sekretaresse lees die aankondigings wat vooraf op ‘n voorgeskrewe
vormpie geskryf moet word. Dis kollegas se plig om te sorg dat hul klasse doodstil is sodat alle
aankondigings gehoor kan word. Geen leerder verlaat klas voordat alle afkondigings gedoen is nie.
Administratiewe periode is verleng tot 15 minute - die eerste 5 minute mag geen leerder hul klas
verlaat, daarna volg die afkondigings en mag leerders slegs na kollegas gaan wat 'n
afkondigingsbriefie voltooi het.
Afkondigings mag nie binne die eerste vyf minute van die skooldag gemaak word nie sodat
registeropvoeders die dag op ‘n gepaste wyse saam met hul klas kan open.
A.2. AANLEGTOETSE EN BREINPROFIELE - GR. 7’S
Verantwoordelike kollega reël met sielkundige die datum, lokaal en hanteer die kommunikasie met
die ouers. Daarna is dit 'n ooreenkoms tussen ouer en sielkundige.
* Breinprofiele kan teen ‘n vasgestelde bedrag gedoen word. Opvoeder wat Lewensvaardighede
onderrig, hanteer alle reëlings.
A.3 ADMINISTRATIEWE PERIODE
Hierdie periode word gebruik vir alle reëlings met sportspanne of ander groepe leerders. Alle gelde
moet tydens die periode na die kantoor gestuur word.
Afkondigings vind ook gedurende hierdie periode plaas. Leerders mag nie op ander tye uit hul klasse
geroep word vir sport / ander reëlings nie.
Sekretaresses is slegs in dié tyd beskikbaar vir geldhouers uit kluis.
* Sien reëlings by A1
A.4 AFSKEIDSGESELLIGHEID
Sedert 2014 word ‘n aandfunksie gereël waar gr. 7 ouers en betrokke onderwysers saam gr. 7 leerders
teenwoordig is. Gedurende dié aand word top 10 leerders in gr. 7 ook bekend gemaak.
A.5. AFSLUITINGSKONSERT
Die afsluitingskonsert word elke tweede jaar gehou. Dit word gehou die jaar waarin daar nie
Eisteddfod is nie. Die hele skool is hierby betrokke. Personeel word aangewys om in beheer van
die konsert te wees en hulle besluit op ‘n tema/onderwerp. Dit word dan deurgegee aan die res van
die personeel met die nodige sperdatums en datums van optredes. Volgens behoefte word oefentye
gereël gedurende skooltyd en namiddae.
A.6. AFLOSREëLINGS
Indien ‘n kollega afwesig is tot 5 aaneenlopende dae word ‘n derde/vierde jaar internskap
verantwoordelik vir die klas se onderrig sowel as die nasienwerk gemaak.Geen ander kollega is dus
in dié klas teenwoordig nie. Indien geen derde/vierde jaar internskap beskikbaar is vir toesig nie
geld die ou reëling dat ‘n eerste/tweede jaar internskap lesse mag aanbied maar slegs onder toesig
van’n gekwalifiseerde kollega. Die nie-onderrigperiodelys van personeel moet dus gebruik word in
sulke gevalle. ‘n Internskap sal geen ekstra vergoeding ontvang vir hierdie instaan nie aangesiendit
gesien word as ervaring wat die internskap opdoen. Alle lesse wat aangebied word op so ‘n
dag/week vorm deel van die week se lesse wat op die weeklikse lesblok ingevul word. Indien dié
afwesigheid langer as 5 dae duur moet daar ‘n spesifieke persoon gereël word wat voltyds sal aflos.
Dié persoon sal uit die begroting vergoed word. As daar vooraf langer verloftydperke as 5 dae
toegestaan word, geld laasgenoemde reëling van dadelik een persoon aanwys vir voltydse aflos vir
dié klas. ‘n Internskap mag van die huidige straf- en belonginstelsel gebruik maak indien hy/sy aflos
en verantwoordelik is vir ‘n klas.
Indien ‘n opvoeder langer afwesig is, moet ‘n gekwalifiseerde aflospersoon genader word.
Die internskap is verantwoordelik vir die onderrig van leerders asook die merkwerk van die leerders.
-‘n Internskap sal geen ekstra vergoeding ontvang vir hierdie instaan nie. Dit word gesien as ervaring
wat sy opdoen.
-Alle lesse wat aangebied word op so ‘n dag, tel as die week se lesse en kan ingevul word op die
lesblok wat weekliks voltooi word.
-Internskap los verkieslik af in die graadgroep waar sy vir die jaar ingedeel is.
-DBO werkboeke word verkieslik op so ‘n dag gebruik vir onderrig.
-Aangesien internskappe reeds verantwoordelik is vir nasien van DBO werkboeke, sal dit van hul
verwag word om hierdie boek na te sien. Internskappe hoef egter nie na afloop van die skooldag
hierdie boeke tuis na te sien nie. Boeke kan oorstaan tot die volgende dag en tydens skooltyd gemerk
word in die internskap se klas waar sy ingedeel is vir die jaar. Internskap bly dus op hoogte van wat
in haar klas aangaan en is ook van hulp tot opvoeder/leerder indien nodig.
-Indien DBO werkboeke reeds voltooi is vir die week, moet werk in skryfboeke bv. klaswerkboeke
gedoen word. Indien ‘n opvoeder onverwags afwesig is, is dit die graadhoof se verantwoordelikheid
om vir hierdie internskap leiding te gee t.o.v skriftelike werk ens. Hierdie nasienwerk bly egter die
A.7 AFWESIGHEID VAN LEERDERS
Leerders wat die skool vroeër tydens die skooldag moet verlaat se ouers moet skriftelik die kantoor
daarvan in kennis stel sodat die versoeke aangeteken en liaseer kan word. Afwesige leerders se name
word op ‘n eenvormige vormpie aan sekretaresse gestuur om ‘n oproep te maak aan ouers wat nie
laat weet het waar hul kind is nie. Geen leerder mag die terrein sonder die kantoor se toestemming
verlaat nie. Kwartaal 1, 2 en 3 se afwesighede word afgesluit op die laaste skooldag van die kwartaal
(daar is ook ‘n nuwe reëling t.o.v. uitdeel van rapporte). Die totale van afwesighede word dus op
laaste dag bereken en op vorderingsekedule aangebring. Eers dan word rapporte en skedule
gedruk. A.8 APPARATUUR
Tydens die opstel van die jaarlikse begroting word daar vir die graad 1 - 3, LSO en graad 4 - 7 groepe
apart begroot. Sekere kollegas is verantwoordelik vir hierdie funksies en die aankoop van penne,
plakkate ens. moet met die kollegas gereël word. Te alle tye moet daar binne die begroting gehou
Graad 4 - 7
Graad R - 3
Geen kollega mag self enige aflosreëling tref nie!
word. Alle aankope moet sover as moontlik by plaaslike ondernemings gedoen word. ‘n Lys van
instansies wat ons skool ondersteun, is by die kantoor beskikbaar.
A.9 AFDAKKE VIR MOTORS
Indien u aanspraak wil maak op ‘n staanplek moet u ‘n aansoekbrief aan die skoolhoof stuur wat dit
dan op ‘n waglys sal plaas. Chronologiese volgorde sal as riglyn gebruik word. Die bedrag (soos
deur die beheerliggaam vasgestel) betaalbaar moet maandeliks by die sekretaresse betaal word.
A.10 AFROL- EN FOTOSTAATWERK-REëLINGS
Geen afdrukke deur onderwysers word tydens die skooldag gemaak nie. Behoeftes word aan die
sekretaresse gestuur met ‘n aanduiding van hoeveel afdrukke verlang word – dié afdrukke sal dan
binne 24 uur beskikbaar wees.
Dringende uitsonderings moet na prinsipaal gestuur word wat dan goedkeuring tot onmiddellike afrol
kan verleen. Indien prinsipaal nie beskikbaar is nie, moet die adjunk -prinsipaal goedkeuring
verleen. Dié goedkeuring sal d.m.v. ‘n handtekening op die aanvraagvorm plaasvind. Hierdie
reëling geld vir alle kollegas.
A .11 AANKONDIGINGS IN PERSONEELKAMER VOOR SKOOLOPENING
Alle personeellede (graad R uitgesluit) moet soggens 07:15 tot 07:25 in personeelkamer vergader.
Om 07:25 verdaag almal direk na rye om betyds daar te wees om goeie dissipline toe te pas. By rye
word geen groepe uitgeroep vir afkondigings nie – dit word tydens adminperiode gedoen.
A.12 AANKOOPPROSEDURES
Elke item op die begroting word deur een spesifieke persoon op die skool se
personeel gedryf en bestuur. Hierdie persoon neem verantwoordelikheid vir
sy/haar begroting.
Aankope binne begroting word deur ‘n betalingsmagtigingstrokie
bekragtig, deur die persoon wie inbeheer is van die spesifieke begroting.
Geen uitgawe mag aangegaan word indien daar nie voldoende fondse
beskikbaar is nie. Hierdie fondse word op die jaarlikse begroting aangedui.
Alle onbegrote uitgawes word deur die skoolhoof gemagtig tot ‘n maksimum
van R5 000 en aan die Finansiële Komitee gestuur vir kennisname.
Onbegrote uitgawes groter as R5 000 en buitengewone items word na die FK
verwys vir goedkeuring.
Vir alle aankope groter as R20 000 moet vooraf, waar beskikbaar 3 kwotasies
verkry word. Indien 3 kwotasies nie verkry is nie, moet dit deur die skoolhoof
afgeteken word. Waar daar ’n ooreenkoms met ’n spesifieke diensverskaffer
is, hoef daar nie 3 kwotasies verkry te word nie. Diensverskaffers moet
jaarliks oorweeg word.
Die kwotasies vorm deel van die rekeningkundige rekords en moet bewaar
word.
Magtiging van uitgawes
Die persoon wat die uitgawe wil aangaan, moet vooraf seker maak dat daar
genoeg fondse op die begroting is vir die betrokke uitgawe.
Indien ’n uitgawe bo R1 000 is, moet daar vooraf ’n bestellingsbrief voltooi
word. Hierdie dokument word volledig voltooi en saam met ’n
kwotasie/bestelling by die finansiële beampte ingedien. Daarna word die
vorm vir finale goedkeuring na die skoolhoof gestuur. Wanneer magtiging
verkry word, kan die normale aankoop proses gevolg word.
Indien daar nie ‘n betalingsmagtingstrokie vir die aankoop uitgemaak is nie,
en die individu nie nagegaan het of daar genoeg fondse beskikbaar is nie,
aanvaar die skool geen verantwoordelikheid vir die betaling van die faktuur
nie. Die individu wat die transaksie aangegaan het sal dus verantwoordelik
wees vir die betaling van die faktuur.
Betalings geskied weekliks op ‘n Vrydag.
Donderdagoggende, 8 uur is die afsnypunt vir betalings op Vrydae.
B.1 BEHOEFTELYS
Jaarliks word daar ‘n behoeftelys opgestel van noodsaaklikhede wat nie binne die jaarlikse
begroting geakkomodeer kan word nie. Indien daar in die loop van die jaar behoeftes
ontstaan moet dit onder die skoolhoof se aandag gebring word. Alle dringende herstelwerk
moet dadelik onder die betrokke skakelonderwyser se aandag gebring word.
B.2 BEPLANNINGSVERGADERINGS
Graadgroepe vergader weekliks om onder andere die volgende week se beplanning t.o.v.
lesse, evaluering, toetse, afrolwerk en onderrigtyd te bespreek. Kollegas se
beplanningslêers moet te alle tye beskikbaar wees.
B.3 BESERINGSREGISTER
Die sportorganiseerder moet aan elke einde van ‘n kwartaal die voorgeskrewe vorms voltooi.
Huidiglik is die sekretaresse verantwoordelik vir die algemene beseringregister. Sportafrigters en kollegas moet alle beserings onverwyld by die betrokke persone aanmeld.
Graad R beskik oor 'n eie beseringsregister wat deur hulself bygehou word.
B.4 BESTELLINGS EN AANKOPE
Voordat enige bestelling geplaas of enige aankope gedoen word, moet die betrokke kollega
eers met die finansiële sekretaresse of die skoolhoof kontak maak. Sodoende kan ‘n
moontlike kontantvloeiprobleem uitgeskakel word. Daar is ‘n sperdatum vir bestellings en
aankope (gewoonlik einde September/ begin Oktober). By bogenoemde reëlings moet baie
streng gehou word. Maak doodseker wat die reëling met die skool se rekenmeester is.
Aankope op rekening, asook diverse aankope
Betalings
B.5 BLOMREëLINGS VIR KANTOOR
Blombeurte word waargeneem deur ouers wat op vrywillige basis instem om ‘n blombeurt te
neem of versiering te verskaf vir die week. Ander reëlings word getref met spesiale
geleenthede, bv. Opedae ens.
Beurte word kwartaalliks op die kwartaalprogram aangedui en ook op Communicator
geplaas.
B.6 BOEKKONTROLE
Gebruik voorgeskrewe vorms. Leemtes moet binne 3 dae opgevolg word. Indien u as
vakhoof sukkel om kollegas se werk betyds te ontvang, moet prinsipaal onmiddellik skriftelik
ingelig word. Maak seker dat beleid uitgevoer word! Vakhoof teken kontrolevorm, stuur dit
dan na prinsipaal om te teken en eers dan word dit vir die betrokke kollega gegee om te
teken. Alle boekkontrolevorms moet deur die betrokke kollegas in hul vaklêers onder
interne modereringsinstrumente liaseer word.
B.7 BOEKSTOOR
Sien die buitemuurse program vir tye waarop die boekstoor oop is. Geen voorraad mag
sonder die toestemming of teenwoordigheid van die betrokke kollega verwyder word nie.
B.8 BUITELUGOPVOEDING - GRAAD 5, 6 en 7
Deelname hieraan is ‘n voorreg en leerders kan hulself deur swak gedrag diskwalifiseer aan
deelname hieraan. Datum word vasgestel m.b.v. skoolhoof en bespreking volg ‘n jaar vooruit. Ouers word ten
minste 6 maande vooruit in kennis gestel oor die onkoste verbonde aan die kamp, sodat daar
vroegtydig tuis daarvoor begroot kan word. Elke ouer kan dan besluit hoe daar maandeliks
of eenmalig betaal gaan word. Gewoonlik word busvervoer deur ons skool self gereël.
Onkoste van die kamp en vervoer word saam bereken per kind. ‘n Busvorm word vroeg-
tydig ingevul en aan die persoon gegee wat verantwoordelik is vir busreëlings. Nader aan
die tyd, word ‘n volledige brief aan die ouers deurgestuur, asook ‘n ingeslote program waarin
ouers presies kennis neem van al die bedrywighede tydens die kamp. Die S.O.S.-boeke word dan aan die leerders gegee, so + twee weke voor die kamp. Alle inligting oor die
S.O.S.-kamp word in hierdie “logboek” aangedui. Elektroniese inbetalings is die veiligste
opsie en word aanbeveel. Kontant kan steeds by rekenmeester inbetaal word. Toestemming
moet ook betyds by die distrikskantoor verkry word.
Onderwyser is ook verantwoordelik vir die afmerk by elke leerder. Twee weke voor die
aanvang van die kamp, word die betrokke instansie in kennis gestel oor die hoeveelheid leerders en opvoeders wat na die kamp toe gaan. Behoeftige leerders: Geen leerder mag
van die kamp weerhou word, indien hy/sy dit nie finansieël kan bekostig nie. Graadhoofde
moet by WNPS se rekenmeester seker maak watter leerders volle skoolgeld vrystelling kry.
Vir dié leerders kan daar dan borge gesoek word vir kampgelde.
Indien ‘n leerder nie wil gaan nie, moet hul ouers ‘n goed gemotiveerde brief aan die
skoolhoof stuur. Toesig moet dan vir hierdie leerders by die skool gereël word.
B.9 BUITEMUURSE PROGRAM
Die personeel van die skool word ingedeel op ‘n basis waar elke personeellid so ver as
moontlik ewe veel tyd aan buitemuurse aktiwiteite spandeer. Die aangewysde kollega stel
‘n program saam en bespreek elke personeellid se werkslading met die persoon. Nadat die
skoolhoof in samewerking met dié kollega die hele personeel se werksindeling bevestig het,
sal die personeellid geleentheid kry om die taak te aanvaar. Aangesien ons skool verskeie
aktiwiteite aanbied word dit van almal verwag om ook hier ‘n positiewe bydrae te lewer. Daar
word elke kwartaal ‘n buitemuurse program uitgegee wat dan ook aan elke huisgesin gestuur
word om o.a. die tye van elke aktiwiteit deur te gee. Daar is spesifieke datums wat as
afsnypunte vir seisoengebonde sporte dien. Daar moet streng hierby gehou word. Tydens
tuis en weg wedstryde mag slegs skool- of provinsiale sweetpakke gedra word. Geen speler
mag met “verkeerde” sportdrag deelneem nie. Geen sport die middag voor ‘n langnaweek
nie.
B.10 BUSBESPREKINGS
Alle besprekings word deur die aangewysde kollega (sien administratiewe indeling)
gedoen. U as kollega moet asseblief vroegtydig aansoek doen op die beskikbare vorms.
B. 11 BYBELLYSTE VIR ELKE KWARTAAL
‘n Aangewysde kollega doen die volgende:
Gebruik ‘n alfabetiese personeellys.
Stel ‘n lys saam waarop die datum, dag van die week en die personeellid se naam
verskyn.
Die datums moet ooreenstem met die van die spesifieke kwartaal en personeellede se
name word in alfabetiese orde geplaas.
Die voltooide lys verskyn ten minste ‘n week voor die skool sluit op die aansteekbord.
Die skoolhoof ontvang ook ‘n afskrif van die lys.
Alle kollegas ontvang ‘n afskrif in hul posvakkies.
B.12 BYBELVASVRA
Jaarliks word die behoefte aan deelname geevalueer in samewerking met plaaslike
gemeentes.
B.13 BYSTANDSFONDS
Die bystandsfonds is daargestel om leerders, wat swaarkry a.g.v. finansiële probleme tuis, te
ondersteun. Sulke leerders word deur die klasonderwyser geïdentifiseer en die name word
aan die leerkrag deurgegee wie se taak dit is om na hierdie leerders om te sien.
Die werkswyse is as volg:
In oorleg met die skoolhoof, moet daar ‘n jaarlikse bedrag in die begroting aangevra word.
Elke klasonderwyser kry ‘n behoefte-aanvraagstrokie. Sodra daar ‘n vormpie voltooi is,
word dit aan die koördineerder gestuur. Die koördineerder het ‘n lys van ouers wat bereid
is om ‘n leerder te borg t.o.v. skryfbehoeftes. Indien klere, toebroodjies en ander behoeftes
ter sprake is, word die koördineerder d.m.v. strokies ingelig en tref dan verdere reëlings.
Die verantwoordelike persoon neem dan die voltooide lys en gaan korreleer of die leerders
wel behoeftig is. Hierdie inligting is in die kantoor beskikbaar. Daarna moet die
verantwoordelike leerkrag die nodige aankope gaan doen. Wanneer daar skoolklere
benodig word, moet daar eerstens by die skool se klerebank gesoek word. As daar niks is
wat dienlik is nie, moet daar dan aangekoop word.
Dit is egter dikwels baie goedkoper om by Pep Stores of Shoprite met kontant te koop. Klere
soos L.O. broekies, skoolsokkies, skoene ens. koop ‘n mens maar by die kettingwinkels. Die
bystandsfonds voorsien leerders net van skoolklere en nie van gewone klere nie. Elke geval
sal egter op meriete beoordeel word. Merk alle rekeninge duidelik “bystandsfonds” en
handig stiptelik by die kantoor in. Om probleme te voorkom, skryf ‘n volledige lys van alle
aankope en vir watter leerder dit aangekoop is en handig dit saam met alle rekeninge en
kwitansies in.
Kontak die ouers en vind op ‘n baie subtiele en simpatieke wyse uit of die skool kan help met
kruideniersware. Indien die ouers die aanbod aanvaar, moet daar in oorleg met hulle ‘n lys
opgestel word van dringende kosbenodighede. Daar word nooit geld aan ouers gegee nie. Die verantwoordelike leerkrag moet self die
bedrag by die kantoor trek en die inkopies doen.
Omdat die bystandsfonds nie kan aanhou om ‘n gesin te onderhou nie, moet die kerk en
welsyn gekontak word om verder na hulle om te sien.
Die leerkrag wat die bystandsfonds hanteer, is ook die een wat die skool se skakel is met die
dorp se diensorganisasies. Soms kom daar dringende behoeftes te voorskyn en moet die
betrokke leerkrag dan so ‘n instansie nader vir hulp. Sulke gevalle kan wees brille, rolstoele,
krukke, pruike, ens.
Die bystandsfonds is ook daar vir die ondersteuning van ons eie leerkragte. Almal kan in ‘n
noodsituasie beland.
B.14 BESOEKER-REëLINGS
Indien hierdie besoeker(s) die skool of u klas besoek, moet dié persoon wat dit gereël het (of
die betrokke graadhoof) hierdie persoon net by die kantoor kom “bekendstel”. Onthou om
die besoekers-identifikasie aan alle besoekers te gee. As dié besoeker(s) pouse saam met
die personeel tee drink, moet dieselfde persoon wat dit gereël het (of die graadhoof) die
besoeker(s) aan die personeel bekend stel en welkom heet.
B.15 BESKIKKINGSRAAD
Dit is ‘n komitee wat verantwoordelik is vir sake rakende die inventaris. Dit bestaan tans uit
drie onderwysers (waarvan een die koördineerder is) en die persoon op die beheerliggaam
wat vir voorraad verantwoordelik is. NB: Notules van alle vergaderings waar afskrywings, ens. van toepassing is, moet bygehou
word.
B.16 BESTRYDENDE UITGAWES
Kollegas wat oor ‘n openbare bestuurspermit beskik, word per kilometer vergoed vir enige vervoer van die skool se leerders na sport, akademiese, kultuur of ander bedry-
wighede. Die bedrag per kilometer word tydens die jaarlikse begroting bepaal.
‘n Uitslaapuitgawe word slegs toegeken as u direk verantwoordelik is vir ‘n span of
groep leerders. Buitelugopvoeding en sporttoere is voorbeelde hiervan. Klasse wat ‘n
uitslaapgeleentheid reël of oefenkampe, kwalifiseer nie hiervoor nie. Die jaarlikse
sporttoere kwalifiseer wel.
Saterdag– en vakansie-aktiwiteite se uitgawes word slegs toegeken as u die afrigter of
bestuurder van ‘n groep leerders is. By atletiek word dié toelae slegs aan die getal kollegas
toegeken wat volgens USSASA se reëlings ‘n groep leerders moet vergesel. Die atletiekkoör-
dineerder moet dus vooraf die indeling doen. Kooroptredes soos by Kersdienste kwalifiseer
wel. Oefenwedstryde en Saterdag-oefeninge kwalifiseer nie vir hierdie uitgawes nie. Blote
ondersteuners kan ook nie in aanmerking kom vir hierdie uitgawes nie. Ons moet almal
onthou dat hierdie toegewings ‘n voorreg is en nie ‘n reg nie, en dit sal jaarliks tydens die
begroting aandag geniet.
Personeel moet die vorm in die rekenmeester se kantoor op die eerste skooldag na die
aktiwiteit invul.
B. 17 BALKIES VIR PRESTEERDERS
Akademie:
Na die eksamens gedurende Junie en November ontvang die drie top-presteerders van
grade 4, 5, 6 en 7 elkeen ‘n akademiese balkie wat hul tot die volgende eksamen-uitslag
mag dra. Graad 7-leerders hou hul balkies wat in die November-eksamen verwerf is as
“geskenk”.Leerders wat ‘n gemiddeld van 95% of hoër behaal sal ongeag hul posisie op die
top 10 ‘n balkie ontvang.) Alle top 10 leerders ontvang ook ‘n balkie. Sport:
Verteenwoordiging in provinsiale of nasionale spanne word as kriteria gebruik. Leerders
koop die balkies en dit bly hul eiendom en mag tot einde van graad 7 gedra word. Kultuur:
Uitsonderlike prestasies dien as riglyn. Leerders koop die balkies en dit bly hul eiendom en
mag tot einde van graad 7 gedra word.
Enkele riglyne:
* Eisteddfod medalje-wenners en kategoriewenners by Paarl/Tygerberg/Worcester
Eisteddfod.
* Kategorie-wenners by Gemini sangkompetisie.
* ATKV Redenaarskompetisie – Leerders wat deelneem aan die semi-finale
Provinsiale) ronde, maar wat die top tien tydens hierdie ronde behaal, kwalifiseer
vir ‘n kultuurbalkie.
* RADIKALE REDENAARSKOMPETISIE – leerders wat deurdring na die finale
(nasionale) ronde van hierdie kompetisie kwalifiseer vir ‘n kultuurbalkie.
* UNISA ererol.
* Provinsiale wenners vir spelkompetisies.
* Almal wat deurdring na nasionale ronde.
* Almal wie se kunswerk by Santam kinderkuns landwyd uitgestal word of in kalender
opgeneem word.
Algemeen:
Balkies wat verloor word, word vervang en is vir dié ouers se rekening.
B.18 BEWEGINGSONTWIKKELING
Bewegingsontwikkeling is ‘n buitemuurse aktiwiteit wat op die buitemuurse program aange-
dui word. Indien ‘n opvoeder ‘n leerder wil aanbeveel vir bewegingsontwikkeling, word ‘n
toestemmingsbrief aan die ouers gestuur. Hierdie brief word deur die koördineerder van
bewegingsontwikkeling saamgestel en aan die opvoeders uitgedeel.
Bewegingsontwikkeling begin eers in die tweede maand van die jaar om die opvoeders kans
te gee om leerders te identifiseer.
Bewegingsontwikkeling word gratis aangebied vir leerders wat motoriese-, ruimtelike-,
balans en oogspierprobleme het. Die leerders word hoofsaaklik in die gronslagfase
geïdentifiseer, maar alle leerders is welkom. Elke opvoeder moet self sy graad se leerders
identifiseer.
Kenmerke vir moontlike hulp: *Omkering van syfers/letters bv. b/d
*Middellynkruising *Aandagafleibaar
*Swak konsentrasie *Swak grootmotoriek
Hierdie is gewoonlik in die grondslagfase die eerste stap om ‘n leerder te ondersteun met
sodanige probleme. Soos met enige buitemuurse aktiwiteit, is ouers self verantwoordelik vir
vervoerreëlings vir hul kinders.
B. 19 BYWONING VAN SPORT (EN ANDER) GELEENTHEDE DEUR WNPS PERSONEEL
Daar word ‘n beroep op onderwysers gedoen om so ver as moontlik die leerders in u klas se
sport, kultuur en ander aktiwiteite by te woon.
B. 20 BEPLANNINGSBOEKE WEEKLIKS NAGAAN
Dit is u verantwoordelikheid om die weeklikse gebruik van die dataprojektor/interaktiewe
witbord/smartbord/future kids lesse te monitor. As daar nie genoegsame gebruik van
bogenoemde is nie, moet dié spesifieke kollega aan u ‘n skriftelike verduideliking gee wat u
dan teen die Woensdag nadat u op die Maandag die beplanningsboeke deurgegaan het, aan
prinsipaal stuur.
Dankie vir jul poging om die gehalte van lesse voortdurend te verbeter en op ‘n baie hoë peil
te hou!
K. du Toit - 3 Graad R kollegas
Y. de Villiers - 4 Graad 1 kollegas + 3 graad 3 kollegas
M. Meyer - 3 Graad 2 kollegas
A. Viljoen - 3 Graad 5 kollegas
A. Viljoen - 3 Graad 4 kollegas
C. Schoeman - 3 Graad 7 kollegas + eenhede
R. van der Westhuizen - 3 Graad 6 kollegas + D.M. Kriel en C. Schoeman
B. 21 BELEID T.O.V LEERDERS IN ROLSTOEL OF ENIGE ANDER BESERING WAT
LOOP BEMOEILIK
Niemand mag enige leerder teen die trappe op of af dra nie.
D.1 DIENSORGANISASIES - SKAKELING
Die doel is om goeie samewerking en uitreiking in die gemeenskap te verseker, omdat dit in
belang van die skool is om iets terug te gee aan organisasies wat die skole ondersteun.
Tydens lentedag reik alle grade na verskillende instansies uit.
D.2 DIDAKTIESE HULPVERLENING NA SKOOL
Na personeelinsette verkry is, is op die volgende strategie besluit: Daar word nie meer 'n
spesifieke tydgleuf op die buitemuurse program hiervoor ingeruim nie. Vanaf week 4 in die
eerste kwartaal word hulp verleen aan leerders wat hulp en ondersteuning nodig het. Die gr.
4 – 7 se merietelyste per vak (onderste groep leerders) kan as riglyn gebruik word wie
didaktiese hulpverlening benodig. Vir elke leerder wat hulp ontvang het, moet 'n
intervensievorm voltooi word. Opvoeders kry vir elke maand ‘n vorm wat 5 weke bevat.
Hierop word aangedui watter leerders wel didaktiese klasse bygewoon het. Die SGOS-
voorsitter neem hierdie vorms aan die einde van elke maand in en hou register van klasse
aangebied. Sodra prinsipaal ook vorms geteken het, word dit in leerder se profiel geplaas.
D.3 DISSIPLINÊRE KOMITEE - RIGLYNE
Elke 3de en 6de week van ‘n kwartaal - die aantal spogkaarte per klas nagaan. Maak aanbe-
velings indien daar “te min” of “te veel” uitgedeel word.
Tesame met bogenoemde moet daar na minstens 3 huiswerkboekies per klas gekyk word.
Let veral op na: Bl. 1 - persoonlike inligting
Bl. 4 - rooster
Bl. 14 - afwesighede
Bl. 16 – 33 - Straf- en beloningstelsel - opskrifte, inskrywings ens.
* Tydens u afspraak by kantoor word dit dan aan prinsipaal voorgelê en word saam op ’n plan van aksie
besluit. Probleme gaan dan gouer aangespreek kan word tot almal se voordeel! Elke Maandag moet
grade 1 – 7 en LSO se graadhoofde die dissiplinevorm indien by die dissipline koördineerder. * Enige onnet lokale moet ook tydens dié afspraak aangemeld word vir onmiddellike opvolging.
* Enige dissiplinêre aspek insake leerders en personeel wat u aangespreek wil hê, moet ook
deurgegee word.
* Detensies vind 2 keer per kwartaal plaas vanaf 13:50 tot 16:50. Detensiedatums moet liefs nie
oorvleuel met ander belangrike skoolaktiwiteite nie indien moontlik.
D.4 WNPS BELEID RAKENDE FLIEK TYDENS ONDERRIGTYD
Geen opvoeder mag enige fliek vir vermaak aan leerders tydens onderrigtyd wys nie. Slegs
opvoedkundige flieks wat aansluit by die Kurrikulum mag in hierdie tyd aan leerders gewys.
word.
Na skoolure mag daar flieks aan leerders gewys word bv. vir fondsinsamelings ens. mits dit deur
2 persone gekyk en goedgekeur is, om te verseker dat die inhoud gepas is vir die bepaalde
ouderdomsgroep. Gesonde oordeel moet hier aan die dag gelê word sodat nie net ouderdoms-
beperking die geskiktheid van die fliek bepaal nie.
E.1 EDLAB-KAARTE
Is vervang deur leerderprofiele
E.2 EISTEDDFOD
Die Eisteddfod vind elke tweede jaar gedurende Julie plaas. Dit begin in die 2de week van
die 3de kwartaal en duur ongeveer 3 weke. Die skool ontvang ‘n boekie waarin riglyne
gevind word vir inskrywings. Inskrywings word deur klasonderwysers (voordrag, stelwerk
ens.) musiekpersoneel (klavier, sang, blokfluit, kore ens.) en kunspersoneel (kuns) gedoen.
Na afloop van die Eisteddfod word ‘n uitnodigingskonsert gehou, waaraan die
toppresteerders deelneem. Die jaar wat daar nie Eisteddfod is nie, word die skool se 2
jaarlikse konsert gehou. Die huidige reëling is dat alle graad R – 7 leerders aan dié konsert deelneem.
E.3 ENTREPRENEURSDAE - GRAAD 5 – 7
Slegs graad 5-7 leerders het entrepreneursdae. (eenkeer elke kwartaal). Geen ouer mag
help met hierdie verkopings nie en mag nie teenwoordig wees tydens dié dae nie. Ouers
lewer items voor eerste pouse by die sekretaresse af en verlaat dan die skoolterrein. Datums
word deur die betrokke kollega op die kwartaalprogram aangedui. Daar word ‘n vorm en
pen opgesit by die klas van die onderwyser wat die entrepreneursdae koördineer. Elke
leerder wat aan die verkope deelneem moet ‘n vorm ontvang (formaat word verskaf) waarop
besigheids beginsels soos aankope,verkope, kleingeld en wins bepaal word – dan is ons
besig met entrepreneurs! Hierdie vorm hoef nie terug aan skool besorg te word nie. Dis vir
‘n gesprek tussen ouer en kind. Hierdie vorm moet reeds die Maandag (admin) voor die
entrepreneursdag op die Vrydag gereed wees sodat leerders wat belangstel dit kan begin
invul. Donderdag net na 2de pouse word die vorm verwyder en kan die koördineerder met
die faktotum reël oor hoeveel tafels uitgepak moet word. Wanneer daar entrepreneursdae
is, word die snoepie nie oopgemaak nie. Die sekretaresse reël dat die snoepie bewus is
daarvan. Na die verkoping moet die tafels weer gebêre word. Grade R – 3 leerders verdaag
5 minute voor pouse reeds om die verkoping by te woon. Alle gelde uit verkope moet deur
die koördineerder in die kluis gebêre word sodat dié leerders dit aan die einde van die dag
kan kom haal of kan na pouse aan ouers wat onverkoopte items kom afhaal gegee word. Die
betrokke leerders moet self dié reëling met hul ouers tref.
Indien personeel ‘n verdienstelike saak d.m.v. verkope wil ondersteun mag dit nie met ‘n
entrepreneursdag van die leerders bots nie. Daar kan met prinsipaal se toestemming met
die Snoepie (wat verhuur word) onderhandel word om in uitsonderlike gevalle te sluit vir ‘n
spesifieke pouse.
Voorbeeld van vormpie aan leerders:
Naam van leerder: ......................................................................................
Graad: .................................
Naam van “besigheid”: ................................................................................
Beplanning
Items wat verkoop gaan word Aantal Prys per item
Beplanning van kleingeld
R10
R5
R2
R1
50c
Bepaling van wins
Aantal geld in “geldlaai” minus kleingeld minus aankoopprys minus vervaardigingsprys R..................wins!
ENTREPRENEURSVERKOPE
Naam van leerder: ......................................................................................
Graad: .................................
Naam van “besigheid”: ................................................................................
Beplanning
Items wat verkoop gaan word
Aantal
Prys per item
Beplanning van kleingeld
R10
R5
R2
R1
50c
Bepaling van wins
Aantal geld in “geldlaai” minus kleingeld minus aankoopprys minus vervaardigingsprys
R..................wins!
E.4 EKSAMEN-PUNTEBESPREKINGSMIDDAG (GRADE 4 – 7)
RIGLYNE AAN GRAADHOOFDE
1. Maak seker dat punte korrek vanaf vraestelle neergeskryf is in punteboek.
2. Werk twee-twee saam en kontroleer alle roupunte (punteboek) teenoor ingevoerde
data van formele optekeningsbladsye van alle vakke in graadgroep.
Graad 4 - 6 6 vakke
(Afr, Eng, Wisk, NW, SW, LO)
Graad 7 9 vakke
(Afr, Eng, Wisk, NW, SW, EBW, Tegnologie, KK, LO)
3. Top 20 merietelys – gemiddelde % stem PRESIES ooreen met die gemiddelde % van
daardie betrokke leerders se rapporte (gebruik SW se gekombineerde punt en nie
Geografie en Geskiedenis apart nie).
4. Top 20 merietelys is gegenereer deur die totale aantal leerders in die graad in te voer.
5. Gewigswaardes van vakke is onveranderd gelaat.
6. Nêrens verskyn daar rooi ERROR boodskappe op optekeningbladsye of skedules nie.
7. Skedule voorblaaie is onderteken en daar is ‘n skoolstempel op alle bladsye.
8. Vakopvoeders het self hulle optekeningsbladsye uitgedruk en gekontroleer voor
puntebesprekingsmiddag.
9. Alle punte is voltooi.
10. Nulwaardes verskyn slegs waar die waarde van die opdrag werklik nul was en nie vir
afwesigheid nie. Leerders wat ‘n geldige verskoning vir afwesigheid in die eksamen
het, ontvang hul eie verwerkte kwartaalpunt.
11. Graadhoof voltooi die skedule verifieëringsinstrument, kollega onderteken en
liasseer in assesseringslêer.
12. Assesseringskomitee voltooi die interne moniteringsvorm vir assesseringslêer.
13. Elke kollega voltooi individuele kontroleringsvorm.
14. Wanneer nuwe leerders by WNPS aansluit is dit die registeronderwyser se
verantwoordelikheid om punte by vorige skool te verkry en onder vakonderwysers
te versprei.
BAIE STERKTE EN BAIE DANKIE VIR U DEEGLIKHEID. KOM ONS MAAK ELKE
KWARTAAL ‘n FOUTLOSE KWARTAAL SODAT ALMAL HEERLIK VAKANSIE KAN HOU!
E. 5 ASSESSERING
Sien assesseringsbeleid vir korrekte punte toekennings per vak per graad.
Akademiese erkenning aan meer leerders:
Daar sal voortaan aan meer leerders erkenning gegee word t.o.v. akademiese prestasie op
die volgende wyses:
1. Akademiese balkies word aan die top 3 presteerders in gr. 4 – 7 toegeken. Leerders
wat 95% of meer as gemiddelde % behaal het ontvang ook akademiese balkies.
2. Al die leerders van die top 10 ontvang sertifikate en top 10 balkies ter erkenning.
3. Nuwer, moderner sertifikate sal op die rekenaar ontwerp word.
4. Die top 10 presteerders word steeds formeel tydens die saalbyeenkoms aangekondig.
5. Tydens dieselfde saalbyeenkoms sal daar addisionele erkenning aan akademiese
presteerders gegee word. Alle leerders vanaf gr. 4 – 7 wat 85% of meer as gemiddelde
% behaal het en wat nie deel uitgemaak het van die top 10 nie, sal ook sertifikate
ontvang.
Hierdie stelsel behoort aan ‘n groter groep leerders erkenning te gee wat dan as aansporing
sal dien om voortdurend hul bes te lewer.
Berekening van die Top 10 presteerders:
Die gedrukte merietelyste dien as maatstaf.
Rapporte:
Rapporte word voortaan netjies, almal bymekaar in leerders se profiele gebêre nadat dit
terug ontvang is vanaf die ouerhuise. Kontroleer dat rapporte wel deur ouers geteken is.
Rapporte word dus nie meer in die assesseringslêer geplaas nie. Leerders wat dus
gedurende die jaar die skool verlaat se profiele en jongste punte is beskikbaar vir die nuwe
skool. Vir kwartale 1-3 word rapporte aan leerders voorsien op die eerste Vrydag van die
nuwe kwartaal.
Slaagvereistes:
KABV voorsien duidelike slaagvereistes in die “National Policy pertaining to the Programme
and Promotion Requirements of the National Curriculum Statement grades R-12”. Maak seker
dat u deeglik daarvan bewus is en dat dit korrek geïnterpreteer en toegepas word. Hierdie
inligting sal definitief ‘n belangrike deel uitmaak van SGOS-vergaderings. Hierdie vereistes
word sedert 2012 in die grondslagfase gebruik, vanaf 2013 in die intermediêre fase en vanaf
2014 in die senior fase.
Assesseringsintrumente:
Voltooi dit asb. slegs die leerder se naam met swart pen sodat dit eenvormig en netjies
vertoon. Die res van die inligting word elektronies voltooi.
Stelwerk/Essays
Een van ons grootste uitvalle by die diagnostiese toetse is jaarliks skryfwerk. Vanaf 2012 sal
stelwerk en essays deel uitmaak van ons eksamenvraestelle vir tale. Leerders behoort groter
erns met hul skryfwerk te maak indien dit die geval is. Let op die volgende belangrike
reëlings t.o.v. die skryf van stelwerk in die eksamen.
1. Kwartaal 1 – 4 word daar ten minste een lang skryftaak voltooi.
2. Leerders moet eers onderrig word in die formaat van die skryftaak wat hulle in
vraestel 2 gaan ontvang bv. ‘n formele/informele brief, e-pos, dagboekinskrywing ens.
3. Die datum vir die skryf van opstelle word op die assesseringplan asook die
kwartaalprogram aangedui.
4. Leerders mag onder geen omstandighede opstelle by die huis voltooi nie – die hele
opdrag word gedurende een uur in die klas voltooi en ingehandig.
5. Die onderwerp vir opstelle asook ‘n volledige assesseringsinstrument (matriks) moet
voor die tyd by die vakhoof ingedien word vir modereringsdoeleindes.
6. Na afloop van die assessering van die hele graad se stelwerk word drie leerders se
werk ingedien by die vakhoof vir moderering. (Een voorbeeld van ‘n sterk,
gemiddelde en swakker kandidaat se werk).
Afrikaans English
6.1. Graad 4 100 – 130 80 – 100
6.2. Graad 5 130 – 160 100 – 130
6.3. Graad 6 160 – 200 130 – 160
6.4. Graad 7 200 – 250 160 - 200
7. Alle taal-, spel-, en leestekenfoute moet aangedui word.
8. Volledige verbeteringe word na afloop van die assessering gedoen. Woorde wat
verkeerd gespel is, word slegs die woord drie keer uitgeskryf. Al die ander foute word
verbeter deur die hele sin uit te skryf.
9. Getalle kleiner as twintig word uitgeskryf. Getalle groter as twintig – syfers word
gebruik.
10. Datums word altyd in tale uitgeskryf – nie soos in Wiskunde nie.
11. SMS, Facebook en Whatsapp taal is nie aanvaarbaar nie.
12. Woorde wat deel uitmaak van informele dialoog bv. “daai” (Afr.) en “gonna” (Eng.)
is glad nie aanvaarbaar in ‘n formele skryftaak nie.
13. Die skryf in paragrawe is verpligtend.
14. Geen woordeboeke mag gebruik word nie.
15. Daar moet slegs gebruik gemaak word van die simbole vir nasien.
Eenvormigheid in die assessering deur opvoeders gaan bydra tot die leerproses.
16. Leerders wat sonder ‘n geldige rede (bv. dokters se sertifikaat of afsterwe van nabye
familielid) afwesig is by die skryf van opstelle soos op eksamen- of toetsrooster
aangedui sal nul verwerf.
E.6 EKSAMENREËLINGS
1. Vraestelle moet soggens voor skool deur die vakonderwysers in die kluis afgehaal en
dan by res van die graad besorg word.
2. Leerders begin skryf net na admin.
3. Gedurende Junie- en November-eksamen vind geen klasruiling plaas nie.
4. Toesig word gereël en alle vakonderwysers gaan die vraestel met al 3 klasse deur.
5. Leerders mag glad nie toegelaat word om nadat hulle geskryf het na buite te gaan nie aange-
sien daar nog ander klasse is wat skryf en dan gehinder sal word deur leerders wat in die
gange beweeg en buite raas.
6. Junie en November asook na toetsreeks word alle antwoorstelle na moderering aan leerders
uitgedeel en bespreek. ‘n Volledige memorandum op ‘n assesseringsinstrument word aan
leerders vertoon d.m.v. die dataprojektor. Vraestelle word egter nie huis toe gestuur nie.
7. Maak doodseker, veral deur gereeld in die klas rond te beweeg, dat daar geen geleentheid
vir leerders is om oneerlik te wees nie. Opvoeders moet te alle tye in klas wees. Indien
daar enige onreëlmatigheid gedurende die eksamen plaasvind moet dit aan die SAOK
gerapporteer word. Die SAOK sal dan die korrekte stappe daarna volg.
8. Die gemiddeld van elke vak vir die graad moet deur die opvoeder wat die vak onderrig aan
die prinsipaal gestuur word sodra moderering voltooi is.
9. Rapport koeverte vir nuwe leerders is beskikbaar. Vervang asb. koeverte wat vuil
teruggestuur is skool toe.
10. Klasse moet netjies wees wanneer eksamen geskryf word sodat leerders maksimaal kan
konsentreer. Probeer sover as moontlik ‘n eksamenatmosfeer skep.
11. Skrifte van leerders moet by die registeronderwyser gebêre word tot Maart die volgende jaar.
12. Alle vraestelle se merkwerk moet die volgende oggend beskikbaar wees vir die vakhoof
(sien punt 13).
13. Vakhoofde kontroleer/modereer die top 14 leerders per graad se vraestelle van die spesi-
fieke vak met die oog op die top 10 presteerders per graad. Moderering moet die volgende
oggend beskikbaar wees.
14. Daar moet toegesien word dat nuwe leerders so gou as moontlik nadat hulle in die skool gekom
het alle werk ontvang waaroor eksamen geskryf word en wat gedoen is voordat hulle in die
skool was.
15. Aan die einde van die jaar genereer die rekenaarprogram die rapport se opmerking
outomaties.
16. Geen vraestel word vroeër of later as die aangeduide tyd geskryf nie.
17. Vir 'n leerder om vir die top 10 in sy graad te kwalifiseer moet al die vraestelle voltooi word. As 'n
leerder dus 1 dag tydens eksamen afwesig is, kwalifiseer hy nie vir top 10 nie. Indien ‘n leerder
gedurende die eksamen afwesig is voltooi hy nie die vraestel die volgende dag nie. ‘n Doktersertifikaat
of skrywe van die ouers moet ontvang word nadat leerder terug is by die skool.
18. Opvoeder wat eksamens koördineer stel die interne toesigrooster vir kollegas wat ander
klasse moet besoek as hul vraestelle geskryf word, op en gee deur aan res van die personeel.
Toesigrooster vir ouers wanneer kollegas merk word ook opgestel.
19.
20.
21.
22.
23.
24.
25.
Leerders wat alternatiewe assessering moet ontvang moet betyds met die kollega
verantwoordelik vir alternatiewe assessering (deel van SGOS span) kommunikeer word.
Besoek aan die badkamer mag slegs plaasvind in die teenwoordigheid van ‘n volwassene.
Poog om Novembermaand die betrokke handboek in te neem vóór die leerders skryf.
Dit maak die moontlikheid van oneerlikheid nóg skraler.
n Leerder wat sonder ‘n geldige rede of doktersertifikaat afwesig is tydends die eksamen of
tydens die skryf van eksamenopstelle ontvang ‘n nul.
Betrokke vakonderwyser kan maksimum ekstra tyd van 10 min. goedkeur. Alle klasse moet dit
presies dieselfde toepas.
Geen saal Donderdae tydens eksamens en toetsreekse nie.
Kwartaal 1, 2 en 3 se rapporte word vir alle leerders op die eerste Vrydag van die nuwe
kwartaal uitgedeel.
E.7 DIE SKEP EN BEHOU VAN ‘N TOETS- EN EKSAMENKULTUUR BY WNPS 1. Die hele klas het vir die volle duur van die vraestel, soos aangedui op die instruksieblad, die vraestel
voor hulle. Geen vraestelle word voor die tyd ingeneem nie.
2. Leerders mag nie die eksamen/toetslokaal gedurende die skryf daarvan vir enige rede verlaat nie.
Indien ‘n leerder se badkamerbesoek baie dringend is moet hy/sy vergesel word van ‘n volwasse
persoon. Moedig asb. leerders aan om gedurende die administratiewe periode die badkamer te
besoek voordat hul toetse/vraestelle uitgedeel word.
3. Leerders mag nie wanneer hul vraestel/toets voltooi is, ‘n leesboek of enige ander werk uithaal nie.
Leerders moet onderrig word om vir die volle duur van die vraestel/toets met die vrae om te gaan,
hul werk deur te kyk, foute op te spoor en reg te stel.
4. Absoluut geen gesels, selfs nie oor iets anders as toetsinhoud moet geduld word nie. Sommige
WNPS leerders is onder die indruk dat solank dit nie oor die werk is wat ek iets saggies fluister nie,
is dit in orde. ENIGE GESELS GEDURENDE DIE TOETS MOET DEUR ALLE OPVOEDERS
DIESELFDE HANTEER WORD: VRAESTEL WORD INGENEEM EN LEERDER KRY NUL VIR
DAARDIE BETROKKE VRAESTEL.
5. Registeropvoeders moet leerders voor die eksamen/toetsreeks begin aanmoedig om te kyk watter
van hul skryfbehoeftes aangevul moet word. Leerders benodig twee blou penne, ‘n potlood/pacer,
lang liniaal, sakrekenaar, wiskundige toerusting en klein kramdrukker.
6. Maak gebruik van eksamenafskortings, waar moontlik, en onderrig leerders gereeld die waarde van
eerlikheid.
7. Berei eksamenlokale (Junie- en Novembermaand) ten minste een dag voor die tyd voor en verwyder
plakkate wat leerders in daardie klas ‘n onregverdige voordeel kan gee. Skuif banke so ver as
moontlik uitmekaar.
8. Opvoerders neem elke leerder se antwoordstel self individueel en alfabeties op. Moenie vra dat hul
dit na die voorkant van die ry stuur of in groepies self bymekaar maak nie. Leerders vergeet soms
om hul vraestelle in te handig en as die ongemerkte toets/vraestel dan die volgende dag ontdek
word, is dit ‘n SAOK aangeleentheid. Onderwysers tel die vraestelle wanneer almal ingehandig het
en voltooi die inligting op die omslag.
9. Voltooide toetse/vraestelle mag nie deur ‘n leerder na die betrokke onderwyser geneem word vir
merk nie. Dit word deur die registeropvoeder of internskap besorg by die persoon wat vir die
assessering verantwoordelik is.
10. Leerders en ouers word elke kwartaal van ‘n werksafbakening voorsien in die vorm van ‘n harde
kopie sowel as op “communicator”. Vir laasgenoemde is die graadhoof verantwoordelik om die hele
graad se inligting na Mev. Viljoen te e-pos.
11. Maak seker watter klasse het leerders wat amanuensis ontvang en maak asseblief ekstra kopieë vir
daardie klasse.
12. Internskappe wat instaan vir opvoeders moet toesien dat bogenoemde reëls nougeset nagekom
word.
13. Nadat vraestelle ingeneem is, moet leerders besig wees met verdere hersiening.
NS: Kollegas, dink gerus terug aan toe u self die matriekeksamen afgelê het. Eksamenprosedures vir
graad 12 en graad 4 – 7 is presies dieselfde!
Leerders wat almal vanaf graag 4 – 7 aan dieselfde eksamenprosedures blootgestel word, weet later
presies wat van hul verwag word. Dit maak die taak van opvoeders by WNPS soveel makliker.
E. 8 AKADEMIESE ERKENNING LEERDERS
Daar word aan leerders erkenning gegee t.o.v. akademiese prestasie op die volgende wyses:
1. Akademiese balkies word aan die top 3 presteerders in gr.4-7 toegeken. Leerders wat
95% of meer as gemiddelde % behaal het, ontvang ook akademiese balkies.
2. Al die leerders van top 10 ontvang sertifikate en top 10 balkies ter erkenning.
3. Die top 10 presteerders word formeel tydens ‘n saalbyeenkoms aangekondig.
4. Daar sal ook erkenning in die saal gegee word vir alle leerders wat minstens 85%
gemiddeld behaal het in die eksamen maar nie op die top 10 verskyn nie.
F.1 FIETSHOKKE
Sodra die skool begin, word die area gesluit. Die kollega in die opslaanklas naaste aan die
area (tans die LSO-klas) het ‘n sleutel en reël dat die hek weer met skoolsluiting oopgesluit
word. Die nasorgpersoneel het ook ‘n sleutel en moet sorg dat die area middae gesluit bly.
Leerders mag nie op die skoolterrein ry nie. Fietse moet vanaf hek(ke) gestoot word. Fietse
móét steeds met 'n fietsslot gesluit word. Géén leerders mag voor skool of tussen pouses in
die fietshokke wees nie.
F.2 FONDSINSAMELINGS
Die O.O.V. hanteer alle aspekte rondom fondsinsamelings. Alle fondse geïn moet eers aan
die beheerliggaam voorgelê word voordat dit vir spesifieke projekte/dienste aangewend
kan word (soos volgens S.A. Skolewet).
Die skool besluit jaarliks op instansies wat gedurende die derde kwartaal d.m.v. ‘n fonds-
insameling ondersteun word.
F.3 FOTO’S - INDIVIDUELE- EN KLASFOTO’S
Alle gelde wat van enige leerder ontvang word, moet in die kluis bewaar word tot en met
die inbetaaldag. Maak asb. absoluut seker hiervan en skryf die leerder se naam by. Die
koeverte en die gelde moet by die sekretaresse ingehandig word. Dit is ‘n maatreël om u as
leerkrag te beskerm teen diefstal.
Individuele foto’s: Elke ouer ontvang vooraf ‘n toestemmingsbriefie wat hom/haar VER-
BIND tot die afneem en betaling van ‘n leerder se foto. Sou foto nie na wense wees nie,
kan die ouer dan self sy kind na die betrokke fotograaf neem met ontevrede foto om leerder
weer te laat afneem. Foto's moet skool toe gestuur word. Skakel eers net vooraf met foto-
koördineerder.
I D foto’s: Kollegas mag 1 van die klein fototjies afknip vir die leerderprofiele. Die foto-
graaf onderneem ook om net ID-foto’s te neem van leerders wat so ‘n foto benodig of wat nie
‘n pakket neem nie. Koördineerder sal reëlings betyds deurgee.
Wanneer die foto’s arriveer moet die leerkragte die foto’s kontroleer en indien daar foto’s
gemis word, gee alle navrae aan die leerkrag in beheer. Stuur ook die foto’s wat nie by u
klas hoort nie aan die leerkrag in beheer om dit uit te sorteer. Maak ook ‘n aantekening op
die koevert van foto’s wat uitgeruil is. ‘n Kontroleblad word gehou om toe te sien dat almal
wat ouertoestemming gebring het, afgeneem word. ‘n Klaslys sal afgemerk word en aan u
deurgegee word.
Indien daar later deur die jaar nuwe kinders ingeskryf word, kan die bemarkingsbeampte
hul foto’s neem. Personeel wat eie sport-, klas- of kultuurfoto wil hê, kan dit aankoop teen
gesubsideerde bedrag.
Klasfoto’s: Van elke klas word direk na die individuele foto’s ‘n foto geneem. Leerkragte
moet asseblief leerders reeds in lengte-volgorde rangskik voordat hulle by die saal aan-
meld. Hulle wag buite die saal, totdat hulle ingeroep word. Leerkragte moet die foto’s wat in
'n "flipfile"-sakkie geplaas is in hulle klas teen die muur aanbring vir die leerders om te be-
sigtig. Motiveer die leerders asseblief om die foto’s te bestel. Indien u as leerkrag die dag
van die foto’s nie by die skool is nie, kan u reël dat u klasfoto later tydens die Sport- en
Kultuurfoto’s afgeneem word.
DEEL VAN F3
Sport – en Kultuurfoto’s: Persoon in beheer moet vroegtydig ‘n kontrolelys ten opsigte
van spanne en afrigters opstel en aan die leerkragte voorlê vir goedkeuring. Verandering
moet so spoedig moontlik daarna aan die persoon in beheer deurgegee word.
Afrigters moet alle hulpafrigters in kennis stel om die dag teenwoordig te wees.
Leerkragte wat verantwoordelik is vir die bring van spesifieke apparaat moet vroegtydig
ingelig word. Herinner hulle om die items ‘n dag voor die tyd reeds by die skool te hê.
Afrigters moet die foto’s asseblief in hul klas aanbring in ’n “flipfile” sakkie en spelers moti-
veer om die foto’s te bestel. Name van bestellings moet op die koeverte aangebring word.
Geld moet bestelling vergesel. Tydens Worcester Eistedfodd moet daar ook ekstra foto’s van
kultuurpresteerders bestel word. Name moet slegs in individuele gevalle deurgegee word.
Personeelfoto word gedurende tweede pouse afgeneem. Maak seker dat alle personeel
teenwoordig is.Opvoeders,sowel as nie-opvoeders word afgeneem. Die foto word gratis aan
die personeel verskaf.Kontroleer asseblief dat alle personeel die foto bestel het. Hierdie foto
is gratis aan alle personeellede.
Sperdatum en inhandiging van geld en bestellyste: Kollegas moet asb. streng by sper-
datums hou. Koevert met oorspronklike foto van klas-, kultuur– en sportfoto’s, moet saam
met volledige bestelvorm (leerders se name) en korrekte bedrag aan mev. Brand gestuur
word. Dit word weer aan kollegas uitgedeel wanneer groot bestelling kom. Ook by indi-
viduele foto’s moet ‘n lys saam met getal en regte bedrag teruggaan na mev. Brand.
Daar word 2 Graad 7 groepfoto’s afgeneem. (formeel en informeel)
NB: Bestellyste:
Nadat kollegas die bestellings van foto’s ontvang het en uitgedeel het aan leerders, moet alle
afgehandelde bestellingslyste asb. teruggestuur word aan Teresa (vir ouditdoeleindes).
. Foto’s met die skool se digitale kamera: Leerkrag in beheer is verantwoordelik vir die
neem van die foto’s deur die jaar. Maak seker dat batterye van digitale kamera gelaai is en
ekstra stel batterye in sak is. Personeel moet asseblief vooraf reël dat foto’s van groep of
gebeurtenis afgeneem word. Dit bly egter die foto-koördineerder se plig om vroegtydig
reëlings te tref insake neem van foto’s van aktiwiteite wat op die kwartaalprogram aangedui
is (optredes, sportdae, ens.). Poog om nie te veel foto’s per geleentheid te neem nie,
behalwe foto’s verkoop kan word om kostes te dek. Indien jy die kamera uit die kluis haal,
moet jy dit uitteken. Graad R-kollegas reël self vir die neem van hul leerders se foto's.
G.1 GANGE SE NETHEID - AANSTEEKBORDE
Die netheid van gange is die verantwoordelikheid van personeel en leerders. Sorg moet
gedra word dat brandblussers onbeskadig is. Indien dit beskadig is, moet dit onmiddellik
gerapporteer word by kantoor. Kunswerke van leerders word vertoon. Aansteekborde is
beskikbaar om van die leerders se werk uit te stal. Die materiaal moet voortdurend gewissel
word en aansluit by dit wat in die klasse behandel word.
G.2. GESKENKE EN RUIKERS
Jaarliks word daar begroot vir die uitgawes.
G.3 GESKIEDENIS VAN WNPS - BYHOU DAARVAN
Daar is gevind dat die inligting oor die skool se geskiedenis, wat in die kantoor se “argief”
beskikbaar is, baie min om die lyf het en dat dit opgradering nodig het. Baie inligting is
verkry uit die notules van vergaderings uit vorige jare. Elke personeellid wat vir ‘n bepaalde
aktiwiteit, sport, ens. verantwoordelik is, is gevra om kortliks te vertel/skryf wat hy/sy kan
onthou van die beginjare van die bepaalde aktiwiteit. Die inligting wat so uit verskillende
bronne ontvang word, word deurgewerk en georden. Hierdie is ‘n voortdurende proses. Die
byhou van inligting oor al die daaglikse gebeure is belangrik. Dis elke kollega se
verantwoordelikheid om belangrike sake uit die afdeling waarvoor hulle verantwoordelik is,
aan die persoon in beheer van die skool se geskiedenis deur te gee.
G.4 GROEPWERK – RIGLYNE AAN PERSONEEL
1. Alle opdragte vir formele assesseringstake moet skriftelik aan leerders voorsien word.
2. Duidelike riglyne moet aan leerders verskaf word hoe die proses sal verloop.
3. Formele assesseringstake word nie tuis voltooi nie.
4. Tydperk vir voltooiing van opdragte:
4.1 Mondelinge – Taal: Minimum van een week. Hou in gedagte hoe meer tyd u
gee hoe beter is die eindproduk.
4.2 Groot projekte – drie weke.
5. Maak asseblief gebruik van portuurassessering by groepwerk m.a.w. groeplede ken
aan mekaar punte toe vir hul bydraes. Die waarde van hierdie werkswyse sal deeglik
aan leerders verduidelik moet word.
6. Individuele assessering deur onderwyser: almal verwerf nie noodwendig dieselfde
punt by groepwerk nie. Leerders se bydraes en aanbiedings verskil. Assessering
vind dus individueel plaas. Verduidelik dit aan leerders.
7. Vakhoof moet asseblief by die vakvergadering in die eerste en derde kwartaal
groepstake in hul vakgebied deeglik bespreek.
8. Vakhoofde moet kwaliteitskontrole uitoefen oor formele assesseringstake, projekte en
groepsopdragte.
G.5 GRAAD 7 GESKENK AAN SKOOL
Gedurende die 4de kwartaal kom die komitee bestaande uit
Graad 7 graadhoof
Beheerliggaam voorsitter
Graad 7A se klasverteenwoordiger
Graad 7B se klasverteenwoordiger
Graad 7C se klasverteenwoordiger
byeen om alle idees vir ‘n geskenk te bespreek. Die 3 klasverteenwoordigers moet insette
by hul klasgroepe kry en met idees na dié vergadering kom.
Deur middel van konsensus word daar dan op ‘n geskenk besluit.
Hierdie besluit moet ‘n verrassing vir almal (buiten die 5 komiteelede) wees!
H.1 HUISWERKBOEKIES
Verpligte huiswerkboekies is vanaf 2007 beskikbaar in skool. Elke kind kry een wat deel
vorm van sy skoolgelde. As die boekie wegraak, moet hy/sy self een aankoop by die
kantoor. Dis vir Gr.1 - 7 verpligtend. Graad 1 gebruik dit dan vir die “boodskap” boekie.
Al die reëls, straf- en beloningvorms ens. kom daarin voor. Nuwe leerders ontvang een by
die kantoor die dag wat hulle inskryf. Geen ander huiswerkboeke is toelaatbaar nie.
Elke leerder moet in besit van ‘n huiswerkboekie wees!
H.2
Riglyne ten opsigte van hoeveel tyd leerders middae
aan skoolwerk behoort af te staan.
Hierdie is riglyne en betrokkenes moet besef dat leerders se vermoëns, toetse, eksamens,
projekte ens. alles veranderlikes is wat hierdie riglyne langer kan laat word.
Tog glo ek aan balans - kinders moet ook nog tyd hê om te speel en te ontspan. Ons
moenie onnodige grootmenswêreldse druk op laerskoolleerders van toepassing maak nie.
Dis egter baie belangrik dat elke leerder elke dag (veral Maandae - Donderdae) minstens
die minimum voorgestelde tyd aan vaslegging en hersiening bestee.
Verkieslik geen huiswerk oor naweke nie!
Dis soms die enigste tyd wat ouers en kinders het om tyd vir mekaar in te ruim.
Voorgestelde minimum tye per dag vir skoolwerk tuis:
Graad 1 - 20 minute Graad 5 - 1 uur
Graad 2 - 30 minute Graad 6 - 1 uur
Graad 3 - 30 minute Graad 7 - 1½ uur
Graad 4 - 45 minute
(Gesonde oordeel is belangrik - om vir 'n kind te veel huiswerk te gee is net so negatief as
om geen huiswerk te gee nie!)
H.3 HERSIENING VIR TOETSE EN EKSAMENS
Gr. 1 – 3
Hersiening vir Toetse
Matwerk is die sleutel tot sukses in die grondslagfase. Sonder matwerk kan geen deeglike
vaslegging plaasvind nie. Klassikale leer is nie altyd so doeltreffend nie. Baie leerders
raak verlore in die groter groep.
Werk ou vraestelle uit (BAIE!!!) en doen alles fisies met die leerders. Alles word met
apparaat verduidelik en gewys. Konkreet, semi-konkreet en abstrak. Nadat die
vraestelle vraag per vraag verduidelik is word die vraestelle geskryf.
Vraestelle word nou uitgedeel en nou word die vraestelle WEER verduidelik, veral
probleemareas word aangespreek. Verbeteringe word gedoen en soortgelyke vrae
word uitgewerk. Die hele week wat toetse voorafgaan word hierdie werk oor en oor en
oor met leerders behandel op mat en skriftelike werk.
Die dag wat die toets voorafgaan is uitgewerkte vraestelle huis toe gestuur vir kennisgewing deur ouers. Geen ander huiswerk is gegee behalwe om WEER te kyk na
die vraestelle.
STAPPE TYDENS EFFEKTIEWE HERSIENING - gr. 4 - 7
(vir eksamens / Lit Num toetse)
1. Laat alle leerders die geïdentifiseerde vraestelle (1 per keer) skryf.
2. Identifiseer probleemareas bv. 15 leerders het met vraag 1 wat handel oor die aantal
driehoeke in ‘n figuur, gesukkel.
3.Nou gee u aandag aan verskillende figure (wat u opstel) waar die aantal driehoeke getel
moet word.
4. Dié groep wat sukkel word in kleiner groepies verdeel en die “sterker” leerders in u
klas help u om dié begrip te verduidelik en in te oefen in die kleiner groepe.
5.Gee na genoeg inoefening al die leerders geleentheid om elkeen ‘n vraag oor bogenoemde
(aantal driehoeke) op te stel - (dis ‘n baie goeie manier van hersiening!) en verdeel dié vrae
nou ewekansig aan die hele klas.
6.Indien enkele leerders nog steeds sukkel, moet u as onderwyser individuele aandag aan
hul skenk. Die hulp duur voort totdat leerders die aanvanklike probleem verstaan.
Stappe in nr. 2 - 6 word vir alle probleemareas, waar leerders sukkel, in die vraestelle herhaal.
Stel ouers en leerders in kennis van alle toetsdatums.
As dit en verdere inisiatiewe vanaf onderwyser se kant af plaasvind, behoort uitslae altyd
goed te wees.
Laat dit vir ons ’n uitdaging vir die toekoms wees!
H.4 HORLOSIES TYDENS TOETSE EN EKSAMENS
Tegnologie ontwikkel met rasse skrede en ons as onderwysers en ouers moet bybly! Die
gebruik van slimhorlosies is aan die toeneem. Sommige horlosies word hoofsaaklik vir
sportdoeleindes gebruik en ander horlosies sluit funksies soos teksboodskappe, foto’s asook
die maak van oproepe in. Wanneer ‘n horlosie laasgenoemde funksies het, raak dit
problematies in die onderwysomgewing. Sulke horlosies word dan soos selfone ingespan.
Dit word tans ervaar dat leerders se aandag beslis nie by hul skoolwerk is wanneer hulle
besig is om met mamma via hul horlosie te kommunikeer gedurende klastyd nie. Verder kan
dit uiters problematies gedurende formele toetse en eksamens raak wanneer die leerders
met mekaar kan kommunikeer. Daarom dus die volgende reëlings en aanbevelings:
1. Leerders word aangemoedig om liefs nie met slimhorlosies, met bogenoemde
funksies skool toe te kom nie. Sporthorlosies is wel aanvaarbaar en toelaatbaar.
2. Indien ‘n leerder ‘n slimhorlosie aanhet, moet dit asseblief nes selfone by die kantoor
soggens ingehandig en middae weer gaan haal word.
3. Tydens die skryf van eksamens en toetse sal ALLE soorte horlosies (ook die gewone
tradisionele soort wat slegs tydhou) deur die onderwyser opgeneem word. Dit sal
veilig bewaar word en direk na afloop van die vraestel weer aan leerders oorhandig
word. Dit is om almal te vrywaar van ongerymdhede.
4. Klaskamers sal muurhorlosies hê waarop leerders duidelik die oorblywende tyd vir
die voltooiing van ‘n vraestel sal kan sien.
H. 5 IN- EN UITTEKEN VAN PERSONEEL
As ‘n personeellid weet dat hy/sy die volgende dag gaan afwesig wees, moet die middag se
uitteken volledig voltooi wees met tyd en handtekening.
I.1 IK-TOETSE - GRAAD 6
Ouers moet deur die graad 6 kollegas ingelig word dat die skool ongelukkig nie meer hierdie
diens beskikbaar kan stel nie.
I.2 INSTANDHOUDING - FAKTOTUM
Indien enige personeellid herstelwerk, ‘n versoek wil rig of iets wil aanmeld rakende die
skoolgebou, speelgronde of sportterrein moet die betrokke kollega dit in die boek in die
personeelkamer skryf. Aangesien ons daarop ingestel is om ons terreine en geboue in ‘n
netjiese toestand te hou, kan u vrymoedigheid neem om enige probleme so gou as moontlik
aan te meld.
I.3 INSTAPROOSTER
Word aan die begin van elke jaar gedoen. (Handel reeds af teen die einde van die vierde
kwartaal).
Doen weekindeling van elke kwartaal en deel al die manspersoneel daarvolgens in.
Elke manspersoneellid kry ‘n week om op diens te wees. Aangesien daar min mans op die
personeel is, sal dit gebeur dat sommige meer as een keer per kwartaal sal diens moet doen.
Wissel dit sodat regverdigheid sal geskied. Gee vir elkeen persoonlik ‘n rooster en plaas een
teen die aansteekbord. Die taak van die personeellid aan diens is om die kinders te laat
instap en indien daar aankondigings is om dit ook te doen.
I.4 INVENTARISSE
Vir alle aankope wat op die inventaris aangewins moet word, moet ‘n vorm by die sekre-
taresse ingevul word wat dan deurgegee word aan die skoolhoof vir versekeringsdoel-
eindes en dan aan die persoon wat vir die inventaris verantwoordelik is. Faktuurommers
(indien beskikbaar) en die datum moet by aanwins in die inventaris aangeteken word.
Gedurende die tweede kwartaal word kontrole gedoen van lokaalvoorraad deur die verant-
woordelike persoon op die beheerliggaam en die verantwoordelike persoon by die
skool. Hiermee saam word vorms ingevul vir items wat afgeskryf word. Aan die einde
van die tweede kwartaal word ‘n “sertifikaat van opname van meubels en toerusting”
(vorm WKOD 029) saam met die finansiële staat van die skool by Hoofkantoor ingedien.
Intussen het dit verander na ‘n rekenaarprogram wat deel van CEMIS vorm.
Gedurende die 4de kwartaal word die voorraadopname van alle afdelings, bv. laboratorium,
kuns ens. gedoen.
NB Alle aankope en afskrywings word self deur die persoon wat vir die inventaris
verantwoordelik is in die verskillende afdelings se inventarisse aangeteken.
I.5 IN- EN UITTEKEN VAN PERSONEEL
As u vooraf weet dat u die volgende dag gaan afwesig wees, moet u dan voordat u verdaag
net uitteken asb. Alle teenwoordige personeel moet elke oggend betyds (voor skool)
inteken. Graadhoofde kan soggens tydens opening in personeelkamer net seker maak al hul
graadgroep se kollegas het wel ingeteken.
K.1 KERSPAKKIES AAN WERKERS
As ‘n blyk van waardering vir alles wat die werkers vir ons skool doen, onderneem ons as
skool om aan die einde van die jaar vir elkeen ‘n kerspakkie te gee. Elke leerder word gevra
om ‘n vrywillige bydrae, in die vorm van ‘n nie-bederfbare kositem, te maak. Die
klasonderwyser stuur die blikkies kos elke dag na die verantwoordelike persoon. Na die
sperdatum word die blikkies en kossoorte gesorteer en tussen die werkers verdeel. Die
kartonne (geskenkpakkies) word by ons laaste saalbyeenkoms in die jaar, aan hulle
persoonlik oorhandig. Daar word tans geeksperimenteer met finansiële bydraes wat dan as
‘n koopbewys oorhandig sal word.
K.2 KLANKAPPARAAT SE OPSTEL EN GEBRUIK
Slegs aangewysde kollegas mag hierdie apparate opstel.
Die apparaat is in ‘n kas op die verhoog toegesluit.
Die sleutel hang in die kantoor van die sekretaresses.
Gebruik: vir saal en sangsaal en
gesellighede wat deur die skool aangebied word.
Opstel: Die koordlose mikrofoon word meestal gebruik.
Die staander (knyper) word geplaas waar nodig.
Die klankversterker en “opvanger” (haasore) van die mikrofoon word inge-
prop (onder in kas).
Die klankversterker word aangeskakel.
Vanaf die klankversterker word ‘n draad by die “opvanger” (haasore) ingeprop.
Draai die mikrofoon oop en plaas ‘n battery op die regte plek, draai weer toe.
Aan die anderkant is twee skakelaartjies nl. “power on/off” en “microphone on/off”
Sit altwee op “on”. Die sterkte van die klank kan ook op die klankversterker gestel word.
Ekstra batterye moet altyd beskikbaar wees. Geen klankapparaat word verwyder/uitgeleen
nie.
K.3 KLASBESOEKE
Alle nuwe aanstellings word gedurende die eerste kwartaal deur die skoolhoof besoek. Die
hoofdoel met klasbesoek is om ontwikkeling en groei aan te moedig by die kollega sowel as
die leerders. Positiewe en opbouende kritiek sal altyd waardeer word. Jaarliks sal bepaal
word hoe klasbesoeke sal realiseer. Klasbesoeke deur OOG vind volgens GGBS plaas.
K.4 KLASBYDRAES VIR “COMMUNICATOR”, WEBTUISTE OF FACEBOOK
Graadhoofde kan oulike idees/werke deurgee.
K.5 KLASINDELINGS VIR DIE VOLGENDE JAAR
Die huidige graadgroep se kollegas doen die indelings vir die volgende jaar. Let veral op
dat daar sover as moontlik ewe veel seuns en dogters per klas is, dat klasse prestasiegewys
ongeveer ewe sterk is (Merietelyste word as riglyn gebruik) en dat botsende persoonlikhede
geskei word. Wees bedag daarop dat geen ouer kan aandring op sekere plasings nie.
Verdienstelike gevalle sal deur die skoolhoof hanteer word. Poog om nie al die Kosies in 1
klas in te deel nie en ook nie al die Van der Merwes nie. (Dis wanneer Koos - Groot Koos,
Lang Koos ens. word)! Graadhoof bring dus die klasse se indelings na kantoor waar
prinsipaal d.m.v. trekking bepaal watter klas gaan A,B,C of D wees.
K.6 KLASUITSTAPPIES EN BUSREëLINGS Hierdie is van toepassing vir daguitstappies en uitgawes vorm nie deel van die
skoolbegroting. Eenheidsuitstappies word hoofsaaklik deur die Eenheidsfonds gedek. ‘n
Baie klein bydrae word vir “duur” uitstappies gevra, maar dis in die minderheid.
Borgskapgelde vir Eenhede sal aangewend word vir uitstappies en kampe. Alle besprekings
en reëlings word self deur die kollegas gedoen.
Sien in administratiewe indeling watter kollega is vir uitstappies verantwoordelike en watter
kollega koördineer busvervoer.
K.7 KLEREBANK
Dit dien as ‘n fasiliteit waar skoolklere tweedehands gekoop kan word. Klere word aan die
klerebank geskenk of dit word namens die ouers verkoop.
Indien leerders skool- en/of sportklere benodig, moet daar met die graadonderwyser in
aanraking gekom word. ‘n Versoek moet dan aan die klerebank gerig word. Daar sal dan
indien moontlik aan die leerder se behoefte voorsien word. Konsertklere word vir die 2
jaarlikse konsert gebruik, asook vir Graad R se jaarlikse konsert. Geen klere word tans
uitverhuur nie.
K.8 KLEREKOMITEE
Bestaan uit onderwysers wat enige veranderinge aan personeel se kleredrag koördineer.
Beheerliggaam sal verandering in leerders se kleredrag hanteer. Vergader net wanneer
besluite geneem moet word. Skakelonderwyser gee kennis wanneer daar vergader moet
word. Skakelonderwyser dien as skakel tussen komitee, vervaardigers, ouers en skoolhoof
en ook personeel indien nodig. Skoolhoof woon vergaderings by indien moontlik. Die
aanteken van besluite wat tydens vergaderings geneem is, is deel van die skakelonderwyser
se taak. Twee keer per kwartaal word inspeksie van kleredrag, hare, naels en algemene
netheid gehou. Datums moet deur sameroeper van dié komitee op kwartaalprogramme geplaas word. Daar is ‘n standaard skrywe beskikbaar wat aan ouers gestuur word
indien skoolreëls t.o.v. kleredrag (tasse ens.) nie nagekom word nie. Goeie oordeel is
egter nodig!
Leerders se somerdrag: Kwartaal 1 en 4.
Leerders se wintersdrag: Kwartaal 2 en 3.
K.9 KOMPETISIES
Wanneer ‘n kompetisie na die koördineerder verwys word, is dit sy/haar plig om die res van
die personeel wat daarby betrokke is, in te lig. Die koördineerder moet ‘n sperdatum vasstel
en alle inskrywings moet voor of op daardie betrokke dag ingehandig word. Elke
klasonderwyser behartig gewoonlik hul eie klas se inskrywings. Wanneer daar geld
betrokke is, is dit die koördineerder se plig om seker te maak dat alle inskrywings klop
voordat dit by die sekretaresse inbetaal word.
K.10 KONSERTKLERE
Kostuums wat alreeds gedurende konserte gebruik is, word in die klerebank geberg.
Hierdie klere mag (gratis) vir die 2-jaarlikse konsert deur WNPS se leerders geleen word.
Wanneer nuwe kostuums gemaak word en deur die skool betaal word, moet die stukke na
afloop van ‘n konsert ook in die klerebank geberg word. (Soms skenk ouers ook sulke
kostuums). Voordat enige kostuums verwyder mag word, moet die persoon in beheer van
die klerebank geraadpleeg word. Soms word kostuums van ander skole of instansies gehuur
- doen eers navraag by die sekretaresse/skoolhoof of daarvoor begroot is. Ons
eie konsertklere word nie uitgeleen of “verhuur” nie.
K.11 KONTAK MET OUERS
Skolastiese of dissiplinêre probleme leerders in u klas moet dadelik onder die ouers se
aandag gebring word. ‘n Voltooide vorm wat ook die ouer se reaksie aandui, moet aan die
skoolhoof gestuur word. (Hierdie vorms is by die afrolkamer beskikbaar). Kollegas moet
besef dat hierdie stelsel as ‘n verwysingsbron gebruik word indien probleme mag opduik.
Dui op kontakvorm aan as ouer nie afspraak nakom nie. Hierdie vorm word geteken deur die
prinsipaal en moet dan deur die klasonderwyser in die leerder se profiel geplaas word.
K.12 KOORFEESTE
Vroeg in die derde kwartaal hou die Worcester Eisteddfod hul twee-jaarlikse koorfees. Beide
ons skoolkore neem hieraan deel. Dit val saam met die Eisteddfod, waar die kore dan
beoordeel word en punte toegeken word.
Ander koorfeeste, soos deur ander instansies gereël, word ook ondersteun indien die kore
op standaard is en genoeg koorwerke kan voordra.
K.13 KOPIEERWERK
Alle afrolwerk moet in graadverband gedoen word. Die graadhoofde moet toesien dat alle
klasse binne die graadgroep presies dieselfde afrolwerk aan hul onderskeie klasse gee.
Bespaar sover as moontlik sonder om kwaliteit onderrig in te boet. Slegs aangewysde sekretaresses mag afrol- en fotostaatmasjiene gebruik.
‘n Goeie beplanner se kopieerwerk word reeds die voorafgaande week gedoen!
K.14 KULTUURAANDE
Kultuuraande word gedurende die tweede en derde kwartaal gehou. Die program is nooit
langer as ‘n uur nie en toegang is gratis. Die program bestaan gewoonlik uit verskeie items
wat deur onderwysers deurgegee word. Bv. klavier, blokfluit, sang, orkes, kore, dansies,
redenaars, voordrag, uitstaande mondeling, items deur onderwysers, ouers en kinders,
klasgroepe ens.
K.15 KUNSUITSTALLING IN VOORPORTAAL
Kunskollegas moet op gereelde basis die werke afwissel en seker maak dat die leerders se
name op hul werke verskyn.
K.16 KWARTAAL- EN JAARPROGRAM
Alle beskikbare datums vir sport en enige ander geleentheid moet hierop aangedui word.
Weekindelings word gedoen op ‘n ontwerpte vorm. Sekere datums is reeds beskikbaar by
die sekretaresse en sportorganiseerder. Nadat die weekindelings gedoen is, word die
vorms onder die personeel gesirkuleer, ten minste 4 weke voor die einde van elke kwartaal.
Maak seker dat alle personeel die geleentheid kry om datums aan te dui waarvoor hulle
verantwoordelik is. Dit is ook die taak van die persoon in beheer om die volgende roosters
uit te werk en op die program aan te dui:
saalbeurte (personeel)
preekbeurte deur predikante aan begin en einde van elke kwartaal
Eerstens moet die program na die hoof gaan om alle ander datums tot sy beskikking in te vul.
Die tik van die program word deur die sekretaresse gedoen. Sy sal dit dan weer aan die
persoon in beheer oorhandig en aan die hoof vir proeflesing. Alle personeellede en ouers
moet ‘n kwartaalprogram voor die begin van elke nuwe kwartaal ontvang.
K.17 KENMEKAARAANDE VIR PERSONEEL EN OUERS
OOV reël ‘n kenmekaaraand waar ouers en personeel teenwoordig is.
K. 18 KOPLUISE
Indien daar vermoed word dat ‘n leerder kopluise het, moet die leerder se klasonderwyser
sowel as die kopluis-koördineerder in kennis gestel word. ‘n Brief word dan aan elke leerder
in die betrokke graad gestuur, sowel as ‘n kennisgewing op “Communicator”. Die betrokke
leerder by wie die kopluise vermoed word, se ouers word ook dadelik in kennis gestel.
Leerders met kopluisbesmetting mag nie skool toe kom alvorens die regte behandeling
begin is nie en alle nete met ‘n fyn kam uitgekam is nie.
L.1 LABORATORIUMREëLINGS
Leerders mag nie sonder toesig praktiese werk doen of toegelaat word om die laboratorium
sonder die teenwoordigheid van die onderwyser binne te gaan nie. Wanneer die
laboratorium nie gebruik word nie moet die deure en kaste gesluit bly. Ten einde vrye in-
en uitgang in die geval van brand of ongelukke te verseker, moet die deure egter nooit
gesluit word wanneer daar leerders in die lokaal is nie.
Geen chemikalieë of apparaat mag uit die laboratorium verwyder word sonder dat die
persoon wat in beheer is, daarvan kennis dra nie. Die betrokke kollega sien ook om na die
begroting, netheid en inventaris van die lokaal.
L.2 LEERDERPROFIELE
‘n Leerderprofiel is ‘n vertroulike dokument. Dit bly in die kluis en bevat alle inligting wat
nodig is om die kind te verstaan. Leerderprofiele bevat die volgende:
1. Toelatingsvorm
2. Afskrif van geboortesertifikaat
3. Afskrif van kliniekkaart
4. WKOD vertroulike leerderprofiel (6 bladsye)
5. WKOD vertroulike inligting omtrent leerder
6. Oorplasingsertifikaat
7. Vrywaringsvorm
8. Ouerkontakvorm
9. Mediese sertifikate t.o.v. afwesigheid
10. Sielkundige-, mediese-, arbeidsterapieverslae ens.
11. Intervensievorm
12. Vorderingsverslae
Die leerderprofiel vertel hoe die kind se vordering is. Die profiel bevat dus die onderwyser
se notering van dit wat by die kind waargeneem is en bewyse van wat die kind gedoen het.
(Houdings, waardes en vaardighede). ‘n Skool moet die leerderprofiel aanvra en dit mag nie
per hand met ‘n kind na ‘n nuwe skool gestuur word nie.
Hierdie is vertroulike dokumente wat nie deur die leerders se ouers hanteer mag word nie.
Leerderprofiele mag nie huis toe geneem word nie en moet by die sekretaresse uitgeteken
word indien dit die kluis verlaat.
Graad 1, 4 en 7 kollegas moet jaarliks ‘n ID-foto (afgeknip vanaf individuele foto’s) voorop
plak.
1. Profielopsommingsbladsy aan begin van jaar laat kopieer, uitdeel aan kollegas en
datum van inname kommunikeer in personeelkamer.
2. Alle registerklasse se opsommingsvorms inneem en vir prinsipaal laat kry.
3. Wanneer individuele foto’s uitgedeel word, personeel van graad 1, 4 en 7 herinner om
een klein foto’tjie af te knip en op profiel aan te bring. Voorsien sperdatum waarop
alle foto’s aangeheg moet wees. Herinner kollegas om toe te sien dat nuwe leerders
deur die loop van die jaar ook foto’s op profiel het.
4. Bestel van blou profielomslae indien nodig.
5. Toesien dat begroting voorsiening maak vir aankoop van bogenoemde.
6. Leiding aan kollegas en verduideliking aan einde van jaar wat alles op profiele ingevul
moet word.
7. Kwartaalliks register onderwysers herinner om rapporte in korrekte sakkie in profiele
te plaas.
8. Minstens twee keer per jaar (Maart en September) hele skool se profiele deurgaan om
seker te maak dis volledig ingevul, alles op regte plekke liasseer, alfabeties ens.
Persoon, volgens die administratiewe indeling, verantwoordelik vir die blou profiele
van leerders se pligte sluit onder andere die volgende in:
9. Adjunkhoof inlig sodra nr. 8 voltooi is.
L.3 LENTEDAGUITREIKING
Doel: Die leerders en personeel betoon dank aan organisasies/instansies vir hul on-
baatsugtige diens.
Die Lente Dankie-sê-dag vind so naby as moontlik aan 1 September plaas.
Elke graad betoon dank aan ’n organisasie of instansie van hul keuse. Voor die tyd
word daar vasgestel wat die organisasie se behoefte is. Die leerders samel die
items in. ’n Verteenwoordiger/s van die organisasie kom vertel die leerders meer
van die organisasie. Op die bepaalde datum oorhandig die leerders die donasies aan
die verteenwoordiger.
Plakkate word by besighede wat borgskappe aan die skool gelewer het, afgelewer.
OOV bestuurslede asook Beheerliggaamslede word ook tydens die poging bedank.
L.4 LIEF- EN - LEED VIR “COMMUNICATOR”, WEBTUISTE EN FACEBOOK
Alle inligting moet aan die koördineerder deurgegee word.
L.5 L.O. APPARAATKAMER
Die inventaris is die verantwoordelikheid van die persoon in beheer van die apparaatkamer.
Dit beteken dus dat as daar sekere apparate kort, is dit die kollega se verantwoordelikheid
om dit weer te soek en te vind.
Sorg dat daar ‘n lys voor teen die apparaatkamer se deur aangebring word, waarop aangedui kan word wat uitgeleen word en weer teruggeplaas word. Sorg dat geen leerder alleen,
sonder toesig van ‘n onderwyser, in die apparaatkamer ingaan nie.
Elke onderwyser wat die apparaatkamer gebruik, moet sorg dat elke apparaat weer by die
spesifieke naamkaarte teruggepak word. Persoon verantwoordelik, moet ook sorg dat die
apparaatkamer netjies gehou word. Die kleedkamers, agter die saal, moet ook gedurig
besoek word - let op na die netheid daarvan. Aan einde van die jaar word die inventaris
hersien en ingevul. Persoon verantwoordelik moet ook die L.O.- begroting doen. Hier kan
al die L.O. onderwysers se menings gevra word oor sekere apparate wat deur hulle benodig
word. Die visieterapie apparaat mag slegs vir visieterapie gebruik word.
L.6 LEERONDERSTEUNING
Leerondersteuning word deur alle opvoeders aangebied deur middel van didaktiese klasse.
Die Eenheidsopvoeder moet deelneem aan buitemuurse (na skool) en kurrikulêre (tydens
die skooldag) leerondersteuning, ten minste twee maal per week.
Kurrikulêre aktiwiteite sluit in:
Intervensiegroepe.
Ouer opleidingsessies.
Ontwikkelingsessies vir opvoeders.
Programontwikkeling in die skool rakende leerondersteuning.
Lesbeplanning.
SGOS vergaderings rakende leerondersteuning vir hoofstroom en eenheidsleerders.
Seker maak profiele van leerders wat leerondersteuning ontvang, korrek opgedateer is met
nuutste intervensies en verslae.
L.7 LUGVERSORGERS IN KLASSE
Indien u in besit is van ‘n lugversorger in u klas en/of kantoor, neem asseblief kennis van die
volgende:
Die mees ekonomiese stelling vir ‘n lugversorger is die son of sneeuvlokkie
verstelling.
Geen lugversorger moet vir langer as 1 uur laer as 22 °C gestel word nie want dit
veroorsaak dat die lugversorger opvries wat skade aan die motor kan veroorsaak,
Sou u klas beide lugversorger en waaier hê moet u asseblief op die volgende let:
° Geen lugversorger mag saam met ‘n waaier aangeskakel word nie
° Sou beide gelyk gebruik word is die lugsirkulasie nie na wense en kan dit veroorsaak
dat die lugversorger se motor uitbrand. ° Sou dit wel geskied, sal u lugversorger NIE deur die versekering gedek word NIE,
en gaan u SONDER ‘n lugversorger wees EN self aanspreeklik wees vir die herstel
daarvan. U samewerking in hierdie verband word hoog op prys gestel.
M.1 MEDIASENTRUM
Jaarliks moet daar begroot word vir al die aankope en herstel van die boeke, ander voorraad
en ook die oudio-visuele apparaat. Nuwe boeke en oudio-visuele apparaat (indien nodig)
word aangekoop. Nuttelose of onherstelbare boeke en oudio-visuele apparaat word jaarliks
afgeskryf. ‘n Inventaris van alle oudio-visuele apparaat word bygehou. Alle nuwe items word
ingevul en afskrywings word aangedui. Stukkende boeke word herstel, plastiek, plakkers,
uitleenkaartjies en datumvelletjies word deurlopend vervang.
Ouers kan help met hierdie instandhouding. Deeglike kontrole is uiters belangrik. Die
mediasentrum moet te alle tye netjies agtergelaat word. Eenvormige uitleenstelsel moet
toegepas word.
M.2 MEDIASKAKELING
Ons is geregtig op 2 foto’s per skool, per week in die Worcester Standard. Kollegas moet dus
vrymoedigheid neem om koördineerder vir soveel moontlik prestasies in te lig en foto’s te
versoek indien hulle by ‘n sport-, kultuur- of ander aktiwiteit betrokke was.
Skakelonderwyser maak ‘n afspraak met die Worcester Standard indien daar versoeke van
die onderwysers kom. Afspraak moet in pouse wees indien enigsins moontlik.
Skakelonderwyser reël met betrokke onderwysers om self teenwoordig te wees tydens
fotosessie en ‘n kort inligtingstuk saam te stel oor die betrokke gebeurtenis. Die betrokke
onderwyser moet ook toesien dat die verslaggewer die name in korrekte volgorde neerskryf.
Van tyd tot tyd moet die skakelonderwyser ‘n bedanking rig vir die gereelde plasing van
berigte en foto’s. Bemarkingsbeampte skakel met bydraes vir AWSUM koerant.
M.3 MEISIES SE NETHEID (L.O. DRAG EN HARE)
1. Leerders moet te alle tye netjies en korrek geklee wees.
2. Wanneer leerders met gewone klere skool toe kom, moet kleredrag ouderdomstoepaslik
wees en van hoë sedelike waardes spreek.
3. Lengte van rompies en kortbroeke van meisies moet fatsoenlik wees en nie te noupassend
wees nie.
4. Geen skouerlose of hempies met bandjies word deur meisies gedra nie.
5. Geen onderklere mag uitsteek nie.
6. Slegs effekleurige donkerblou of swart sportsakke en skooltasse (met of sonder wielietjies)
mag gebruik word.
7. Juweliersware:
7.1. Geen armband, behalwe “medic alert”.
7.2. “Studs” in ore, slegs goue of silwer bolletjies.
7.3. “Sleepers” (ringetjies), slegs goud of silwer met ‘n maksimum deursnee van 1,1cm.
8. Meisies:
8.1. Geen kuif mag aan wenkbroue raak nie.
8.2. Hare wat aan kraag raak moet vasgemaak word.
8.3. Geen loshangende punte wanneer hare vasgemaak is nie.
8.4. Kopbande mag nie breër as 3cm wees nie.
8.5. Kleurknippies, -linte en –bolletjies mag slegs wit, maroon, navy of swart wees.
8.6. Geen ander haarversierings mag gedra word nie,
8.7. Hare mag nie gekleur word nie.
8.8. Geen grimering word toegelaat nie.
8.9. Wimpers mag nie “getint” word nie.
M.4 MERIETEBORDE IN SAAL
Alle leerders wat provinsiale kleure verwerf of kultuurprestasies behaal het asook graad 4 –
7 se top eksamenuitslae se name verskyn op die merieteborde in die saal.
Die skryf van die borde word professioneel gedoen. Aan die einde van elke jaar kry jy die
name van die leerders wat provinsiale kleure verwerf het van die sportorganiseerder en die
kultuurorganiseerder. Maak seker dat alle name van leerders korrek gespel is!
M.5 MUSIEKONDERRIG
Musiek word onderrig aan leerlinge vanaf graad R tot graad 7. Instrumente waarin leerder
onderrig word is klavier, blokfluit, klawerbord en kitaar. Musiekteorie word saam met die
instrument onderrig.
Ouers het die keuse tussen een of twee halfuur-lesse per week. Musiekgelde word tydens
jaarlikse begrotingsvergadering vasgestel. Leerlinge kom individueel of in groepe.
Sommige musiekleerlinge word voorberei vir UNISA- eksamens, prakties en teorie, wat
gedurende die tweede en derde kwartale afgelê word.
Daar word by verskeie geleenthede vir die meeste van ons leerders die geleentheid gegee
om op te tree soos byvoorbeeld by kultuuraande, musiekaande, eisteddfod, tydens sangsaal,
saalbyeenkomste, ouetehuise ens.
Musiekgelde word aan die einde van elke jaar deur die Beheerliggaam vasgestel in
samewerking met die musiekkollegas.
Leerders word op ‘n roteerbasis uit hul klasse onttrek gevolglik sal ‘n leerder nie ‘n spesifieke
lesuur op gereelde basis mis nie.
Musiekgelde is soos skoolgelde streng vooruitbetaalbaar. Indien ‘n leerder gedurende die
kwartaal besluit om nie verder musiekonderrig te ontvang nie, is dié ouers steeds vir dié hele
kwartaal se gelde verantwoordelik.
M.6 MUSIEKAAND
Gedurende die vierde kwartaal word daar ‘n musiekaand gehou vir alle leerders wat by
die skool musiekonderrig ontvang. Toegang is gratis.
M. 7 MERKWERK
Kollegas se merkwerk moet baie deeglik wees. Vakhoofde moet tydens boekkontrole
baie aandag hieraan sowel as die doen van verbeteringe gee. ‘n Kollega kan nie net
parafeer by werk wat deur die leerders self in hul werkboeke gedoen is nie!
M. 8. MEER TYD LEERDERS
‘n Leerder wat in ‘n spesifieke kwartaal as ‘n moontlike MT kandidaat geïdentifiseer is se
naam moet steeds op die MT lys bly selfs al is hy “ge-SGOS” of aanbeveel vir spesiale
onderwys.
Hou kode toekenning in gedagte by MT leerders.
Maak seker dat ‘n volledige intervensie program ‘n MT motivering vergesel.
Personeel moet so vroeg as moontlik amanuensis identifiseer en aanspreek en nie wag tot
laat in die jaar nie. Moontlike LSO kandidate so vroeg as moontlik identifiseer en die nodige
stappe volg.
Alle ouerkontakvorms moet in die profiel beskikbaar wees.
Gedurende die laaste SGOS vergadering in die vierde kwartaal word daar ‘n finale besluit
rakende ‘n leerder se vordering geneem. Rolspelers sluit in SGOS voorsitter, prinsipaal,
registeronderwyser en die assesseringskoördineerders van die onderskeie fases.
N.1 NASORGSENTRUM
Die skakelonderwyser moet die volgende doen:
Ouer- en bestuursvergaderings bywoon (Kennisgewings word uitgestuur).
Dra boodskappe tussen die skool en die nasorgsentrum oor.
Sien toe dat alle kommunikasie en ander inligtingstukke wat aan ouers gestuur
word, ook aan die nasorgpersoneel gegee word. Hulle is ingelig oor
“Communicator”.
Besoek nasorgsentrum minstens 2 keer per kwartaal
Let op: Netheid van gebou, terrein en toilette
Volwasse toesig binne en buite gebou
Gesels met personeel.
Sien toe dat fondsinsamelingsprojekte en uitstappies nie bots met skoolaktiwiteite
nie.
N.2 NIE-ONDERRIGPERIODES
Reëlings t.o.v. nie-onderrigperiodes
Onder geen omstandighede mag u u klas / leerders verlaat om enige administratiewe
taak (telefoon / faks / admin. ens.) af te handel nie. (Ook nie gesprekke met die
skoolhoof nie).
Dié take moet in u nie-onderrig periodes, pouse (verkieslik nie) of na skoolure gedoen word.
As u ‘n ouer dringend moet skakel in verband met ‘n leerder:
- lig skoolhoof / adjunkhoof in
- vra vir skool se selfoon
- kontak dan dié ouer
O.1 ONDERRIGTYD PER WEEK
(AANPAS VIR CAPS)
Die minimum kontaktyd is soos volg:
Graad R - 23 uur per week
Grade 1 en 2 - 23 uur per week
Graad 3 - 25 uur per week
Grade 4, 5, 6 en 7 - 27½ uur per
O.2 OBOS VERWYSINGS (Kenny Stevens) - Distrikskantoor
1. Verwysings Distrikskantoor toe moet slegs gedoen word in gevalle waar 'n leerder erge
skolastiese, emosionele of gedragsprobleme openbaar.
2. 'n Leerder wat net gewoon nie goed presteer nie, word nie Distrikskantoor toe verwys nie,
al is hy/sy 'n potensiële kandidaat vir meertyd. So 'n leerder word intern deur opvoeders
gehelp. 'n Leerder wat miskien vir 'n tweede keer meertyd benodig, sou 'n verwysing
Distrikskantoor toe kry. 3. Opvoeders moet die slaagvereiste volgens die KABV(CAPS) bewyse kan gebruik om
vanaf die eerste kwartaal aan ouers te kan oordra dat hul kind nie op die graad se
standaard is nie. Tydens graadvergaderings moet die lys van potensiële MT leerders
bespreek word.
4. Wat is die opvoeder se plig t.o.v. 'n leerder wat "sukkel" en nie op standaard is nie?
4.1 Maak 'n intervensievorm vir die leerder "oop" en hou dit deeglik op datum. Hierdie vorm
gaan dien as jou bewyse aan die Progressiespan en die ouers, van alle hulp en intervensie wat aan die leerder verskaf is. Hierdie vorm is baie belangrik. Vul alle intervensies in.
4.2 Reël so gou moontlik 'n bespreking met die skool se SGOS om maatreëls vir didakties
hulp in plek te stel. Dit is die opvoeder se plig om ekstra hulp aan te bied. Die
bespreking met die SGOS sal genotuleer word en ook as bewyse dien. 5. Opvoeders moet vertroue in hulle professionalisme hê! U moet die selfvertroue hê om
aan die ouers te sê dat hul kind nie op die standaard van die graad is nie, (u kodes en
assesseringstake moet as bewyse kan dien) en aan hulle kan wys watter ekstra myl u met
hul kind loop.
6. As 'n leerder se gedrag van so 'n aard is dat die opvoeder sterk vermoed dat die leerder aandagafleibaar of hiperaktief is, moet u, na 'n SGOS-gesprek, wel 'n verwysing en
kontrolevorm na die skoolsielkundige stuur. U moet ook aan die ouer die
opsie gee om sy/haar kind na 'n privaat sielkundige en pediater te neem.
7. Daar is min WKOD hulp beskikbaar vir leerders wat arbeidsterapie benodig. Die staat
bied slegs hulp aan vir Gr.R-leerders. Ouers moet self die kostes dra van 'n privaat
konsultasie en terapie.
8. As u 'n vermoede het dat 'n leerder enigsins misbruik of mishandel word, moet die op-
voeder persoonlik kontak maak met die maatskaplike werkster by die Distrikskantoor.
Moet nie 'n verwysingsvorm voltooi nie. Wees versigtig om inligting neer te pen.
Hou net rekord van die datums wat u met die maatskaplike werkster kontak maak.
9. Voel vry om ter enige tyd, na 'n SGOS-bespreking, met mnr. Stevens kontak te maak as u
baie bekommerd is oor 'n leerder se emosionele welstand.
10. Tydens die laaste SGOS vergadering moet daar uitgeklaar word van watter leerders wat
na Die Distrikskantoor verwys is daar nog geen terugvoering ontvang is nie. Hierdie
gevalle moet betyds opgevolg word sodat daar met progressie en promosie reeds ‘n
antwoord beskikbaar sal wees t.o.v. MT leerders.
O.3 ONTHAALAREA BY SPORTTERREIN
Hierdie area word teen ‘n vasgestelde tarief verhuur. Hierdie fasiliteit is teen afslagprys
beskikbaar aan personeel. In die kluis is sleutels vir die area wat by die sekretaresse uit- en weer ingeteken moet word. Daar is ‘n komitee wat alle aanbevelings t.o.v. uitbreiding van
hierdie area hanteer. Navrae kan aan hulle gerig word.
O.4 DIE ONTRUIMINGSPLAN
Die ontruimingsplan is saamgestel om die veiligheid van ons skool se leerders, onderwysers
en werkers te verseker. Die koördineerder van die ontruimingsplan moet dus sorg dat hy ‘n
plan van die skoolgebou en die terrein het. Elke klaskamer, sowel as die saal, moet so ‘n
afskrif hê waarop die roete van ontruiming aangebring is. Die koördineerder het ook ‘n plan
van die skool waarop al die brandblussers aangedui is. Hierdie brandblussers moet in
samewerking met die faktotum nagegaan word. Die ontruimingsplan word een keer per
kwartaal onaangekondig geoefen. Tydens ‘n oefening moet die koördineerder die tyd m.b.v.
‘n stophorlosie neem. Die tipe plan wat geoefen word, moet afgewissel word.
O.5 OOV-BESTUUR
Twee personeellede dien op Bestuur en ouers word demokraties verkies. Elke klas kies self
'n ouerverteenwoordiger wat projekte koördineer soos vooraf ontvang.
O.6 OUERAANDE (INLIGTINGSAAND)
Hierdie aand val saam met die algemene jaarvergadering van die O.O.V.
1. Doel van die samekoms
Uitbouing van verhoudinge tussen: ouer en onderwyser
ouer en kind
onderwyser en kind
Wedersydse kennis, begrip en vertroue veral tot uitbouing van die kind se sekuriteit en
geluk.
Kies van klasverteenwoordigers wat OOV-projek help koördineer.
2. Noodsaaklike inligting
Hantering van tuiswerk (voorgeskrewe tydsduur).
Ouers se aandeel t.o.v. tuiswerk.
Skakeling tussen ouers en onderwysers.
Afwesigheid van leerders.
Stelsel van deurlopende evaluering.
Studiemetodes.
Deelname aan skool se buitemuurse program - noodsaaklikheid/doel/ te veel.
Strafstelsel - doel/ detensieklasse (bespreek optredes as huiswerkboek tuis/weg is).
Beloningstelsel - spogkaarte.
Eksaminering (gr.4 - 7) - twee keer per jaar.
Slaagvereistes (alle graadgroepe).
Interpretasie van rapporte.
Buitelugopvoeding veral t.o.v. doel, organisasie en befondsing.
Prosedure vir aanwys van leerderleiers in Gr.7.
Optrede, verwagtinge en kleredrag van ‘n leerderleier (in kort).
Belangrikheid van bywoning van ouerbesoekmiddag indien rapport dit aandui.
Verantwoordelike gebruik van Whats App groepe asook sosiale media.
Gr. 7 afskeid en geskenk werkswyse.
3. Aanvullende inligting
Merk van skoolklere.
Ouerbetrokkenheid by skoolaktiwiteite.
Klerebank.
Aanlegtoetse (Graad 7’s).
Skooldrag: aanbevole drag (prospektus).
Skoolreëls geld vir graad 7’s tot op dag wat skool sluit in Desember. Graad 7’s kan nie
met verkeerde klere of klere wat te klein is rondloop omdat hulle nog net ‘n kort rukkie
in die skool is nie. Besoek gerus die klerebank indien die gr. 7 ouer nie wil aankoop
nie.
4. Organisasie t.o.v. individuele ouerbesoekmiddae Onthou:
U naam en graadgroep op deur.
Afsprake word d.m.v. sekretaresse gedoen.
Sorg vir stoele voor klas se deur.
Skakel ligte af en sluit klas wanneer klaar.
Stel die skoolhoof in kennis wanneer ouers nie afsprake sonder verskoning nakom nie.
Bring belangrike sake onder skoolhoof se aandag.
O.7 VAKLÊER
Elke kollega is verantwoordelik vir die byhou daarvan. Volg asb. voorskrifte vanaf
distrikskantoor, assesseringskomitee en vakhoofde noukeurig.
O.8 OUERBESOEKE N.A.V. RAPPORTE:
Alle leerders ontvang vier assesseringsverslae gedurende ‘n jaar. Hierdie verslag dui aan of
ouers ‘n afspraak moet maak om die betrokke onderwyser te sien.
Die volgende faktore moet in ag geneem word, wanneer u ‘n besluit neem ten opsigte van
ouerbesoeke.
1. Dit is verpligtend vir onderwysers om ouers van gr. R - 7-leerders wat nie ‘n kodes 4
vir Afrikaans of ‘n kode 3 vir die ander vakke kan verwerf nie, te versoek om ‘n
ouerafspraak te maak.
2. Bogenoemde reëling geld vir die onderwysers wat Afr., Eng., Wisk., NW, SW,
Tegnologie, EBW, KK sowel as Lewensvaardighede onderrig. Dit is nie die alleenlike
plig van die registeronderwyser om ouerafsprake te versoek nie.
3. Leerder se gedrag/dissiplinêre probleme.
4. Medikasie: aanvang neem
staak
dosis verhoog/verlaag
NB: Bogenoemde besluite ten opsigte van medikasie moet altyd deur gekwali-
fiseerde medici geneem word. Opvoeders kan slegs waarneem en ‘n
aanbeveling maak al dan nie.
5. Leerder se sosiale interaksie.
6. Kommerwerkende hoeveelheid afwesigheid.
7. Toestemming vir spesiale dienste.
8. Oorplasing na LSO-klasse of spesiale skool.
9. Hoërskoolplasing - veral in die geval van spesiale skole.
Na afloop van die ouerbesoeke word die ouerkontakvorm voltooi. Nadat die prinsipaal bg.
geteken het, word dit in die leerderprofiel gebêre.
‘n Gróót kopseer bly onbetrokke ouers wat ten spyte van die verslag wat aandui dat ‘n oueraf-
spraak gemaak moet word, skitter in hul afwesigheid! Poog maar om deur middel van die
huiswerkboek of telefonies met hierdie ouers te probeer kontak maak. Ons dra immers die
kind se beste belange op die hart!
Rapporte word kwartaalliks vergesel van ‘n harde kopie van die volgende kwartaal se
assesseringsplan.
Sodoende is leerders en ouers ingelig t.o.v. FAT’s.
P.1 PERSONEELFONDS EN AANKOPE
Personeel loods ‘n aksie, bv. hoenderverkope om fondse in te samel vir die personeelfonds.
Die wins word inbetaal in die personeelfonds.
Vind uit by die sekretaresse wat die personeelfonds beloop en dit word kwartaalliks betaal.
Aan die einde van die kwartaal stel die sekretaresse ’n lys saam van uitstaande gelde.
Personeellede word in kennis gestel om voor die einde van die kwartaal te betaal.
Alle aankope word by Pick n Pay per tjek gedoen. Die sekretaresse maak ’n lysie en sal die
persoon verantwoordelik vir die aankope in kennis stel wanneer die aankope gedoen word.
P.2 PERSONEELFUNKSIES
Op sosiale gebied word daar gepoog om funksies so aan te bied dat dit in almal se smaak val.
Die idees en keuses van die personeel word vooraf getoets voordat daar besluit word watter
vorm ‘n spesifieke funksie sal aanneem. Een keer gedurende ‘n kwartaal (meeste van die tyd
vroeg in die kwartaal) word daar bv. ‘n braai gehou waar die personeel en gades ens. lekker
saam kan ontspan.
Die jaareindfunsie word gedurende die vierde kwartaal gehou. Voorafgaande funksie se
datum, spyskaart en die vorm wat dit aanneem word reeds in die tweede kwartaal bepaal.
Daar word verwag dat elke personeellid bogenoemde funksies sal bywoon. Daar word
jaarliks twee personeellede aangewys wat die funksie vir die jaar sal reël.
P.3 PERSONEELKAMER - OPENING (SOGGENS)
Alle personeel moet 15 minute voor die amptelike aanvangstyd in die personeelkamer
teenwoordig wees. Nadat daar op ‘n gepaste wyse geopen word, word belangrike
afkondigings aan die personeel deurgegee. ‘n Spesifieke kollega is verantwoordelik dat die
afkondigings aan die preprimêre kollegas oorgedra word.
P.4 PERSONEELKAMER SE NETHEID
Betrokke kollega bring kennisgewings aan op aansteekborde. Verwyder ook kennisgewings
wat nie meer van toepassing is nie.
Maak skryfborde skoon teen die tyd waarop almal kennis geneem het van wat daarop geskryf
staan.
Kyk dat daar nie onnodige goed rondlê in die personeelkamer nie.
Loer maar so van tyd tot tyd in die vakkies en kyk of daar nie te veel goed in die vakkies is
nie. Kyk ook vir goed wat rondlê bo-op die vakkies.
P.5 PERSONEELONTWIKKELING
Personeelontwikkeling word op ‘n kwartaallikse basis aangebied. Daar word gebruik
gemaak van ons eie personeel se kundigheid of persone/instansies van buite. Personeel kry
ook geleentheid om onderwerpe aan te beveel wat aangespreek moet word. Dit word
gewoonlik op die tweede Maandag van ‘n nuwe kwartaal aangebied. Die kwartaalprogram
dui die ontwikkelingsessie aan. Die aangewysde persoon op administratiewe indeling sal
die ontwikkelingsessies koördineer. Meer sessies kan na goeddunke gereël word.
Uitdeelstukke moet heel agter in Blou Personeelhandleiding geplaas word.
P.6 POLISIE - SKAKELFUNKSIE
Die persoon in beheer ontvang alle inligting en brosjures vanaf die polisie en moet dit dan
ook op rekord hou. Belangrike inligting moet aan die res van die personeel deurgegee word.
Vergaderings wat op ons skool betrekking het, moet deur die skakelonderwyser bygewoon
word.
P.7 PROEFONDERWYS
Die taak van die skakelonderwysers is onder andere;
Die hantering van korrespondensie in hierdie verband.
Plasing van studente by graadgroep van hul keuse of soos dit inpas.
Deurgee van prosedure by skool aan studente.
Bywoon van tutorseminare.
Deurgee van inligting aan betrokke onderwysers.
Deurgaans leiding aan studente wat organisasie van lesse en besoeke van dosente betref.
Proefstudente inlig oor riglyne vir die tydperk by skool.
Toesien dat studente oral inskakel - sport, kultuur, personeelontwikkeling, ens.
Toesien dat slegs 1 student per graad toegeken word.
STUDENTE - PRAKTIESE ONDERWYS
Ons vra vriendelik dat studente op die volgende sal let tydens ‘n besoek aan ons skool:
Aanvangstye en duur van skooldag
~ Die skool om 07:30.
~ Studente moet saam met die onderwysers 15 minute voor die leerders by die
personeelkamer aanmeld waar met godsdiens geopen sal word en ook afkondigings
gedoen
sal word.
~ Dit is belangrik dat studente net soos die personeel hier baie stiptelik sal wees. Die perso-
neelkamer se deure sal toegemaak word tydens die opening met godsdiens en oopgemaak
word wanneer met die afkondigings begin word. As daar werklik iets ernstigs gebeur het
wat verhoed dat ’n student betyds is, moet die personeelkamer binnegekom word nadat
die deure oopgemaak is.
~ Studente moet dieselfde tyd as onderwysers by die skool wees. Beplanning in die
Graadgroep en ook intervensie moet bygewoon word, want dit is ook ‘n belangrike deel
wat eendag hanteer moet word.
Kleredrag
~ Ons het ’n beleid dat elke persoon besluit dat hy/sy fatsoenlik geklee is.
~ Ons is egter baie gesteld daarop dat geen uitlokkende klere gedra word nie.
~ ’n Jean mag slegs gedra word as daar netjiese skoene en bykomstighede bygevoeg word.
(Nie tekkies)
~ Personeel dra op die dae wat hulle net na skool sport afrig of Liggaamlike Opvoeding
aanbied die skool se sweetpak. As studente ’n sweetpak van hul opleidingsinstansie het,
kan dit ook op sulke dae gedra word.
~ Ons maak staat daarop dat die studente te alle tye smaakvol geklee sal wees en ’n voor-
beeld vir die leerders sal stel.
Dissipline
~ Om dissipline gebalanseerd toe te pas, is iets wat met ondervinding kom. Leerders is slim
en
veral by die hoër klasse vat hulle kanse met studente. Wees hierop bedag en wees streng
vanaf die eerste dag.
~ ’n Mens wil graag die leerders se guns wen, maar jy kan vir jouself baie probleme op
die hals haal as hulle jou in die sak kry.
~ Wees dus ferm en moenie toelaat dat hulle familiêr raak en teenoor u as student anders
optree as wat hulle teenoor hul onderwyser sou optree nie.
~ Moet nooit ’n leerder toelaat om jou op jou naam te noem of as“jy” of “jou”aan te spreek
nie.
~ Swak dissipline het al menige student se les gekelder.
~ Goeie dissipline is weer baiekeer een van die redes waarom ’n student ’n uitstekende
evaluering kry.
~ Onthou dat ’n mens nie aanvanklik sekere praktyke by leerders kan toelaat en dit dan
later verander nie.
~ Sterkte in hierdie verband!!
Buitemuurs
~ Daar word verwag dat elke student sal inskakel by ten minste een buitemuurse aktiwiteit.
~ Ons laat hierdie keuse aan die student oor en die tutor sal die eerste dag in hierdie verband
reëlings tref.
~ Onthou dat daar altyd tydens ‘n oefening ’n onderwyser teenwoordig moet wees al is dit
op
die veld langsaan.
~ As ‘n leerder seerkry of as daar enige ander probleem opduik, moet die onderwyser wat
teenwoordig is dadelik geroep word.
~ Neem gerus inisiatief en probeer werklik van nut wees by oefeninge. Die opvoeders kan
dikwels by die studente leer!
In klasse
~ Sorg dat die onderwyser die eerste dag al weet wat alles tydens die proeftyd voltooi moet
word.
~ Begin so gou as moontlik met die aanbied van lesse en om lesse waar te neem. As alles
uit-
gestel word tot aan die einde kan ‘n mens nie jou beste gee nie.
~ Hou jou proefboek op datum sodat dit voor jy die skool verlaat geteken en gestempel kan
word en ook gereed is as die dosente besoek bring.
~ Neem inisiatief en help al word jy nie gevra nie.
~ Beweeg rond in die klas en komplimenteer die opvoeder se les deur belang te stel in die
leerders se reaksie.
~ Gee jou vertroulike verslagvorm al die eerste dag vir die klasonderwyser sodat hy/sy van
die eerste dag af weet wat ingevul moet word aan die einde.
~ Doen ook moeite met gewone lesse wat aangebied word. Dit is dikwels waarna klas-
onderwysers oplet en kan ‘n pluspunt wees.
~ Moenie skroom om vrae te vra vir die klasonderwyser nie.
Vertroulikheid
~ Studente kry dikwels opdragte waar vertroulike inligting omtrent leerders ingesamel
moet word. Al word fiktiewe name vir die leerders gebruik, vra ons ernstig dat geen
van hierdie inligting aan iemand anders deurgegee word nie.
~ Ons ondervind dat studente meestal baie geïnteresseerd is in die probleme wat met
individuele leerders ondervind word en dit is dan ook baie sinvol dat klasonderwysers
dit met die studente sal bespreek en veral ook hoe om sodanige leerders te hanteer.
Ons vra ook net dat hierdie inligting as baie vertroulik beskou sal word.
Gebruik van administratiewe fasiliteite
~ Die tutor sal die studente op die eerste dag aan die sekretaresses bekendstel.
~ Afdrukke mag met die medewete van die betrokke opvoeder en met betrokke
sekretaresse
se toestemming gemaak word. Indien dit meer as 30 kopieë is, moet dit deur betrokke
sekretaresse self gedoen word. Geen fotostate mag deur studente tydens skoolure gemaak
word nie
~ Indien ‘n student werk het wat op die rekenaar gedoen moet word, kan reëlings met reke-
naarkoördineerder getref word.
~ Indien studente papier vanaf hul opleidingsinstansie gebring het, kan dit vir betrokke
sekre-
taresse gegee word.
~ Studente hoef nie te betaal vir afdrukke wat vir ons leerders gemaak word nie. Alle ander
kopieë, soos vir die proefboek, kan teen die tarief, soos vir onderwysers se privaatkopieë,
gedoen word.
~ In die personeelkamer is ‘n onderwysbiblioteek waarvan studente gebruik mag maak.
Name moet op die kaartjies geskryf word en in die houer geplaas word. Daar moet asb.
toegesien word dat al hierdie boeke terug is voordat die skool verlaat word.
~ Indien boeke, aparaat of ensiklopedieë in die biblioteek benodig word, kan ‘n reëling
met betrokke kollega getref word.
Algemeen
~ Studente moet poog om te alle tye in die klas te wees. As daar per geleentheid
reëlings met ’n ander opvoeder getref moet word of enigiets anders dringend gedoen
moet word, moet die klasonderwyser daarvan weet. Die klasonderwyser moet dus te
alle tye weet waar die student is.
~ Die klasonderwyser sal ook poog om te alle tye in die klas te wees om sodoende na
behore te kan verslag doen van die student.
~ Probeer om middae net na skool beskikbaar te wees indien die tutor of klasonderwyser
iets wil bespreek.
~ Indien studente ‘n klaar uitgewerkte les het wat hulle graag wil uittoets, voel vry om die
klasonderwyser se toestemming daarvoor te kry al is die klas nie tans besig met daar-
die spesifieke werk nie.
~ Indien daar nie reeds ’n groepleier aangewys is nie sal die studente self die eerste dag
’n leier aanwys. Die tutor sal dan ook per geleentheid d.m.v. hierdie leier kommuni-
keer en sekere verpligtinge aan so ‘n leier toesê. Die leier sal ook verantwoordelik
wees om reëlings met die dosente te tref en hulle te ontvang tydens besoeke.
~ Pouses verkeer die studente saam met die res van die opvoeders in die personeel-
kamer en studente en opvoeders moet poog om ook hier te meng.
~ Die skool het op Vrydae die laaste uur ’n kultuurperiode en dit het nou al tradisie
geword dat een van hierdie periodes deur die studente aangebied word. Ons sien uit
na jul aanbieding!!
~ Studente by die Interm.- en Senior Fase wat deur dosente besoek word, kan kyk na die
aangehegte stuk.
~ Studente in die grondslagfase kan ook die spesifieke aangehegte stuk bestudeer.
~ Voel asb. vry om te enige tyd enige probleme met die tutor of klasonderwyser te be-
spreek en ons sal dit na die beste van ons vermoë probeer oplos.
Ons wens vir al die studente ’n leersame en aangename tydjie by ons skool toe.
Ons het net een begeerte en dit is dat julle hier moet weggaan en nie kan wag om
te begin onderwys gee nie!!
GRONDSLAGFASE HALFDAG- EN VOLDAGEVALUERING
‘n Paar praktiese wenke vir ‘n suksesvolle onderwysdag
1. Sorg vir ‘n netjiese klaskamer - Voordat u middae huis toe gaan sorg dat alle
apparaat teruggepak is; borde skoongemaak is (‘n nat lap werk soms beter as
‘n
borsel), tafels en stoele netjies is. So ‘n klaskamer wat ‘n regte “leeratmosfeer”
skep, dien as motivering vir kinders.
2. Wees self goed voorbereid - doelgerig en maak elke keer seker of u die
uitkomstes bereik het. Assesseer uself sowel as die leerders.
3. Nasienwerk: Sien die leerders se boeke deeglik na.
Onthou ’n beloning en ’n positiewe opmerking werk goed.
Maak vir uself ‘n foute-analise van kinders se werk.
Doen opvolgwerk in die klas.
Kyk of die leerders die volgende dag verstaan.
4. Sorg vir genoeg vars lug. Maak soggens voor skool die vensters oop. Ook nou in
die wintertyd. Die “warm asempies” maak die klas gou warm en benoud.
5. Doen deurlopend evaluering en maak êrens ‘n aantekening daarvan. Hou dit in
gedagte by die beplanning van die volgende les. (Veral wanneer u op die mat met
die groepe werk)
6. In u beplanning moet u altyd seker maak dat die volgende sinvol en doeltreffend
sal wees:Speletjies;gedifferensieerde take, aanbiedingmetodes. Sorg vir
ge-
reelde afwisseling.
7. Sorg dat u eie apparaat byderhand is.
8. Wees altyd betyds.
9. U eie netheid gaan die leerders aansteek soos masels!
10. Lag gereeld saam met die kinders en wees konsekwent in u optrede.
R.1 RAAM VAN PRESTEERDERS SE FOTO’S
Akademiese-, kultuur- en sportpresteerders word vertoon om erkenning aan presteerdes te
gee.
R.2 REDENAARSKOMPETISIES
Die taak van die skakelonderwyser is onder andere:
Die vasstel van datums vir kompetisies in klasverband en graadverband. Deurgee van temas
verkry vanaf ATKV indien reeds beskikbaar. Die reël van bostaande kompetisies. Instuur
van name en onderwerpe vir ATKV se redenaarskompetisies. Die afronding van leerders vir
bostaande kompetisie. Deurgee van inligting i.v.m. kompetisies aan betrokke leerders. Die
bywoning van hierdie kompetisies indien moontlik.
R.3 REKENAARLOKAAL
Persoon in beheer moet sorg dat die lokaal ten alle tye netjies is. Alle rekenaars en drukkers
moet in ‘n werkende toestand wees.
Daar word ‘n rekenaarrooster opgestel wat streng gevolg moet word deur alle onderwysers.
Elke onderwyser beskik oor ‘n handleiding waarin werkswyses en sillabusse aangedui word.
In die handleiding word ook aan elke onderwyser verduidelik hoe om te werk te gaan in die
lokaal. Lees hierdie handleiding sorgvuldig deur en volg dit nougeset. Daar is ‘n handleiding
in die lokaal beskikbaar vir gebruik.
R.4 REMEDIëRENDE ONDERRIG
Leerders met ‘n normale en selfs bo-normale verstandelike vermoë wat tog nie bevredigend
vorder met die baasraak van die basiese vaardighede nie, kan verwys word na die R.O.
leerkrag. Dit is ‘n geprivatiseerde pos en fooie word deur die ouers direk aan die persoon
betaal.
Leerders kan verwys word vir R.O. onderrig deur die leerkrag asook deur die skool-
sielkundige. Ouers moet ook ten alle tye kennis dra en toestemming gee. Leerders kry
onderrig tydens skoolure op spesifieke periodes soos deur die leerkrag en R.O. leerkrag
gesamentlik bepaal. Behoeftige leerlinge se kostes kan deur die skool betaal word.
R.5 ROOKLOKAAL
‘n Rooklokaal is vir personeel ingerig. Slegs in dié lokaal mag daar gerook word.
R.6 REKENAARGELETTERDHEID
WNPS se onderwysers moet in staat wees om :
1. E-pos te lees en te stuur.
2. Navorsing op internet te kan doen.
3. Opdragte op Microsoft Word te kan tik.
4. Power Point aanbieding voor te berei en aan te bied.
5. Opstel en aanbieding van Mimio en Smartboard lesse
6. Gebruik van die dataprojektor.
7. Gebruik van Futurekids se DVD’s.
Rekenaargeletterdheid is reeds ‘n kriteria vir die aanstel van personeel.
Personeel is veronderstel om opdragte, take en eksamenvraestelle self op rekenaar
voor te berei.
S.1 SAALBYEENKOMSTE
Saalbyeenkomste vind Donderdae vir alle leerders plaas (behalwe met skoolsluiting).
Gedurende saalbyeenkomste sal die adjunkhoof die eerste gedeelte van die saal afhandel
wat die volgende insluit:
Aanvang van saal (Volkslied ens.); bekendstel van persoon wat godsdiens waarneem;
bedankings daarna; stel leerders aan die woord wat verjaardae en sportuitslae moet
uitlees; oorhandig sertifikate of toekennings ens; personeel wat verjaar word geluk-
gewens. Die hoof word dan aan die woord gestel. Hy voltooi die saalbyeenkoms. Elke
personeellid kry geleentheid om saalgodsdiens waar te neem indien daar nie genoeg predi-
kante/jeugwerkers/ouers bereid is om saalgodsdiens te hou nie.
Geen saalbyeenkomste sal tydens toetsreekse of eksamens plaasvind nie.
Reëlings i.v.m. saalopeninge:
Kollegas moet asb. nie predikante/dienswerkers vra vir saalopening wie reeds op die
spesifieke kwartaalprogram aangedui is nie. Lig adjunk-prinsipaal minstens 2 dae voor die
tyd in as u iemand gereël het om in u plek die opening waar te neem.
S.2 SANGSAAL
Sangsaal vind elke Vrydag vanaf 12:35-13:20 plaas (buiten op uitnaweke). Gedurende
hierdie periode bied ons die geleentheid vir leerders om saam te sing, op te tree,
kunstenaars te ontvang en gees te bou. Toneelgeselskappe, sprekers en gaskunstenaars
word o.a. genooi om ons te besoek. Elke graad vanaf gr. 4-7 sal deur die loop van die jaar
geleentheid kry om ‘n sangsaal te reël. Proefstudente hou ook aan die einde van hul proeftyd
vir ons ‘n sangsaal.
S.3 SELFOON
Die skool se selfoon moet altyd beskikbaar wees as enige span of klasgroep per skoolbus
reis. Die betrokke kollega/afrigter moet vroegtydig sorg dat die selfoon gelaai is. Die
nommer moet ook vroegtydig aan die betrokke ouers gekommunikeer word.
Selfoonnommer: 060 9647 867. Daar moet minstens 1 dag voor die tyd gereël word met die
sekretaresse. As ‘n ander groep ook die selfoon benodig, kan u u eie selfoon gebruik en ‘n
afskrif van die rekening ter betaling aan die skool voorlê.
S.4 SERTIFIKATE
Voltooi sertifikate ten minste 2 dae voor oorhandiging, sodat dit onderteken kan word.
Akademiese presteerders se sertifikate word op die rekenaar voltooi. Graadhoofde is
verantwoordelik om te kontroleer dat dit 100% korrek is.
S.5 SEUNS SE ALGEMENE NETHEID - (L.O. DRAG EN HARE)
Skooldrag: soos uiteengesit in die inligtingsbrosjure.
LO : Leerlinge mag met hul L.O. drag verdaag aan die einde van die dag, mits dit die
korrekte L.O. drag is.
Hare : “Gel” mag matig gebruik word.
Die kuif mag nie aan die wenkbroue raak nie.
Dit moet altyd netjies versorg wees.
Haarstyl moet gepas wees vir laerskoolleerders – gebruik asb. goeie oordeel.
Aangesien “haarinspeksies” baie tydrowend is , word dit egter in die L.O.-
klasse gedoen en sommer ook oor die algemeen op die skoolterrein.
S.6 SKAKELING MET HOëRSKOLE
Verteenwoordigers van hoërskole mag die gr.7-leerders een keer per jaar by WNPS
toespreek om hul skool te bemark.
S.7 SKOOL-, SPORTDRAG EN ALGEMENE NETHEID VAN LEERDERS
Algemene netheid van leerders:
1. Leerders moet te alle tye netjies en korrek geklee wees.
2. Geen kledingstuk se moue mag opgetrek wees nie.
3. Serpe en handskoene, slegs ‘NAVY’.
4. Indien ‘n leerder ‘n frokkie dra, mag dit nie sigbaar wees nie.
5. Leerders moet Donderdae korrek geklee wees vir saal.
(Volle sweetpak met tekkies in die winter.)
6. Tekkies moet oorwegend wit wees.
7. Wit sokkies word saam met tekkies gedra. GEEN “secret socks”, strepies of bewoording
(name) nie.
8. Wanneer leerders met gewone klere skool toe kom (verjaarsdae en spesiale geleenthede)
moet kleredrag ouderdomstoepaslik wees en van ‘n hoë estetiese en sedelike waarde spreek.
8.1 Hare moet netjies en uit die oë wees.
8.2 Rompies en kortbroeke van dogters mag nie te kort wees nie.
8.3 Geen skouerlose- of bandjiekledingstukke mag deur dogters gedra word nie.
8.4 Geen JT toppies.
9. Slegs effekleurige donkerblou of swart skooltasse/rugsakke mag gedra word.
10. Kossakkies moet donkerblou of swart wees. Kosblik kan enige kleur wees.
11. Juweliersware: Geen armbande behalwe “Medic Alert”
12. Studs - goud - of silwerkleurige bolletjies “Sleepers” - goud - of silwerkleurige ringetjies
ongeveer 1,1cm.
13. Hare van seuns en dogters:
Seuns Dogters Kuif mag nie in die oë hang nie.
Hare mag nie aan kraag raak nie.
Hare rondom ore moet kort wees.
Hare mag nie gekleur word nie.
Kuif mag gejel word, maar nie te
hoog opstaan nie.
Styl moet gepas wees vir skool.
Kuif mag nie in die oë hang nie.
Hare wat aan kraag raak, moet vasgemaak word.
Knippies, kopbande (nie breër as 3cm), linte en
bolletjies moet donkerblou, maroen of wit wees.
Geen ander versierings word toegelaat nie.
Hare/wenkbroue mag nie gekleur word nie.
Geen grimering word toegelaat nie.
Somersdrag:
Seuns Dogters
Navy kortmouhemp.
Kakiebroek (Slegs by De Jagers beskikbaar)
omrede dit ‘n spesifieke ontwerp het.
Maroen langmoutrui of oortrektrui, met skoolskoene OF kaalvoet.
Sweetpakbaadjie MET skoolskoene mag
gedra word.
Lang “navy” sokkies met swart skoolskoene.
Navy kortmouhemp.
Geruite blou en wit rompie. Slegs goedgekeurde broekies
“boy pants” onder rompies toegelaat.
Maroen langmoutrui of oortrektrui, met skoolskoene OF
kaalvoet.
Sweetpakbaadjie MET skoolskoene mag gedra word.
Kort, wit sokkies met swart skoolskoene. GEEN “secret socks”, strepies of bewoording (name) nie.
Wintersdrag:
Seuns en Dogters
Navy kortmouhemp
Sweetpakbroek en sweetpakbaadjie met tekkies - word as ‘n eenheid gedra.
Indien dit warm is, mag navy kortmouhemp, sweetpakbroek en tekkies gedra word.
Tekkies moet oorwegend wit wees. Wit sokkies word saam met tekkies gedra. GEEN “secret socks”, strepies of bewoording (name) nie.
Maroen langmoutrui of oortrektrui mag onder sweetpakbaadjie aangetrek word. Dit mag egter nie sonder ‘n
sweetpakbaadjie gedra word nie.
Baadjie moet te alle tye toegerits wees.
Skooldrag
Algemeen
1. Vir alle sporte: Wit tekkies met gepaste kouse vir sportsoort soos aangedui OF kaalvoet.
2. Vir wedstryde word slegs WNPS-sweetpakke oor sportklere gedra.
3. Slegs WNPS-pette mag by sport gedra word (te koop by skool se kantoor).
4. Slegs eerste spanne dra geborgde klere.
5. Slegs goedgekeurde “ski pants” (beskikbaar by De Jagers) mag by sportkodes rugby en
atletiek gedra word.
6. Slegs effekleurige donkerblou of swart sportsakke/rugsakke mag gebruik word.
7. Die maroen “fleecy” top kan saam met die sportdrag aangetrek word vir opwarming
(beskikbaar by De Jagers).
Dogters:
LO: Quantec kortbroek/navy PT-broek met navy gholfhemp.
Atletiek: Maroen sportfrokkie met navy quantec kortbroek.
Langer “ski pants” (slegs by De Jagers beskikbaar).
Netbal: Oefeninge: Maroen sportfrokkie en navy netbalrompie/navy quantec
kortbroek. Oorwegend wit tekkies en wit sokkies.
Wedstryde: Maroen sportfrokkie en navy netbalrompie.
Tennis: Oefeninge en wedstryde: Wit gholfhempie en navy quantec kortbroek.
Oorwegend wit tekkies en wit sokkies.
Hokkie: Oefeninge en wedstryde: Maroen sportfrokkie, navy quantec kortbroek/navy
netbalrompie en hokkiekouse. Oorwegend wit tekkies of toks.
Seuns:
LO: Navy quantec kortbroek/navy PT-broek met navy gholfhempie.
Atletiek: Maroen sportfrokkie met navy quantec kortbroek.
Langer “ski pants”(slegs by De Jagers beskikbaar).
Rugby: Wedstryde: Navy PT-broek met nuwe rugbytrui (slegs by De Jagers
beskikbaar).
Oefeninge: PT-broek met enige rugbytrui of oefenhemp.
Tennis: Oefeninge en wedstryde: Wit gholfhempie en navy quantec kortbroek.
Oorwegend wit tekkies en wit sokkies.
Hokkie: Oefeninge en wedstryde: Maroen sportfrokkie, navy quantec kortbroek en
hokkiekouse. Oorwegend wit tekkies of toks.
Krieket: Oefeninge en wedstryde: Navy quantec kortbroek, wit gholfhempie
en hokkiekouse. Oorwegend wit tekkies/krieketskoene.
Kwartaal 1 en Kwartaal 4
Seuns Dogters
Navy kortmouhemp.
Kakiebroek (Slegs by De Jagers
beskikbaar)
Leerderleierbaadjie met lang “navy”
sokkies en swart skoolskoene.
Navy kortmouhemp.
Geruite blou en wit rompie. Slegs goedgekeurde broekies
“boy pants” onder rompies toegelaat.
Leerderleierbaadjie met wit sokkies en swartskoolskoene. GEEN “secret socks” , strepies of bewoording(name)nie.
Sportdrag
Leerderleiers tydens saal
S.8 SKOOLGELDE - REËLING
Leerders bring hul ouers se betalings tydens die administratiewe periode aan die
betrokke sekretaresse. Ons poog om d.m.v. die debietorderstelsel die “beweging”
van geld op die skoolterrein te beperk. Alle ander gelde moet deur die kollegas self
na die kantoor gebring word.
S.9. SIELKUNDIGE VAN DISTRIKSKANTOOR
Verwysing van leerders na die skoolsielkundige word op ‘n verwysingsvorm ingevul
en met die hoof se oorlegpleging gedoen. Ouers moet ook kennis dra van die ver-
wysing en hul handtekening word vereis op die vorm.
Die skoolsielkundige besoek die skool op gereelde tussenposes. Voltooide vorms
word deurgestuur deur skakelpersoon na die skoolsielkundige wat dan besoeke reël.
Na toetsing word ‘n onderhoud met die spesifieke leerkrag en ouers gereël deur die
skoolsielkundige.
S.10 SKOONMAAKDIENSROOSTER
Die rooster word kwartaalliks opgestel. Die skoonmaak van die terrein geskied
in die administratiewe periode. Slegs grade 5,6 &7 is hierby betrokke.
Die kwartaal word opgedeel in gelyke dele (weke), afhangende van hoeveel klasse
in elke graad is.
Voorbeeld: Graad 5 (2 klasse)
Onderwyser 1: Week 1-4
Onderwyser 2: Week 5-8
Graad 7 (3 klasse)
Onderwyser 1: (week 1-4)
Onderwyser 2: (week 5-8)
Onderwyser 3: (week 9-12)
Elke klas is verantwoordelik vir die skoonmaak van ‘n spesifieke area:
Graad 5 - Teervierkant en voortjies
Graad 6 - Grasperk voor skool en agter biblioteek en voor Gr.2 en 3 klasse
Graad 7 - Rondom LSO-klasse en voor Gr.1 klasse
Die ideaal is dat die harde besems wat gebruik word, in die klas van die persoon in be-
heer van die skoonmaakrooster gehou word en net soggens afgehaal word.
Elke klas kan seker maak dat daar geen papiere rondom (of onder) hul klasse rondlê nie.
S.11 SKRYF EN HANDBOEKE
Handboeke: Vorm met hoeveelheid beskikbare boeke in klas word oorgedra vanaf vorige
jaar. Boeke word aangevul volgens behoefte in klas uit boekstoor. Kontrolelys
word gehou van boeke deur elke leerder ontvang. Afskryf van verslete boeke
word voorlopig gedoen aan begin van 4de kwartaal. Verlore boeke word betaal
deur leerders (vervangingswaarde). Handig voltooide vorm in aan einde van die
jaar by betrokke kollega.
Skryfbehoeftes: Slegs boeke is beskikbaar - nie skryfbehoeftes.
Lys van boeke benodig word gedurende November ingevul op ‘n vorm vir die
volgende jaar. Boeke word uitgereik aan einde van die jaar of aan die begin
van die skooljaar. Boeke word aangevul deur loop van die jaar volgens
behoefte.
Algemeen: Kontrole oor boeke moet noukeurig wees. Netheid en versorging van
boeke moet voordurend prioriteit geniet. Spesifieke behoeftes word bespreek.
Boekstoor is oop op spesifieke dag volgens kwartaalprogram. Vorms is beskikbaar
by boekstoor en sal deur skakelpersoon uitgedeel word. Niemand word toegelaat om
voor-
raad te neem sonder skakelpersoon se toestemming nie.
S.12 SPORTUITSTALLING IN VOORPORTAAL
Die sportorganiseerder koördineer die neem van foto’s van al die eerstespankapteins om
blootstelling aan die borge te gee. Dié foto word dan vergroot en op die aangewyse aan- steekbord in die voorportaal aangebring vir die res van die jaar. Die houtvertoonkas kan
ook gebruik word vir meer permanente uitstallings.
S.13 SWEM
Swem is nie meer ‘n skoolsport van ons skool nie, maar daar is wel ‘n aantal swemmers wat
jaarliks aan die Boland byeenkomste deelneem. Daar moet seker gemaak word dat daar in
die begin van die seisoen geaffilieer word. Swemmers moet betyds ingeskryf word vir
byeen- komste. Swemmers betaal self hul inskrywingsfooie vir byeenkomste. Ouers word
gevra om as beamptes op te tree en ouers sorg self vir vervoer na byeenkomste.
Sportorganiseerder gee alle inligting insake swem deur aan die betrokke ouer wat as
koördineerder optree.
S.14 SKOOLLIED
Net soos 'n kleine akkertjie
groei tot ‘n forse eik.
Sal Worcester-Noord se kinders hier
ook na die hoogtes reik.
Gesond na liggaam, siel en gees,
Dit sal ons hoogste strewe wees;
Daarom sal ons van dag tot dag
Ons plig steeds doen met al ons krag.
S.15 STOFSUIER
Daar moet vooraf met faktotum gereël word indien uself ‘n lokaal wil stofsuig.
S.16 SLEUTELS – SPORTTERREIN
Die sleutels moet uit- en weer teruggeteken word in die boek wat by die sekretaresse
beskikbaar is. Persoon wat die sleutels uitteken is verantwoordelik vir dié sleutels.
S.17 STRAF EN BELONINGSTELSEL
Daar is 'n eenvormige stelsel vir grade 1 - 7 in huiswerkboekies
Sien asseblief inligting in die lêer. Riglyne vir toekenning van spogkaarte in u klas.
Eerste kwartaal = 10% van leerders in u klas ontvang spogkaarte
Tweede kwartaal = 10% - 20% van leerders in u klas ontvang spogkaarte
Derde kwartaal = 20 % - 30 % van leerders in u klas ontvang spogkaarte
Vierde kwartaal = Ongeveer 40% van u klas moet teen einde Oktober reeds
spogkaarte ontvang het.
Sien gedragskode vir volledige inligting oor detensies ens.
S.18 STOORKAMERS
Daar moet streng gehou word by die vooraf indeling waar elke stoorkamer vir spesifieke
funksie/sportsoort gebruik word.
Die inventaris agter die deur moet op datum gehou word.
S.19 SKOONMAAK VAN KLASSE
Indien leerders die lokaal tydens pouses moet skoonmaak, moet die betrokke onderwyser
fisies daar teenwoordig wees.
Alle klasse word tydens pouses gesluit - geen uitsonderings nie!
Alle klasse sal minstens 1 keer per week gestofsuig word.
Grondslagfase klasse word daagliks uitgevee.
S.20 SKOOLSAAL – INSTAP- EN VERDAGING UIT SKOOLSAAL
Indien klok lui vir begin van skooldag op ‘n Donderdag vir saal:
S.21 SPORTWEDSTRYDE GEDURENDE WEEK – VERTREKREëLINGS
Die leerders gaan gedurende 2de pouse verklee (12:30).
Indien daar van busvervoer gebruik gemaak word moet hul dan by die bus gaan wag.
Die ander leerders wie deur hul ouers self vervoer word, moet voor op die gras kom wag (by
kantoor) en kan die ouers hul daar kom haal.
Indien die ouers wat die leerders self vervoer nie gedurende dié tyd die leerders kan kom
haal nie, sal hul terug na hul klasse toe gaan en kan dan eers wanneer die skool sluit (13:45)
verdaag.
Bogenoemde reëlings gaan streng toegepas word en niemand gaan uit die klasse geroep
word om vroeër te verdaag nie. Die klasse word baie ontwrig daardeur en ons wil dit
voorkom! Ons vra dus asseblief baie mooi vir almal se samewerking! Dit is dus baie
belangrik dat ouers deeglike reëlings vooraf tref.
1. Leerders val netjies in rye voor saal in en wag vir opvoeders om hulle netjies in volgorde te laat
instap. Die persoon op ryediens groet eers die leerders en eers daarna mag hulle saal ingaan.
Die gr. 7’s en LSO stap eerste (linkerdeur), gr. 4’s middeldeur en gr.1’s (regterdeur) ens.
Onderwysers beweeg saam met leerders totdat hul doodstil sit.
* Daarna gaan sit personeel langs kante van saal.
2. Na saal sit leerders totdat personeel by hulle aansluit en hulle ry vir ry laat opstaan en by deure
laat uitstap na die vierkant (sonder om te praat) waar elke onderwyser by sy klas wag om dan
weer ry vir ry te verdaag na klasse soos voor skool. (Onderwyser aan diens sal rye laat stap).
3. Tydens rëendae mag leerders tasse voor klasse plaas en in die gang wag waar sy/haar klas is.
Wag netjies in die gang totdat klok lui vir die begin van skooldag. Geen gesels/stamp ens.
4. Rëendae op ‘n saaldag (Donderdag) sal (hoofgebou) onderste gang eerste na saal stap vanaf
rekenaarlokaal en daarna die boonste gang vanaf klas naaste aan personeelkamer. Gr. 1-3 in
die gebou beweeg klas vir klas vanaf graad 1 se linkerkantste klas totdat gebou leeg is, daarna
die opslaanklasse in die onderste gang van hoofgebou langs totdat almal in die saal is. Die
personeel vergesel die leerders die heeltyd! Verdaging sal soos gewone saaldae wees met die
uitsondering dat slegs linkerkantse en regterkantse saaldeure gebruik word totdat die saal leeg
is met enkelrye.
S.22 SGOS – AMANUENSE FONDS
‘n SGOS rekening is gestig om leerders by te staan met fondse vir amanuense asook
skolastiese toetsings. Die volle bedrag word egter nie deur die skool betaal nie. Daar word
gekyk na die persentasie korting wat die leerder vir skoolfonds kry. Met daardie persentasie
in ag geneem, word bepaal wat die bedrag is wat die ouers verskuldig is.
S.23 SGOS SE WERKING IN WNPS
1.
Dit is ‘n leerder wat in die hoofstroom is, maar ondersteuning benodig om effektief te
vorder. Dit kan leerders wees wat geoormerk word om konsessies te kry (m.a.w.
ekstra tyd vir vraestelle/leser benodig om vraestelle te voltooi/skrywer benodig om
vraestelle te voltooi). Nie alle ADHD leerders hoef “LSEN in main” te wees nie. Dit
kan ook leerders wees met bv. depressie/emosionele uitvalle/outisme/epilepsie/
kognitiewe inperkings ens. U as klasonderwyser (of vakonderwyser) moet egter
oortuig wees dat bogenoemde wel die leerders se prestasies negatief beïnvloed.
2.
2.1 U as onderwyser wat daagliks met die leerder werk se professionele oordeel is
belangriker as ‘n blote verslag van ‘n persoon wat moontlik net eenmalig met dié
spesifieke leerder “gewerk” het. Balans tussen u eie mening en sodanige verslae is
nodig.
Stap 1: U as klasonderwyser identifiseer ‘n leerder soos by punt 1 beskryf is. U
bespreek u gevoel tydens ‘n graadvergadering met almal wat ook dié
leerder onderrig. Dié gesprek kan ook in graadverband geskied tydens die
puntebesprekingsmiddag kwartaalliks tydens die laaste week van die
kwartaal wanneer die SGOS lys sirkuleer.Sodra alle rolspelers saamstem
word die SNA 1-vorm voltooi en die ouer moet daarby teken (dus neem
ouer kennis dat sy/haar kind ekstra hulp benodig). Nou kan leerder
ondersteun word deur bv. didaktiese hulpklasse.
Onthou dis nie nodig om ‘n SNA 1 vir alle leerders wat didaktiese hulpklasse
bywoon in te vul nie – dis slegs vir dié leerders soos in punt 1 beskryf is.
Die didaktiese hulpklas is bloot stap1 om dié leerder te help. Ander tipes
hulp kan ook dalk nodig wees.
Indien dié leerder nie bevredigend vorder met die ekstra hulp wat angebied
is nie – gaan ons nou oor na stap 2.
Stap 2: SNA 2-vorm moet nou deur WNPS se SGOS in samewerking met u as
onderwyser ingevul word.
Hierdie vorm vra nou vir WNPS se SGOS lede om verdere hulp. Daar sal dus
‘n vergadering moet plaasvind waar u as onderwyser, die volle SGOS groep
en verkieslik die ouer teenwoordig is. Saam word daar nou op verdere hulp
aan die leerder besluit.
Die SGOS moet dié proses deeglik monitor en hulp verleen indien dit
verlang word deur die spesifieke onderwyser.
Stappe om ‘n leerder as “LSEN in main” te “registreer”
rregistreer“registreer”
Wat presies word verstaan onder “LSEN in main”?
Stap 3: SNA 3-vorm verifieer dat SNA 1 en SNA2 volledig voltooi is en word deur
WNPS se SGOS voltooi en aan die distrikskantoor gestuur. Maak seker die
ouer en die prinsipaal het dit voltooi en onderteken. Dit vind net plaas as
daar hulp benodig word vanaf die distrikskantoor. Dit is ook ‘n bewys dat
alles moontlik vir dié leerder deur WNPS gedoen is, maar steeds nie die
gewenste uitwerking het nie.
Die distrikskantoor (DGOS) moet nou saam met WNPS se SGOS planne maak
en hulp op deurlopende basis aan die leerder en betrokke onderwysers
verleen.
Stap 4: Nou kan WNPS se SGOS in samewerking met dié ouer ‘n aanbeveling maak
dat dié spesifieke leerder as “LSEN in main” op CEMIS aangedui word.
Gevolglik is alle rolspelers eenparig en ingelig oor dié besluit. Dié
aanbeveling word nou vir mnr. Kenny Stevens gestuur om dit op CEMIS te
plaas.
3.1 Party leerders gaan dalk baie vinnig tot by stap 4 vorder – ander gaan dalk nie
verder as stap 1 “vorder” nie.
3.2 Dis baie belangrik dat u as klasonderwyser u leerders se profiele baie goed ken.
3.3 Sodra ‘n nuwe verslag vanaf ‘n ander kundige ontvang word, moet almal wat vir dié
leerder klasgee volledig ingelig word deur die klasonderwyser.
3.4 WNPS se SGOS sal gevolglik meer as net in begin van kwartaal moet byeenkom.
Maandae (wanneer daar nie ander vergaderings is nie) kan moontlik as tydgleuf
gebruik word. Die SGOS kan egter op ‘n tyd besluit wat almal pas.
3.5 Huidiglik word daar nie ekstra beplanning, alternatiewe assesserings ens. deur
distrikskantoor vir “LSEN in main” leerders verwag nie. Uitsonderlike gevalle sal
egter individueel beoordeel word.
3.6. Differensiasie mag slegs by informele assesserings plaasvind – geen formele
assesserings mag huidiglik aangepas word nie.
3.7 Daar moet nog met gesprekke begin word by die WKOD insake ‘n beleid rondom
assesserings vir “LSEN in main” leerders.
3.8 Leerders wat kwartaal druip is nie outomaties “LSEN in main” leerders nie en nie
alle druipelinge hoef gevolglik deur SGOS bespreek te word nie – slegs ernstige
gevalle wat moontlik die jaar sal moet herhaal.
3.9 Dankie aan WNPS se SGOS vir jul harde werk – ons waardeer julle!
T.1 TELEFOONOPROEPE EN FAKSE
Alle amptelike oproepe binne en buite Worcester, oproepe na selfone en alle fakse moet op
die voorgeskrewe vorms aangeteken word. Alle privaatoproepe is vir u eie rekening en u
sal aan die einde van die maand ‘n rekening daarvoor ontvang. U hoef nie u privaatoproepe
aan te teken nie, omrede u kode alle oproepe wat u maak aandui. Indien u ‘n belangrike
oproep uit u klas moet maak, kan u die skool se selfoon daarvoor gebruik. In uitsonderlike
omstandighede kan dit gebeur dat u ‘n noodsaaklike amptelike oproep vanaf u huis of selfoon
moet maak. Stuur dan u maandelikse Telkom rekening plus ‘n skrywe wat dié oproep
verduidelik aan die kantoor en die skool sal alle verdienstelike kostes terugbetaal. Persoonlike selfone moet te alle tye tydens onderrigtyd afgeskakel wees – buitengewone
verdienstelike gevalle kan vooraf met prinsipaal gereël word.
T.2 TERREINDIENS
Die diens word daagliks verrig gedurende die twee pouses. Personeel verantwoordelik
word op die terreindiensprogram aangedui. Vier personeellede doen diens per dag. Die
terrein is in vier dele verdeel. Terreinkaart is ook op die kennisgewingbord.
Algemeen
Pligte van diensdoende personeel
1. Nadat die klok vir pouse gelui het, kry ‘n leerder u tee / koffie vir u. Die kollega wie
se admin taak dit is om dit te reël, reël vooraf met leerders om dit aan u te bring. U
beweeg na buite sodat u sigbaar kan wees vir die leerders.
2. Alle klasse moet pouses gesluit wees.
3. Toilette, gange en klasse moet besoek word. Geen leerders mag in die gange of
klaskamers ronddwaal nie.
4. Klagtes moet sover moontlik deur betrokke personeellid opgelos word. Ernstige
gevalle word na die kantoor of adjunkhoof of dissiplinêrehoof verwys.
5. Indien ‘n leerder ernstig beseer is moet ‘n geneesheer ontbied word en ouers moet in
kennis gestel word. Sekretaresse kan noodhulp toepas as dit normale beserings is.
6. Onthou om die beseringsregister in te vul.
7. Persone wat by terrein diens doen moet minstens 1 keer tydens pouse ‘n draai by die
badkamers gaan maak.
8. Maak 100% seker dat leerders op die regte plekke speel en regte badkamers gebruik.
Bogenoemde diens is van groot belang vir goeie dissipline en die vlot funksionering
van die skool.
Indien dit reën tydens pouses geld die volgende reëlings:
Geen ander lokaal soos bv. die rekenaarlokaal mag pouses deur enige ander leerder,
sonder toesig, deur die betrokke rekenaarkollega besoek word nie.
Graad R leerders bly in hul klasse en hul onderwysers hou toesig/gaan aan met werk.
Grade 1 - 3 leerders bly in hul registerklasse (as hul bv. kuns voor pouse gehad het,
beweeg hul sodra pouse begin na hul registerklas) waar hul klasonderwyser toesig
hou.
Grade 4 – 7 en LSO bly in die lokaal waar hul net voor pouse was en dié spesifieke
vakonderwyser hou toesig in die klas.
Geen onderwyser het toestemming om hierdie leerders sonder toesig te laat nie!
Badkamer en snoepie besoeke moet goed bestuur en gemonitor word.
Die persoon soos ingedeel op administratiewe werkverdeling sal reël dat ‘n
interkom afkondiging 15 minute voor pouse gemaak word indien dit reën sodat daar
geen onduidelikheid kan wees nie.
V.1 VAKLÊER:
(sien OPVOEDERSLÊERS)
V.2 VAKVERGADERINGS
Word 2 keer per jaar gehou (1ste en 3de kwartaal).
V.3 VERFWERK
Mure en permanente advertensieborde - gebruik die verf van u keuse. Koop benodigdhede
aan. Doen navraag by faktotum i.v.m. winkel waar aankope gedoen kan word.
V.4 VERJAARDAE: GRAAD 1 - 7 EN LSO LEERDERS
Skakelonderwyser vir die leerderleiers is verantwoordelik om 2 kalenders aan die begin van
die jaar te sirkuleer aan alle kollegas. Gr.1, 2, 3 en LSO1 leerders word op een kalender
ingevul en gr. 4 - 7 en LSO2 leerders se verjaardae op ‘n ander kalender. Onthou om
vertrekkendes te skrap. ‘n Datumlys word ook opgestel, leerders word dan ook ingedeel
saam met die datumlys om dit tydens saal te lees. Die kollega sorg ook dat fizzers in
gereedheid gebring word vir saalbyeenkomste en sorg ook dat die mandjie met fizzers
Donderdae voor saal onder die kateder geplaas word. Tydens saalbyeenkoms word die
name van die leerders gelees, leerders kom na die verhoog as hulle name uitgelees word.
Hulle word dan gelukgewens deur ‘n leerderleier en ontvang die lekkertjie. Geld vir aankope
van lekkers, ens. word dan deur leerderleiers self ingevorder d.m.v. speletjiesdae.
V.5 VERJAARDAE - PERSONEEL
Betrokke kollega moet asseblief sorg dat alle personeel, hul gades, O.O.V.-lede en
Beheerliggaamslede se verjaardae maandeliks op ‘n plakkaat in die personeelkamer
aangebring word. Vul gereeld nuwe aanstellings se datums by en verwyder
vertrekkende persone s’n. Daar is geen vaste reëling vir die bring van verversings aan die
personeel nie. Individue of groepe wat saam in ‘n maand of kwartaal verjaar, is egter welkom
om op eie inisiatief en op vrywillige basis reëlings in die verband te tref.
V.6 VERKEERSVEILIGHEID
Die betrokke kollega skakel met die verkeersdepartement aangaande sperstrepe,
voetoorgange, die bemanning van oorgange en die reël van toepaslike sprekers. Geel
veiligheidsbande kan deur ouers aangekoop word om hul kinders meer sigbaar tydens die
wintermaande te maak.
V.7 VORDERINGSVERSLAE
Verslaghouding is ‘n bestuurs- en ‘n beplanningsdokument wat ten doel het om die leerder
se vordering te bevestig en om die opvoeder met sy/haar beplanning te help en om ouers
op hoogte te hou van hulle kinders se vordering. In die grondslagfase word ‘n
vorderingsverslag aan die einde van ‘n kwartaal saam met boeke huis toe gestuur. Ouers
erken ontvangs op ’n eenvormige vormpie wat saamgestuur word. In die middel van die
kwartaal word leerders se boeke (sonder ’n vorderingsverslag) ook aan ouers gestuur.
Ouers moet weer genoemde ontvangserkenning voltooi.
Ouers kry dan geleentheid om afsprake by onderwysers te maak om leerders se
vorderdering te bespreek.
Vorderingsverslae word vergesel van ‘n harde kopie van die volgende kwartaal se
assesseringsplan.
Gr. 4 – 7 leerders se skryfboeke bevat ‘n ouerkontrolevorm wat vier keer per jaar deur ouers
geteken moet word nadat hul kinders se boeke besigtig is.
V.8 VERSORGINGSBELEID
Die personeel verleen bystand aan siek kollegas en hul gesinne (indien die kollega vir
3 of meer dae met siekteverlof is) op die volgende wyses:
Groepe word opgestel (gewoonlik in graadgroepe)
Koördineerder hou register sodat beurte regverdig roteer
Gesin ontvang twee maaltye per vol week (vir ‘n maksimum van 2 weke).
Dit staan enige kollega vry om enige tyd ekstra versorging aan te bied.
V.9 VEILIGHEIDSBELEID
Aangeheg vind u die nuutste noodreaksieplan soos deur die voorsitter van die
veiligheidskomitee verskaf.
ONTRUIMING GEDURENDE POUSE
Interkom: Sal soos gewoonlik lui (kort – buite - lank - binne).
As gevaar dreig:
1. Lui dadelik.
2. Die leerders beweeg dadelik vanuit hulle speelplek na hul betrokke aantreeplekke
soos wat ons van binne die gebou ontruim.
3. Daar is 4 leerkragte op terreindiens. Die persone wat op die sintetiese gras en by die
gras diens doen, moet so gou as moontlik op hul plekke aanmeld. Die persoon wat by
die gr.1’s diens doen, moet eers seker maak dat al die leerders uit hul toilette is. Die
persoon wat by die gr.2’s diens doen, moet eers seker maak dat al die kinders uit hul
toilette is.
4. Twee van die leerkragte wat vanaf die personeelkamer na die terrein oppad is, moet
by die groot toilette omgaan en seker maak dat almal uit is.
5. Verder is dit elkeen se plig om seker te maak dat al die klasmaats teenwoordig is na
aantrede.
As gevaar buite dreig:
1. Lui dadelik.
2. Die leerders tree so vinnig as moontlik in hul rye aan waarvandaan daar so vinnig as
moontlik na die klasse verdaag word.
V.10 VERKIESING VAN LEERDERLEIERS
Leerders moet binne die skoolopset maksimum geleentheid gebied word om hulself te
bewys. Elke graad 7 klas vergader met die skakelonderwyser aan die begin van graad 7 se
eerste kwartaal. Tydens hierdie vergadering word dienspligte verdeel in die klasgroep.
Leerders word dus die geleentheid gegun om hulself te bewys.
Take sluit in:
Vlae
Verjaarsdae
Sport- en kultuuruitslae
Stoele pak
Hulp met graad 1 terreindiens
Diens in gange en rye
Inneem en uitdeel van selfone
Nominasies word gedurende die eerste kwartaal van graad 7 gedoen. Nominasies word
deur ‘n nominasielys gedoen waarop alle graad 7’s en LSO2-leerders se name verskyn.
Alle graad 7-leerders, LSO 2-leerders en alle onderwysers en afrigters mag 10 seuns en 10
dogters nomineer.
Die verkiesing van die leerderleiers word die volgende dag gedoen. Die verkiesing word
vanaf die nominasielys gedoen. Alle graad 7-leerders, LSO 2-leerders en alle onderwysers
en afrigters mag 10 seuns en 10 dogters verkies. Die leerders se stemme tel 50% en die
onderwysers en afrigters se stemme tel 50%. Die personeel het vetoreg op die
verkiesingslys en mag in uitsonderlike gevalle met skriftelike motivering die verkiesingslys
na goeddunke verander.
Indien ‘n leerder reeds detensie gesit het of ‘n enkele ernstige oortreding begaan het,
kwalifiseer hy/sy nie vir die nominasielys nie. Die kwartaallikse strafstelsel kan hier as
riglyn dien. Indien ‘n leerderleier ‘n ernstige oortreding begaan of vir detensie kwalifiseer
sal sy/haar posisie as leerderleier deur die skool se leierspan en leerderleiers se
skakelonderwyser bespreek word.
Hoofleiers word aan die einde van die eerste kwartaal verkies. Alle leerderleiers en alle
onderwysers en afrigters mag stem vir 1 seun en 1dogter. Die dogter en seun met die
meeste stemme is die hoofseun en hoofdogter en seun en dogter met die tweede meeste
stemme is die onderhoofseun en onderhoofdogter.
Indien die stemming gelykop eindig word beide leerders as hoofleiers aangewys.
Stemming geskied deur middel van ‘n geslote stembrief.
Alle graad 7-leerders en alle onderwysers en afrigters het stemreg.
Die stemme van die personeel se waarde is 50% en die stemme van die leerders se waarde
is 50%.
Slegs die onderwysers in beheer van die leerderleiers en die skoolhoof sal die uitslag van
die stemming vooraf weet. Die uitslag sal by die laaste saalbyeenkoms van die eerste
kwartaal bekend gemaak word. Leerderleierouers word ook na hierdie geleentheid genooi.
Leerderleiers vergader weekliks op Maandae van 13:45 to 14:30. Daar is ‘n mans- en dames
kollega wat optree as skakelonderwysers.
Die leerderleiers funksioneer as vier komitees:
Saal en administrasie
Lief en leed
Sport en kultuur
Bemarking
Die twee hoofleiers en 2 onderhoofleiers is die voorsitters van hierdie komitees.
VERKIESING VAN EENHEIDSLEIER
Daar word elke jaar ‘n Eenheidsleier verkies wat die twee Eenhede verteenwoordig.
‘n Eenheidsleier vorm nie deel van die 20 Leerderleiers nie.
DIE VERKIESINGSPROSES:
Nominasies vir ‘n Eenheidsleerder word deur die twee LSO-opvoeders gedoen.
Twee kandidate sal genomineer word. Dit word aan die einde van kwartaal 1
gedoen. ‘n Stembriefie met die genomineerdes daarop word vir elke LSO leerder
gegee. Hierop stem die leerders vir ‘n Eenheidsleier. Die twee Eenheidsklasse
(LSO 1 en LSO 2) se leerders stem deur ‘n kruisie agter die naam van die gekose
leerder te plaas.
Die Eenheidsleier sal ‘n balkie tydens saal ontvang met die benaming:
EENHEIDSLEIER.
Die ouers word skriftelik in kennis gestel dat hul kind verkies is.
TAKE VAN DIE EENHEIDSLEIER:
Diens pousetye by die speelarea van die eenheidsleerders.
Afleweringstakies na ander opvoeders.
Afrolwerk.
Tutor vir erg gestremde leerders tydens pouses.
Rapporteer onvanpaste gedrag van leerders.
Help met toesig tydens uitstappies.
Help met stoele uitpak voor en na saaltye
DEEL V.10
DIE VOLGENDE PLIGTE IS NIE VAN TOEPASSING OP EENHEIDSLEIERS NIE:
Daar sal nie verwag word van ‘n Eenheidsleier om afkondigings in die saal te doen
nie.
Die jaarlikse leierskamp hoef nie bygewoon te word nie.
Weeklikse vergadering op Maandae van 13:45 – 14:30 hoef nie bygewoon te word
nie.
Die Eenheidsleier dra nie dieselfde sweetpaktop as die ander leerderleiers nie,
aangesien ‘n eenheidsleier nie dieselfde verpligtinge het as ‘n leerderleier nie.
KRITERIA WAARAAN ‘N LEERDER MOET VOLDOEN OM AS ‘N LEERDERLEIER
GENOMINEER TE KAN WORD
WAARDE VOORBEELD
Integriteit
Wat doen ek as niemand my sien nie? Sal ek nog steeds die papiertjie
op die skoolterrein optel as niemand vir my kyk nie of stap ek net
verby en maak of ek dit nie raaksien nie.
Balans
Ek probeer my bes om goed te vaar in my akademiese vakke op
skool. Ek neem aan ten minste een sportsoort per seisoen deel. Ek
neem deel/toon belangstelling in kultuuraktiwiteite. Ek kom uit ‘n
gebalanseerde ouerhuis. My ouers ondersteun my, maar is nie
“helikopterouers” nie.
Omgee
Ek kan empatie toon teenoor my klasmaats en wys dat ek omgee deur
eenkant kinders saam te nooi of my maats te help wat iets vergeet het
of ‘n drukkie te gee as iemand hartseer is.
Beginselvas
Indien ek onder groepsdruk gebuk gaan, bv. maats wat my aanpor
om saam met hulle te rook, sal ek nie ingee nie. Indien ek ingegee
het, sal ek so sleg en skuldig voel dat ek sal omdraai en dit nie weer
doen nie.
Dapper Jy sal die moed van jou oortuiging toon deur bv. te erken as jy iets
verkeerd gedoen het.
Verantwoordelik
Ek weet hoe om met geld te werk en probeer om te spaar. Ek neem
verantwoordelikheid vir my besittings deurdat my skoolklere gemerk
is en ek my besittings nie gereeld verloor of verlê nie. Ons gesels in
ons ouerhuis oor wat my ouers kan bekostig en ek weet dat dit is
waarmee ek moet uitkom. Ek kan projekte deurvoer en klaarmaak
waarmee ek begin het.
Sin vir humor Ek kan grappies maak sonder om te laf te raak en geniet graag my
maats en onderwysers se sin vir humor.
Pligsgetrouheid Ek doen my tuiswerk pligsgetrou elke dag. Ek woon alle buitemuurse
aktiwiteite pligsgetrou by.
Hardwerkend Ek kan hard werk en doen my deel selfs al is die take en opdragte
baie.
Welsprekend
Ek kan voor die skool op die verhoog praat en is bereid om dit te
doen.
Ek het nog nooit voor die skool op die verhoog gepraat nie, maar is
bereid om dit te doen. Ek sal voor die tyd goed voorberei.
W.1 WEEKBRIEF WORD VERVANG DEUR “COMMUNICATOR”
Alle belangrike inligting en uitslae moet so gou as moontlik na die koördineerder
gestuur word. Onthou om u handtekening/naam onderaan dié berig te plaas.
W.2 WISKUNDE OLIMPIADE
Alle leerders (graad 4-7) neem aan die eerste rondte deel. Kollega verantwoordelik
volgens administratiewe indeling tref reëlings t.o.v. afskrifte aan alle leerders in alle
graadgroepe. Die vraestelle word op ‘n spesifieke dag tydens skoolure geskryf. Alle
leerders wat 70% of hoër behaal, word ingeskryf vir die finale rondte. Die persentasie
kan in samewerking met die wiskunde vakhoof aangepas word.
WNPS ondersoek ook ander wiskunde uitdagings as alternatiewe.