6141390 faks: 086 5447251 epos: [email protected] …hsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor...

7
Hoërskool Montagu Maandbrief : Januarie 2019 Gr. 9 WKOD Sistemiese Toetse: Die pas vrygestelde uitslag van die WKOD Sistemiese toetse van die graad 9 klas van 2018 vergelyk goed met vorige jare se uitslae in Wiskun- de en Taal vaardighede. Daar kan in die toekoms ook na goeie Matriek- uitslae uitgesien word. Ons graad 9 groep het toetse onder gekon- troleerde omstandighede geskryf, wat ekstern nagesien is. Die groep behaal 50% in Wiskunde (dit is 27% bo die provin- siale gemiddeld) en 74% in Afrikaans (dit is 23% bo die provinsiale gemiddeld) . JAARLEUSE 2019: SOS: SELFDISSIPLINE ONTGIN SUKSES H/S MONTAGU POSBUS 85 MONTAGU 6720 TEL: 023-6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: [email protected] WEB: www.hsmontagu.co.za Geagte Ouers/Voogde, Leerders en Ondersteuners Die nuwe jaar is volstoom aan die gang. Graag bring ek die volgende onder u aandag: Akademie Matriekuitslae 2018: Ons graad 12-klas van 2018 het baie goeie rekenskap van hulself gegee. Hulle behaal ‘n 98% slaagsyfer in die Senior Sertifikaat - eksamen. Drie leerders slaag met onderskeidings. Ons top kandidate is soos volg: 1. Maryn du Toit (7 Onderskeidings; 94 % gemiddeld)) 2. Zéann Sauer (5 Onderskeidings) 3. Olga van Dyk (5 Onderskeidings) 4. Elzé Kriel (5 Onderskeidings) 5. Nicole van Zyl (3 Onderskeidings) 6. Tamsyn Tromp (3 Onderskeidings) Uit die klas het 12 leerders met B-gemiddeldes geslaag en ‘n verdere 27 leerders slaag met ‘n gemiddeld van bo 60%. Die groep van 93 leerders het gemiddeld 4,5% beter gevaar in die bevorderings- eksamen, as in die interne September -eksamen. Van die 93 leerders voldoen 70% aan Graadstu- dievereistes . Altesaam 58 A-vaksimbole word behaal . Ons is saam met die leerders en hulle ouers baie trots op die puik uitslae van 2018. Dit is ‘n bewys dat die akademiese standaard van die skool baie goed is en dat leerders onderrig van ‘n baie hoë gehalte ontvang.

Upload: others

Post on 29-May-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: mhsadmin@barvallei.co.za …hsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie 2019 g (1).pdf · 2019-02-01 · jare se uitslae in Wiskun-de en Taal vaardighede

Hoërskool Montagu Maandbrief : Januarie 2019

Gr. 9 WKOD Sistemiese

Toetse:

Die pas vrygestelde

uitslag van die WKOD

Sistemiese toetse van die

graad 9 klas van 2018

vergelyk goed met vorige

jare se uitslae in Wiskun-

de en Taal vaardighede.

Daar kan in die toekoms

ook na goeie Matriek-

uitslae uitgesien word.

Ons graad 9 groep het

toetse onder gekon-

troleerde omstandighede

geskryf, wat ekstern

nagesien is. Die groep

behaal 50% in Wiskunde

(dit is 27% bo die provin-

siale gemiddeld) en 74%

in Afrikaans (dit is 23%

bo die provinsiale

gemiddeld) .

JAARLEUSE 2019: SOS: SELFDISSIPLINE ONTGIN SUKSES

H/S MONTAGU POSBUS 85 MONTAGU 6720 TEL: 023-6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS:

[email protected] WEB: www.hsmontagu.co.za

Geagte Ouers/Voogde, Leerders en Ondersteuners

Die nuwe jaar is volstoom aan die gang. Graag bring

ek die volgende onder u aandag:

Akademie

Matriekuitslae 2018: Ons graad 12-klas van 2018

het baie goeie rekenskap van hulself gegee. Hulle

behaal ‘n 98% slaagsyfer in die Senior Sertifikaat-

eksamen. Drie leerders slaag met onderskeidings.

Ons top kandidate is soos volg:

1. Maryn du Toit (7 Onderskeidings; 94 % gemiddeld))

2. Zéann Sauer (5 Onderskeidings)

3. Olga van Dyk (5 Onderskeidings)

4. Elzé Kriel (5 Onderskeidings)

5. Nicole van Zyl (3 Onderskeidings)

6. Tamsyn Tromp (3 Onderskeidings)

Uit die klas het 12 leerders met B-gemiddeldes

geslaag en ‘n verdere 27 leerders slaag met ‘n

gemiddeld van bo 60%. Die groep van 93 leerders het

gemiddeld 4,5% beter gevaar in die bevorderings-

eksamen, as in die interne September-eksamen.

Van die 93 leerders voldoen 70% aan Graadstu-

dievereistes . Altesaam 58 A-vaksimbole word

behaal .

Ons is saam met die leerders en hulle ouers baie trots

op die puik uitslae van 2018. Dit is ‘n bewys dat die

akademiese standaard van die skool baie goed is en

dat leerders onderrig van ‘n baie hoë gehalte ontvang.

Page 2: 6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: mhsadmin@barvallei.co.za …hsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie 2019 g (1).pdf · 2019-02-01 · jare se uitslae in Wiskun-de en Taal vaardighede

2019 MONTIES KLEURBYEENKOMS:

Hierdie jaar se kleurgroepe het weer gesorg vir ‘n atletiekfees vir die oog – en

vir die oor! Dieselfde tema wat deur al twee groepe gekies is, het die kompe-

tisie nog meer opwindend gemaak.

Eerstens, dan ook dankie aan die groepleiers (juffrou Mari-lena en meneer

Olivier wat alreeds verlede jaar met die dirigente begin beplan en werk het aan

die voorbereiding van vanjaar se kleurbyeenkoms. Die Rooi-span en die Groen-

span se getalle was vanjaar weer baie gelyk en daarom was die kompetisie van

die begin af baie ernstig.

Die Veelsydigste seun wat die meeste punte vir sy span bymekaargemaak

het, was Dirk Louw van der Westhuysen. Janie Marais het met haar 3613

punte die beker verower vir die veelsydigste dogter.

’n Nuwe leerder, Nillian Terblanche, het die gesogte trofee verower as Se-

nior Victor Lodorum en die Junior Victor Lodorum was Leewin

Swartz.

By die dogters het Zhané Stanfliet die Junior Victrix Lodorum verower

en Deborah Brown die Senior Victrix Lodorum – net soos in 2018.

Die beste prestasie van die dag was 751 punte, wat deur Casey-Lee

Wilschut verower is, met haar gewigstoot-afstand.

Daar is ook gekyk na die atleet wat heeldag met ‘n positiewe gesindheid en

groot sportmanskap deelgeneem het. Daar was verskeie atlete wat beiindruk

het, maar Phillip Olivier het die prys vanjaar verower vir sy entoesiastiese

betrokkenheid op vele terreine deur die loop van die hele byeenkoms. Daarmee

kry hy die Build It-toekenning: “Move it - move it”

2

Page 3: 6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: mhsadmin@barvallei.co.za …hsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie 2019 g (1).pdf · 2019-02-01 · jare se uitslae in Wiskun-de en Taal vaardighede

3

Twee rekords is verbeter: Henko le Roux verbeter ’n 15 jaar oue rekord by die

0/14-Diskus met ‘n alemintige 2 m. Ajera le Kay verbeter juffrou Mari-Lena

Joubert se 2008-Driesprongrekord met 30 cm.

En dan het die groot toekennings gegaan aan:

Pawiljoenbeker: Rooispan Spanbeker: Na ‘n droogte van 6 jaar oes die Rooi-

span vanjaar ook die spanbeker in. Hul groot aantal deelnemers se gemotiveerde

poging het beslis vrugte afgewerp.

Baie dankie aan elke beampte, ouer en hulp wat die dag moontlik gemaak het. Die

30 leerders wat as hulp-beamptes opgetree het, het ‘n belangrike taak gehad. ‘n

Spesiale dankie aan elkeen van julle. Baie dankie ook aan Mev. Ellen Joubert wat

saam met die BK-ouers gesorg het dat die beamptes gevoed en verfris bly om hul

taak behoorlik te kan doen.

Ook aan die altete wat hulle harte gesit het in elke deelname en wat dankie gesê

het vir die beamptes: ons waardeer jul mooi ingesteldheid.

Page 4: 6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: mhsadmin@barvallei.co.za …hsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie 2019 g (1).pdf · 2019-02-01 · jare se uitslae in Wiskun-de en Taal vaardighede

Tennis: Die tennis het 'n bedrywige drie weke agter die rug.

Die eerste span het aan die Afslaantoernooi by HS Strand deelgeneem. Bredasdorp het ook aan die toernooi deelgeneem. Montagu se eerste spanne vaar puik en klop Bredasdorp in die laaste rondte. Hiermee wen ons die toernooi en verower die eerste-spanlede goue medaljes.

Op Dinsdag 22 Januarie het ons eerste– en vierde spanne teen Drostdy gespeel. Ons is baie trots op ons seuns wat Drostdy se eerste– en vierde spanne geklop het.

Die 1ste en 4de spanne het op Vrydag 25 Januarie teen Worcester Gimnasium

gespeel. Die 1ste meisies en 4de seuns wen Worcester Gimnasium met gemak!

Die 1ste seuns-span speel gelykop.

Woensdag 30 Januarie het Montagu se tweedes-panne teen Bonnievale se eerste

-spanne en Montagu se derde spanne teen Bonnievale se tweede spanne gespeel.

Montagu se vier spanne klop Bonnievale se spanne baie oortuigend.

4

Toelating: Leerders 2020

Toelating van nuwe leerders vir 2020 open op 15 Februarie 2019 en sluit op 15 Maart

2019. Dit is belangrik om daarop te let dat daar slegs ’n beperkte aantal plek-ke

beskikbaar is in elke graad.

Volledige aansoeke wat tydens die eerste rondte ontvang word en waarvan die

vorderingsverslag aandui dat die aansoeker oor die potensiaal beskik om te vorder

én die ouderdom binne die grense vir die betrokke graad is, geniet voorkeur.

Indien u bewus is van graad 7 leerders wat vir 2020 in graad 8 wil aansoek doen by

hierdié skool, moet u hulle asseblief aanmoedig om dit betyds te doen.

Page 5: 6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: mhsadmin@barvallei.co.za …hsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie 2019 g (1).pdf · 2019-02-01 · jare se uitslae in Wiskun-de en Taal vaardighede

5

CSV: Op 10 Janua-rie het 64 kring-leiers, onder die lei-ding van ds. Charl van Rensburg en mev. Louise van Rensburg, deelge-neem aan ‘n op-leidingsgeleentheid.

Vanjaar is Seidy Hartman en Mi-chaelli Angers on-derskeidelik die voorsitter en onder-voorsitter van ons CSV-tak.

Nigel Pearson is die Graad 12 verteen-woordiger en Anke le Grange is die Graad 11 verteen-woordiger.

Leerdergetalle: Ons leerdertal vir 2019 is konstant.

Die getalle in die onderskeie grade is as volg:

Graad 12 - 105

Graad 11 – 129

Graad 10 - 114

Graad 09 – 100

Graad 8 - 90;

Totaal: 538

Junior VRL: Graad 8

Baie geluk aan die volgende graad 8 VRL-lede wat verkies

is: Ewan Coetzee, Caleb du Toit, Willem Nel, Carli Prins,

Nina Stemmet en Shani Viviers. Mag dit vir julle ‘n won-

derlike ervaring wees!

Landsdiens is “Groot” by Hoërskool Montagu!

Op Woensdag 23 Januarie 2019, het HSM se Lands-diens leerders die jaar begin met ‘n boeresport middag en potjiekos kompetisie.

Hoërskool Montagu se Landsdiensklub sien uit na ‘n ak-tiewe jaar waar die vier liefdes van Landsdiens uitgeleef sal word: Liefde vir God, liefde vir die natuur, liefde vir medemens en die liefde vir arbeid.

Krieket: Op Donderdag 31 Januarie het die 1ste span teen H/S Swellendam gespeel. Montagu wen die loot en kolf eerste en word almal uitgeboul van die laaste bal in 25 beurte vir 172 lopies. Ons beste kolwers was Cobus Nel met 31, Re-win Opperman met 28, Pernell Mendes met 23 en Cherwin de Koker 21 lopies.

Swellendam teken 74 vir 8 in 25 beurte aan. Cobus Nel 2 vir 8 in 5 beurte. Ons 1ste span wen die wedstryd met 98 lopies.

Die 1ste dogterskrieket het twee wedstryde gespeel en albei gewen. Teen Montana wen ons met 2 paaltjies. Ons beste bouler was Nelizia Fortuin met 1 paaltjie vir 3 lopies en beste kolwer was Tia Esterhuyse met 12 lopies. Teen Worcester Hub wen ons 1ste dogters met 8 paaltjies. Ons beste kolwer was Nelizia Fortuin met 19 lopies nie uit nie.

Page 6: 6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: mhsadmin@barvallei.co.za …hsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie 2019 g (1).pdf · 2019-02-01 · jare se uitslae in Wiskun-de en Taal vaardighede

Skoolgelde

Die skool is ‘n Kwintiel 4, artikel 21, skoolgeld beta-

lende skool, daarom is die betaling van skoolgelde

noodsaaklik en volgens wetgewing verpligtend. Die

skool se finansies word bestuur volgens ‘n

goedgekeurde begroting en die finansiële posisie van

die skool is gesond, daarom kan die skool ‘n volledige

opvoedkundige program aan die leerders bied.

Namens die Beheerliggaam wil ek die volgende

reëlings aan u deurgee:

Daar bestaan geen departementele subsidies vir skool-

gelde nie. Ouerhuise kon tot 31 Januarie 2019 op die

toepaslike aansoekvorm aansoek doen om gedeel-

telike vrystelling van skoolgelde. Ouers bly verant-

woordelik vir die volle skoolgelde, totdat ‘n volledig

voltooide aansoekvorm by die skool ingehandig is.

Maandelikse paaiemente is betaalbaar vanaf Januarie

tot November 2019. Vanaf die einde van Februarie

word daar maandeliks ‘n skoolfondsrekening uitge-

stuur. Die bedrag verskuldig vir die volle jaar sal op

die rekening verskyn, asook die uitstaande bedrag wat

onmiddellik betaalbaar is.

Alle skoolgelde word by die sekretaresse inbetaal.

Alle navrae in verband met skoolgeldrekeninge word

deur mev. Liezl Lewis hanteer (Maandae tot Vrydae

07:30-14:00).

Gedragskode (Skoolreëls) vir

Leerders

Die gedragskode vir

2019 is aan die begin

van die jaar met elke

leerder in die skool

behandel en elkeen het

'n afskrif daarvan

ontvang. Daar word van

die onderwyspersoneel

en leerlingleiers verwag

om die gedragskode toe

te pas en afwykings

dadelik aan te spreek.

Oor die algemeen kom

die groter meerderheid

van ons leerders die ge-

dragskode nougeset na.

Ongelukkig is daar altyd

leerders wat sukkel om

binne 'n stelsel te werk

om instruksies of voor-

skrifte na te kom. Ek wil

'n beroep op ouers doen

om toe te sien dat hulle

kinders se skool- en

sportdrag te alle tye

korrek is en dat dit

duidelik gemerk is.

Kledingstukke wat verlê

word se eienaars kan

meestal nie opgespoor

word nie en gaar dan by

die sekretaresse op. Ons

verwag dat ons leerders

daagliks reg geklee en

gehoorsaam is aan die

riglyne, soos vervat in

die gedragskode van die

skool.

6

Page 7: 6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: mhsadmin@barvallei.co.za …hsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Januarie 2019 g (1).pdf · 2019-02-01 · jare se uitslae in Wiskun-de en Taal vaardighede

Jeugleiers-

konferensie

Requelle Johnson het

die afgelope vakansie

Die Burger se Jeug-

leierskonferensie in

Kaapstad bygewoon.

Sy is een van slegs 25

DOGTERS uit die hele

Wes-, Oos- en Noord-

Kaap op dié seminaar.

Dit is vanjaar die 22

ste agtereenvolgende

jaar dat ‘n leerderleier

van ons skool gekies

is, vir dié seminaar.

SKOOLKOOR

Ons skoolkoor is

reeds besig om te

oefen. Ons is bevoor-

reg om mnr. Jaco

Beeslaar as kooraf-

rigter te kon aanstel.

Oefeninge vind Maan-

dae plaas.

PERSONEEL

Ons is dankbaar om die jaar met ‘n voltallige personeel te

begin. Een nuwe personeellid het by ons aangesluit. Mev. Da-

lena Burger vir NS graad 8 en Lewenswetenskappe graad 10 en

11. Ons wens Mev. Burger ‘n lang en gelukkige verbintenis

met H/S Montagu toe.

Ons is bevoorreg om goed opgeleide onderwysers met harte vir

die onderwys en ons leerders aan te stel en in diens te hê.

Baie geluk aan mnr. Pieter Booysen wat verloof is en aan mnr.

Aure Metelerkamp wat Desember 2018 getroud is. Baie geluk

ook aan mev. Salome Burger met die geboorte van Aleah en

mev. Carien Burger wat swanger is.

Mag 2019 vir almal betrokke by H/S Montagu baie geseënd

wees!

Belangrike datums : Februarie 2019

01: Valentyndans

02: Sone Atletiek: H/S Robertson

08: Noodhulp Opleiding

13: Interskole Krieket

14: Valentynsdag – “Sivvie Dag”

15: Toelatings vir 2020 open

16: Noord-Boland Atletiek: Worcester

18: Opedag graad 07 leerders:

Leerders 16:00 en Ouers 19:00

21: Mini-Eksamen Begin

22: Interskole Tennis

23: Monties Gholfdag

MONTIE GROETE.

SKOOLHOOF: MNR. TERTIUS PRINS 7

Junior VRL - 2019 V.L.N.R.

Agter: Amaris Strydom, Caleb du Toit, Brooklyn Kiewiets, Ewan Coetzee Middel: Chris Carstens, Nienke Strauss, Carli Prins, Janie Ma-rais, Shanie Viviers, JG van Deventer, Nina Stemmet Voor: Willem Nel