17 augustus – afrikaanse klas om 17:10-18:00 crs 9

47
17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10- 18:00 CRS 9

Upload: liana

Post on 06-Jan-2016

44 views

Category:

Documents


9 download

DESCRIPTION

17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9. Hoef nie Aktiwiteite in gids in te handig nie. Dit is vir e-degree. Huiswerk vir 26 Augustus – Vrae 39-41 in Werkboek, handig in, in klas. WES-KAAPSE PROVINSIALE ADMINISTRASIE KEUR DIE HERSONERING GOED VOOR IMPAK STUDIE GEDOEN IS. YSKOR. - PowerPoint PPT Presentation

TRANSCRIPT

Page 1: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

17 Augustus – Afrikaanse klas om

17:10-18:00CRS 9

Page 2: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Hoef nie Aktiwiteite in gids in te handig nie. Dit is vir e-degree.

Page 3: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Huiswerk vir 26 Augustus – Vrae 39-41 in Werkboek,

handig in, in klas

Page 4: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

YSKOR

STAALMEULE BY LANGEBAANMEER

OM DIT DOEN, MOET DIE GROND HERSONEER WORD

NABY SENSITIEWE NATUURGEBIED, OMGEWINGSIMPAKSTUDIE

MOET DEUR `N RAAD INGEVOLGE WET OP OMGEWINGSAKE GEDOEN WORD

DIE RAAD MOET DEUR DIE DEPARTEMENT OMGEWINSAKE AANGESTEL WORD

IMPAK STUDIE DEUR WNNR GEDOEN

WES-KAAPSE PROVINSIALE ADMINISTRASIE KEUR DIE HERSONERING GOED VOOR IMPAK STUDIE GEDOEN IS.

VAN HUYSSTEEN EIENAAR VAN GROND BY LANGEBAANMEER – MAAK BESWAAR

Page 5: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

HOEKOM IS DIT NODIG OM TUSSEN VERSKILLENDE ADMINISTRATIEWE HANDELINGE TE ONDERSKEI?

WETGEWENDE GESAG

REGSBANK UITVOERENDE GESAG

Maak wette Dwing die aksies van die wetgewende en uitvoerende gesag af

Bepaal staatsbeleid en die implementering van wette

(administratiefreg val onder die uitvoerende gesag. In lyn met die leerstelling van die skeiding van

magte, word administratiefreg binne die uitvoerende gesag ook geskei

Wetgewende handelinge

Regsprekende handelinge

Suiwer administratiewe

handelinge

Ondergeskikte wetgewing = regulasies

Tribunale en rade soos die Refugee Appeal Board

Besluite deur die administrateurs soos die uitreiking van lisensies.

Page 6: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Ministeriële handelinge wat aspekte van gesondheidsdienste reguleer = wetgewende administratiewe handelinge.

Hierdie regulasies moet dan in effek gestel word deur amptenare, suiwer administratiewe handelinge

Hoekom word die kabinet en president uitgesluit?

`n Persoon voel te na gekom deur die gesondheids amptenare, mag appel aanteken by bevoegde tribunaal – administratiewe regsprekende handeling

Wetgewende handelinge

Regsprekende handelinge

Suiwer administratiewe

handelinge

Ondergeskikte wetgewing = regulasies

Tribunale en rade soos die Refugee Appeal Board

Besluite deur die administrateurs soos die uitreiking van lisensies.

Page 7: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

EENHEID 3

REGVERDIGE ADMINISTRATIEWE

OPTREDE

Page 8: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

EENHEID 3.1

ALGEMENE INLEIDING

Page 9: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

DIE GRONDWETLIKE RAAMWERK EN KONTEKS VIR GELDIGE ADMINISTRATIEWE

HANDELINGEOM DIE KONSEP “REGVERDIGE ADMINISTRATIEWE

HANDELING” TE VERSTAAN, IS DIT BELANGRIK OM TE WEET HOE DIT IN DIE KONTEKS VAN DIE GRONDWET

FUNKSIONEER EEN WAAR IN DIE GRONDWET DIT GEPLAAS KAN WORD

Page 10: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

REGVERDIGE ADMINISTRATIEWE HANDELING. WAAR IN DIE GRONDWET DIT PAS

GRONDWET

ARTIKEL 7

ARTIKEL 34ARTIKEL 32

ARTIKEL 33

Page 11: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Ministeriële handelinge wat aspekte van gesondheidsdienste reguleer = wetgewende administratiewe handelinge.

Hierdie regulasies moet dan in effek gestel word deur amptenare, suiwer administratiewe handelinge

Hoekom word die kabinet en president uitgesluit?

`n Persoon voel te na gekom deur die gesondheids amptenare, mag appel aanteken by bevoegde tribunaal – administratiewe regsprekende handeling

Wetgewende handelinge

Regsprekende handelinge

Suiwer administratiewe

handelinge

Ondergeskikte wetgewing = regulasies

Tribunale en rade soos die Refugee Appeal Board

Besluite deur die administrateurs soos die uitreiking van lisensies.

GELDIGHEID / REGVERDIGHEID VAN HIERDIE HANDELINGE MOET BEPAAL WORD

Page 12: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Belangrik om administratiefreg binne die konteks van die Grondwet te verstaan want:

1) Administratiewe handelinge sal slegs geldig wees as hul aan al die vereistes volgens die reg voldoen.

2) Die 1996 Grondwet is die basiese bron wat die regmatigheid van administratiewe handelinge bepaal.

3)Voor die Grondwet is gemeenregtelike beginsels, statute en hofbeslissings gebruik om die geldigheid van administratiewe handelinge te bepaal.4)Alhoewel die Grondwet basiese vereistes vir geldige handelinge deur staatsorgane stel, moet ander bronne ook geraadpleeg word om die konteks te bepaal waarbinne hierdie vereistes interpreteer en aangewend word.

Page 13: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

MEES NB ARTIKELS IN DIE 1996 GRONDWET:

-Artikel 2 Die Grondwet is die hoogste reg. Enige wet of handeling teenstrydig met dit is ongeldig. Die verpligtinge opgelê op administratiewe liggame moet nagekom word.

Page 14: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

-Artikel 7HvR verseker die regte van alle persone in ons land.HvR bevestig die demokratiese waardes van menswaardigheid, gelykheid en vryheid.Die staat moet die regte in bogenoemde respekteer, beskerm, bevorder en nakomDie regte in die HvR is ondergeskik aan die beperkings wat vervat of na verwys word in artikel 36, of elders in die HvR.

Page 15: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

-Artikel 8

Die HvR is van toepassing op alle reg, en dit bind ook alle wetgewing, die uitvoerende mag, die regterlike mag en alle staatsorgane

Bepalings in die HvR bind natuurlike en Regspersone

Page 16: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Artikel 32: Bepaal dat elke persoon die reg het van toegang tot enige inligting. Nasionale wetgewing moes verorden word om effek aan hierdie reg te gee, en dat dit voorsiening kan maak vir redelike maatstawwe om die administratiewe en finansiële las van die staat te verlig. – Die Wet op Toegang tot Inligting. Reg tot inligting van belang vir geregterlike hersiening van administratiewe optrede. `n Persoon wat beweer dat daar inbreuk gemaak is op sy reg deur administratiewe optrede, kan hom op die betrokke liggaam beroep om die nodige inligting te voorsien wat `n invloed het op die uitoefening of beskerming van die betrokke reg. Artikel 32 maak nie voorsiening vir toegang tot alle administratiewe liggame of instelling. En die verskaffing van inligting is beperk tot inligting wat die individu vereis vir die uitoefening of beskerming van sy / haar regte.

Page 17: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

32 Toegang tot inligting (1) Elkeen het die reg op toegang tot- (a) enige inligting wat deur die staat gehou word; en (b) enige inligting wat deur 'n ander persoon gehou word en wat vir die uitoefening of beskerming van enige regte benodig word. (2) Nasionale wetgewing moet verorden word om aan hierdie reg gevolg te gee, en kan voorsiening maak vir redelike maatreëls om die administratiewe en finansiële las op die staat te verlig.

Page 18: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Artikel 33:Konsep van administratiewe geregtigheid soos in artikel 33 vervat speel `n belangrike rol om te verseker dat die administrasie aan die basiese vereistes van geregtigheid in die uitvoering van hul funksies voldoen:

-Administratiewe geregtigheid verseker geregtigheid vir die individuele persoon en privaat instansies in hul verhoudings met administratiewe staatsorgane.-Artikel 33 – Nasionale wetgewing sê dat

wetgewing ingestel moes word – Promotion of Administrative Justice Act

-Administrasie en hul staatsorgane moet voldone aan aldie vereistes vir geldige administratiewe optrede (wettigheid, reverdige prosedures en redelikheid).-Die howe is die bewaarders van administratiewe geregtigheid.

Page 19: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

34 Toegang tot howe Elkeen het die reg dat 'n geskil wat deur die toepassing van die reg besleg kan word, in 'n billike openbare verhoor beslis word voor 'n hof of, waar dit gepas is, 'n ander onafhanklike en onpartydige tribunaal of forum.

Page 20: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

-Artikel 39Wanneer `n hof, tribunaal of forum die HvR interpreteer moet dit die waardes bevorder wat gegrond is op `n oop en demokratiese gemeenskap, gebasseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid.

Wanneer wetgewing interpreteer word, en wanneer die gemenereg of gewoonterg ontwikkel word, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, betekenis en oofmerke van die HvR bevorder.

-Artikel195Publieke administrasie moet uitgevoer word volgens demokratiese waardes en die beginsels vervat in die Grondwet. Hierdie beginsels sluit in die verskaffing van dienste op `n onpartydige, regverdige en billike basis sonder partydigheid; die aanspreeklikheid van publike administrasie, deursigtigheid en bestuurspraktyke gebasseer op objektiwiteit, regverdigheid, en die behoefte om die wanbalans van die verlede te herstel en om `n wye verteenwoordegende deelname te verseker.Hierdie beginsels is van toepassing op administrasie in elke sfeer van die regering, staatsorgane, en publieke ondernemings.

-Artikel 239 definisie van “Staatsorgaan”

Page 21: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Ministeriële handelinge wat aspekte van gesondheidsdienste reguleer = wetgewende administratiewe handelinge.

Hierdie regulasies moet dan in effek gestel word deur amptenare, suiwer administratiewe handelinge

Hoekom word die kabinet en president uitgesluit?

`n Persoon voel te na gekom deur die gesondheids amptenare, mag appel aanteken by bevoegde tribunaal – administratiewe regsprekende handeling

Wetgewende handelinge

Regsprekende handelinge

Suiwer administratiewe

handelinge

Ondergeskikte wetgewing = regulasies

Tribunale en rade soos die Refugee Appeal Board

Besluite deur die administrateurs soos die uitreiking van lisensies.

DIE GRONDWET BIED DIE MEES BELANGRIKE KRITERIA OM DIE GELDIGHEID VAN ADMINISTRATIEWE HANDELINGE TE

BEPAALT

Page 22: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

UitsluitingsklousulesArtikel 34 (Reg op toegang tot howe) van die Grondwet bepaal soos volg: “Elkeen het die reg dat `n geskil wat deur die toepassing van die reg besleg kan word, in `n billike openbare verhoor beslis word voor `n hof of, waar dit gepas is, `n ander onafhanklike en onpartydige tribunaal of forum.”

Aangesien artikel 9 (die reg tot gelykheid voor die reg asook die reg tot gelyke beskerming van die reg), en artikel 35(3) `n reg van toegang tot `n hof verskaf, kan dit gevra word waarom dit nodig was om artikel 34 in die Grondwet in te sluit.

Daar word geargumenteer dat die belang van hierdie artikel geleë is in die feit dat dit effektief die wetgewende mag se mag om uitsluitingsklousules te promulgeer, inkort, aangesien die wetgewende uitsluiting van regterlike hersiening nie meer moontlik is nie.

Gevolglik is hierdie artikel van groot belang vir die beskerming van individuele regte soos gelys in hoofstuk 2 van die Grondwet..

Page 23: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

UitsluitingsklousulesVorige sisteem van Parlementêre soewereiniteit, kon die Parlement geregtelike hersiening van administratiewe handelinge uitsluit deur “uitsluitingsklousules”.

Hierdie klousules was `n daaglikse gebeurtenis.

Byvoorbeeld, individue was gearresteer sonder verhoor en fundamentele regte soos vryheid van uitdrukking was ingeperk.

Dus, die vereiste van regmatigheid (en ook die fundamentele reg van toegang tot howe) verbied wetgewende uitsluiting van geregtelike hersiening en kan net beperk word as dit aan al die vereistes van die beperkingsklousule voldoen.

Page 24: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

“Parastatals” en “fringe organisations”`n Fundamentele vraag is of artikel 33 slegs van toepassing is op staatsorgane soos regeringsdepartemente, en of parastatel en buite-organisasies ook ingesluit word.

Wiechers stel voor dat vier toetse gebruik kan word om te bepaal of `n organisasie `n administratiewe liggaam is of nie:

-Of die liggaam ingestel is deur `n statuut;-Of dit deel geword het van `n ingestelde administratiewe

hiërargie;-Of dit `n publieke berpligting of funksie uitvoer-Of die liggaaam met gesag beklee is.

Volgens Baxter word publieke ondernemings of “fringe organizations”, “parastatals”, en “quangos” ook beheers deur administratiefreg.

Byvoorbeeld: Transnet, SABC, Law Societies

Page 25: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Literatuur

Eenheid 3.1 in Gids

Page 26: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

EENHEID 3.2

DIE KONSTITUSIONELE REG TOT REGVERDIGE

ADMINISTRATIEWE OPTREDE

Page 27: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

DIE KONSTITUSIONELE REG TOT REGVERDIGE ADMINISTRATIEWE OPTREDE

Soos in 3.1 bespreek.

Neem kennis dat voor die 1996 Grondwet = was die voorloper van regverdige administratiewe handelinge – administratiewe wetlikheid / legaliteit.Die beginsels van administratiefreg was ingesluit in die idee van legaliteit.

Boulle het voor die Grondwet geskryf en na die terme “administratiewe geregtigheid” verwys. Hierdie konsep behou in sy essensie die idee van administratiewe legaliteit:-Administratiewe geregtigheid dui `n sisteem van publieke administrasie aan wat beginsels van regverdigheid, redelikheid, gelykheid, welvoeglikheid en proporsionaliteit handhaaf.-Hierdie beginsels kan bevorder word deur meganismes van aanspreeklikheid en beheer, hersiening en toesig, oopheid en konsultasie.-Op `n breër vlak, dui administratiewe geregtigheid `n antwoordende, verantwoordelike en aanspreeklike sisteem van publieke administrasie aan.-Dus, “Administratiewe geregtigheid” kan in beide prosedurele en substantiewe sin verstaan word. Prosedure = administratiewe geregtigheid bevat reëls van regverdigheid of gehoorsaamheid aan die reëls van natuurlike geregtigheid. Substantief = sal administratiewe geregtigheid verband hou met regverdigheid en die rasionaliteit van `n uitkoms in individuele of gemeenskaplike persepsies.

Page 28: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Artikel 24 van die Interim Grondwet en Artikel 33 van die 1996 GrondwetArtikel 24

Artikel 33“Every person shall have the right to (a)Lawful administrative action where any of his or her rights or interests is affected or threatened;(b)Procedurally fair administrative action where any of his or her rights or legitimate expectations is affected or threatened;(c)Be furnished with reasons in writing for administrative action which affects any of his or her rights or interests unless the reasons for such action have been made public;(d)Administrative action which is justifiable in relation to the reasons given for it where any of his or her rights is affected or threatened”

“Regverdige administratiewe handeling”

“(1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is. (2) Elkeen wie se regte nadelig geraak is deur administratiewe optrede het die reg op die verskaffing van skriftelike redes.” a) Artikel 33 is nie `n kodifikasie van gemenereg beginsels van administratiefreg nie. Dus, nie beperk tot net gemenereg beginsels. Mag ander beginsels ontwikkel. Alhoewel, hierdie gemenereg beginsels nie net verdwyn nie. Hulle is in die grondwet opgeneem maar mag deur die howe gebruik word om strekking, inhoud en toepassing van artikel 33 en PAJA te bepaal.

(

Page 29: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Section 24 of the Interim Constitution and Section 33 of the 1996 ConstitutionArtikel 24 Artikel 33

(b) Doel van artikel 33 – om administratiewe handeling te reguleer en beheer en om seker te maak dat standaarde van goeie regering nagevolg word.

(c) Regte en Belange – Regte soos verwys na in artikel 33 behoort nie beperk te word na daardie gelys in die HvR. Artikel 39(3) sê dat verskansing van die regte in die HvR nie die bestaan van ander regte ontken soos bevestig deur gemenereg, gewoontereg, of wetgewing, tot die punt dat hulle in lyn is met die HvR. Artikel 33 sê dat almal `n reg op regmatigheid, prosedurele billikheid en redelikheid het.

Bespreking van sake wat handel oor artikel 24 is belangrik vir administratiefreg soos dit staan vandag.

Artikel 24 van die Interim Grondwet en Artikel 33 van die 1996 Grondwet

Page 30: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Section 24 of the Interim Constitution and Section 33 of the 1996 ConstitutionArtikel 24 Artikel 33

Waar belange of verwagtinge eerder as regte geaffekteer word, is dit die funksie van die howe om elke saak te bereken op sy meriete om te bepaal of die gevolge van die sekere administratiewe handeling geregtelike hersiening regverdig. Alhoewel dit blyk asof die definisie van administratiewe handelinge in PAJA die omvang van geregtelike hersiening beperk want die handeling moet die regte van `n persoon nadelig beinvloed en moet `n direkte, ekterne, regtelike effek hê. Aan die een kant kan daar gesê word dat PAJA die omvang van hersiening beperk in sekere gevalle, maar aan die ander kant, kan daar gesê word dat PAJA `n weier omvang van toepassing het.

Artikel 24 van die Interim Grondwet en Artikel 33 van die 1996 Grondwet

Page 31: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Section 24 of the Interim Constitution and Section 33 of the 1996 ConstitutionArtikel 24 Artikel 33

Alhoewel die Wet die toepassing van die strekking van die Wet in gevalle van prosedurele billikheid uitbrei om legitieme verwagtinge in te sluit, moet die regte of legitieme verwagtinge materieel en negatief geaffekteer word.

(d) Administratiewe handeling – artikel 33 vind toepassing slegs waar die handeling onder bevraging `n administratiewe handeling is.

Artikel 24 van die Interim Grondwet en Artikel 33 van die 1996 Grondwet

Page 32: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

VAN HIERDIE DEFINISIES IN PAJA KAN DIT AFGELEI WORD DAT `N ADMINISTRATIEWE HANDELING DIE VOLGENDE BETEKEN:

-`N BESLUIT (OF DIE VERSUIM OM `N BESLUIT TE NAAM)-VAN `N ADMINISTRATIEWE AARD-IN TERME VAN `N BEMAGTIGENDE BEPALING-DEUR `N STAATSORGAAN, PRIVATE PERSOON OF `N LIGGAAM WAT PUBLIEKE MAG OF FUNKSIE UITVOER.-WAT NIE SPESIFIEK DEUR WETTE UITGESLUIT WORD NIE.-WAT DIE REGTE VAN `N PERSOON AFFEKTEER-WAT DIREKTE EKSTERNE EFFEK HET

Page 33: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Hoe moet `n mens die regverdige van `n administratiewe handeling bepaal?

Algemeen

Alle administrateurs moet seker maak dat hul die administratiewe funksies volgens die wet uitvoer. Met ander woorde, artikel 33 en PAJA. Dus, moet hulle seker maak dat die administratiewe handelinge:

ADMINISTRATIEWE HANDELING

1. REGMATIGHEID 2. REDELIK3. PROSEDUREEL BILLIK

33 Regverdige administratiewe optrede (1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is.

Page 34: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

1. REGMATIGHEID

Groter / beter maatstaf vir beskerming teen administratiewe misbruik want onregmatige handelinge is onderhewig aan geregtelike hersiening.

Wat behels die term “regmatigheid”?

In die verlede was die kriteria vir regmatigheid of legaliteit gewoonlik beperk tot gehoorsaamheid van die maatreëls in die bemagtigende bepaling.

Dit het beteken dat ander gemeenregtelike vereistes, soos die vereiste dat administratiewe handelinge duidelik en verstaanbaar en nie vaag is nie, nie as belangrik beskou was nie.

Hierdie positivistiese siening kan nie vereenselwig word met die beginsel van administratiewe legaliteit nie. En dit vorm die hoeksteen en basis vir die beoefening van regmatige administratiewe handelinge.

33 Regverdige administratiewe optrede (1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en

prosedureel billik is.

Page 35: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Nuwe Grondwetlike orde vereis dat “regmatige administratiewe handelinge” wyd geinterpreteer word om gehoorsaamheid aan die Grondwet, met bemagtigende bepalings en die reëls van gemenereg en, of die administrateur aan die reëls van PAJA gehoor gegee het.

Dus, regmatigheid is `n sambreel regskonsep wat alle vereistes van geldige administratiewe handelinge insluit.

Page 36: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

ADMINISTRATIEWE HANDELING

1. REGMATIGHEID 2. REDELIK 3. PROSEDUREEL BILLIK

33 Regverdige administratiewe optrede (1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is.

Page 37: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Ultra Vires = om buite verleende mag op te tree

Eng SieningWye Siening

Bemagtigende Bepaling

Redelikheid buite die bepaling se omvang

Alle administratiewe optrede moet voldoen aan die algemene beginsels wat deur die reg bepaal word - `n administratiewe handeling moet dus in oreenstemming met die reg uitgeoefen word. Dus:1.Moet deur die Grondwet veroorloof wees.2.Nakoming van die voorskrifte van die magtigende wet sowel as nakoming van al die gemeenregtelike reëls en voorskrifte.3.Sambree begrip – al die vereistes vir regsgeldige administratiewe optrede.

1.1 REGMATIGHEID IN TEENSTELLING MET ULTRA VIRES

Page 38: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Eng Siening Wye Siening

Mag nie buite sy verleende owerheidsmagtiging optree nie.

Probleem – formalistiese benadering wat slegs reëlmatigheid van die handeling vereis. Wanneer `n magtigende wet nie uitdruklik byvoorbeeld, onredelikheid, teruwerkend optrede of die uitluiting van die howe se jurisdiksie verbied nie, sodanige optrede deur die administratiewe orgaan nie ongeldig sal wees nie.

1.1 REGMATIGHEID IN TEENSTELLING MET ULTRA VIRES

Page 39: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Eng Siening Wye Siening

1. Kan geskiedkundig herlei word na die Engelse reg waar ultra vires optrede beteken het dat `n administratiewe orgaan die perke van die magtigende wet oorskry het.

Illustrasie van die wye siening – University of Cape Town v Ministers of Education – die oplegging van sekere voorwaardes (by nie-nakoming van hierdie voorwaardes was die minister geregtig om die hele of `n gedeelte van die universiteit se subsidie terug te hou) geïnspireer is deur `n “ongeoorloofde motief” om `n doel te bereik wat nie deur die magtigende wet gemagtig is nie. Sodanige “ongeoorloofde motief” het die voorwaardes ultra vires en dus ongeldig gelaat.

1.1 REGMATIGHEID IN TEENSTELLING MET ULTRA VIRES

Page 40: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Eng Siening Wye Siening

In Natal Newspapers v State President of the Republic of South Africa het die hof ook gehou by `n wye siening van ultra vires. Die hof beslis dat die vraag of `n regulasie deur die Staatspresident intra vires was of nie, eerstens afgehang het van die trefwydte en bepalings van die magtigende artikel en tweedens of die onderwerp van die regulasie deur daardie bepalings gemagtig was.

1.1 REGMATIGHEID IN TEENSTELLING MET ULTRA VIRES

Page 41: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Wat beteken die legaliteitsbeginsel van die administratiefreg?

-Is soortgelyk aan die breë benadering tot ultra vires.-Vereis dat alle administratiewe optrede aan die voorskrifte van die oppermagtige Grondwet, en ook aan die vereistes van die magtigende wet en ook die reëls en voorskrifte van die gemenereg moet voldoen.-Met ander woorde, administratiewe optrede moet nie slegs in oreenstemming met die bepalings van die magtigende wet (die eng siening van ultra vires) wees nie, maar ook in ooreenstemming met al die algemene beginsels wat deur die reg neergelê is.-Daar word gesê dat legaliteit beide die bevoegdhede en die algehele werking van die administrasie insluit.

Page 42: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Kan ook vra: “Wat beteken legaliteit en

hoe raak dit die begrip ultra vires?

In die antwoord moet verwys word na die feit dat die begrip ultra vires `n faset van die algemene legaliteitsvereiste is.

Page 43: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Kan ook vra: “Kan dit gesê word dat administratiewe handelinge wat aan die

bepalings van die magtigende wet voldoen,

geldig is?”

Page 44: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

ADMINISTRATIEWE HANDELING

1. REGMATIGHEID 2. REDELIK 3. PROSEDUREEL BILLIK

33 Regverdige administratiewe optrede (1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is.

Page 45: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

1.2 UitsluitingsklousulesArtikel 34 (Reg op toegang tot howe) van die Grondwet bepaal soos volg: “Elkeen het die reg dat `n geskil wat deur die toepassing van die reg besleg kan word, in `n billike openbare verhoor beslis word voor `n hof of, waar dit gepas is, `n ander onafhanklike en onpartydige tribunaal of forum.”

Aangesien artikel 9 (die reg tot gelykheid voor die reg asook die reg tot gelyke beskerming van die reg), en artikel 35(3) `n reg van toegang tot `n hof verskaf, kan dit gevra word waarom dit nodig was om artikel 34 in die Grondwet in te sluit.

Daar word geargumenteer dat die belang van hierdie artikel geleë is in die feit dat dit effektief die wetgewende mag se mag om uitsluitingsklousules te promulgeer, inkort, aangesien die wetgewende uitsluiting van regterlike hersiening nie meer moontlik is nie.

Gevolglik is hierdie artikel van groot belang vir die beskerming van individuele regte soos gelys in hoofstuk 2 van die Grondwet..

Page 46: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

1.2 UitsluitingsklousulesVorige sisteem van Parlementêre soewereiniteit, kon die Parlement geregtelike hersiening van administratiewe handelinge uitsluit deur “uitsluitingsklousules”.

Hierdie klousules was `n daaglikse gebeurtenis.

Byvoorbeeld, individue was gearresteer sonder verhoor en fundamentele regte soos vryheid van uitdrukking was ingeperk.

Dus, die vereiste van regmatigheid (en ook die fundamentele reg van toegang tot howe) verbied wetgewende uitsluiting van geregtelike hersiening en kan net beperk word as dit aan al die vereistes van die beperkingsklousule voldoen.

Page 47: 17 Augustus – Afrikaanse klas om 17:10-18:00 CRS 9

Hoofstuk 8 in handboek

6.1 in werkboek

Eenheid 3.2