aard module 1 les 1

15

Upload: alida-rudolph

Post on 18-Jul-2015

790 views

Category:

Education


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: Aard module 1 les 1
Page 2: Aard module 1 les 1

Wat is Aardrykskunde? Die wetenskaplike studie van die aarde se oppervlak staan bekend as Aardrykskunde. Deskundiges wat Aardrykskunde bestudeer staan bekend as aardrykskundiges. Vandag is meeste van hulle nie net geïnteresseerd in die aarde se fisieke kenmerke nie – sy landsvorme, klimaat, plantegroei en grond – maar ook in die mense wat op die planeet woon: wat hulle doen, wat hulle produseer en hoe hulle leef. Aardrykskunde help om die wêreld meer verstaanbaar te maak. Deur dit te bestudeer kan mense die groot verskeidenheid van die aarde se land en sy mense, sowel as die komplekse verhouding tussen die twee, beter waardeer. Aardrykskunde kan gebruik word om natuurlike hulpbronne te versorg, om rampe soos vloede en hongersnood te verklaar, en om die oorsake van omgewingsprobleme soos besoedeling, onder baie ander dinge, te vind. Die waardevolste boek en hulpmiddel wat ‘n mens MOET hê as jy met Aardrykskunde besig is, is die ATLAS. Die verklarende woordeboek beskryf ‘n atlas as “’n versameling van aardrykskundige kaarte in boekvorm.”

Page 3: Aard module 1 les 1

Die Sosiale Wetenskappe, en veral Aardrykskunde, se hooffokus is die wêreld en die mense daarin. Daarom is dit ’n baie dinamiese leerarea omdat die wêreld die heeltyd verander. Klimaat, bevolkingsyfers, hulpbronne en die omgewing self verander voortdurend. Verder word geografiese veranderinge in Suid-Afrika, Afrika en die wêreld deur siektes, rampe, armoede, oorloë en die migrasie van mense vanaf die platteland na stedelike gebiede beïnvloed. Aardrykskundiges behoort hierdie veranderinge te bestudeer. Hulle behoort te weet waar mense bly, onder watter omstandighede hulle leef en watter faktore hierdie toestande veroorsaak. Sodoende kan aardrykskundiges raad gee om probleme soos natuurrampe, uitputting van natuurlike hulpbronne en oorbevolking in die toekoms te voorkom. Aardrykskundiges probeer die manier waarop mense interaksie met die omgewing het, verbeter. Voor jy verder van Aardrykskunde kan leer behoort jy eers te weet hoe die aardel lyk. Kaarte as bron is ‘n belangrike geografiese bron wat aardrykskundiges gebruik.

Page 4: Aard module 1 les 1
Page 5: Aard module 1 les 1

Noordelike Yssee

Suidelike Yssee

Stille Oseaan

Stille Oseaan

Atlantiese Oseaan Indiese

Oseaan

Afrika

Noord Amerika

Suid Amerika

Europa

Asië

Australië

Groenland

Wêreldkaart: kontinente en oseane

Page 6: Aard module 1 les 1
Page 7: Aard module 1 les 1
Page 8: Aard module 1 les 1
Page 9: Aard module 1 les 1
Page 10: Aard module 1 les 1
Page 11: Aard module 1 les 1

Noordelike Yssee

Suidelike Yssee

Stille Oseaan

Stille Oseaan

Atlantiese Oseaan Indiese

Oseaan

Afrika

Noord Amerika

Suid Amerika

Europa

Asië

Australië

Groenland

Kyk weer na die belangrike wêreldkaart wat kontinente en oseane uitwys. NB!!!

Page 12: Aard module 1 les 1
Page 13: Aard module 1 les 1

Skryf af in jou werkboek: Opskrif : Die kontinente en oseane

Plak die wêreldkaart in jou werkboek en vul al die kontinente en oseane in. Kleur die kaart mooi in.

Page 14: Aard module 1 les 1

Assessering: 1.1 1. Skryf of die volgende stellings waar of onwaar is: (3)

1.1 Deskundiges wat Aardrykskunde bestudeer staan bekend as Argeoloë.

1.2 Aardrykskunde is ‘n wetenskaplike studie van die aarde se oppervlakte.

1.3 ‘n Atlas is ‘n versameling aardrykskundige kaarte in boekvorm.

1.4 Aardrykskunde se hooffokus is klimaat en bevolkingsyfers

1.5 Kaarte is ‘n geologiese bron.

1.6 Aardrykskunde help om die wêreld meer verstaanbaar te maak.

2. Vul die ontbrekende kontinente in: (4)

2.1

2.2

2.3

2.4

2.5 Australië

2.6 Suid-Amerika

2.7 Afrika

3. Beantwoord die volgende vrae: (3)

3.1 Watter kontinent is die grootste?

3.2 Watter oseaan is tussen Afrika en Suid-Amerika?

3.3 Watter oseaan is tussen Suid-Amerika en Australië?

Page 15: Aard module 1 les 1

Memorandum: 1.1 1. Skryf of die volgende stellings waar of onwaar is: (3)

1.1 Deskundiges wat Aardrykskunde bestudeer staan bekend as Argeoloë. ONWAAR

1.2 Aardrykskunde is ‘n wetenskaplike studie van die aarde se oppervlakte. WAAR

1.3 ‘n Atlas is ‘n versameling aardrykskundige kaarte in boekvorm.WAAR

1.4 Aardrykskunde se hooffokus is klimaat en bevolkingsyfersONWAAR

1.5 Kaarte is ‘n geologiese bron.ONWAAR

1.6 Aardrykskunde help om die wêreld meer verstaanbaar te maak.WAAR

2. Vul die ontbrekende kontinente in: (4)

2.1 NOORD AMERIKA

2.2 ASIë

2.3 EUROPA

2.4 ANTARTIKA

2.5 Australië

2.6 Suid-Amerika

2.7 Afrika

3. Beantwoord die volgende vrae: (3)

3.1 Watter kontinent is die grootste?ASIë

3.2 Watter oseaan is tussen Afrika en Suid-Amerika?ATLANTIESE OSEAAN

3.3 Watter oseaan is tussen Suid-Amerika en Australië?STILLE OSEAAN