5 solas 5 ankers solas/5_solas...aan die geloof en behou ’n goeie gewete.” (1 tim 1:18-19) week...
TRANSCRIPT
- 1 -
5 SOLAS – 5 ANKERS 5 Ononderhandelbares in ons geloof
Johan Delport Tygerberg Gesinskerk www.gesinskerk.co.za
- 3 -
R 40.00 is al wat dit vat! Help ons asb om nog mense te bedien. Deur om R 40.00 donasie te gee vir hierdie boekie help jy ons om nog mense te bereik met die Woord. Metode #1: Koeverte Plaas jou R 40.00 in die koevert en gooi dit in die kollektemandjie of in die Posbus by die Infotafel. Metode #2: Elektronies Naam: Tygerberg Gesinskerk Verwysing: Bybelstudie Boekie Bank: ABSA Rek #: 4068 9596 99 Tak: 632 005 (SanTyger) Metode #3: SnapScan
- 5 -
Inhoudsopgawe
Voorwoord .................................................................................................... 7
Spesiale Dankbetuiging ............................................................................... 9
Geskiedenis van die Reformasie .............................................................. 11
WEEK 1 ....................................................................................................... 15
WEEK 2 ....................................................................................................... 21
WEEK 3 ....................................................................................................... 29
WEEK 4 ....................................................................................................... 35
WEEK 5 ....................................................................................................... 41
WEEK 6 ....................................................................................................... 47
WEEK 7 ....................................................................................................... 53
Slotwoord .................................................................................................... 58
- 7 -
Voorwoord “Wees dan standvastig, broers, en hou vas aan die leer wat ons aan julle oorgedra het, of dit deur ons prediking of deur ’n brief was.”
(2 Tess 2:15) `n Anker is bedoel om `n skip in posisie te hou sodat hy nie deur die wind of deur strome rondgetrek word nie. `n Anker hou `n skip op die presiese koördinate wat die kaptein bepaal het. Net so is goeie en suiwer lering `n anker vir ons geloofslewe. As ons vashou aan `n sterk Bybelse lering, dan kan ons standvastigheid in ons geloof ervaar. Vir die volgende 7 weke kyk ons na die 5 Solas van die Protestante Reformasie. Hierdie 5 Solas dien as ankers wat ons soos see-ankers op die regte koördinate hou; wat ons Kaptein, die Here Jesus, in die Bybel bepaal het. Hierdie Solas is: Sola Scriptura – die Woord alleen Solus Christus – deur Christus alleen Sola Gratia – deur Genade alleen Sola Fide – deur Geloof alleen Soli Deo Gloria – alle Eer aan God alleen My gebed is dat die Here jou sal seën terwyl jy hierdie studie doen. Mag jy in die volgende 7 weke groei in jou geloof sodat jy die Here se standvastigheid al meer in jou geloofslewe sal beleef. Die Here seën.
- 9 -
Spesiale Dankbetuiging Dit was Paasnaweek 2015 toe ek vir Alex Steyn vanuit Tergniet bel en vir hom sê dat dit tyd is dat ons ons eie Bybelstudiemateriaal moet begin saamstel. Hy het ingestem en gesê hy sal my help. Om ‘n Bybelstudiereeks soos hierdie te skryf, is heeltemal te groot vir een persoon. Die Here was my genadig en het my geseën met ‘n wonderlike span wat my op die agtergrond help. In Rom 12:4 skryf Paulus: “Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie.” Baie dankie aan hierdie span wat my nog elke keer gehelp het om ‘n hoë-gehalte Bybelstudiereeks te produseer. Die span is soos volg: Alex Steyn - Teologiese versorging Ronel Griessel - Taalkundige versorging Riaan le Roux - Ontwerp en vervaardiging Baie dankie. Julle is ‘n “great” span! Die Here seën julle vir julle harde werk.
- 11 -
`n Opsomming van die Geskiedenis van die Reformasie Die jaar was 1378. Die Rooms Katolieke kerk was die algemene kerk en het `n sterk en ongesonde houvas op die mense gehad. Die Katolieke kerk het groot katedrale gebou in `n tyd wat armoede hoogty gevier het. `n Mens moet vra: Waar het die kerk die geld gekry om al daardie groot monumente te bou? Dit is ongelukkig `n baie donker kant van die kerkgeskiedenis. Die oorspronklike Bybelboeke was nog net in Hebreeus, Grieks en Latyns beskikbaar en baie mense was arm en ongeletterd. Die Pous en die priesters het op Sondae gepreek, maar lankal nie meer die Woord van God nie, maar hulle eie verdigsels en versinsels. Die kerk het vir jare die mense geleer dat hulle geld kon betaal om hulle sondes af te koop. Maar die mense het vinnig begin “heilig” lewe om geld te spaar. Toe het die kerk die mense ook begin leer dat hulle die dooies se sondes kon afkoop. So het die kerk baie geld gemaak om al die katedrale te bou en grond te koop. Vandag nog is die Rooms Katolieke kerk die 3de grootste grondeienaar ter wêreld met ongeveer 7,2 miljoen hektaar grond. Die las was te groot vir die mense om te dra. Hulle was bang vir die kerkleiers omdat die Pous en die priesters van daardie tyd die mense geleer het dat hul redding in die hand van die kerk was. Mense was daarom te bang om teen die Katolieke kerk op te staan. John Wycliffe was een van die eerste manne wat teen die Katolieke kerk opgestaan het. Hy het daarop aangedring dat die Skrif in verstaanbare tale oorvertaal moes word en dat die Bybel vir almal
5 Solas - 5 Ankers 5 Ononderhandelbares in ons geloof
- 12 -
toeganklik moes wees. Dit was natuurlik `n groot bedreiging vir die Katolieke kerk en hulle het hom toe gearresteer met die intensie om hom te intimideer. Maar Wycliffe het hom nie daaraan gesteur nie. As gevolg van hierdie insident en die manier waarop die leiers van die Katolieke kerk dit hanteer het, het mense wel begin agterdogtig raak en dit het meer en meer aan die lig gekom dat die Katolieke kerk by groot bedrog betrokke was en dat hulle nie die waarheid aan die mense oorgedra het nie. Die Katolieke kerk kon die meeste van die agterdog in toom hou vir die daaropvolgende (pynvolle!) 140 jaar. Maar die kerk was reg vir `n volwaardige Reformasie!
Dit is waar Martin Luther inkom. Martin Luther is in 1483 in Duitsland gebore. Hy het as jongman teologie gestudeer en het later klas begin gee as professor. Hy het self ook die priesterskap betree en het aktief gedien binne die Katolieke kerk in Duitsland. In 1516
het die Katolieke kerk `n afvaardiging na Duitsland gestuur om vergifnisbriewe te verkoop. Deur hierdie vergifnisbrief-verkoping wou die Katolieke kerk geld insamel deur vryskeldingsbriewe te verkoop aan mense wat gesondig het sodat hulle daardeur “vergifnis” kon verkry. Die Katolieke kerk se teologie maak nie voorsiening daarvoor dat `n mens op geloof alleen vrygespreek word nie, maar dat `n mens vergifnis van die kerk ook nodig het. Dit het Martin Luther so ontstel dat hy `n artikel geskryf het aan biskop Albert von Mainz van Duitsland waarin hy sy griewe gemeld het en toe ook sy baie bekende “95 stellings teen die leerstellings van die Katolieke kerk” teen die Wittenberg Kasteel kerk se deur gaan vaskap het op 31 Oktober 1517. Die kerk was reg vir reformasie! Die mense was moeg om geboelie te word deur die kerkleierskap en daar was `n hunkering om God
- 13 -
persoonlik te leer ken deur Sy eie Woord en nie by monde van die Pous en sy priesters nie. 31 Oktober 1517 was die begin van die Reformasie! Die Protestante Reformasie het baie vinnig versprei na Switserland, Engeland, Skotland, Frankryk, Spanje en Nederland. Die Protestante Reformasie het die weg gebaan vir die ontstaan van baie nuwe kerke waarvan die Church of England, die Anglikaanse kerk, die puriteinse kerke asook die Baptiste kerk maar enkeles is.
Waarom `n reformasie? Waaroor het dit gegaan? Waarteen het hierdie mense geprotesteer? Dit is die onderwerp van hierdie Bybelstudiereeks. Daar was 5 Bybelse waarhede wat die Katolieke kerk oor die jare so afgewater het dat dit heeltemal verdwyn het. Die reformasie van die kerk was `n terugkeer na dié 5 Bybelse waarhede – die 5 Solas!
• Hierdie 5 Solas is die ononderhandelbares van ons geloof. • Hierdie 5 Solas definieer wie ons is en wat ons glo. • As enige van hierdie 5 Solas uit ons lewens sou wegval, dan is
ons redding, ons boodskap en ons gemeente in gedrang...
- 15 -
“Met hierdie woorde in gedagte, moet jy die goeie stryd stry. 19Hou vas aan die geloof en behou ’n goeie gewete.” (1 Tim 1:18-19)
WEEK 1: Inleiding Inleiding Welkom by die “5 Solas”. In hierdie Bybelstudiereeks gaan ons kyk na 5 ononderhandelbare leerstellings van ons geloof. Hierdie 5 leerstellings vorm `n basis vir die gesonde leer waaraan ons vashou en dit definieer wie ons is en waar ons staan. Dit dien dus as `n anker wat help om ons geloof stabiel te hou wanneer allerhande storms van onsekerheid, versoeking en valse leerstellings ons geloof bedreig. Paulus moedig vir Timoteus aan: “Hierdie dinge moet jy aan die mense leer en dit by hulle inskerp. 3As iemand ’n ander leer verkondig en nie hou by die gesonde woorde van ons Here Jesus Christus en by die leer van ons godsdiens nie, is hy verwaand en weet hy niks.” (1 Tim 6:2-4) Die gesonde leer is nie onderhandelbaar nie, is nie oop vir menslike bespiegelinge nie en mag nie deur menslike opinies ingekleur word nie. 5 Solas – Wat is dit en waarom is dit belangrik? Die 5 Solas kom uit die tyd van die Protestante Reformasie wat in 1517 deur Martin Luther begin is. Hierdie 5 Solas vorm `n fondasie vir `n Bybelse teologie waarop die kerk gebou behoort te word.
5 Solas - 5 Ankers 5 Ononderhandelbares in ons geloof
- 16 -
Elkeen van hierdie Solas was `n reaksie teen leerstellings wat die Rooms Katolieke kerk die mense geleer het - leerstellings wat mense blindgemaak het vir die waarheid van die Woord. Die Protestante Reformasie was dus `n wegbreek van die Katolieke kerk. Dit was ook `n soeke na die ewige waarheid van die Woord van God. Die Bybel, wat ons vandag in ons eie taal kan lees en bestudeer, was vir die mense van daardie tyd totaal ontoeganklik as gevolg van die leierskap van die Katolieke kerk. Elke “Sola” (uit Latyns vertaal: “slegs” of “alleen”) dien as `n geloofsanker wat help om ons geloof stabiel te hou te midde van enige moontlike aanslag. Maak die beste van hierdie studie Hierdie reeks is bedoel om elkeen wat dit deurwerk, te help verstaan dat ons vyand, die duiwel, dwaalleraars in plek het om ons op enige moontlike en onverwagte manier te laat wankel. In hierdie reeks gaan ons nie baie aandag gee aan die geskiedenis nie, maar gaan ons elke Sola, of dan anker, in diepte bespreek. Hier is `n paar wenke om die beste van hierdie reeks te maak: Wenk #1: Lees die geskiedenis van die Protestante Reformasie. Lees ook die kort opsomming van die geskiedenis voor in hierdie boekie. Wenk #2: Berei jou hart voor – maak tyd vir gebed voor elke week se studie. Wenk #3: Kom met `n oop gemoed en `n leerbare gesindheid. Wenk #4: Lees elke week se verse weer na elke studie en doen die huiswerk noukeurig. Tema teks: 1 Tim 1:12-20 Leier: Lees die tema teks.
- 17 -
Paulus gee aan Timoteus 3 opdragte:
1. ____________________________________(v. 18) 2. ____________________________________(v. 19) 3. ____________________________________(v. 19)
Is hierdie Instruksies of voorstelle? GESPREKSVRAAG: Lees: 1 Tim 3:15 Wat is een van die gemeente se verantwoordelikhede teenoor die Skrif en hoe doen ons dit? ______________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
Die 5 Solas opgesom
Anker 1: Sola Scriptura – Die Woord Alleen Lees 2 Tim 3:14-17
Paulus moedig vir Timoteus aan om nie net binne die raamwerk van die Skrif te bly nie, maar om sy hele lewe daarvolgens te rig. Hierdie is ons vertrekpunt. As dit nie vir die Woord van God was nie, het ons God nie geken nie en sou redding nie moontlik wees nie.
Anker 2: Solus Christus – Deur Christus Alleen Lees Joh 14:6
Redding is `n inisiatief wat God neem deur Jesus aan die kruis as `n offer vir ons sondes te gee. Hierdie waarheid is duidelik uit Joh 3:16. Sonder Christus is daar geen redding vir die mens nie. Ons redding is in Christus alleen.
Anker 3: Sola Gratia – Uit Genade Alleen Lees Efes 2:5 en 8
- 18 -
God red die mens omdat Sy karakter een is van genade. Dit kom nie uit die mens se verdienste nie. Die mens is verlore in homself en kan homself nie verlos uit sonde se mag nie. Redding is daarom diep gewortel in God se genade.
Anker 4: Sola Fide – Deur Geloof Alleen Lees Joh 5:24 en Heb 11:6
Dit is nie moontlik om God se wil te doen as ek nie glo nie. Om die Here se wil te doen, moet ek in geloof lewe. Dit het dus te doen met persoonlike verantwoordelikheid. Wanneer ek glo, sê Jakobus, sal my lewe dit wys. Soos wat Paulus dit in 2 Kor 5:7 stel – Ons lewe deur geloof en nie deur dit wat ons sien nie.
Anker 5: Soli Deo Gloria – Al die Eer aan God Alleen Lees 1 Tim 1:17 en 1 Kor 10:31
In Efes 2:10 lees ons dat God ons gemaak het wat ons nou is. Terwyl ons niks in onsself het om op trots te wees nie, het ons baie om op trots te wees in die Here. Ons roem dus in die Here (1 Kor 1:13), nie in onsself nie. Ons bring alle eer aan God in die Naam van ons Here Jesus! GROEPSOEFENING: Lees weer 1 Tim 1:12-20. Lees vers vir vers en kyk watter verse betrekking het op watter Sola. Anker 1 - Sola Scriptura: _____________________________________________ Anker 2 - Solus Christus: ____________________________________________ Anker 3 - Sola Gratia: _______________________________________________ Anker 4 - Sola Fide: ________________________________________________ Anker 5 - Soli Deo Gloria: ____________________________________________
- 19 -
WEEK 1: 5 Ankers vir ons geloof
Iets om te onthou
Die gemeente, waarvan ek en jy deel uitmaak, is die beskermer van die waarheid. Ons moet ons leer suiwer hou sodat mense nie afvallig
word van die waarheid nie. Dit is ons verantwoordelikheid.
Vers om te onthou “[Julle is] die huisgesin van God, ...die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid.”
(1 Tim 3:15)
“Wees dan standvastig, broers, en hou vas aan die leer wat ons aan julle oorgedra het, of dit deur ons prediking of deur ’n brief was.”
(2 Tes 3:15)
Vraag om oor na te dink Hoe lyk my ywer om seker te maak ek hou vas aan die waarheid?
Hoe neem ek deel aan die verkondiging en beskerming van die waarheid?
Gebed om te bid Vader, dankie dat U manne en vroue lank voor my opgeroep het om
te stry vir die waarheid. Help my om self die waarheid te leer, daaraan vas te hou, daarvoor te stry en dit weer aan ander oor te dra.
AMEN!
- 20 -
NOTAS: ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________
- 21 -
"Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as enige swaard met twee snykante…” (Heb 4:12)
WEEK 2 Inleiding Vandag kyk ons na die eerste Anker – Sola Scriptura (die Woord alleen). Onthou, terwyl ons hierdie leerstellings as vanselfsprekend aanvaar, was dit waarhede wat deur die Rooms Katolieke kerk van die mense weggehou is. Baie manne en vroue het hulle lewens gewaag vir die waarheid van hierdie leerstellings. Ons begin by Sola Scriptura. Dit is die eerste Anker: Die Woord van God. Wanneer ons verwys na die Bybel of na die Skrif, dan is dit sinoniem met die Woord van God. Tema teks: 2 Tim 3:14-17 en Heb 4:12-13 Leier: Lees die tema teks. Lees 2 Tim 3:14-17 weer. GROEPSOEFENING: Maak `n lysie van die voordele wat die Skrif volgens 2 Tim 3:14-17 in iemand se lewe kan hê. ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
Anker #1
Sola Scriptura (Die Woord Alleen)
- 22 -
Die Inspirasie van die Skrif Lees 2 Tim 3:16 en 2 Pet 1:20-21 Die Grieks vir die woord “geïnspireer” in 2 Tim 3:16 beteken letterlik “om in te blaas”. Paulus maak dit duidelik dat die hele Skrif deur God geïnspireer is... dat dit deur die Here in die harte van die skrywers “ingeblaas” is, as’t ware! Die Skrif is God se Woord aan ons. Ons glo dat die Bybel, soos ons dit vandag het, deur die Here in die tydperk 1500 v.C. tot 100 n.C. aan gekose mense ge-openbaar is. Die Bybel is nie deur menslike inisiatiewe geskryf nie; dit is nie die werk van menslike wysheid nie - dit is die Lewende, Geïnspireerde Woord van God! GESPREKSVRAAG: Spr 30:5 in die NIV sê: “Every word of God is flawless; he is a shield to those who take refuge in him.” Wat leer ons van die Woord van die Here in hierdie verse? Wat is die implikasie daarvan op ons lewens? ___________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
Die Openbaring van God in die Skrif Lees Rom 10:17 en 1 Pet 1:23 Wanneer ons praat van die openbaring van God in die Skrif, dan bedoel ons spesifiek dat ons God leer ken deur die Woord. God
Daar is nie genoeg plek of tyd in vandag se studie om die grootheid van die wonderwerk van die Bybel wat ons vandag het, te beskryf nie. Vir verdere studie kan die volgende artikel oor die ontstaan van die Bybel van groot hulp wees: http://apologeticspress.org/apcontent.aspx?category=105&article=91 (Sien aanhegsel by vandag se studie vir interessante feite oor die Bybel.)
- 23 -
openbaar Homself aan ons in Sy Woord. Ons kan nie God leer ken as ons Hom nie deur die Bybel leer ken nie. Dit is byvoorbeeld in Genesis 1 waar ons leer dat God die Skepper is; dit is in die Evangelies dat ons leer oor Jesus se lewe en karakter... Soos ons die Bybel bestudeer, so leer ons God beter ken.
Daar is nie `n ander manier om God te leer ken, behalwe deur die Woord nie. Daarom is hierdie ons eerste Anker: Sola Scriptura – die Woord alleen. Ons leer nie net God ken deur die Woord nie, maar ons leer ook die weg na redding deur die Woord.
As dit nie vir die Woord was nie, het ek nie geweet ek is verlore in my sonde nie. As dit nie vir die Woord was nie, het ek nie geleer dat die Here Jesus aan die kruis vir my sondes gesterf het nie. So, God openbaar Homself deur die Woord, maar Hy openbaar ook die weg na redding deur die Woord. As ons dit nie deur die Woord sou leer nie, sou ons dit nie geweet het nie. GESPREKSVRAAG: Hoe hou Ps 119:123 verband met 1 Pet 1:23 en Rom 10:17? Wat leer ons van die Woord van die Here in hierdie verse? ______________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
Die Algenoegsaamheid van die Skrif Lees Ps 12:7 en Ps 19:8-9 Die Woord van die Here is genoeg. Die algenoegsaamheid van die Skrif bedoel nie die Bybel is net genoeg nie. Dit bedoel eintlik dat
- 24 -
daar niks meer as dit nodig is nie. Maar waarvoor is die Woord genoeg?
I. Dit is genoeg om ons te leer wie God is. II. Dit is genoeg om ons op die pad van redding te bring.
III. Dit is genoeg om ons te bring tot geestelike volwassenheid. IV. Dit is genoeg om ons te help om alles te doen wat God van ons
verwag in Christus Jesus.
Daarom sê Dawid in Ps 40:9: “U Woord is my hele lewe!” GESPREKSVRAAG: Wat sê Ps 119:130 oor die algenoegsaamheid van die Skrif? ___________________ ____________________________________________________________________
Die Finale Outoriteit van die Skrif Lees Ps 119:160 en Matt 4:1-4 In Matt 4 lees ons dat die duiwel Jesus versoek het. Drie keer het die duiwel Jesus versoek en drie keer het Jesus vanuit die Skrif geantwoord. Waarom het Jesus nie maar net “nee” gesê nie? Waarom het Jesus elke keer uit die Skrif aangehaal? Die rede hiervoor is dat Jesus self die finale outoriteit van die Skrif erken het. Geen droom of profesie of woord of gedagte of enigiets anders staan bo of selfs gelyk aan God se Woord nie. God se Woord is die maatstaf waarvolgens alle ander bronne getoets word. Die Woord van God het ALTYD die laaste sê - in elke aspek van die kerk en ook in elke aspek van ons lewens! GESPREKSVRAAG: Wat sê Ps 85:9 vind ek wanneer ek die Here se Woord die laaste sê gee in my lewe? ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
- 25 -
Opsomming: Daar is nog baie om te sê oor die Woord van God. In Ps 139:17–18 beskryf Dawid dit dalk die heel beste: “Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal! 18As ek hulle sou wou opnoem - hulle is meer as wat daar sand is, en as ek daarmee klaar is, sou ek nog steeds met U te doen hê.” AMEN! Leier: Doen moeite om die volgende vrae deeglik in die groep te bespreek: Wat, volgens Ps 119:57, 114, 140, 148, 160, 162 en 172, moet my reaksie wees op die Skrif? (Lys die 7 reaksies)
1. _________________________________________________
2. _________________________________________________
3. _________________________________________________
4. _________________________________________________
5. _________________________________________________
6. _________________________________________________
7. _________________________________________________
Wat sê Paulus in Gal 1:8-9 van `n evangelie wat anders is as die een wat ons in die Woord vind? Hoe is dit van toepassing op vandag se studie? ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________
- 26 -
WEEK 2: Sola Scriptura
Iets om te onthou Die Woord van God is genoeg vir my.
Die Woord van God het die finale gesag oor al my doen en late.
Vers om te onthou “Die woord van die Here is volmaak: dit gee lewe. Die onderwysing
van die Here is betroubaar: dit gee wysheid aan dié wat nog onervare is.” (Ps 19:8)
Vraag om oor na te dink
Glo ek regtig dat die Bybel die Woord van God is? Wys my lewe dat die Woord die finale sê in my lewe het?
Gebed om te bid uit Psalm 119
Ek verlustig my in u voorskrifte, u Woord vergeet ek nie. (v16)
Dít is my lewe, Here, om u Woord te gehoorsaam.(v57) U Woord, Here, staan vir altyd vas in die hemel. (v89)
Here, hoe aangenaam is u Woord, soeter as heuning in die mond. (v103)
U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad. (v105) Laat u Woord my op die regte pad hou; moet tog nie dat enige kwaad
die oorhand oor my kry nie. (v133) U woord is baie suiwer, ek het dit lief. (v140)
Oor u Woord is ek so bly Op u woord kan ’n mens hom geheel en al verlaat. Al u bepalings is regverdig. Hulle staan vas. (v160)
...soos iemand wat ’n groot skat in die hande gekry het. (v162) Ek sal u woord besing, want al u gebooie is regverdig. (v172)
AMEN!
- 27 -
Interessante feite oor die Bybel Bybels gedruk: 6,001,500,000 (tot en met 28 Maart 2013) Verskillende tale: 2018 Boeke in die Bybel: 66 (OT: 39 / NT: 27) Geskryf oor `n tydperk: 1600 jaar (1500 v.C. – 100 n.C.) Skrywers: 40 In die King James Bybel (vertaal 1611) is die... Kortste hoofstuk: Psalm 117 Langste hoofstuk: Psalm 119 Middelste hoofstuk: Psalm 118 Korste vers: “Jesus wept” (Joh 11:35) Langste vers: Ester 8:9 Langste naam: Mahershalalhashbaz (Jes. 8:3) Oudste persoon: Metusalag (969 jaar)
Hoofstukke en verse: Die oorspronklike grondteks van die Bybel het nie hoofstuk- en versnommers nie. Die Bybel is eers in 1238 in hoofstukke opgedeel deur Kardinaal Hugo de S. Caro. Verse is eers heelwat later in 1551 deur Robertus Stephanus ingesit.
Eerste Engelse vertaling: Die King James Version was nie die eerste Engelse Bybel nie. In 1382 het John Wycliffe, op reaksie van die valse lering in die Rooms Katolieke kerk, die eerste Engelse vertaling van die Bybel gedoen. Dit het die Roomse kerk so kwaad gemaak dat hulle hom gearresteer het, maar later weer vrygelaat het. In ‘n sekere sin het die reformasie dus nie met Martin Luther begin nie, maar met John Wycliffe.
- 28 -
Eerste gedrukte Bybel: Die eerste gedrukte Bybel, die “Guttenberg Bybel”, is deur Johannes Guttenberg gedruk in `n drukpers in 1454. Hierdie Bybel is die eerste boek wat met ‘n drukpers gedruk is.
Beste verkoper: Nie net is daar oor die 6 biljoen kopieë van die Bybel gedruk deur die jare nie, maar die Bybel is tot vandag toe nog steeds die beste verkoper van alle boeke. (Ironies genoeg is die Bybel, jaar na jaar, ook die boek wat die meeste gesteel word!) NOTAS: ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ ________________________________________________________
- 29 -
“Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie”. (Joh 14:6)
WEEK 3
Inleiding In week 2 het ons gekyk na Sola Scriptura. Onthou om die gebeure in die geskiedenis in gedagte te hou wanneer ons die studie doen. Dit sal ons help om te verstaan dat baie manne en vroue baie moes opoffer vir leerstellings wat Bybels gefundeerd is. In die vorige week se studie het ons vir mekaar gesê dat Sola Scriptura (die Woord alleen) beteken dat die Woord van God, die Bybel, soos wat ons dit vandag het, die maatstaf, die rigsnoer en die finale gesag oor ons lewens is. Dit is belangrik om te sien dat elke Sola op die vorige Sola bou in hierdie studie. Sola Scriptura kom voor Solus Christus omdat dit deur die Woord is wat ons die reddende krag van Christus leer ken. Tema teks: Kol 1:12-20 Leier: Lees ook Kol 1:1–4 en let op die gebruik van die volle beskrywing van Jesus se naam – die Here Jesus Christus. Wie is die Here Jesus Christus? Lees Matt 22:42 en Joh 12:34
Anker #2
Solus Christus (Christus Alleen)
- 30 -
GESPREKSVRAAG: Dink mooi oor die verse. Lees nou Joh 17:1–3 en noem al die redes uit hierdie verse waarom dit belangrik is om te weet wie Jesus is en om Hom te ken? Watter rede is die belangrikste? Waarom? _____________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
Hierdie is `n baie belangrike onderwerp, want dit vorm die kern van ons geloof en ons redding. Later in hierdie studie sal ons na verse kyk wat dit duidelik maak dat daar vir die mens geen redding is sonder die Here Jesus Christus nie.
Die betekenis van: “die Here Jesus Christus”
Hierdie woorde (“Here” en “Christus”) verskyn gereeld in die Skrif saam met Jesus se naam. Die benaming kom altesaam 270 keer in die Nuwe Testament voor wat vir ons `n aanduiding gee dat dit belangrik is om te verstaan wat die woorde beteken. Kom ons breek dit op... “Here”: In die Grieks (Kurios) beteken die woord “om `n eienaar te wees van slawe”. Dit verwys dus na iemand wat gesag het oor sy dienaars. “Jesus”: Dit is Jesus se persoonlike voornaam. In die Grieks is dit Jesos. Dit kom van die Hebreeuse naam Josua af wat beteken “Jehova red!” “Christus”: Hierdie is die Griekse weergawe van die Hebreeuse woord Messias wat “die gesalfde een” beteken. Gewoonlik is die koning of die hoëpriester deur `n profeet gesalf om in diens van God te staan.
- 31 -
So, wanneer ons dan in ag neem dat die volledige term: “die Here Jesus Christus”, 270 keer in die Nuwe Testament voorkom, dan kommunikeer dit `n baie sterk waarheid - `n waarheid waarvoor elke mens te staan moet kom. Wat is hierdie waarheid? Wanneer ons hierdie woorde lees: “die Here Jesus Christus”, beteken dit dat Jesus deur God gesalf is om mense te kom red en ons erken Sy heerskappy oor ons lewens deur Hom as “Here” aan te spreek. GESPREKSVRAAG: Lees Rom 6:15-18. Van wie/wat was ek eers `n slaaf? Wie se slaaf is ek nou? Hoe het dit gebeur volgens 1 Kor 7:22-23? _____________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
Redding kom net deur die Here Jesus Christus Lees Hand 4:10-12 (Leier gee eers `n bietjie agtergrond oor die vers)
Petrus en Johannes is gevange geneem nadat daar `n oproer was omdat Petrus `n verlamde man in die tempel gesond gemaak het. Petrus verduidelik toe baie mooi aan die Joodse Raad dat die wonderwerk eintlik deur Jesus Christus gedoen is. In Hand 4:12 sê Petrus: “Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.” Petrus maak dit duidelik: Solus Christus – Christus alleen. Daar is geen ander naam as die Naam van ons Here Jesus Christus nie!
- 32 -
GESPREKSVRAAG: Elkeen van die volgende verse beskryf dieselfde waarheid oor Jesus as alleen-Verlosser. Lees die verse en skryf neer wié Jesus is vir ons: Joh 4:13-14 _______________________________________________________ Joh 6:35 _______________________________________________________ Joh 10:9 _______________________________________________________ Joh 11:25 _______________________________________________________ Joh 14:6 _______________________________________________________
Jesus Christus, die Lam van God Lees Joh 1:29 en Hand 8:32, 34-39 Jesus is die Lam wat geslag is in ons plek. In die Ou Testament het die volk gereeld offers gebring vir hulle sonde. Maar weens hulle sonde en onvermoë om aan God se wet gehoorsaam te wees, moes hulle voortdurend offers bring vir hulle sonde. In die Ou Testament was daar verskillende offers vir verskillende sondes. Rom 3:23 en Rom 6:23 maak dit duidelik dat geen mens in sy eie krag homself kan red nie. Die resultaat van sonde is altyd die ewige dood! Die mens het `n Verlosser nodig. Christus het daarom aan die kruis gesterf (Joh 3:16) as die Lam van God om vir eens en vir altyd `n weg te maak waarby ons gered kan word. GESPREKSVRAAG: Lees Rom 8:1-4 noukeurig (lees dit weer). Wat leer ons uit Rom 8 na aanleiding van wat ons verstaan uit die verse wat ons vroeër gelees het nl. Joh 4:13-14, Joh 6:35, Joh 10:9, Joh 11:25 en Joh 14:6? _______________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
- 33 -
Opsomming: Solus Christus beteken dat daar geen ander manier is om gered te word behalwe deur die versoeningswerk wat die Here Jesus Christus aan die kruis vir ons kom doen het nie. Geen mens kan homself red nie en daar is geen ander god wat hom kan red nie. Slegs deur die genade van God in Jesus Christus is daar redding vir ons. Solus Christus – deur Christus alleen! Bespreek die volgende in die groep:
1. Waarom, volgens Rom 3:23, het ons `n verlosser nodig? 2. Hoe sou jy die Evangelie opsom volgens Rom 3:23 en Joh
3:16-17? 3. Wat leer ons van God se gesindheid in Joh 3:17?
NOTAS: __________________________________________ __________________________________________ __________________________________________ __________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________
- 34 -
WEEK 3: Solus Christus
Iets om te onthou
Daar is geen ander naam waarby iemand vrygespreek kan word van hulle sondes nie. Daar is net een naam waardeur ons gered kan word
en dit is die Naam van die Here Jesus Christus.
Vers om te onthou “Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God
gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.” (Rom 6:23)
Vraag om oor na te dink Wat was die prys wat Christus moes betaal het om my vry te koop van
my sonde? Hoe behoort dit my lewe te beïnvloed?
Gebed om te bid Vader, ek het gesondig teen U. Dit is hierdie sonde en U liefde vir my wat gemaak het dat U die Here Jesus Christus in my plek gestraf het sodat ek nie verlore hoef te gaan nie, maar redding kan kry. Ek weet hierdie verlossing kom net in Christus. Daar is geen ander manier om
gered te word nie behalwe deur Jesus Christus. AMEN!
- 35 -
“Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.” (Efes 1:6)
WEEK 4
Inleiding Elke week herinner ons mekaar dat die 5 Solas op mekaar bou. Sola 1: Sola Scriptura - Die Woord Alleen In week 2 het ons vir mekaar gesê dat dit deur die Woord is wat ons God leer ken. As dit nie vir die Woord (die Bybel) was nie, het ons nie geweet dat ons verlore was in ons sonde nie en het ons nie geweet wie God is en dat Hy ons wil red nie. Sola 2: Solus Christus - Deur Christus Alleen In week 3 het ons gekyk na Solus Christus. Daar is net een naam wat God gegee het waarby ons gered kan word; daar is net een weg en dit is die Here Jesus Christus (Hand 4:12). Ons kan onsself nie red nie en daar is ook niemand anders wat ons kan red nie. Net die Here Jesus Christus het vir ons `n pad gebaan waarvolgens ons gered kan word. Hierdie week kyk ons na Sola Gratia – Deur Genade Alleen! Tema teks: Efes 1:3–14 Leier: Lees ook Efes 2:8–10. Hierdie verse moet asseblief weer biddend by die huis gelees word.
Anker #3
Sola Gratia (Genade Alleen)
- 36 -
Wat is Genade? Om genade beter te kan verstaan, moet ons eers kyk na wat die teenoorgestelde van genade in hierdie konteks is. Baie mense dink hulle kan God tevrede stel deur goed of skoon te lewe. Ons kyk na iemand wat só lewe en ons dink: “Daar’s nou `n goeie mens!” Ons mag dalk dink in gewone, menslike terme en verstaan dat daar wel “goeie” mense is..., maar Jesus antwoord die ryk, jong man in Luk 18:19 en maak dit duidelik dat niemand werklik goed is nie. Net God is goed! GESPREKSVRAAG: Lees Rom 8:9-18 en Rom 3:23. Wat leer ons van ons eie toestand (en dié van die mens in die algemeen) voordat ons Christus leer ken het? Wat is die implikasie van hierdie toestand? _____________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
Dit is dus duidelik dat ons nie uit onsself en uit ons eie goedheid iets kan doen om redding te verkry of te verdien nie. Dit los ons dus in groot moeilikheid. Hoe word ons dan gered? Sola Scriptura: Ons leer die weg na redding in die Bybel. Solus Christus: Die redding kom deur Christus alleen. Sola Gratia: Dit is deur genade alleen. 3 Basiese fasette van Genade God se Sagtheid Lees Luk 1:78 In hierdie gedeelte sing Sagaria, Johannes die doper se pa, `n loflied aan die Here. Hy sing van God se genadige ontferming! Die eerste
- 37 -
eienskap van God se genade waarna ons wil kyk, is Sy sagtheid. God is `n God van liefde en genade. Ons God is nie `n God van woede en straf nie. Nee! Hy wil vergewe. Hy wil genade wys, want dit is wie Hy is. GESPREKSVRAAG: Lees Jer 29:11 en Rom 2:4. Wat leer ons van God se hart teenoor die mens? ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
God se Geskenk Lees Efes 1:6 Paulus skryf en sê dat God Sy genade vrylik aan ons geskenk het. Paulus herhaal hierdie gedagte in 1 Kor 1:4: God het Sy wonderbare genade vir ons geskenk in Christus. `n Geskenk is nie iets waarvoor iemand moet werk of iets wat iemand moet verdien nie. Ons gee tog geskenke aan dié vir wie ons baie lief is - sonder betaling of verwagting van vergoeding. Net so skenk God vir ons Sy genade, vryspraak en redding in liefde deur die Here Jesus. GESPREKSVRAAG: Lees Rom 5:16-21 sorgvuldig. Wat leer ons uit hierdie verse is vryspraak? Hoe hou dit verband met God se genadige karakter? _________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
God se Guns Lees Rom 3:23-26 Omdat die mensdom se hele wese korrup geword het as gevolg van die sonde, is alle mense gebore met die onvermoë om sondeloos te lewe. Op ons eie wil ons net meer en meer sonde doen. Ons is
- 38 -
verslaaf aan sonde! God het dus ‘n plan bewerkstellig om ons te red uit hierdie toestand van sonde... Dit is as gevolg van Sy liefde, wat ons nie verdien nie, dat Hy die inisiatief geneem het om Sy Seun, wat geen sonde gedoen het nie, in ons plek te laat sterf. GESPREKSVRAAG: Lees weer Rom 3:24. Waar staan ek nou as kind van God, as gevolg van hierdie genade? ____________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
Die implikasie van Genade op my lewe Ons kan God se genade nie verdien nie, so God skenk dit in liefde aan ons. Vir ons is die verlossing gratis, maar dit is beskikbaar vir ons as gevolg van `n baie duur prys wat God daarvoor moes betaal! Lees hierdie verse. Elke vers het `n spesifieke konteks. Lees dalk `n paar verse aan om te verstaan waaroor die teks gaan. Skryf dan neer watter implikasies genade op ons lewens het: Rom 3:23-24 ____________________________________ Rom 8:31-32 ____________________________________ Rom 12:4-5 ____________________________________ 1 Kor 15:9-10 ____________________________________ 2 Kor 12:9-10 ____________________________________ Opsomming: Sola Gratia – Deur Genade Alleen, beteken presies dit. Ons is uit genade gered en nie deur iets wat ons self kon doen of iets wat iemand anders vir ons gedoen het nie. Dit was in God se genade wat Hy die inisiatief geneem het om Sy Seun te offer aan die kruis (Joh 3:16). God gee dit vir ons verniet, maar dit het Hom Sy Seun se lewe gekos...
- 39 -
Bespreek die volgende in die groep:
1. Wat leer ons van die Here se genade in Rom 3:23-24? 2. Buiten vir redding, wat gee God ons nog uit genade volgens
Rom 5:2? 3. Wat moet ons reaksie wees op hierdie genade volgens Rom
6:1-2 en 12? NOTAS: ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________
- 40 -
WEEK 4: Sola Gratia
Iets om te onthou Ons redding is in die versoening wat Christus aan die kruis bewerk het
vir elkeen van ons. Dit alles kom alleenlik deur God se genade.
Vers om te onthou “Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy
voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak
as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer.” (Rom 5:17)
Vraag om oor na te dink Wat beteken genade volgens vandag se studie?
Hoe raak genade my lewe?
Gebed om te bid Vader, baie dankie vir U genade. Dankie dat U die inisiatief geneem het om my te kom red en my lewe te kom verander. Vader, ek kan
genade sien aan die kruis. Sonder die kruis van Jesus was daar nie `n uitweg vir my nie en was ek vandag nog vasgevang in my sonde.
Dankie vir U groot genade. AMEN!
- 41 -
“[Ek is nou een met Christus]: vrygespreek, nie omdat ek die wet onderhou nie, maar omdat ek in Christus glo. Dit is die vryspraak wat God gee omdat ’n mens in Hom glo.” (Fil 3:9)
WEEK 5 Inleiding Ons het tot dusvêr gekyk na 3 van die 5 Solas. Kyk of die groep kan onthou watter Solas ons na gekyk het: Sola 1: Sola _______________ - ___________________ Ons geloof begin by die Woord van God – niks meer nie en niks minder nie. Die Woord is die maatstaf en die finale gesag vir en oor ons lewens. Ons begin by die Woord. Die Woord leer ons God ken, dit leer ons die Here Jesus ken en wys ons die weg na redding. Lees Rom 10:17 (1953-vertaling) Sola 2: Solus _______________ - ___________________ Christus is die Begin en die Voleinder van ons geloof (Heb 12:2). Die Bybel is duidelik: daar is geen ander manier om die Vader te leer ken behalwe deur die Seun, die Here Jesus Christus, nie. Lees Joh 14:6 Sola 3: Sola _______________ - ___________________ Ons redding is `n genadewerk van God. Ek kan niks doen om dit te verdien nie. Dit is ‘n inisiatief wat God geneem het om Jesus aan die kruis in ons plek te kruisig. Omdat Christus die prys in my plek betaal het, kan ek God leer ken. Lees Rom 6:23 Hierdie week kyk ons na Sola Fide – Deur Geloof Alleen!
Anker #4
Sola Fide (Deur Geloof Alleen)
- 42 -
Tema teks: Rom 3:21-31 Leier: Lees ook Rom 4:4-11. Lees hierdie verse aandagtig deur. GESPREKSVRAAG: Dink mooi na oor die verse wat ons so pas gelees het. Wat lees ons in Rom 3:21-22 is nie die pad na vryspraak nie? Wat sê die vers is wel die pad na vryspraak? ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
Wat beteken “vryspraak”? Lees Hand 13:38-39 In hierdie verse lees ons die basiese betekenis van vryspraak. Net `n regter kan iemand vryspreek en dit kan slegs gebeur in 2 gevalle:
• Die beskuldigde word onskuldig bevind in die hof. • Die beskuldigde word vrygespreek, al is hy skuldig, deur `n
hoër gesag soos die president. (Ons noem dit presidensiële kwytskelding.)
In ons geval is ons natuurlik skuldig (1 Joh 1:10). God se genade word aan ons betoon, want God spreek ons vry van die straf wat ons vir ons sonde moet dra. Christus het reeds die prys betaal Lees die volgende verse en skryf neer: 1. Wat leer ons van die mens (voordat God hom red)? 2. Wat leer ons van God? Die mens: God: Rom 3:23: _________________ _____________________ Rom 3:5-6: _________________ _____________________ Gal 3:8: _________________ _____________________ Gal 5:4: _________________ _____________________
- 43 -
Ons weet dus vanuit die Bybel dat die mens verlore is in sy sonde. Ons kan niks doen om onsself te red nie. Dit is dus God wat die inisiatief moet neem en die eerste stap neem. In Joh 3:16-17 lees ons dat God presies dít gedoen het! Hy het sy Seun na die wêreld gestuur sodat almal wat _________________, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe kan kry! Sola Fide – deur Geloof alleen Lees Rom 4:5 en Heb 11:6
Vryspraak van die straf vir sonde kom wanneer ek my geloof en vertroue in God stel. In Heb 12:23-24 lees
ons dat God die Regter oor almal is en dat Hy ons vryspreek.
Christus doen die reddingswerk deur die mag van sonde oor ons lewens te breek deur as onskuldige in ons plek te sterf. Ons kan dit nie doen nie, net Christus kan – ons stel ons geloof en vertroue in God en omdat ons in Christus glo, red God ons en spreek Hy ons vry. “Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, 22maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo.” (Rom 3:21-22) GESPREKSVRAAG: Lees Gal 3:23-26. Wat, volgens hierdie verse, kon die wet nie doen nie? Wat het Christus kom doen? Hoe kry ek volgens vers 26 deel aan Christus? ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
- 44 -
Geloof en Aksie loop hand en hand! WAARSKUWING: Lees hierdie verse baie versigtig! Lees Jak 2:22-26 Niemand word gered deur goeie dade nie. My goeie dade, my beste dade met die beste intensie om goed te doen en om die wet te onderhou of selfs om my hele lewe as offer te gee vir “goeie dade”, kan my nie red nie. Iemand wat voor `n regter staan, kan mos nie sê: “Verskoon tog Edelagbare, maar ek dink U fokus is op die verkeerde plek! U fokus nou net op een daad wat ek verkeerd gedoen het en kyk al die goeie dade mis!” Nee, want iemand wat verkeerd gedoen het, verdien die straf vir sy dade, al het hy baie goeie dinge gedoen. Net so kan ek nie deur goed te probeer leef, gered word nie. Ek moet vrygespreek word van my sonde. Dit gebeur deurdat ek my geloof en vertroue in Christus stel. Maar, my geloof is nie `n lisensie om nou aan te gaan met die ou, sondige lewe nie (Rom 6). Nee, ek moet nou my ou lewe laat staan, want dit is wat my geloof doen: dit bring my in `n nuwe verhouding met God. So, geloof is dus nie om passief net iets van God te ontvang nie. Geloof is iets waarin ek nou lewe. Dit transformeer my lewe elke dag om meer en meer soos Christus te word. In geloof staan ek nou in `n verhouding met God. Opsomming: Sola Fide – God se vryspraak is Sý inisiatief. Hy gee dit vir almal wat hulle vertroue en geloof in die genadewerk van Christus plaas. Ek word dus `n kind van God deur om in Christus te glo. Dit is egter nie waar dit eindig nie. Deur my geloof maak God my lewe nuut en lê ek die ou lewe af. Ek lewe `n nuwe lewe in Christus.
- 45 -
Bespreek die volgende in die groep: 1. Wat leer Efes 2:8? 2. Wat doen hierdie geloof aan my volgens Gal 2:19-20?
Hoe weet ek my geloof is lewendig volgens Jak 2:17-18? NOTAS: ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________
- 46 -
WEEK 5: Sola Fide
Iets om te onthou
God spreek ons vry van die straf vir sonde, nie omdat ons die wet onderhou nie, maar omdat ons in Christus glo.
Vers om te onthou “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy
die reg gegee om kinders van God te word.” (Joh 1:12)
“Maar die mens wat nie op wetsonderhouding staatmaak nie, maar wat glo in Hom wat die goddelose vryspreek, hy kry die vryspraak
deur sy geloof.” (Rom 4:5)
Vraag om oor na te dink Waarvan het God my vrygespreek?
Hoe kry ek hierdie vryspraak? Hoe behoort my lewe nou te lyk?
Gebed om te bid Vader, ek glo met my hele hart dat die kruis van Jesus, Sy
versoeningswerk, genoeg was vir my. Ek weet dat deur om mooi te lewe nie genoeg is om gered te word nie, maar dat ek U moet eer deur te streef na heiligheid. Ek plaas my geloof en vertroue in die
Here Jesus. AMEN!
- 47 -
“Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid! Amen.” (2 Pet 3:18)
WEEK 6
Inleiding In vandag se studie kyk ons na die laaste van die 5 Solas. Voordat ons by die laaste Sola kom, kom ons kyk net weer na die vorige 4: Sola 1: Sola _______________ - ___________________ Ons geloof begin by die Woord van God – niks meer nie en niks minder nie. Die Woord is die maatstaf en die finale gesag vir en oor ons lewens. Ons begin by die Woord. Die Woord leer ons God ken, dit leer ons die Here Jesus ken en wys ons die weg na redding. Lees Rom 10:17 (1953-vertaling) Sola 2: Solus _______________ - ___________________ Christus is die Begin en die Voleinder van ons geloof (Heb 12:2). Die Bybel is duidelik: daar is geen ander manier om die Vader te leer ken behalwe deur die Seun, die Here Jesus Christus, nie. Lees Joh 14:6 Sola 3: Sola _______________ - ___________________ Ons redding is `n genadewerk van God. Ek kan niks doen om dit te verdien nie. Dit is inisiatief wat God geneem het om Jesus in ons plek aan die kruis te laat sterf. Omdat Christus die prys in ons plek betaal het, kan ons God leer ken. Lees Rom 6:23 Sola 4: Sola _______________ - ___________________
Anker #5
Soli Deo Gloria (Alle Eer aan die Here Alleen)
- 48 -
Ons redding is `n genadewerk van God en ons kan redding ontvang deur geloof alleen (Efes 2:8). Daar is nie `n ander manier hoe ons God tevrede kan stel nie, behalwe deur om ons vertroue en geloof in Christus Jesus te stel (Heb 11:6). Vandag kyk ons na: Soli Deo Gloria – Alle Eer aan God Alleen! Tema teks: Rom 11:33-36 Leier: Lees ook Mark 10:17-18. GESPREKSVRAAG: Wat is die kern eienskap van God wat ons in Markus 10:17-18 en Ps 136:1 lees? Hoe kontrasteer wie God is met wie die mens is volgens Rom 3:9-12? ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
Alle eer kom die Here toe Lees Ps 86:8-10 In hierdie Psalm skryf Dawid: “Daar is geen God soos Jahweh (JHWJ) nie.” Ons God is onvergelykbaar. Niks en niemand kan met die Here, ons God, vergelyk word nie. In die woorde van Jesus: Net God is waarlik goed. Net God is waardig om aanbid te word (Open 4:11). Net God mag aanbid word Lees Eks 20:2-6 In hierdie teksgedeelte kry ons die 1ste en die 2de gebod wat God vir die volk gegee het. Skryf dit hier neer: Gebod #1: _______________________________ (v2-3) Gebod #2: _______________________________ (v3-6)
- 49 -
Ons weet dit, want die Bybel leer dit! Alhoewel dit `n anker in ons geloof is, was dit nie altyd vanselfsprekend nie. Daar was `n tyd wat die Roomse kerk die mense vêr van hierdie ewige waarheid af weggelei het. So vroeg soos 400 n.C. het die Katolieke kerk begin leer dat daar tot die oorlede heiliges (“Saints”) gebid kan word. Dit sal nie vir hulle vreemd wees om in gebed met Paulus en Petrus te praat en vir hulle hulp te vra om saam met hulle by Christus self in te tree nie. Die Katolieke kerk het (en doen nog steeds!) die mense geleer dat hulle gebede meer betekenis het as hulle deur hierdie heiliges bid. Daarom is daar altyd baie beelde van heiliges by hulle kerke opgerig. Daar is meer as 10 000 geproklameerde heiliges in die Katolieke kerk. Elke dag op die kalender is daar heiliges wat vereer moet word. Een van ons geloofsankers en ontstaanredes van die Reformasie in die 16de eeu is om terug te keer na die Bybelse waarheid: Aan God alleen die eer. Net God mag aanbid word. Net God is goed. GESPREKSVRAAG: Waarom, volgens Joh 14:6 en Heb 4:16, hoef ons nie en mag ons nie gebruik maak van die afgestorwe heiliges wanneer ons bid nie? ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
`n Lewe wat eer bring Lees 1 Tess 2:10-12 In hierdie teks verwys Paulus daarna hoe hy die gemeente aangemoedig het, soos `n pa met sy kinders maak, om tot eer van
- 50 -
God te lewe. Om eer aan God te bring, is nie slegs iets wat ons doen tydens lofprysing, getuienis of prediking nie. Ons moet tot eer van God lewe. Om tot eer van God te lewe beteken om só te lewe dat ander mense die Here sal verheerlik. Dit is presies waarvan Jesus praat in Matt 5:16: “Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Om die Here te verheerlik, behels daarom `n spesifieke leefstyl. Paulus sê dit ook in 1 Kor 6:19-20. Ons is nou `n tempel van die Heilige Gees. Dit beteken God woon nou in ons. Ons moet daarom God in ons liggame en in ons lewens verheerlik. GESPREKSVRAAG: Om die Here te verheerlik, is dus `n leefstyl! Lees Gal 5:19-24. Hoe lyk `n lewe wat nie die Here verheerlik nie? Hoe lyk `n lewe wat wél die eer aan die Here bring? Maak 'n lys van van wat die Here eer bring en ook wat die Here nie eer bring nie: God verheerlik: God nie verheerlik nie: ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________ ________________________________
- 51 -
Opsomming: Soli Deo Gloria – Alle eer aan God alleen. Die Woord is duidelik: ek mag nie vir my beelde bymekaar maak om te aanbid of om eer te bring aan afgestorwe heiliges nie. Daar is net Een wat waarlik goed is en dit is God. Ons moet God verheerlik, nie net deur ons aanbidding, getuienis en sang nie, maar ook deur ons leefstyl. Bespreek die volgende in die groep:
1. Watter rede gee Dawid waarom ons die Here moet eer volgens Ps 145:3?
2. Waarom moet ons die Here eer volgens Ps 98:1-2? 3. Wat het die Here gedoen volgens Ps 71:23?
NOTAS: ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________
- 52 -
WEEK 6: Soli Deo Gloria
Iets om te onthou In Christus het God ons gemaak wat ons nou is. Alle eer kom dus ons
Vader toe wat Jesus Christus gestuur het om ons te kom verlos van sonde. Christus woon ook nou in ons deur die Heilige Gees.
Vers om te onthou “Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die
heerlikheid tot in ewigheid! Amen.” (Rom 11:36)
Vraag om oor na te dink Is my hart uitverkoop aan God of hou ek afgode in my lewe aan?
Bewys my lewe dat ek God alleen wil verheerlik?
Gebed om te bid Vader, my lewe behoort aan U en ek wil uitverkoop lewe aan U. Leer my om U die hoogste plek van eer in my lewe te gee – nie net met my
lippe nie, maar ook met my hele lewe. Ek bring al die eer en al die heerlikheid aan U tot in alle ewigheid.
AMEN!
- 53 -
“As jy hierdie dinge aan die broers voorhou, sal jy ’n goeie dienaar van Christus Jesus wees wat jouself voed met die woorde van die geloof en die goeie leer waarvan jy ’n aanhanger geword het.” (1 Tim 4:6)
WEEK 7
Inleiding Iemand het eendag gesê as jy nie staan vir iets nie, sal jy val vir enigiets! Oor die afgelope 7 weke het ons in diepte gekyk na ons geloofsankers - die ewige waarhede in die Skrif waarop ons staan en waaroor ons nie sal onderhandel nie.
Ons staan nie sommer net vir iets nie. Ons staan op
die Woord van God en vir die waarheid daarin. Tema teks: 2 Tim 2:14-18 Leier: Lees ook 1 Tim 6:2b-5 GESPREKSVRAAG: Waarom is die waarheid en suiwer leer belangrik volgens 1 Tim 4:16? Wat is die impak daarvan as ons van die waarheid begin afdwaal? ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
5 Solas - 5 Ankers Opsomming
- 54 -
Die Waarheid is belangrik! Lees 1 Tim 3:15
In hierdie gedeelte maak Paulus `n baie belangrike opmerking teenoor Timoteus. Timoteus is `n jong predikant wat sorg dra vir verskeie gemeentes wat Paulus geplant het. Nou sê Paulus vir hom: “Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid.” Die gemeente (dit is almal wat in geloof Jesus as Verlosser aangeneem het) het `n spesiale verantwoordelikheid. Ons is volgens Paulus eerstens die draer van die waarheid. Dit beteken ons het die verantwoordelikheid om die waarheid uit te dra binne die gemeente, maar ook na buite na die verlore wêreld. Die tweede verantwoordelikheid van die gemeente is dat ons ook die beskermer van die waarheid is. Dit beteken die waarheid is aan ons toevertrou om te beskerm en seker te maak ons dra dit suiwer oor aan ander. Per definisie moet ons seker maak dwaalleringe sluip nie in nie GESPREKSVRAAG: Waarteen waarsku 1 Joh 4:1-2 ons? Watter raad gee Johannes vir ons wat ons moet doen? __________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
5 Solas – 5 Ankers Lees 2 Tess 2:15 Ons moet vashou aan dit wat ons leer. Ons moet vashou aan die waarheid. Die waarheid funksioneer soos `n anker in my lewe wat maak dat as die storms van versoeking, die storms van beproewing of
- 55 -
die storms van dwaalleraars teen my geloof kom slaan, dat ek standvastig kan bly staan. Dit is egter nie net my eie geloof wat daarby baat vind nie, maar ook die wat ná aan my is en wie in my lewe betrokke is. Dit is presies wat Paulus sê in 1 Tim 4:16: “Let goed op jou lewe en jou leer, volhard daarin, want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as dié wat na jou luister.” Kom ons kyk nou na `n kort opsomming van die 5 Solas. Vul by elke Sola die spasies in: Sola 1: Sola _______________ - ___________________ Lees 2 Tim 3:16 Dit is deur die Woord dat ons leer wie God is, ons leer deur die Woord dat Christus vir ons gesterf het en deur die Woord leer ons wat God van ons verwag. God se Woord, die Skrif en ons Bybel, is die finale gesag oor elke aspek van ons lewens GESPREKSVRAAG: Watter rol moet die Bybel in ons lewens speel volgens 2 Tim 3:16? ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
Sola 2: Solus _______________ - ___________________ Lees 1 Tim 1:15, Joh 14:6 en Hand 4:12 Daar is geen ander manier om God tevrede te stel nie, behalwe om Sy Seun, Jesus Christus, as Verlosser te aanvaar. Daar is nie `n ander manier om gered te word nie, behalwe deur die versoeningswerk wat Christus aan die kruis kom doen het.
- 56 -
GESPREKSVRAAG: Wat, volgens Joh 3:16, het God gedryf om Sy Seun te laat sterf in ons plek? ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
Sola 3: Sola _______________ - ___________________ Lees Ps 86:15 en Rom 8:32 Die kruis van Jesus wys dat God ons wil red. God se karakter is `n karakter van genade. Hy kyk na ons toestand en Hy neem die inisiatief en steek eerste hand uit om ons te kom red. God se genade maak die eerste skuif in ons redding en dit is `n skuif in genade. GESPREKSVRAAG: Wat leer ons van God se genade teenoor ons in Spr 28:13? ________________________________________________________________________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
Sola 4: Sola _______________ - ___________________ Lees Efes 2:8 Redding is `n werking van God. Ek kan niks doen om myself te red nie. God gee in genade Sy Seun om in ons plek te sterf. Genade maak die pad van redding vir ons oop. Geloof is my aandeel. Ek neem Christus aan in geloof en sterf aan myself en my ou lewe. GESPREKSVRAAG: Waarom is geloof belangrik volgens Heb 11:6? ________________________________________________________________________________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
- 57 -
Sola 5: Soli _______________ - ___________________ Lees Open 7:12 Die eer en heerlikheid behoort aan God! Hy is die Alwyse en Almagtige. Dit is Hy wat in Sy grootheid vir ons hierdie kans op lewe kom gee het. Daarom is die gepaste reaksie op wie God is en wat God doen om al die eer aan Hom te bring. GESPREKSVRAAG: Wat, volgens Ps 75:2, moet ons reaksie wees op God se magtige dade? ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________ ____________________________________________________________________
NOTAS: ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________ ________________________________________________________
- 58 -
WEEK 7: 5 Ankers vir ons Geloof
Iets om te onthou Die waarheid is net die waarheid as dit die volle waarheid is! Die
vyand verlei altyd met `n halwe waarheid. Ons moet seker maak ons bly in die volle waarheid van die Woord.
Vers om te onthou “Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.”
(Joh 8:32)
“Let goed op jou lewe en jou leer, volhard daarin, want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as dié wat na jou luister.”
(1 Tim 4:16)
Vraag om oor na te dink Hoe kan ek my lewe meer en meer instel om die ewige waarhede van
die Woord in my lewe vas te maak?
Gebed om te bid Vader, dankie vir hierdie ankers in my geloofslewe. Help my om die waarhede in U Woord vas te messel in my lewe sodat wanneer die
storms kom, ek nie sal wankel nie. AMEN!
- 59 -
Slotwoord
5 Solas – 5 Ankers: Dankie dat jy die 7-weke studie saamgedoen het. Ek vertrou dat jy nuwe waarhede in die Skrif kon ontdek en sterker vastigheid in jou geloof kon ontwikkel. Paulus moedig vir Timoteus aan met hierdie woorde in 2 Timoteus 4:2: “verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerlê, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee,” Die Here wil ons help om sekerheid te hê oor waar ons staan in ons geloof. Hierdie 5 Solas is ononderhandelbaar vir `n standvastige geloofslewe. Daarom het ons hierdie reeks gedoen. In hierdie reeks het ons voorraadopname gedoen oor die toestand van ons geloofsankers. Vir baie mense is leerstellings nie belangrik nie. Maar in hierdie 7 weke het ons geleer hoe dit vir die duiwel moontlik is om twyfel en selfs afvalligheid in die kerk te bewerkstellig as ons nie vashou aan die volle waarheid van die Skrif nie. Indien jy hierdie reeks geniet het en jy het lus om `n verdere studie te doen, bestudeer gerus die pastorale briewe van Paulus: 1 en 2 Timoteus en Titus. Jy kan dit opvolg deur die Hebreërs brief te lees. Kontak my gerus by [email protected] indien jy enige vrae het. Die Here seën.
Ander Bybelstudies
5 Solas - 5 Ankers
Daar is vyf ononderhandelbares vir ons geloof wat gedurende die Protestante Reformasie gedefinieer is. In hierdie reeks bestudeer ons die 5 Ankers en ons maak seker dat ons geloof hierin geanker en gewortel is.
Genesis
Die Ou Testament en Genesis is nét so van toepassing vandag. In hierdie studie kyk ons na Genesis deur die bril van die Nuwe Testament en bied ‘n verfrissende perspektief op die belangrikheid van Genesis in ons geloof.
Volg My
Dissipelskap is elkeen van ons se ware roeping. Hierdie studie volg die dissipels van waar hulle geroep is tot waar hulle uitgestuur is. Dit bied ‘n uitdaging aan ons as Christene om onsself af te vra: “Volg ons Jesus werklik?”
Karakter van God
‘n Studie van God se karaktereienskappe. Deur na God se karaktereienskappe te kyk, leer ons God beter ken en verstaan ons beter wat God van ons verwag.
Dis Oorlog
‘n Verfrissende studie oor die Christen se Wapenrusting. Wanneer dit kom by Geestelike Oorlogvoering is daar baie wanopvattings daar buite. Hierdie studie bied ‘n eenvoudige, Bybelse benadering tot hierdie onderwerp.
Kindskap
Wat beteken dit om ‘n kind van God te wees? Hierdie studie kyk na hoe ons ons identiteit in Christus vind en ons kindskap aanvaar.
Jabes
Hierdie studie bied ‘n nuwe blik op Jabes se gebed waar dit weg beweeg van voorspoedteologie. Jabes se gebed word besigtig vanuit ‘n Nuwe Testamentiese perspektief. Ons kyk na die belangrikheid van gebed en ‘n goeie verhouding met die Vader.
Waardes
Waardes definieer ons lewens en is soos ‘n kompas wat ons op die regte pad hou. In hierdie studie kyk ons na die waardes wat ons op die pad van die Woord hou en hoekom waardes belangrik is in ons lewens.
Waarde van die Woord
Sekularisme het ons lewensbenadering baie kom verander. Ook die hoofstroom kerk het ongelukkig nou ‘n meer liberale teologiese aanslag. Hierdie studie daag ons uit om die Bybel weer as die Woord van God te ag en daarvolgens te lewe.
Vir Botter of vir Wors
Die huwelik is bedoel om “For Better or for Worse” te wees. In hierdie studie kyk ons na relevante onderwerpe waarmee getroude paartjies gekonfronteer kan word. Doen hierdie studie as ‘n voorhuwelikse of huweliksverrykingskursus.
Internet vIr ChrIstene
“Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe.” - Rom. 12:2a
J.L. D
elport
Johan Delport
Internet vir
Christene
Die tyd waarin ons leef, word gekenmerk aan ‘n oorlading van kommunikasie en inligting. Dit sluit ‘n bonte verskeidenheid
van onderwerpe en temas in. Vryheid van spraak en die spreekwoordelike “mag van die pen” word dikwels as ‘n grenslose reg beskou. Sosiale media en die internet skep dus ‘n omgewing waarin die kinders van God, van alle ouderdomme, baie versigtig moet wees oor hoe om hierdie inligting oordeelkundig aan te wend. Onthou, alles is nie noodwendig geestelik opbouend of “gesond” nie.
Die vraag is dus nie oor wat oor ons pad kom nie, maar eerder oor hoe ons dit hanteer wat oor ons pad kom. Hierdie Bybelstudie skep ‘n platform vir gesprek waar die kind van God kan besin oor alles wat deur die sosiale media en internet op ons skoot land.
“Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.” (Fil 4:8).
Ds. Chris Heunis
Wie is Johan Delport?
Die Here het Johan gered op 15 Augustus 1994 op die ouderdom van 15. Kort na sy drastiese bekering het hy die roeping van die Here op sy lewe ervaar om voltyds vir die Here te werk.
Johan het na skool by die Baptiste Seminarium sy lisensiaat in teologie gedoen. Hy en sy vrou Tanja is getroud op 2 Desember 2000. Johan en Tanja het eers in Kemptonpark 'n klein gemeente van 20 lidmate bedien vir 2 jaar en is daarna na Bloemfontein Baptiste gemeente beroep waar hulle vir 5 jaar deel was van een van die land se grootste Afrikaanse gemeentes. Op 3 Februarie 2008 het Johan en Tanja Tygerberg Gesinskerk in Durbanville geplant.
Internet vir Christene
Hierdie reeks bied die Christen Bybelse filters vir hoe om die internet, sosiale media en selfoonkommunikasie tot eer van God te gebruik. Dit help die Christen om seker te maak dat hy/sy ‘n goeie “aanlyn-getuienis“ uitleef.
Radikaal
Om ‘n dissipel van die Here Jesus te wees ,is radikaal - dit is anders as die wêreld. Hierdie reeks kyk na die verskillende fasette van ons geloof en daag ons uit om ‘n radikale lewe in Christus te leef.