2012 sept (afr) - dele 1 & 2 - gawieleroux.co.za€¦ · maar die regte in die bestaande...
TRANSCRIPT
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 1
Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen
September 2012
Deel 1
Selfstudie Aktekursus
Vraag 1 - Modelantwoord [20]
Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
Le Roux G J
Afstanddoening van voorrang
Ek, die ondergtekende,
Peter Brown
gebore op 1 Julie 1960
getroud met Elizabeth Brown, welke huwelik bepaal word deur die reg van
Zambië en hierin behoorlik deur haar bygestaan
die wettige houer van die hieronder verband, naamlik:-
Verbandnommer: B371/2006
Gepasseer deur: John Smith
Identiteitsnommer: 620506 6093 08 1 en
Jane Smith
Identiteitsnommer: 630130 0067 08 3
Getroud binne gemeenskap van goed met mekaar
ten gunste van Peter Brown
Gebore op 1 Julie 1960
Getroud, welke huwelik bepaal word deur die reg van
Zambië
vir die bedrag van R245 000,00 (twee honderd vyf en veertig duisend rand)
en ‘n addisionele bedrag vanR49 000,00 (nege en veertig
duisend rand)
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 2
2
doen hiermee afstand van voorrang ten opsigte van bogemelde verband, ten
gunste van ‘n verband wat op die punt staan om geregistreer te word deur gemelde
verbandgewers ten gunste van Uniform Bank Beperk, Registrasienommer
1971/000526/06 vir die bedrag van R100 000,00 (een honderd duisend rand) sodat
sodanige verband voorrang sal geniet bo bogemelde verband.
Geteken te Pretoria op 12 September 2012
As Getuies:
1 ___________________________ ________________________
P Brown
2 ___________________________ ________________________
E Brown
Die antwoord op vraag 1 gaan voort op die volgende bladsy
Vraag 3 - Modelantwoord [10]
3.1 Die twee wyses waarop ondernemingreddingsverrigtinge teen ‘n maatskappy
ingestel kan word, is -
i) Begin deur besluit van die direksie
Kragtens artikel 129(1) van die Maatskappywet, 2008, kan die direksie
besluit dat die maatskappy vrywilliglik met ondernemingsreddings-
verrigtinge begin en die maatskappy onder toesig plaas, indien die
direksie redelike gronde het om te glo dat -
a) die maatskappy in finansiële nood is; en
b) daar ‘n redelike vooruitsig is dat die maatskappy gered kan word
ii) Begin deur hofbevel
Indien ‘n maatskappy nie ‘n besluit aangeneem het om met
ondernemingsreddingsverrigtinge te begin nie, kan ‘n geaffekteerde
persoon by ‘n hof aansoek doen vir ‘n bevel wat die maatskappy onder
toesig plaas en met ondernemingreddingsverrigtinge begin. Kennis
moet aan geaffekteerde persone gegee word wie die aansoek mag
teenstaan. Die hof kan ‘n bevel maak om die maatskappy onder
toesig te plaas en ondernemingreddingsverrigtinge te begin indien die
hof tevrede is dat -
a) die maatskappy in finansiële nood is; en
b) daar ‘n redelike vooruitsig is om die maatskappy te red. [4]
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 3
Vraag 1 - (vervolg) Opgestel deur my
Vorm VV TRANSPORTBESORGER
Le Roux G J
Ooreenkoms om die bepalings van die verband te wysig kragtens artikel 3(1)(s) van die Registrasie van Akteswet, 47 van 1937
Ons die ondergetekendes
John Smith
Identiteitsnommer: 620506 6093 08 1 en
Jane Smith
Identiteitsnommer: 630130 0067 08 3
Getroud binne gemeenskap van goed met mekaar,
die verbangewer, en
Peter Brown
gebore op 1 Julie 1960
getroud met Elizabeth Brown, welke huwelik bepaal word deur die reg van
Zambië en hierin behoorlik deur haar bygestaan
die wettige houer van die hieronder verband, naamlik:-
Verbandnommer: B371/2006
Gepasseer deur: John Smith
Identiteitsnommer: 620506 6093 08 1 en
Jane Smith
Identiteitsnommer: 630130 0067 08 3
Getroud binne gemeenskap van goed met mekaar
ten gunste van Peter Brown
Gebore op 1 Julie 1960
Getroud, welke huwelik bepaal word deur die reg van
Zambië
vir die bedrag van R245 000,00 (twee honderd vyf en veertig duisend rand)
en ‘n addisionele bedrag vanR49 000,00 (nege en veertig
duisend rand) kom hiermee ooreen dat -
Nademaal ‘n verband op die punt staan om geregistreer te word deur die gemelde
verbandgewer ten gunste van Uniform Bank Beperk, Registrasienommer
1971/000526/06 vir die bedrag van R100 000,00 plus ‘n addisionele bedrag van
R20 000,00;
En nademaal die gemelde Uniform Bank Beperk slegs bereid is om die
voorgemelde lening toe te staan onderhewig daaraan dat -
a) die bogemelde verbandhouer afstand doen van voorkeur van die bogemelde
verband ten gunste van Uniform Bank Beperk; en
b) ‘n nie-benadelingsklousule in die bogemelde verband vervat word ten gunste
van gemelde Uniform Bank Beperk
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 4
2
En nademaal die bogemelde verbandhouer bereid is om aan die bogemelde twee
voorwaardes te voldoen en alreeds ‘n afstanddoening van voorkeur ten gunste van
Uniform Bank Beperk onderteken het;
Nou derhalwe, ter voldoening aan die tweede voorwaarde, kom die partye ooreen -
1 Hierdie verband ten gunste van Peter Brown, Gebore op 1 Julie 1960,
getroud, welke huwelik bepaal word deur die reg van Zambië, sal op geen
wyse in stryd kom met, bevoordeel word of die regte en voordele benadeel
van Uniform Bank Beperk, Registrasienommer 11971/000526/06 kragtens ‘n
verband wat geregistreer staan te word deur die gemelde verbandgewer as
‘n eerste verband oor die beswaarde eiendom ten gunste van Uniform Bank
Beperk vir die bedrag van R100 000,00 plus ‘n addisionele bedrag van R20
000,00, welke verband voorkeur bo hierdie verband geniet en welke regte en
voorrang in alle opsigte dieselfde sal bly asof hierdie verband nooit
gepasseer is nie;
2 Onder geen omstandighede mag die eiendom hierkragtens verbind, op
beslag gelê word of die verbandgewer gesekwestreer of gelikwideer of onder
geregtelike bestuur geplaas word deur die verbandhouer nie, sonder dat die
skriftelike toestemming van Uniform Bank Beperk eers vooraf verkry is nie.
3 Uniform Bank Beperk kan die regte aan hom verleen kragtens sy eerste
verband wat voorrang geniet bo hierdie verband uitoefen en verdere
voorskotte aan die verbandgewer maak. Die verbandhouer sal nie hierdie
verband sedeer sonder die toestemming van Uniform Bank Beperk nie;
4 Tensy Uniform Bank Beperk anders ooreenkom, sal hierdie verband
oorhandig word aan en bewaar word deur Uniform Bank Beperk totdat
hierdie verband of die verband ten gunste van Uniform Bank Beperk
gekanselleer word.
Geteken te Pretoria op hierdie 12de dag van September 2012
As getuies: 1
John Smith
2
Jane Smith
1
Peter Brown
2
Elizabeth Brown
1 Sien vorige eksamenvraestel Mei 1997, Deel 1 Vraag 4; September2007, Deel 1, Vraag 2, sowel as Voorbeeld 12E in Deel 4 van dienotas vir Selfstudie vir Aktekursus vir Prokureurs.
Aangesien daar nie ‘n nuwe verband is wat geregistreer gaan word nie,maar die regte in die bestaande verband gesedeer word, kan die baljunie bloot sertifiseer kragtens regualsie 51(2) dat hy nie daartoe in staatwas om besit van die verband te bekom nie. Hierdie aansoek moetderhalwe by die aktekantoor ingedien word.
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 5
Vraag 2 - Modelantwoord [20]Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
Le Roux GJ
Aansoek en beëdigde verklaring
kragtens Regulasie 68(1) & (14) van die Aktes Wet, 47 van 1937 1
Ek, die ondergetekende,
Hennie Niemann
in my hoedanigheid as Balju van die Landdroshof vir die distrik van Germiston
behoorlik daartioe gemagtig kragtens ‘n eksekusielasbrief uitgereik deur die klerk
van die hof te Germiston op 16 Julie 2012 verklaar hiermee onder eed dat:
1 Jan Snyman
Identiteitsnommer: 701010 5001 08 2
Ongetroud, is die wettige houer van Verbandakte B888/2005, gepasseer in
sy guns deur Syringa Investments BK
2 Weens die saak tussen Secure Investments Eiendoms Beperk as die Eiser
en Jan Snyman as die Verweerder, het ek het uit hoofde van 'n lasbrief
uitgereik deur die Landdroshof vir die distrik van Germiston beslag gelê op
die gemelde verbandhouer se belang in die gemelde verband, en die belang
op 21 Augustus 2012 per openbare veiling aan Secure Investments
Eiendoms Beperk verkoop.
3 Die verbandhouer het intussen spoorloos verdwyn en ek kon nie daarin
slaag om hom op te spoor of om die gemelde verband in die hande te kry
nie. Die gemelde verbandakte is dus werklik verlore of vernietig en kan glad
nie gevind word nie.
4 Sover my kennis strek is die gemelde verband nie verpand of as sekuriteit
gegee vir skuld of andersins nie.
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 6
2
5 Weens die feit dat ek verplig is om Jan Snyman se reg, titel en belang onder
die gemelde verband aan Secure Investments Eiendoms Beperk te sedeer,
doen ek hiermee aansoek by die Registrateur van Aktes te Johannesburg
kragtens die bepalings van Regulasie 68(1)&(14) van die Aktes Wet, 47 van
1937, dat 'n gesertifiseerde afskrif van gemelde verbandakte No. B888/2005
aan my uitgereik word.
___________________________________________
Hennie Niemann
Geteken en Beëdig voor my te Germiston op die 12 September 2012 deur die
verklaarder wat erken dat hy ten volle op hoogte is met die inhoud van hierdie
verklaring en dat hy dit verstaan.
___________________________________________
Kommissaris van Ede
Die antwoord op vraag 2 vervolg op die volgende bladsy
Vraag 3 - Modelantwoord (vervolg) [10]
3.2 Ek die ondergetekende
Jan van der Merwe, in my hoedanighied as ondernemingreddingpraktisyn
van
ABC Eiendoms Beperk
Registrasienommer 2008/049786/07
behoorlik aangestel deur die raad van direkteure op 1 Julie 2010 kragtens
artikel 129(3)(b) van die Maatskappywet 71 van 2008
soos blyk uit Kennisgewing van Aanstelling van Ondernemingredding
Praktisyn geliasseer by die CIPC op 5 Julie 2010 [6]
2 Die opskrif kan nie lees: “toestemming tot sessie” nie, aangesienhierdie nie ‘n toestemming is nie, maar die sessie self.
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 7
Vraag 3 - Modelantwoord [30]Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
Le Roux G J
Sessie van ‘n verband 2
Ek, die ondergetekende
Hennie Niemann in my hoedanigheid as balju van die Landdroshof van
Germiston behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n lasbrief uitgereik deur die
klerk van die hof te Germiston op 16 Julie 2012,
waar Jan Snyman die wettige houer is van die ondervermelde verband, naamlik-
nommer B888/2005
gepasseer deur Syringa Beleggings BK
Registrasie nommer: 1999/0077889/23
ten gunste van Jan Snyman
Identiteitsnommer: 701010 5001 08 2
Ongetroud
vir die bedrag van R425 000,00 (vier honderd vyf en twintig duisend
rand) en ‘n addisionele bedrag van R85 000,00(vyf
en tagtig duisend rand)
sedeer en transporteer al Jan Snyman se reg titel en belang in die bovermelde
verband aan en ten gunste van
Secure Investments Eiendoms Beperk
Registrasienommer: 1985/009517/07
welke reg titel en belang deur my verkoop is op ‘n openbare veiling op 21 Augustus
2012 ter uitvoering van ‘n eksekusielasbrief uitgereik deur die Landdroshof van
Germiston en daaropvolgende beslaglegging, in die saak waarin Secure
Investments Eiendoms Beperk die eiser was en Jan Snyman, identiteitsnommer
690408 5554 08 8 die verweerder was onder Germiston landdroshof saaknommer
2234/2007, en die gemelde Jan Snyman die geregistreerde houer van die reg titel
en belang in die bovermelde verband is,vir waarde ontvang.
Ek verklaar dat die volle bedrag onder die verband nog verskuldig is
Geteken te Germiston op 12 September 2012
As getuies:
1
2
H Niemann
3 Indien elke gade geregtig is op ½ aandeel kragtens ‘negskeidingsbevel kan hierdie laaste paragraaf byvoorbeeld as volg
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 8
Vraag 4 - Modelantwoord [30]4.2 Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
Le Roux GJ
Aansoek kragtens artikel 45bis(1A)
van die Aktes Wet, 47 van 1937
Ons, die ondergetekendes
1 Andrew Anderson
Identiteitsnommer: 550605 5036 08 1
ongetroud
2 Beth Boshoff (voorheen Anderson)
Identiteitsnommer: 570306 0429 08 2
getroud met Daniël Boshoff, welke huwelik bepaal word deur die reg van
België, behoorlik deur hom bygestaan
doen hiermee aansoek by die Registrateur van Aktes te Pretoria vir endossering
van Akte van Transport No T 383/2000, kragtens die bepalings van artikel
45bis(1A) van die Registrasie van Aktes Wet, No 47 van 1937, waarkragtens
gehou word -
Erf 301 Fairy Glen Dorpsgebied
Registrasie Afdeling JR, Provinsie van Gauteng
Groot 1 040 (een duisend en veertig) vierkante meter.
Aangesien die huwelik tussen ons deur egskeiding ontbind is kragtens ‘n hofbevel
van die Suid-Gauteng Hoë Hof, Johannesburg onder saaknommer 2359/2009 op 1
Maart 2009;
En aangesien, kragtens die gemelde hofbevel ons gemeenskaplike boedel in
gelyke dele verdeel is;
Nou derhalwe doen ons aansoek vir die endossering van die bogemelde titelakte
tot die effek dat elkeen van ons geregtig sal wees op sy of haar een-halwe aandeel
in die bogemelde eiendom asof elkeen van ons formeel oordrag daarvan ontvang
het.. 3
lees, naamlik:-“Tot die effek dat elkeen van ons geregtig is op ½ (een halwe) aandeelin die gemelde eiendom kragtens ‘n finale egskeidingshofbeveluitgereik deur die Noord Gautengse Hoë Hof, Pretoria op 15 Mei 2009en dat ons daarmee mag handel asof ons formeel transport in onsname van ons onderskeie aandele in die gemelde eiendom ontvanghet”.
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 9
Geteken te Pretoria op op 2 Junie 2009.
Andrew Anderson
Beth Boshoff
Daniël Boshoff
4.1 Ten einde te voldoen aan die bepalings van artikel 14 van die Registrasie
van Akteswet, moet twee registrasiehandelinge plaasvind alvorens die
oordrag van eiendom kan geskied, naamlik -
a) ‘n Aansoek moet kragtens artikel 45bis(1A) van die Registrasie van
Akteswet gebring word deur A en Beth (behoorlik bygestaan deur D) in
terme waarvan A en Beth elk oordrag van ‘n een-halwe aandeel in die
eiendom sal ontvang.
b) Daarna moet ‘n aansoek vir ‘n endossement kragtens artikel
45bis(1)(a) deur A gebring word met betrekking tot die halwe aandeel
wat in die gemeenskaplike boedel van A en C val, om aan te teken dat
C se kwart aandeel in die eiendom, wat sy verkry het weens haar
huwelik binne gemeenskap van goed met A, wettiglik deur A verkry is
kragtens die egskeidingsbevel.
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 10
Vraag 4.2 (vervolg) Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
Le Roux GJ
Aansoek kragtens artikel 45bis(1)(a)
van die Aktes Wet, 47 van 1937
Ek, die ondergetekende,
Andrew Anderson
Identiteitsnommer 550605 5036 08 1
ongetroud
verklaar hiermee dat -
1 Nademaal Erf 301 Faerie Glen dorpsgebied
Registrasie Afdeling J.R., Porvinsie van Gauteng
Groot 1 040 (een duisend en veertig) vierkante meter
Gehou kragtens Akte van Transport T383/2000
in my naam en in die naam van my voormalige gade Beth Boshoff (voorheen
Anderson), Identiteitsnommer 570306 0429 08 2, met wie ek binne
gemeenskap van goed getroud was, geregistreer is
2 Die huwelik tussen my en die gemelde Beth Boshoff is deur egskeiding
ontbind kragtens ‘n hofbevel en die bogemelde eiendom is aan elkeen van
ons in gelyke dele toegeken.
3 Na die egskeiding na verwys in paragraaf 2 hierbo, het ek binne
gemeenskap van goed getrou met Danielle Anderson op 25 September
2011. Die huwelik tussen my en my voormalige gade, Danielle Anderson is
deur egskeiding ontbind kragtens ‘n hofbevel deur die Suid Gauteng Hoë
Hof, Johannesburg onder saaknommer 1234/2012 op 1 Februarie 2012.
4 Kragtens die gemelde hofbevel, het Danielle al die voordele van ‘n huwelik
binne gemeenskap van goed verbeur en die een halwe aandeel in die
eiendom was derhalwe aan my toegeken.
5 Nademaal ek op een-kwart aandeel in die eiendom geregtig is kragtens my
huwelik binne gemeenskap van goed met my voormalige gade, Danielle
Anderson en op die ander kwart aandeel kragtens die voormelde hofbevel,
doen ek nou hiermee aansoek by die registrateur van aktes te Johannesburg
vir die ensoddering van die gemelde akte van transport tot die effek dat ek
geregtig is om die die gemelde een-halwe aandeel in die eiendom te handel
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 11
2
asof ek formeel transport ontvang het van die aandeel van my voormalige
gade.
Geteken te Johannesburg op 12 September 2012
Andrew Anderson
4.3 Ons, die ondergetekendes,
1 Andrew Anderson
Identiteitsnommer 550605 5036 08 1
ongetroud
2 Beth Boshoff (voorheen Anderson)
Identiteitsnommer 570306 0429 08 2
getroud met Daniël Boshoff, welke huwelik bepaal word deur die reg
van België, behoorlik deur hom bygestaan
Vraag 5 - Modelantwoord [10]
Onderhewig aan die volgende voorwaardes:-
1 Die voormalige Gedeelte 10 van die Plaas Greenvalley 249, ‘n gedeelte
waarvan hiermee getransporteer word, is onderhewig aan ‘n serwituut ten
gunste van Eskom om elektrisiteit oor die eiendom te gelei tesame met
bykomende regte, soos sal blyk uit Notariële Akte van Serwituut K328/1988S
met kaart daarby aangeheg.
2 Onderhewig aan ‘n lewenslange vruggebruik ten gunste van Amanda Els,
identiteitsnommer 360606 0018 081, weduwee.
3 En verder onderhewig aan al sodanige voorwaardes waarna verwys word of
wat vermeld staan in die gemelde aktes.
Verduideliking van voorwaardes
Voorwaarde 1: Alhoewel Gedeelte 20 nie direk onderhewig aan die
kraglynserwituut is nie, is dit onderhewig aan die bykomende
regte vervat in die serwituut. Die voorwaarde moet derhalwe
gekwalifiseer word.
Voorwaarde 2: Aangesien die geheel van die eiendom aan die vruggerbuik
onderhewig is, sal enige gedeelte daarvan ook daaraan
onderhewig wees. Geen kwalifikasie is nodig nie. Artikel 28(2)
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 12
van die Akteswet bepaal dat die grond in verdelingstransporte
aan die vruggerbuik onderhewig gemaak moet word tot
dieselfde omvang as die aandeel of aandele waarvoor die
vervang word. Hierdie vruggebruik sal derhalwe ook op die
resterende gedeelte van Gedeelte 20 (‘n gedeelte van gedeelte
10) van die plaas Greenvalley van toepassing gemaak word.
Voorwaarde 3: Hierdie is ‘n algemene voorwaardeklousule wat in alle aktes
ingevoeg moet word (behalwe Kaapstad, Pietermaritzburg,
Bloemfontein en Vryburg aktekantore).
Die serwituut van reg van weg is weggelaat omdat gemelde serwituut al langs die
westelike grens van Gedeelte 10 loop en aangesien Gedeelte 20 die oostelike
gedeelte van Gedeelte 10 is, raak hierdie serwituut nie die Gedeelte 20 nie. Geen
serwituutnota verskyn op die onderverdelingskaart nie.
Vraag 6 - Modelantwoord [20]
6.1 Nademaal, kragtens die testament, gedateer 8 November 2005 van wyle
Jack Sithole, wie op 3 Maart 2010 oorlede is en wie buite gemeenskap van
goed met Jill Sithole getroud was, hy sy onroerende eiendom bemaak het
aan sy twee kinders, Larry Sithole, ongetroud and Mavis Tshabangu, getroud
binne gemeenskap van goed met Joe Tshabangu, onderhewig aan die
uitsluiting van die gemeenskap van goed, soos meer volledig hieronder
uiteengesit;
En nademaal die twee kinders ‘n herverdelingsooreenkoms gedateer 2 Mei
2012 met betrekking tot die onroerende eiendom in die boedel van wyle Jack
Sithole aangegaan het, waarkragtens die hiernagemelde transportnemer op
die hiernagemelde eiendom geregtig is, onderhewig aan die betaling van ‘n
bedrag van R100 000,00 om die herverdeling gelykop te maak;
En dat hy in sy voormelde hoedanigheid hierby sedeer en transporteer aan
en ten gunste van
Mavis Tshabangu
Identiteitsnommer 801204 0089 08 2
getroud binne gemeenskap van goed met Joe Tshabangu met die uitsluiting
van die gemeenskap van goed met betrekking tot die hierondervermelde
eiendom op grond van die bepalings vervat in die testament van wyle Jack
Sithole gedateer 8 November 2005
haar erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes [15]
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 13
6.2 Dokumente vir indiening by die aktekantoor
• Huidige titelakte vir eenheid 5
• volmag om oordrag te gee
• hereregtevrystellingsertifikaat
• artikel 15B(3)(a) -transportbesorgersertifikaat
• uitklaringsertifikaat
• afskrif van die testament, deur die Meester gesertifiseer en
geëndosseer as deur hom aanvaar
• artikel 42(1) transportbesorgersertifikaat
• afskrif van die herverdelingsooreenkoms, deur die Meester
gesertifiseer en geëndosseer as deur hom aanvaar
• afskrif van die naasbestaandeverklaring, gesertifiseer deur die
Meester [5]
Vraag 7 - Modelantwoord [25]
7.1 Die eienaars en die houers van ‘n reg van uitbreiding beoog in artikel 25 van
die Wet op Deeltitels, mag met eenparige besluit die regspersoon beveel
om die gemeenskaplike eiendom of ‘n gedeelte daarvan te vervreem of te
verhuur. ‘n Afskrif van die betrokke besluit, gesertifiseer deur twee trustees
van die regspersoon moet saam met die ander dokumente ingedien word.
• Indien die geheel van ‘n reg van uitbreiding deur die vervreemding van
gemeenskaplike eiendom geraak word (soos wat hier die geval is), moet
sodanige reg met die toestemming van die houer daarvan by voorlegging
van die titel van die reg, deur die registrateur gekanselleer word.
• Artikel 18 van die Wet op Deeltitels bepaal onder andere dat Artikel 56 en 57
van die Registrasie van Akteswet ook van toepassing sal wees op ‘n
transport onder artikel 17 (gemeenskaplike eiendom). Derhalwe, moet die
toestemming van al die verbandhouers oor onverdeelde aandele in die
gemeenskaplike eiendom tot óf kansellasie óf meer waarskynlik die
ontheffing van die onverdeelde aandele in daardie gedeelte van die
gemeenskaplike eiendom uit die werking van die verband bekom word.
• Artikel 17(1) van die Wet op Deeltitels vereis voldoening aan enige reg met
betrekking tot die onderverdeling van grond en derhalwe is die toestemming
van die plaaslike bestuur tot die onderverdeling nodig.
• Artikel 17(3) van die Wet op Deeltitels vereis dat ‘n kaart, goedgekeur deur
die Landmeter-Generaal, van daardie gedeelte van die gemeenskaplike
eiendom wat getransporteer word, aan die transportakte geheg word. [5]
4Die eiendomsbeskrywing sal in ooreenstemming met die kaart vir daardie gedeelte van diegemeenskaplike eiendom wat getransporteer word, wees.
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 14
7.2 Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
Le Roux G J
Volmag om oordrag te gee
Ons, die ondergetekendes
Irmin Henkel en Marè Vermeulen-Breedt
in ons hoedanigheid as trustees van die
Regspersoon van die Happy Days Skema SS nr. 163/1998
behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n eenparige besluit geneem deur die
regspersoon op 2 September 2012 te Pretoria
nomineer en stel hiermee aan Gabriel Jacobus le Roux en/of Erinda Frantzen
gesamentlik en afsonderlik met mag van substitusie om ons ware en wettige
prokureur en agent te wees en om namens ons voor die Registrateur van Aktes te
Pretoria te verskyn en oordrag te passeer aan -
Magic View Eiendoms Beperk
Registrasienommer 2000/001234/07
van die volgende eiendom, naamlik:-
Gedeelte 1 van Erf 123 Moreletapark Dorpsgebied 4
Registrasie Afdeling J.R., Provinsie van Gauteng
Groot 2109( twee een nul nege) vierkante meter
Soos aangedui op Kaart L.G. Nr. 321/2012
welke eiendom op 15 Julie 2012 2008 vir die bedrag van R900 000,00
(negehonderd duisend rand) aan die gemelde transportnemer verkoop is.
Geteken te Pretoria op hierdie 12de dag van September 2012.
As getuies: 1
I Henkel
2
M Vermeulen-Breedt [20]
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 15
Vraag 8 - Modelantwoord [30]8.1 Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
Frantzen E
Volmag om verband te passeerEk, die ondergetekende,
Sibongile Jane Gumede
Gebore op 10 November 1996
‘n minderjarige
behoorlik bygestaan deur my ouers en natuurlike voogde Michael Gumede
en Miriam Gumede
nomineer, konstitueer en stel hiermee aan
Erinda Frantzen en/of Gabriël Jacobus le Roux met mag van substitusie om my
ware en wettige prokureur en agent te wees en om in my naam –
1 voor die Registrateur van Aktes te Pretoria te verskyn en daar en dan as my
daad en handeling ‘n verband ten bedrae van R10 000,00 (tien duisend
rand) plus ‘n addisionele bedrag van R2 000,00 (twee duisend rand) te
registreer en uit te voer aan en ten gunste van -
Joanna Brown
Identiteitsnommer 490107 0085 082
weduwee
haar erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes
in ooreenstemming met die konsepverbandakte hierby aangeheg en
geparafeer deur die verbandgewer en twee getuies vir identifikasie
doeleindes, waarin die eiendom daarin beskryf spesiaal verbind word;
2 om al sodanige wysigings, byvoegings en skrappings in die gemelde verband
aan te bring as wat ookal nodig mag wees ten einde registrasie daarvan te
bewerkstellig; en
3 om in die algemeen om alles te doen wat ookal nodig mag wees om die
gemelde verband geldig en effektief te maak asof ek persoonlik teenwoordig
is en hierin optree; en ek ratifiseer en bevestig en onderneem hiermee om
alles te ratifiseer wat die gemelde prokureurs wettiglik doen of laat doen
kragtens hierdie volmag
Geteken te Pretoria op 12 September 2012
As getuies 1
Sibongile Jane Gumede
2
Michael Gumede
Miriam Gumede
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 16
Opgestel deur my
TRANSPORTBESORGER
Frantzen E
Verbandakte
Hierby word bekendgemaak dat
Erinda Frantzen
voor my, die Registrateur van Aktes, verskyn het te Pretoria sy, die genoemde
komparant synde behoorlik daartoe gemagtig deur ‘n volmag geteken te Pretoria
op
en aan haar verleen deur
Sibongile Jane Gumede
Gebore op 10 November 1996
‘n minderjarige
behoorlik bygestaan deur haar ouers en natuurlike voogde Michael Gumede
en Miriam Gumede
(hierna die verbandgewer genoem)
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 17
-2-
En die komparant het verklaar dat die verbandgewer waarlik en wettiglik verskuldig
en gehou en gebonde is aan en ten behoewe van -
Joanna Brown
Identiteitsnommer 490107 0085 082
weduwee
(hierna die verbandhouer genoem)
haar erfgename, eksekuteurs, administrateurs of regsverkrygendes
in die bedrag van R10 000,00 (tien duisend rand) synde die hoofsom vir betaling
van die balans van die koopprys verskuldig deur die verbandgewer aan die
verbandhouer met betrekking tot die eiendom hierkragtens verbind, onderhewig
aan die voortdurende dekkende sekuriteit soos meer volledig hieronder uiteengesit;
en
R2 000,00 (twee duisend rand) synde die addisionele som waarna meer volledig in
die kosteklousule hieronder verwys word.
En die komparant verklaar namens die verbandgewer dat hierdie verband
onderhewig sal wees aan die volgende terme en voorwaardes:
1 Voortdurende dekkingsekuriteit
Hierdie verband sal ‘n voortdurende dekkingsekuriteit wees vir die bedrag
van die hoofsom en vir alle bedrae wat nou of in die toekoms aan die
verbandhouer verskuldig mag wees met inbegrip van toekomstige skulde
ingevolge hierdie verband.
Die verbandhouer kan aan die verbandgewer verdere bedrae voorskiet, of
die kapitaal of sodanige deel daarvan wat voorheen terugbetaal is
hervoorskiet, met dien verstande dat die totale bedrag van alle voorskotte nie
meer as die hoofsom mag wees nie.
2 Rente en terugbetaling
2.1 Rente is betaalbaar op die hoofsom van die verband, of die
oorblywende balans wat van tyd tot tyd deur die verbandgewer aan die
verbandhouer verskuldig is en alle ander bedrae wat kragtens hierdie
verband verskuldig is, teen ‘n koers van 10% per jaar, welke rente
bereken sal word vanaf datum van registrasie van hierdie verband tot
aan die einde van die maand waarin die verband geregistreer is en
daarna vanaf die eerste dag van elke daaropvolgende maand.
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 18
-3-
2.2 Rente wat bereken word vanaf datum van registrasie van hierdie
verband tot aan die einde van die maand waarin die verband
geregistreer is, is betaalbaar met registrasie hiervan en daarna word
rente maandeliks vooruit betaal, welke betaling geskied op die eerste
dag van die maand wat volg op registrasie van hierdie verband.
2.3 Enige rente wat nie betaal word op die eerste dag van enige maand
nie, sal gekapitaliseer word en deel vorm van die hoofsom kragtens
hierdie verband.
2.4 Die rentekoers sal op ‘n jaarlikse basis hersien word en skriftelik deur
die verbandhouer aan die verbandgewer bevestig word. Die rente sal
egter nooit hoër wees as die prima uitleenkoers soos bepaal deur
Help-U-Bank Beperk, Registrasienommer 1960/001234/06 nie.
2.5 Nieteenstaande enigiets tot die teendeel hierin vervat, moet die
kapitaal en rente, tesame met kostes en ander verskuldige bedrae ten
volle betaal word binne ‘n tydperk van 3 (drie) jaar vanaf datum van
registrasie van hierdie verband.
2.6 Alle betalings kragtens hierdie verband sal in die eerste instansie
aangewend word om rente en ander kostes kragtens die verband
verskuldig, te delg en daarna die hoofsom te verminder.
2.7 Alle betalings kragtens hierdie verband sal gemaak word vry van
bankkoste te Pretoria.
3 Addisionele bedrag (kosteklousule)
Alle toekomstige voorskotte, skulde of eise (buiten en behalwe die hoofsom
en rente daarop) wat wettiglik onder hierdie verband gevorder en verhaal
mag word vir versekeringspremies, koste van enige kennisgewing, of
aangegaan weens die instelling van geregtelike stappe om enige bedrag wat
onder hierdie verband verskuldig is te verhaal, uitgawes aangegaan weens
die betaling van oweheidsheffings en belastings en ander fooie en kostes
verbonde aan hierdie verband, tesame met rente daarop, sal beperk word tot
‘n bedrag wat die bedrag van R2 000,00 (twee duisend rand) (synde die
addisionele bedrag) nie te bowe gaan nie.
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 19
-4-
4 Vervroegingsbeding
Indien die verbandgewer nalaat om enige betalings hierkragtens stiptelik te
maak of indien die verbandgewer versuim om enige van sy verpligtinge of
aanspreeklikheid kragtens die bepalings en voorwaardes in hierdie verband
stiptelik na te kom of om op aanvraag enige bedrag te betaal wat
regsgeldiglik van die verbandgewer geëis mag word, sal die volle bedrag van
die hoofsom tesame met alle rente opeisbaar kragtens hierdie verband
onmiddellik, sonder enige kennisgewing, verskuldig en opeisbaar raak. Die
verbandhouer sal in sodanige geval daarop geregtig wees om voort te gaan
met die verhaal daarvan, tesame met alle rente daarop en enige sodanige
gelde as wat hierkragtens verskuldig mag wees en om die eiendom
diensooreenkomstig uitwinbaar te verklaar.
En as sekuriteit vir die nakoming van al bogemelde voorwaardes en verpligtinge
het die komparant, namens die verbandgewer, verklaar om die volgende eiendom
spesiaal te verbind as ‘n eerste verband –
Erf 123 Lynnwood Dorpsgebied
Registrasie Afdeling J.R., Provinsie van Gauteng
groot 800 (agthonderd) vierkante meter
Gehou kragtens akte van transport geregistreer staan te word
Onderhewig aan die voorwaardes van titel
Ten bewyse waarvan ek, genoemde Registrateur, tesame met die komparant
hierdie akte onderteken en dit met die ampseël bekragtig het.
Aldus gedoen en verly op die kantoor van die Registrateur van Aktes te Pretoria op
qq Komparant
In my teenwoordigheid
Registrateur van Aktes
5 Presies deiselfde vraag is gevra in September 2005, (Deel 1), Vraag 4.
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 20
Vraag 9 - Modelantwoord 5 [30]
9.2.(i) Opgestel deur my
Vorm MM Transportbesorger
Le Roux GJ
Toestemming tot gedeeltelike afbetaling
Ek, die ondergetekende,
James Tredoux, behoorlik hiertoe gemagtig deur ‘n besluit van die direkteure
van Surebank Beperk
Registrasienommer: 1970/000321/06
synde die wettige houer van verband B1011/1998
gepasseer deur Arthur MacDonald
Identiteitsnommer: 650505 5050 08 5 en
Elderie MacDonald
Identiteitsnommer: 720716 0077 08 2
Getroud binne gemeenskap van goedere met mekaar
ten gunste van Surebank Beperk, Registrasienommer: 1970/000321/06
vir die bedrag van R600 000,00 (Seshonderd duisend rand) en ‘n
bykomende bedrag van R120 000,00 (een honderd en
twintig duisend rand)
Stem hiermee toe tot die notering van ‘n gedeeltelike afbetaling teen bogemelde
verband vir die bedrag van R100 000,00 (eenhonderd duisend rand).
Geteken te Pretoria op 12 September 2012
As getuies: 1
J Tredoux nms Surebank Beperk
2
9.1 i) ‘n Gedeeltelike afbetaling moet geregistreer word om aan te dui dat ‘n
bedrag van R100 000,00 op die bestaande verband reeds deur Arthur
MacDonald en sy vrou terugbetaal is.
ii) ‘n Ooreenkoms ingevolge artikel 3(1)(s) van die Akteswet moet
aangegaan word om die rentekoers te wysig.
iii) ‘n Toestemming tot substitusie ingevolge artikel 57 van die Akteswet
moet deur die koper en die bank gesluit word. [5]
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 21
9.2 (ii) Opgestel deur my
Vorm VV Transportbesorger
Le Roux GJ
Ooreenkoms om die voorwaardes van ‘n verband ingevolge
artikel 3(1)(s) van die Akteswet 47 van 1937 te wysig
Ons, die ondergetekendes,
John Jones
Identiteitsnommer: 710810 5050 08 5
Ongetroud
en
Alice Rothman
Identiteitsnommer:780101 0010 08 0
Getroud binne gemeenskap van goedere met Albert Rothman
wie gesamentlik in vennootskap besigheid bedryf as Jones, Rothman en
Vennote, die verbandgewers,
en ek, James Tredoux, behoorlik hiertoe gemagtig kragtens ‘n besluit van die
direkteure van Surebank Beperk, Registrasienommer: 1970/000321/06
synde die wettige houer van Verband B1011/1998 vir die bedrag van
R600,000.00, sedertdien verminder na R500,000.00 kragtens ‘n gedeeltelike
afbetaling wat geregistreer staan te word, kom hiermee ooreen dat die
voorwaardes in genoemde verband soos volg gewysig word:
Die rentekoers word verminder van 18.5% tot 15.5%.
Geteken te Pretoria op 12 September 2012.
As getuies: 1
J Jones
2
A Rothman
Geteken te Pretoria op 12 September 2012.
As getuies: 1
J Tredoux
2
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 22
9.2 (iii) Opgestel deur my
Vorm W Transportbesorger
Le Roux GJ
Toestemming tot substitusie
kragtens artikel 57 van die akteswet 47 van 1937
Nademaal
Surebank Beperk
Registrasienommer: 1970/000321/06
die wettige houer is van verbandakte B1011/1998 gedateer 4 Maart 1998 en
gepasseer deur
Arthur MacDonald
Identiteitsnommer: 650505 5050 08 5
en
Elderie MacDonald
Identiteitsnommer: 720716 0077 08 2
Getroud binne gemeenskap van goedere met mekaar
vir die bedrag van R600 000,00 (ses honderd duisend rand) plus ‘n bykomende
bedrag van R120 000,00 (een honderd en twintig duisend rand), waarby verbind is
as ‘n eerste verband, sekere -
Erf 100 Ermelo Dorpsgebied
Registrasie Afdeling I.S., Provinsie van Mpumalanga
Groot: 800 (agt honderd) vierkante meter
Gehou kragtens akte van transport T 1010/1998
En nademaal die voornoemde Arthur MacDonald en Elderie MacDonald
voornoemde grond getransporteer het aan
John Jones
Identiteitsnommer: 710810 5050 08 5
Ongetroud
en
Alice Rothman
Identiteitsnommer: 780101 0010 08 0
Getroud binne gemeenskap van goedere met Albert Rothman
wie gesamentlik in vennootskap besigheid bedryf as Jones, Rothman en
Vennote
wie bereid en gewillig is om die aanspreeklikheid van genoemde Arthur MacDonald
en Elderie MacDonald oor te neem ondergenoemde verband en om vir genoemde
transportgewers as skuldenaars ingevolge die verband gesubstitueer te word.
6 Artikel 57 (4)(b) vereis spesifiek dat indien die onroerende eiendomgetransporteer word aan twee of meer persone, hulle transport van diegrond moet neem in onverdeelde aandele en in die skrifteliketoestemming in terme van artikel 57(1) afstand doen van die eksepsiede duobus vel pluribus reis debendi.
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 23
2
So is dit dat ek, James Tredoux, behoorlik daartoe gemagtig kragtens ‘n besluit van
die direkteure van Surebank Beperk, kragtens die bepalings van genoemde Wet
toestem dat voornoemde transportnemers vir die skuldenaars ingevolge die
verband gesubstitueer word, en dat vanaf die datum van uitvoering van die
transport die transportgewer vrygestel is van enige verpligtings ingevolge
genoemde verband.
Gedateer te Pretoria op 12 September 2012.
As getuies: 1
J Tredoux nms Surebank Beperk
2
En ons, die ondergetekendes
John Jones
Identiteitsnommer: 710810 5050 08 5
Ongetroud
en
Alice Rothman
Identiteitsnommer: 780101 0010 08 0
Getroud binne gemeenskap van goedere met Albert Rothman
wie gesamentlik in vennootskap besigheid bedryf as Jones, Rothman en
Vennote
voornoemde transportnemers, wat bogenoemde toestemming van die wettige
houer van die verband gelees het, stem hierby toe om gesubstitueer te word vir die
transportgewers as skuldenaars ingevolge die verband, en aanvaar hierby die volle
aanspreeklikheid vir die skuld ingevolge voornoemde verband kragtens die
bepalings van genoemde Wet en doen afstand van die wetelike eksepsie de
duobus vel pluribus reis debendi.6
Geteken te Pretoria op 13 September 2012.
As getuies: 1
John Jones
2
. Alice Rothman [22]
7 Artikel 34 van die Boedelwet, 66 van 1965 handel oor insolvente bestorweboedels. Artikel 57(4) bepaal dat artikel 57 nie van toepassing is indiendie met verband beswaarde grond getransporteer moet word aan iemandwat nie self bevoeg sou wees om dit met verband te beswaar nie.
8 Let daarop dat die gemeenskap van goed outomaties uitgesluit is metbetrekking tot ‘n fiduciarius, kragtens die gemenereg.
Deel 1 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 24
9.3 Ja. Artikel 57(4) sal die vervanging van ‘n verbandgewer onder hierdie
omstandighede verbied.7 [3]
Vraag 10 - Modelantwoord [5]
Ons, die ondergetekendes,
1 John Brown
Identiteitsnommer 601248 5798 08 7
getroud binne gemeenskap van goed met Susan Brown
(As ficudiarius) 8
en
2 Hannah Brown
Identiteitsnommer 901201 0085 087
ongetroud
(As fideicommissarius)
TOTAAL [200]
Bladsy 25
Modelantwoorde vir die Transportbesorgingseksamen
September 2012
Deel 2
Selfstudie Aktekursus
Vraag 1 - Modelantwoord [5]
Hereregte moet op die volle waarde van die eiendom bereken woprd, derhalwe:
R120 000,00 X 20 = R2 400 000,00, waarna die bedrag hereregte betaalbaar, in
hierdie geval deur twintig gedeel moet word.
R0-R600 000,00 vrygestel =R 0,00
R600 000,00-R1 000 000,00 (R400 000,00) X 3% =R 12 000,00
R1 000 000,00-R1 500 000,00 (R500 000,00) X 5% =R 25 000,00
R1 500 000,00- R2 400 000,00 (R900 000,00) X 8% =R 72 000,00
=R109 000,00
X =R5 450,00 hereregte betaalbaarR109000 00
1
, 1
20
Vraag 2 - Modelantwoord [8]
2.1 Ek sal die eiendom vanaf die bestorwe boedel aan X en Y transporteer
kragtens ‘n transportakte. Gelyktydig sal ek ‘n notariële akte van vruggebruik
oor die een halwe aandeel van Y registreer. Die uitsonderings in artikel 65
en 67 van die Akteswet is nie van toepassing nie, en derhalwe mag die
vruggebruik nie in die volmag geskep word nie. [4]
2.2 Kragtens die reël “eerste in tyd, eerste in reg”, sal die reg van die
vruggebruiker sterker as die verbandhouer met betrekking tot die halwe
aandeel van Y wees. Die vruggebruiker kan afstand doen van voorrgang ten
gunste van die verbandhouer met betrekking tot die vruggebruik. Hierdie
afstanddoening kan in die verband self of in ‘n eensydige notariële akte van
afstanddoening vervat word, om gelyktydig met die verband geregistreer te
word. [4]
Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 26
Vraag 3 - Modelantwoord [10]
1 Annemarie Dalton (gebore Smith)
Identiteitsnommer 960402 3258 08 4
en
James Dalton
Identiteitsnommer 901205 5487 08 7
getroud bionne gemeenskap van goed met mekaar
(As blote eienaar)
2 Sonja Smith
Identiteitsnommer 990201 0025 08 1
‘n minderjarige
behoorlik bygestaan deur haar ouer en natuurlike voog Estelle Brown
(As blote eienaar)
3 Estelle Brown (voorheen Smith)
Identiteitsnommer 660502 4214 08 2
getroud binne gemeenskap van goed met Louis Brown
(As vruggebruiker)
Die toestemming van die Meester van die Hoë Hof (indien die waarde van die
eiendom van die minderjarige R100 000,00 of minder is) of die Hoë Hof self (indien
die waarde van die minderjarige se eiendom meer as R100 000,00 is) moet ook
bekom en saam met die transport ingedien word.
Vraag 4 - Modelantwoord [10]
4.1 'n Huisbouer moet toesien dat die ooreenkoms wat gesluit word, tussen die
huisbouer en 'n behuisingsverbruiker vir die oprigting of verkoop van 'n huis
deur daardie huisbouer, aan die volgende vereistes voldoen:
1 Dié ooreenkoms moet -
(a) op skrif wees en deur beide partye onderteken word;
(b) alle wesenlike bepalings, met inbegrip van die finansiële
verpligtinge van die behuisingsverbruiker, uiteensit.
2 Die volgende dokumente moet aan dié ooreenkoms geheg wees -
(a) die spesifikasies met betrekking tot die materiale wat gebruik
gaan word in die oprigting van die huis; en
(b) die planne wat die grootte en afmetings van die huis weergee,
soos goedgekeur deur die plaaslike owerheidsliggaam.
3 In die ooreenkoms mag voorsiening gemaak word vir wysigings van
die planne soos deur die plaaslike owerheidsliggaam vereis. [4]
Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 27
4.2 Die ooreenkoms tussen 'n huisbouer en 'n behuisingsverbruiker vir die
oprigting of verkoop van 'n huis word geag waarborge in te sluit wat in
enige hof deur die behuisingsverbruiker teenoor die huisbouer afdwingbaar
is, naamlik dat-
a) die huis, afhangende daarvan of dit reeds opgerig is of opgerig staan
te word-
i) op 'n vakkundige wyse gebou is of gebou sal word;
ii) geskik is of sal wees vir bewoning; en
iii) gebou is of gebou sal word ooreenkomstig -
aa) die NHBRR Tegniese Vereistes in die mate waarin dit op
die huis van toepassing is op die datum waarop die huis
by die Raad ingeskryf word; en
bb) die bedinge, planne en spesifikasies van die ooreenkoms
aangegaan met die behuisingsverbruiker soos beoog in
subartikel (1);
b) die huisbouer-
i) onderhewig aan die beperkings en vrystellings wat die Minister
mag voorskryf, op onkoste van die huisbouer en op aanvraag
deur die behuisingsverbruiker, ernstige strukturele gebreke in
die huis sal regstel wat veroorsaak is deur nie-nakoming van die
NHBRR Tegniese Vereistes, en wat plaasvind binne 'n tydperk
bepaal in die ooreenkoms en wat nie korter sal wees as vyf jaar
vanaf die okkupasiedatum nie, en waarvan kennis deur die
behuisings-verbruiker aan die huisbouer gegee is binne daardie
tydperk;
ii) nie-nakoming of afwyking van die bedinge, planne en
spesifikasies van die ooreenkoms of enige gebrek wat verband
hou met ontwerp, vakmanskap of materiale, waarvan kennis
deur die behuisingsverbruiker aan die huisbouer gegee is binne
'n tydperk bepaal in die ooreenkoms en, wat nie korter as drie
maande vanaf die okkupasiedatum sal wees nie, sal regstel; en
iii) daklekke sal regstel wat toegeskryf kan word aan vakmanskap,
ontwerp of materiale, wat plaasvind en waarvan kennis deur die
behuisingsverbruiker aan die huisbouer gegee is binne 'n
tydperk bepaal in die ooreenkoms en wat nie korter as 12
maande vanaf die okkupasiedatum sal wees nie. [3]
4.3 Geen finansiële instelling mag geld aan 'n behuisingsverbruiker leen teen
registrasie van 'n verband ten opsigte van 'n huis as sekuriteit, met die doel
om die behuisingsverbruiker in staat te stel om die huis van 'n huisbouer te
koop nie, tensy daardie instelling oortuig is dat -
i) die huisbouer ingevolge hierdie Wet geregistreer is;
ii) die huis by die Raad geregistreer is of geregistreer sal word; en
iii) die voorgeskrewe gelde betaal is of betaal sal word.
Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 28
Daar is dus ‘n plig op ‘n transportbesorger wat die registrasie van 'n
verband ten gunste van 'n bank of finansiële instelling behartig, om vas te
stel dat -
i) die huisbouer kragtens hierdie Wet geregistreer is;
ii) hy die huis by die Raad ingeskryf het; en
iii) hy die voorgeskrewe gelde vir daardie inskrywing betaal het. [3]
Vraag 5 - Modelantwoord [12]
5.1 Hereregte ten bedrae van R6000,00 is betaalbaar op die koopprys, bereken
as volg, naamlik -
R0-R600 000,00 =vrygestel =R 0,00
R600 000,00 tot R800 000,00 =R200 000,00 x 3% =R6 000,00
Geen hereregteboete is betaalbaar nie, aangesien boete slegs betaalbaar is
vir elke voltooide kalendermaand na die afloop van 6 maande na die datu,
van verkryging (koopdatum).
5.2 Hereregte is betaalbaar. Alhoewel die verkoper ‘n geregistreerde BTW
onderner is, verkoop hy nie sy eiensom vir doeleindes van die besighied
waarvoor hy vir BTW geregistreer is nie. Hereregte sal op die bedrag van
R800 000,00 betaalbaar wees, wat R6 000,00 beloop - (sien die berekening
in 5.1 hierbo). Hereregteboete sal egter betaalbaar wees teen ‘n koers van
10% per jaar met betrekking tot een voltooide maand. Hereregteboete word
as volg bereken, naamlik -
10% = Bedrag hereregte betaalbaar x maande uitstaande
120
Dus: R6 000,00 x 1 =R50,00
120
‘n Totale bedrag van R6 050,00 hereregte is derhalwe deur die koper betaalbaar.[3]
5.3 Al daar aan al die vereistes vir ‘n nulkoers transaksie voldoen word, sal BTW
op die koopprys van R1 000 000,00 teen ‘n koers van 0% betaalbaar wees.
[3]
Die vereistes vir ‘n nulkoers transaksie is -
a) die verkoper moet 'n BTW-ondernemer wees;
b) die koper moet 'n BTW-ondernemer wees;
c) die lewering moet bestaan uit ‘n onderneming of gedeelte van ‘n
onderneming wat vatbaar is vir afsonderlike werksaamheid;
d) die onderneming wat verkoop word, moet 'n lopende saak wees;
Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 29
e) die partye moet skriftelik ooreenkom dat -
• die onderneming 'n lopende saak is;
• die onderneming ‘n inkomste-verdienende bedryf sal wees op
datum van oordrag daarvan;
• die vergoeding vir die lewering, BTW teen die nul koers insluit;
en
f) the bates wat nodig is vir die voortsit van die inkomstegenererende
bedryf moet ook aan die koper gelewer (verkoop) word. [3]
5.4 Hereregte is op die koopprys betaalbaar, aangesien die verkoper nie ‘n BTW
ondernemer vir doeleindes van die transaksie is nie. Die eerste R600
000,00 van die koopprys is vrygestel van die betaling van hereregte,
Derhalwe is geen hereregte betaalbaar nie. Aangesien geen hereregte
betaalbaar is nie, kan geen hereregteboete betaalbaar wees nie. [3]
Vraag 6 - Modelantwoord [8]
6.1 Nee - (artikel 77(2) van die Akteswet).
6.2 Nee.
6.3 Ja, toestemming tot die registrasie van die serwituut van reg van weg
(afhangend van of dit as ‘n persoonlike of grondserwituut geregistreer word,
moet toestemming gegee word kragtens artikel 65(3) of 75(3) onderskeidelik
van die Akteswet).
6.4 Ja. Die verbandhouer is ‘n belanghebbende party kragtens RKB32/2010 en
moet toestem tot die regstelling van die transportakte.
6.5 Nee. Die regte van die verbandhouer word nie benadeel deur die
kansellasie van ‘n serwituut oor die eiendom waarteen die verband
geregistreer is nie.
6.6 Ja. Die toestemming word nie vereis indien die maatskappy nie sy skulde
kan betaal nie - (artikel 56(1)(b) van die Akteswet is derhalwe nie hier van
toepassing nie).
6.7 Nee - (artikel 56(1)(b) van die Akteswet).
6.8 Ja. Heel moontlik sal die voorwaarde wat die toestemming van die eerste
verbandhouer vereis, ook vereis dat ‘n nie-benadelingsklousule in die tweede
verband ingevoeg moet word.
Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 30
Vraag 7 - Modelantwoord [10]
Kliënt Inligting verlang Tipe dokument verlang
7.1
Natuurlike
persoon
Die natuurlike persoon se -
a) volle name
b) geboortedatum
c) identiteitsnommer
d) residensiële adres
e) inkomstebelastingnommer
(indien uitgereik)
Maak of kry afskrifte van -
a) die identiteitsdokument, of enige ander
dokument met ‘n foto en al die nodige
inligting van die kliënt; en
b) enige rekening wat die kliënt se woonadres
aantoon [2]
7.2
Maatskappy
Die maatskappy se -
a) geregistreerde naam
b) registrasienommer
c) geregistreerde adres
d) handelsnaam
e) fisiese adres
Persoonlike besonderhede
van -
a) die bestuurder van die mpy
b) natuurlike persone
gemagtig om namens die
maatskappy te handel
c) natuurlike of regspersone
met ‘n stemreg van 25% of
meer tydens ‘n algemene
vergadering
Inkomstebelastingnommer
of BTW-registrasienommer
van die maatskappy, indien
sodanige nommers uitgereik is
Maak of kry afskrifte van die -
a) jongste weergawe van die -
< Sertifikaat van inlywing (vorm CM1) en
< Kennisgewing van geregistreerde
kantoor en posadres (vorm CM22) wat die
stempel van die registrateur van
maatskappye en die handtekening van die
maatskappy-sekretaris bevat.
b) enige rekening van die maatskappy wat sy
adres aantoon
c) Dieselfde dokumente as vir natuurlike
persone hierbo
d) inkomstebelastingopgawe of BTW-
registrasiesertifikaat
[4]
Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 31
7.3
Beslote
Korporasie
Die beslote korporasie se -a) geregistreerde naamb) geregistreerde nommerc) geregistreerde adresd) handelsnaam e) fisiese adres
Persoonlike besonderhede
van -a) elke lid van die BKb) natuurlike personegemagtig om namens BKop te tree
Inkomstebelastingnommer
of BTW-registrasienommervan die BK, indien sodanigenommers uitgereik is
Maak of kry afskrifte van die -a) jongste weergawe van die -
< Stigtingsverklaring (vorm CK1) en
< Gewysigde Stigtingsverklaring vorm CK2)wat die stempel van die registrateur vanbeslote korporasies en ‘n gemagtigde lidvan die BK se handtekening bevat
b) enige rekening van die korporasie wat syfisiese adres bevat
c) Dieselfde dokumente as vir natuurlikepersone hierbo
d) inkomstebelastingopgawe of BTW-
registrasiesertifikaat
[2]
7.4
TrustDie trust se -a) naamb) nommerc) adres van die Meester van die Hooggeregshof waar die trust geregistreer isd) inkomstebelastingnommerof BTW-nommer (indien sodanige nommers aandie trust uitgereik is)
Persoonlike besonderhede
van -a) elke trustee van die trustb) elke begunstigde van die trust
Maak of kry ‘n afskrif van -
a) Aanstellingsbrief van die Meester
Kry ‘n -
b) gewaarmerkte afskrif van die trustakte
Maak of kry afskrifte van die -
c) inkomstebelastingopgawe of BTW-
registrasiesertifikaat
d) Identiteitsdokument en rekening van elketrustee en begunstigde van die trust
[2]
Vraag 8 - Modelantwoord [9]
8.1 ‘n Skriftelike toestemming, onderteken deur die verbandhouer, opgestelooreenkomstig voorgeskrewe vVorm MM uitgereik onder die Akteswet, totdie konsolidasie van die twee erwe en vir die substitusie van die voormaligetwee komponente met die nuwe gekonsolideerde eiendom as sekuriteitonder die verband - (artikel 40(3) van die Wetswet) [1]
8.2 ‘n Skriftelike toestemming onderteken deur die verbandhouer, en opgestelooreenkomstig Vorm MM uitgereik onder die Akteswet, tot die uitreiking van
Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 32
drie sertifikate van geregistreerde titel vir die drie gedeeltes. Die driegedeeltes moet volledig in die toestemming beskryf word. [1]
8.3 ‘n Aansoek deur die geregistreerde eienaar en skriftelike toestemmingonderteken deur die verbandhouer en opgestel ooreenkomstig voorgeskreweVorm WW uitgereik onder die Akkteswet. Doen aansoek vir diegekonsolideerde grond soos verteenwoordig op die konsolidasiekaart omvervang te word vir die gedeelte as sekuriteit onder die verband en dieverbandhouer stem dan ook daartoe toe [2]
8.4 Skiftelike toestemming, onderteken deur die verbandhouer, opgestelooreenkomstig voorgeskrewe Vorm AM uitgereik onder die Wet op Deeltitels,tot die opening van die deeltitelregister, die registrasie van die deelplan endie endossering van die verband dat dit die dele soos aangedui op diedeelplan en hul onverdeelde aandeel in die gemeenskaplike eiendom,verbind. [2]
8.5 Skriftelike toestmeming feur die verbandhouer tot dieontheffing van die viereenhede uit die werking van die verband, opgestel ooreenkomstigcvoorgeskrewe Vorm AM uitgereikonder die Wet op Deeltitels [2]
8.6 Die verband hoef nie ingedien te word nie en die toestemming van dieverbandhouer is ook nie nodig nie. [1]
Vraag 9 - Modelantwoord [6]
9.1 ‘n Opsie gee aan die opsiehouer (koper) die reg om ‘n sekere eiendombinne ‘n sekere tydperk en teen ‘n vasgestelde prys aan te koop.
‘n Voorkoopsreg verleen aan die houer daarvan ‘n voorkeur om ‘n bepaaldeeiendom te koop indien die eienaar besluit om dit te verkoop. Die verkoperis verplig om, sou hy ‘n aanvaarbare aanbod om te koop ontvang, dieeiendom eers aan die houer van die voorkoopsreg aan te bied teen dieselfdeprys en voorwaardes.
‘n Opsie verplig die verkoper (opsiegewer) om ‘n eiendom aan ‘n koper
(opsiehouer) te verkoop indien die opsie uitgeoefen word. ‘n Voorkoopsregplaas geen verpligting op ‘n verkoper nie, behalwe om die houer van dievoorkoopsreg eerste geleentheid te gee om die eiendom te koop. ‘n
Voorkoopsreg is registreerbaar in die aktekantoor terwyl ‘n opsie nie is nie.[3]
9.2 Ja - ‘n opsie moet skriftelik wees.Ja - ‘n voorkoopsreg moet skriftelik wees. [3]
9 ‘n Soortgelyke vraag is gevra in Mei 2001 (Deel 1), Vraag 2. Sien ookPraktiese oefening No. 2 in Hoofstuk 4 van die notas onder diebespreking van uitstrekklousules.
Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 33
Vraag 10 - Modelantwoord [3]
Indien die eiendom aan ‘n voorkoopsreg onderhewig is waar hierdie reg niebindend op opvolgers in titel is nie, kan die eiendom in insolvensie verkoop word envry van die voorkoopsreg getransporteer word, aangesien hierdie reg verval waardie eiendom in eksekusie of insolvensie verkoop word. In Bodasing v Christie NOand Another is beslis dat ‘n voorkoopsreg (proper) ‘n reg is wat die eienaar slegsmet betrekking tot vrywillige verkope bind. Gedwonge verkopings mag derhalweaangegaan word sonder om die eiendom eers van die houer van die voorkoopsregaan te bied.
Indien die eiendom onderhewig is aan ‘n voorkoopsreg waar die voorkoopsreg ookop die partye se opvolgers in titel bindend is, kan die eiendom nie verkoop engetransporteer word sonder die houer van die voorkoopsreg se toestemming nie. Hierdie voorwaarde sal dan vorentoe gedra moet word na die nuwe transportakte. (Indien die houer van die voorkoopsreg nie slegs toestem tot die oordrag nie maarvan sy reg daarin afstand doen, moet ‘n aansoek kragtens artikel 68(1) van dieAkteswet ingedien word voor of gelyktydig met die oordrag - (RKB29/1990)).
Vraag 11 - Modelantwoord 9 [9]
11.1 Soos aangedui op Algemene Plan L.G. nommer 6262/2011 en gehoukragtens Sertifikaat van Verenigde Titel T465/2011 [3]
11.2 Aanvanklik oorgedra en steeds gehou kragtens Akte van Transport T met Algemene Plan L.G. nommer 6262/2011 wat daarop betrekking het. [3]
11.3 Aanvanklik oorgedra kragtens Akte van Transport T metAlgemene Plan L.G. nommer 6262/2011 wat daarop betrekking het en gehoukragtens Akte van Transport T [3]
Vraag 12 - Modelantwoord [8]
12.1 Aangesien ‘n volmag deur slegs een persoon as getuie onderteken hoef teword, indien daardie persoon onder andere ‘n kommissaris van ede is,behoorlik as sulks geidentifiseer, sal ek die volle name, adres, hoedanigheidvan my korrespondent en die feit dat hy ‘n praktiserende prokureur enderhalwe kommissaris van ede is, onder sy handtekening aanbring. [2]
12.2 Ek sal op die volmag sertifiseer dat die grootte van die eiendom 1200vierkante meter en nie 1206 vierkante meter is nie. [2]
Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 34
12.3 Ek sal op die volmag sertifiseer dat die korrekte titelakte waarkragtens dieeiendom gehou word, T5009/2006 is. [2]]
12.4 Ek sal die volmag moet terugstuur na my korrespondent. Hy sal die volmagmoet regstel, met gepaardgaande volle parafering: Die opsteller, dievolmaggewer en die getuies sal langs die regstelling op die volmag moetparafeer. [2]
Vraag 13 - Modelantwoord [2]
Geen aandeleblokskema mag bedryf word nie ten opsigte van -a) landbougrond; enb) ander onroerende eiendom waarop ‘n gebou in stryd met ‘n goedgekeurde of
voorgenome dorpsaanlegskema opgerig is.
TOTAAL: [100]
Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 35
Deel 2 - 12 September 2012 Selfstudie Aktekursus BK Bladsy 36
Saamgestel deur
Erinda FrantzenBCom(Regte)(UP) LLB (UNISA)
Prokureur, Transportbesorger en Notaris van die Hoë Hof van Suid-
Afrika
en
Gawie le RouxBA(Regte)(UP) LLB (UP) BA Honeurs (UNISA)
Prokureur en Transportbesorger van die Hoë Hof van Suid-Afrika
en gepubliseer deur
Selfstudie Aktekursus BK Registrasienommer 1994/016876/23
Posbus 74047
Lynnwoodrif
0040
451 Flindersteeg
Lynnwood, Pretoria
Tel: (012) 361-1715
Faks: (012) 361-1108
Webwerf: www.aktepraktyk.co.za
BRONNE
Selfstudie Aktekursus vor Prokureurs
The Consolidated Practice Manuals of the Deeds Office of South Africa
Betrokke wette, regulasies en voorgeskrewe vorms
Registrateurskonferensiebesluite