0001.2 afrikaans eerste taal hg (primêre taal)...

23
0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) (VRAESTEL 2) NOVEMBER 2006 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2006 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” – AFRIKAANS EERSTE TAAL HOëRGRAAD (PRIMêRE TAAL) VRAESTEL 2 Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye. TYD: 3 UUR PUNTE: 100

Upload: dohanh

Post on 02-Apr-2019

244 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

0001.2

AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) (VRAESTEL 2) NOVEMBER 2006

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2006

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” –

AFRIKAANS EERSTE TAAL HOëRGRAAD (PRIMêRE TAAL) VRAESTEL 2

Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.

TYD: 3 UUR PUNTE: 100

Page 2: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

2

VOORSKRIFTE 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS. 2. Beantwoord VYF VRAE:

AFDELING A: Vraag 1 (Verpligtend) Kies enige twee van die volgende: Vraag 2, Vraag 3, Vraag 4, Vraag 5 AFDELINGS B EN C: Kies een van die volgende kombinasies: Vraag 6 en Vraag 11 of Vraag 6 en Vraag 13 of Vraag 7 en Vraag 10 of Vraag 7 en Vraag 12 of Vraag 8 en Vraag 11 of Vraag 8 en Vraag 13 of Vraag 9 en Vraag 10 of Vraag 9 en Vraag 12

3. Begin die antwoord op elke nuwe vraag boaan 'n nuwe bladsy. 4. Skryf die nommer van die vraag bo die antwoord. 5. Laat 'n reël oop na die beantwoording van elke onderafdeling van 'n vraag. 6. Beantwoord die vrae volgens die voorskrifte. 7. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

3

AFDELING A: POëSIE

In hierdie afdeling is Vraag 1 verpligtend.

Kies dan enige twee van die volgende:

Vraag 2, Vraag 3, Vraag 4, Vraag 5

VRAAG 1 ONGESIENE GEDIG (Hierdie vraag is verpligtend.) Lees die volgende gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae. Digters is

1 Digters is verdigters en verdoeselaars wat hou 2 van hul gevoelens skaamteloos, 3 wat roekeloos van molshope 'n bergreeks maak 4 en hul kwetsure koester op die mou. 5 En hul wat lees, die arme sondaars, mis 6 hul ooit 'n eie openbare bieg, die lug 7 van moeilikhede? Die teeparty, die telefoon 8 voldoen; dit maak oorbodig hul wat digters is.

Barend J Toerien 1.1 Na watter twee verskillende groepe mense verwys die eerste vier en

die laaste vier versreëls onderskeidelik? [2] 1.2 Die digters word in reël 1 as “verdigters en verdoeselaars” beskryf.

Waarvan word hulle beskuldig? Noem twee dinge. [2] 1.3 Watter idioom gebruik die digter om te sê dat digters 'n onnodige groot

ophef van dinge maak? [1] 1.4 Skryf 'n woord uit die eerste helfte van die gedig neer wat die leser laat

verstaan dat die digter sy wonde vertroetel. [1] 1.5 Watter woord gebruik die digter vir 'n skuldbekentenis? [1] 1.6 Wat is die funksie van die enjambemente in die laaste vier reëls van die gedig? [1] 1.7 Skryf twee dinge uit die gedig neer wat vir lesers meer bevrediging bied as gedigte/digters. [2] /10/

Page 4: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

4

VRAAG 2 (Keuse) Lees die volgende gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae. die straatkind

1 ek wou verbymik met die selfbewuste ongeërgde blik 2 wat ons vir bedelaars en pendelaars en hoere reserveer –

3 verby die kind wat eenkant om die vullisdromme snuif

4 wat sy skraal skouers gereed dra soos spiese 5 of 'n heining: maar agter dié heining 6 het sy vuil hemp skielik opgekrimp soos 'n ou roof 7 en 'n toegepleisterde wêreld 8 op die sypaadjie laat bloei 9 waar bome onder die skril bevel van sae steun 10 konyne spartel in steriele laboratoriums 11 en lammers teen die slagterslem 12 en daar was wysheid in die lug 13 (nes dié ander dag uit wolke) 14 maar soos van ou mans met klam monde op parkbankies 15 en kras soos kraaie 16 toe ek wegdraai was daar 'n geruis in my ore 17 en onverklaarbaar teen my wang die bloedveeg 18 van 'n vlerk

Linda Roos ’n Hokvol dwase 1986 2.1 Wie is die spreker in die gedig? [1] 2.2 Verwys na “selfbewuste ongeërgde blik” (versreël 1). 2.2.1 Benoem die stylfiguur. (1) 2.2.2 Verduidelik die stylfiguur. (2) [3] 2.3 Hoekom hou die spreker haar “ongeërg”? [1] 2.4 Gee twee redes hoekom “snuif” (versreël 3) 'n beter keuse is as

byvoorbeeld “soek”. [2] 2.5 Wat is die funksie van die dubbelpunt in versreël 5? [1] 2.6 Benoem die beeldspraak in versreël 6. [1]

Page 5: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

5

2.7 Watter drie dinge assosieer die spreker met so 'n “toegepleisterde wêreld”

van die straatkind? [3] 2.8 Skryf 'n versreël uit die gedig neer waarin daar klanknabootsing,

klanksuggestie en 'n vergelyking voorkom. [1] 2.9 Wat noem ons die herhaling van 'n klank soos die v in

“bloedveeg van 'n vlerk”? [1] 2.10 Deur wie word die spreker figuurlik aangeraak in die slotstrofe? [1] /15/ VRAAG 3 (Keuse) Lees die volgende gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae. Herinnering

1 As kind het ‘k eens die maan se ronde skyf 2 langsaam sien uitswel bo die silwer vlei 3 om saggies soos 'n seepbel weg te dryf 4 en tussen yl popliere in te gly. 5 Agter my in die donker was 'n raam 6 vol lig en mensestemme en gelag 7 en ín my angs en weekheid sonder naam 8 terwyl ek op die maan se loskom wag. 9 Die res is alles duister en verward … 10 Van tak tot tak het hy gewieg … ek weet 11 nog net dat die gekneusde gras se geur 12 soos naeltjies was en dat ek skielik seer 13 gekry het van die inkrimp van my hart 14 en met my pols die trane weggevee ’t. Elisabeth Eybers Die vrou en ander verse 1945

3.1 Hoe weet ons dat die sonnet 'n jeugherinnering is? Haal twee

opeenvolgende woorde aan as bewys. [1] 3.2 Benoem die beeldspraak in versreël 1. [1] 3.3 Skryf versreël 2 oor in jou antwoordboek en dui die alliterasie aan deur die betrokke klanke te onderstreep. [1]

Page 6: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

6

3.4 Verwys na reël 3. 3.4.1 Benoem die beeldspraak. (1) 3.4.2 Wat is die implikasie daarvan dat die maan juis in die vorm van 'n

seepbel is? (1) [2] 3.5 Watter kontras vind ons in die tweede strofe? [1] 3.6 Waarom is die spreker se “angs en weekheid sonder naam”? [1] 3.7 Verwys na reëls 11 en 12. 3.7.1 Benoem die beeldspraak in versreëls 11 en 12. (1) 3.7.2 Verduidelik hoekom die beeldspraak geslaag is. (1) [2] 3.8 Verwys na die laaste drie versreëls van die gedig. 3.8.1 Hoe het die spreker oor die skoonheidsbelewenis gevoel? (1) 3.8.2 Verklaar die emosionele reaksie van die spreker. (1) [2] 3.9 Wat is die funksie van die beletselteken (ellips) in strofe 3? [1] 3.10 Verwys na die sonnet as versvorm. 3.10.1 Met watter soort sonnet het ons hier te make?

Skryf net een woord neer. (1) 3.10.2 Motiveer jou keuse deur na die innerlike bou van die

sonnet te verwys. (2) [3] /15/ VRAAG 4 (Keuse) Lees die volgende gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae.

Totius (1877 – 1953)

1 Iets soos opstand, soos woede 2 kermend verwoord. Die breek- 3 baarheid van 'n kind se lyf 4 (deur 'n weerligstraal deurpriem) 5 in verse brandend heelgemaak. 6 Die skril gesanik van 'n tarentaal 7 word die twyfel aan daardie God, aan daardie God 8 so ver, so ver en woes geleë.

9 Wat is verdriet? Hoe voel verlies? 10 Maak die donker grein die hout? 11 Is daar lewe ná die dood? 12 Ontstaan 'n metafoor ooit sonder pyn?

Page 7: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

7

13 Daar is geen land so ver of woes geleë ... 14 O goedheid Gods hier nooit volprese ...

15 O Heer, u oneindigheid, u majesteit 16 bring nooit weer terug my lieflingkind. 17 Was daar geen dood, was daar geen vers. 18 Was daar geen vers, was daar geen dood.

19 O Heer, vergeef my wrewelige verse! 20 Weet net, U het my kind gevat: 21 'n deurskynende vlinder 22 met net een deurboorde vlerk.

Joan Hambidge Lykdigte 2000

4.1 Noem die twee sprekers wat in hierdie gedig aan die woord is. [2] 4.2 Noem twee emosies wat deur die dood veroorsaak word (reëls 1-4). [2] 4.3 Hoe is Totius se dogter dood? [1] 4.4 Waarom is “breekbaarheid” oor twee reëls geskryf? [1] 4.5 Hoe het Totius die pyn verwerk? [1] 4.6 Wat is die funksie van die herhalings in reëls 7 en 8? [1] 4.7 Hoe toon die spreker in strofe 2 sy onsekerheid en onbegrip? [1] 4.8 Skryf twee opeenvolgende versreëls neer waarin daar 'n vaste metrum

voorkom. [1] 4.9 Verklaar die paradoks in reëls 17 en 18. [1] 4.10 Wat impliseer “wrewelige verse” in reël 19? [1] 4.11 Verwys na die laaste drie versreëls. 4.11.1 Watter tipe beeldspraak kom in hierdie versreëls voor? (1) 4.11.2 Verklaar dié beeldspraak. (1) 4.11.3 Waarna verwys “deurboorde vlerk”? (1) [3] /15/

Page 8: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

8

VRAAG 5 (Keuse) Lees die volgende gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae.

Gedagtes van die nie-arbeider

1 Was ek maar eerder beseer, liefste vrou. 2 Dat ek opgetrek deur pyn kon lê, jou hande 3 teen my wang gesalf. As ek net beseer was. 4 Maar nou kyk ek soggens vanaf die stoep 5 na die string motors – 6 'n stoet waaraan ek geen deel kan hê. 7 En jy vroetel met stoffer en snyer, later 8 die skinkbord se verwyt 9 met bitter koffie-sonder-melk. 10 So skuif die dag onder ons uit, ook ek skuif 11 om na die agterplaas 12 waar jou pas geplante plantjies omhoog spalk; 13 ook ek herken tussen saamgeklemde hande weer 14 die beseerde stiltes van jou gebed, 15 my somber, gesloopte vrou.

Louis Esterhuizen Op die oog af 1988 5.1 Wie is die spreker in die gedig? [1] 5.2 Met wie praat die spreker? [1] 5.3 Watter versugting (wens) het die spreker in die eerste 3 versreëls? [1] 5.4 Watter kontras is daar tussen die man en die vrou se optrede

in reëls 4 tot 8? Sê wat elkeen doen. [2] 5.5 Verwys na die vrou. 5.5.1 Hoe hanteer sy die situasie op fisiese vlak? (1) 5.5.2 Hoe hanteer sy dit op geestelike vlak? (1) [2] 5.6 Verwys na versreëls 8 en 9. 5.6.1 Benoem die beeldspraak. (1) 5.6.2 Hoekom is die beeld geslaag? (1) [2]

Page 9: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

9

5.7 Wat doen die vrou in tye van nood? [1] 5.8 Hoekom is die tipografie van die slotreël funksioneel? [1] 5.10 Watter gevoelens koester die man jeens sy vrou? [1] 5.11 Verwys na versreël 14. 5.11.1 Benoem die beeldspraak. (1) 5.11.2 Verduidelik die beeldspraak. (1) [2] 5.12 Watter aktuele problematiek vorm die tema van hierdie gedig?

Skryf net een woord neer. [1] /15/ /40/

Page 10: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

10

AFDELING B: DRAMA

Hierdie afdeling bestaan uit Vraag 6, 7, 8 en 9. Vraag 6 en Vraag 7 handel oor Periandros van Korinthe en Vraag 8 en Vraag 9 oor Die Keiser.

Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling.

Indien jy die kontekstuele vraag (Vraag 6 OF Vraag 8) in Afdeling B kies, moet jy die opstel-/paragrawevraag (Vraag 11 OF Vraag 13) in Afdeling C doen.

Indien jy die opstel-/paragrawevraag (Vraag 7 OF Vraag 9) in Afdeling B kies, moet jy die kontekstuele vraag (Vraag 10 OF Vraag 12) in Afdeling C doen.

VRAAG 6 PERIANDROS VAN KORINTHE (Kontekstueel) Lees die volgende uittreksel uit Periandros van Korinthe deur D.J. Opperman en beantwoord die vrae:

1613 ARIOON: Maar op die oomblik is dit onheilspellend met die uil wat in die bergskeur so te kere gaan en huil ...

1615 En wil jy sê jou ouboet Kuupselos is ook warrimpel deur die optrede van jou vader nog meer simpel? Om te dink dat daar oor die ou man ’n ander mag gaan heers! Dis seker vir hom bitter dat sy helder denk nóú eers beroemd raak oor die wêreld en dat hy, dié bose vegter

1620 in die rusies van die state optree as die vrederegter: vroeër tussen Lidië en Milete, nou my vaderland, ou Lesbos, en Athene! En hy kies natuurlik ook geen kant! Dis bitter, al laat Lukophroon selfs die ou heerser leef, hy woon dan op die eiland waaroor die wraakvoëls sweef.

1625 Mens kan nooit weer van voor begin, maar skoonmaak het ook sin. Reeds by die laaste woorde stap Periandros binne. Ek kan vir oulaas nog 'n loflied op jou sing.

PERIANDROS: Hoe mooi sal hierdie helder kop lyk op die sederkis, wat ewig pand tussen die Gode en voorvaders is. Hulle kyk na die nuwe inlegsel.

ARIOON (by sy harp): Pragtig! Maar kom sit; ek wil nou in herinnering 1630 'n loflied eers op dié ruimhartige ou heerser sing.

In later tye sal hulle sê die wêreld is 'n lang epos van goud en mense wat begin veral met Periandros, hy wat die baaierd met die eerste wêreldstad beveg, met wysheid die rusies tussen ander state kon besleg,

Page 11: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

11

1635 hy wat die denkers, danseresse en die kunstenaars

van sy tyd in tempels en teaters van dié stad vergaar, en oral die woeste inhamme, die woester Tussensee met sy slagskepe van seerowers skoon kon vee. Die Feniciërs was slim, maar hy was slimmer:

1640 luister hoe die werkers aan sy drieriemskepe timmer! Hy verbind Lechaion en Kenchréë met die eerste wêreldspoor: luister na die pikke, die grawe in die groot seevoor! Hy help die handelaar, maar onderdruk ook alles slinks, hy munt die eerste geld, maar mét die gevlerkte hings.

1645 Sy vissers vang katonkels, sy digters ry dolfyn! Sy kruike en komberse, sy bronsspieëls, ysterwerk verskyn orals langs die Tussensee; sy goud- en silwersmede, sy skepe, alles slaan en vaar op priesters se gebede! Kyk hoe staan sy kaasfabrieke, skure graan en timmerhout!

1650 Hy beheer die silwermyne van Damastion, ook al die goud van Lidië en verre streke, en hy oes na die seisoene in sy wêreldlanderye, hou op alle roetes garnisoene: op Kerkura, Leukas, Anaktorion en Apollonia, op Epidamnos, Potidaia, Epidauros en Ambrakia.

1655 Groot was hy, maar is nou groter: van alles om hom heen sal hy ter wille van sy gees voortaan afskeid neem.

PERIANDROS: Dankie, Arioon! Maar Korinthe en my ryk kan nog vergaan en sal miskien in later tye floutjies net bestaan in klanke of die fluisteringe van jou lied

1660 wat beter weerstand teen die mos en roes van eeue bied. Tog, met Korinthe het ek in die wêreld magte losgemaak wat ek as enkeling en niemand ooit weer baas sal raak. Die toekoms sal ou Periandros met 'n ander lied bedank: hy skink die wysheid saam met wyn ... tot feeste van die drank,

1665 hy versamel kunstenaars om God te prys, die mens te troos, maar deur hom word die kuns 'n roes van sinne, ydel, boos. Hy stel die Spele van die Isthmos in as hoë tydverkort, maar Korinthe en die wêreld sal vervloek wees deur die sport. Hy help die handel, maar geldbase speel hul spel

1670 en sal nog oor die hele wêreld heers deur een kartel. Wat weet Korinthe, wat die wêreld van die ewigheid? Die gevlerkte hings is van die goue munt geslyt. Boodskapper hardloop binne.

BOODSKAPPER: Hooggeëerdes, dit spyt my dat ek u moet onderbreek, maar ek moet onmiddellik 'n onheilsboodskap spreek.

6.1 Verwys na reël 1613 en 1614. Die uil word hier metafories aangewend om na Prokles te verwys.

6.1.1 Wat is die verwantskap tussen Periandros en Prokles? (1) 6.1.2 Watter statusposisie het Prokles beklee voordat hy in die

bergskeur beland het? (1) 6.1.3 Wat het Prokles gedoen wat veroorsaak het dat hy in die

bergskeur beland het? Verduidelik. (2) [4]

Page 12: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

12

6.2 Verwys na “die eiland waaroor die wraakvoëls vlieg” (reël 1624). 6.2.1 Na watter eiland word hier verwys? (1) 6.2.2 Watter simboliek kan aan die wraakvoëls geheg word?

Gee 'n goeie rede vir jou antwoord. (2) [3] 6.3 Verwys na die toneelaanwysing ná reël 1628.

Hulle kyk na die nuwe inlegsel. 6.3.1 Na watter inlegsel word hier verwys? (1) 6.3.2 Wat het met die ou inlegsel gebeur, en om watter rede

het dit gebeur? (2) 6.3.3 Van watter houtsoort is die kis gemaak waarop die inlegsel is? (1) 6.3.4 Van watter stof is die nuwe inlegsel gemaak? (1) [5] 6.4 Verwys na reëls 1629 tot 1640. 6.4.1 Arioon sing 'n loflied. Watter belangstellingsveld deel Arioon

en Periandros? (1) 6.4.2 Hoe verskil Arioon en Periandros se persoonlikhede? (1) 6.4.3 Bewys uit reëls 1629 tot 1640 dat Periandros diplomaties was. (1) 6.4.4 Wat het Periandros gedoen om die geesteslewe van die inwoners

van Korinthe te bevorder? (1) 6.4.5 Wat het Periandros gedoen om te bewys dat hy beter as

die Feniciërs is? (1) [5] 6.5 Verduidelik hoekom Periandros se woorde in reël 1657 ironies is. [2] 6.6 Watter voordeel het die digkuns vir Periandros? Kyk na

reëls 1657 tot 1660. [1] 6.7 Haal 'n sin aan uit Periandros se spreekbeurt (wat by reël 1567 begin) wat as bewys dien dat hy besef dat hy 'n oordeelsfout gemaak het. [1] 6.8 Reëls 1663 tot 1666 verwys na die drinkgelag. Watter belangrike

vraagstuk is by die drinkgelag geopper? [1] 6.9 Met watter doel het Periandros aanvanklik die Spele van die Isthmos

ingestel (reël 1667)? [1] 6.10 Hoekom is die uitlating “die wêreld sal vervloek wees deur die sport” binne die wêreld van hierdie drama ironies (reël 1668)? [1] 6.11 Wat word bedoel met “hoë tydverkort” (reël 1667)? [1] 6.12 Wie is die geldbase na wie daar verwys word in reël 1669? [1] 6.13 Wat is 'n kartel (reël 1670)? [1] 6.14 Wat simboliseer die wegslyt van die gevlerkte hings van die

goue munt (reël 1672)? [1] 6.15 Watter onheilsboodskap bring die boodskapper in reël 1673? [2] /30/

Page 13: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

13

VRAAG 7 PERIANDROS VAN KORINTHE (Opstel/Paragrawe) Beperk jou antwoord op elk van die volgende vrae tot tussen 150 en 200 woorde. 7.1 PERIANDROS: Wag nou! Hulle klouter teen die trap al met die koringkis.

LUKOPHROON: Maar ek kan nie begryp waarom dit so belangrik is.

Bespreek die belangrikheid van die koringkis deur te verwys na

• die geskiedkundige agtergrond van die kis. • hoe die kis simbool van lewe en dood word. [10]

7.2 Periandros sê van Ganguloon:

“Gryp hom! Hy word stadig met ’n geroeste swaard onthoof –”

Beskryf die verhouding tussen Periandros en Ganguloon en hoe dit gelei het tot Periandros se oordeel oor Ganguloon. [10]

7.3 Bespreek Periandros as tragiese held, deur veral te konsentreer op sy karaktergebreke. [10] /30/

Page 14: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

14

VRAAG 8 DIE KEISER (Kontekstueel) Lees die volgende uittreksel uit Die Keiser deur Bartho Smit en beantwoord die vrae: 1 (Die Keiser, gevolg deur die Keiserin en die ander, loop na

die venster en kyk uit.) KEISERIN: O, dis pragtig, Majesteit. DIPLOMAAT: Manjifiek. 5 KEISERIN: Dis soos 'n sprokiestad wat daar in die verte uit die oerwoud

uit oprys. Dis soos 'n droom ... KEISER: En julle sê dis góúd wat daar so blink in die son? KULTUUR: Suiwer goud, U Majesteit. 'n Monument vir ons nageslagte. 10 KEISER: Waar krý julle soveel goud? Ek dag ons

beskawingsprogram vir die volk het ons skatkiste leeggemaak ...

KULTUUR: Dít kom uit ons myne uit, U Majesteit. KEISER: Het daar darem nog iets oorgebly vir die toekoms? 15 KULTUUR: Natuurlik, U Majesteit. HOFNAR: Ons land is vrót van die goud, my Kroon. KEISER: Ek sien. (Hy loop terug na sy troon; die Keiserin ook.)

Beskawingsprogram? KULTUUR: Vorder volgens plan, U Majesteit. 20 KEISER: Is almal al gevoed en gekleed soos óns? KULTUUR: Hulle het meer as wat hulle nodig het, U Majesteit. HOFNAR: Loop sommer broek oor die skouer en skoene in die hand,

my Kroon. Kry glo te warm. KULTUUR: Hy oordryf, U Majesteit. Daar ís van hulle wat kla hulle 25 kry te warm; en party van hulle verruil die klere aan die

mense oorkant ons grense; maar ... KEISER: En hoekom weet ek niks hiervan nie? HOFNAR: My Kroon is glo 'n idealis en 'n dromer. KEISER (aan Kultuur): So? 30 KULTUUR: U is die grootste keiser wat vandag leef, U Majesteit. MAARSKALK: Presies. DIPLOMAAT: Die hele wêreld praat al van u as die Heilige Keiser. KEISER: Heilig ...? DIPLOMAAT: Ja, U Majesteit – oor alles wat u gedoen het om die volk 35 uit sy slawerny en armoede te bevry en op te hef. KULTUUR: Daarom wil ons u nie belas met onbenullighede nie. KEISER: Die welvaart en beskawing van die volk is nie

onbenullighede nie. KULTUUR: Natuurlik nie, U Majesteit. Maar ons is nog besig om 40 die mense op te voed – en dit kan nie oornag gedoen word

nie. KEISER: Oornag, sê jy? Dis vyftig jaar!

Page 15: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

15

8.1 Wat is dit wat so manjifiek is in die sprokiestad waarna hulle in reël 5 kyk? [1] 8.2 Watter karaktereienskap kom na vore in die uitlating van die Keiserin in

reëls 5 en 6? [1] 8.3 Wat is die funksie van die akuutaksent op die woord krý in reël 10? [1] 8.4 Watter karaktereienskap openbaar Kultuur in sy antwoorde in

reëls 19 en 21? Skryf net een woord neer. [1] 8.5 Watter waarheid wil die Nar in reëls 22 en 23 aan die keiser oordra? [1] 8.6 Watter argument voer Kultuur aan wat as bewys kan dien dat hy

behoudend is? [1] 8.7 Waarvoor verruil die mense hulle klere aan die mense oorkant die grens? [1] 8.8 Wat is die funksie van die ellips in reël 26? [1] 8.9 Hoekom is die Keiser se vraag in reël 27 ironies? [1] 8.10 Wat wil die Nar eintlik vir die Keiser sê in reël 28? [1] 8.11 Watter woord gebruik die Keiser om sy verbasing aan te dui? [1] 8.12 Watter tema word aangeroer in reëls 30 tot 32? [1] 8.13 Watter karaktereienskap van die Keiser kom na vore in reëls 37 en 38? [1] 8.14 Tot watter insig kom die Keiser in reël 42? [1] 8.15 Gee twee betekenisse wat die woord droom in reël 6 kan hê. Skryf die twee betekenisse onder mekaar neer. [2] 8.16 In reël 7 word die woord góúd beklemtoon.

Noem kortliks watter 8.16.1 TWEE positiewe en (2) 8.16.2 TWEE negatiewe simboliese waardes aan goud

geheg word in hierdie drama. (2) [4] 8.17 Die woord dag in reël 10 beteken het gedink. Dit impliseer dat die

Keiser nie weet wat in sy land aan die gang is nie. Hoekom is hy nie ingelig nie? Gee TWEE redes. [2]

8.18 Wat behels die beskawingsprogram? [2] 8.19 Verduidelik hoekom die Nar se woorde in reël 16 sarkasties is. [2] 8.20 Hoekom is die Keiser se antwoord in reël 17 ironies? [2] 8.21 Watter twee rolle speel die Nar in hierdie uittreksel? [2] /30/

Page 16: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

16

VRAAG 9 DIE KEISER (Opstel/Paragrawe) Beperk jou antwoord op elk van die volgende vrae tot tussen 150 en 200 woorde. 9.1 Op die titelbladsy van hierdie drama lees ons:

Die Keiser VARIASIES OP 'N SPROKIE VAN HANS ANDERSEN Bespreek die ooreenkomste en verskille tussen Andersen se sprokie en Smit se drama. [10]

9.2 In die toneelaanwysings word die volgende oor die kleredrag gesê:

Hoewel die stuk in ons eie tyd afspeel, is die kleredrag deurgaans – behalwe dié van die Wewers en Rebellesoldate – streng volgens die modes van Versailles aan die einde van die sewentiende eeu – pruike, alles. Die Keiser se onderbroek – later – is natuurlik ook volgens dié mode.

Hieruit kan ons reeds aflei dat kleredrag in hierdie drama baie belangrik is.

Wat is elkeen van die volgende karakters in die drama se siening oor kleredrag?

• Diplomaat • Kultuur • Keiser [10]

9.3 Bespreek die Hofnar as karakter in Die Keiser. Gee veral aandag

aan die volgende:

• Hoe hy die Keiser manipuleer en waarom hy dit doen • Hoe ons die komiese en die tragiese raaksien deur die Hofnar • Hoe hy die skyn ophef [10]

/30/

Page 17: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

17

AFDELING C: ROMAN Hierdie afdeling bestaan uit Vraag 10, 11, 12 en 13. Vraag 10 en Vraag 11 handel oor Toorberg en Vraag 12 en Vraag 13 oor Kringe in 'n bos. Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling. Indien jy die kontekstuele vraag (Vraag 6 OF Vraag 8) in Afdeling B gekies het, moet jy die opstel-/paragrawevraag (Vraag 11 OF Vraag 13) in Afdeling C doen. Indien jy die opstel-/paragrawe-vraag (Vraag 7 OF Vraag 9) in Afdeling B gekies het, moet jy die kontekstuele vraag (Vraag 10 OF Vraag 12) in Afdeling C doen. VRAAG 10 TOORBERG (Kontekstueel) Lees die volgende uittreksel uit Toorberg van Etienne van Heerden noukeurig deur en beantwoord die vrae. 1 Sy’t gou 'n paar stukkies groenigheid gepluk en haar na die kombuis

teruggehaas. Sy’t die pietersielie op die kombuistafel gelos en die lang gang afgeloop. In haar kamer het sy by die spieëltafel gaan sit, haar hare gekam en haar lippe rooigemaak. Sy’t die borsspeld wat sy by Ouma Olivier geërf het, aangesteek en met haar hand teen haar wang na haarself in die spieël gekyk. Toorberg het geen Moolman nog vry laat gaan nie, het sy gedink, nie in die lewe en nie in die dood nie. Sy het opgestaan en deur die groot kamers van die huis gedwaal, by die staanhorlosie in die sitkamer en die koperpotte in die gang verby, verby die portrette van StamAbel en Ouma Magtilt bokant die buffet in die eetkamer. Sy’t by al die slaapkamers ingekyk en in die gastekamers het sy die vensters oopgemaak vir vars lug, en die kussings elk 'n uitklop gegee en die dekens reggetrek. Sy’t die stof in die kose onder die gastebeddens laat uitblaas en die matjie in die gastebadkamer gaan haaks skuif.

2 Daarna het sy nog een maal deur die huis geloop en toe by haar stinkhoutskryftafeltjie op die sonstoep gaan sit. Sy het haar dagboek met die buiteblad van kalfsleer oopgemaak en daarin geskryf: “De la Rey het vanoggend skielik op besoek hier aangekom. Abel en die geoloog het gaan water soek in die boveld. My hande bewe en ek kan aanvoel iets gaan gebeur.”

3 Later het die magistraat op kommissie vir Ella gevra om – as dit nie inbreuk sou maak op haar privaatheid nie – hierdie bladsy uit haar dagboek aan hom te toon. Hy’t lank daarna gekyk en sy kop geskud, maar eers niks gesê nie. Toe het hy gegroet en by die voordeur aan haar gesê: “Dit lyk my u het 'n aanvoeling.”

4 Nadat sy haar dagboek toegemaak het en weer gebêre het in die geelhoutkissie, het Ella op De la Rey gewag. Hy dwaal seker op die werf rond, het sy gedink. Of dalk het hy weer aan die gesels geraak met die kind onder die wilgerbome.

Page 18: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

18

5 Van haar lessenaar op die voorstoep af kon Ella oor die grasperk uitkyk tot

by die roostuin, en verder oor die werf tot by die krale en die skure. Terwyl sy so sit, sien sy Kaatjie Danster in die verte aanstryk met die voetpaadjie wat bokant die skure teen die koppie afloop na die ondervlak en die Halte. Sy word ook al oud, dink Ella terwyl sy die figuurtjie dophou. Sy moet al naby die tagtig wees en kyk hoe fluks loop sy nog. Hulle is darem 'n taai nasie. Toe onthou Ella dat dit die einde van die maand is en dat Kaatjie Danster waarskynlik op pad is om haar pensioen by Koevert Moolman te gaan afhaal.

6 Soos Kaatjie Danster se familie, is De la Rey ook 'n StiefMoolman – mense wat deur OuAbel en Abel se trots verstoot is eenkant toe. Waarom sou hy nóú terugkom, wonder Ella. Destyds het sy as jonggetroude vrou by Ouma Olivier gehoor dat De la Rey eintlik OuAbel se lieflingseun was, nie Abel nie. De la Rey sou Toorberg erf, want hy was die oudste, en in sy stap en sy hoogmoed kon jy sien dat hy StamAbel se kleinkind was. Hy was taai en trots, maar terselfdertyd eenkant en stil, veral toe hy ouer word en een been hom al meer pla. Almal het aanvaar dat hy eers sou gaan leer, maar later sou terugkeer om Toorberg te boer.

10.1 Watter ontdekking het Ella in die fyntuin gemaak net voordat sy die pietersielie begin pluk het? [1] 10.2 Om watter rede het Ella haar hare gekam en haar lippe rooi gemaak? [1] 10.3 Wat is die verwantskap tussen Ella en Ouma Olivier? [1] 10.4 Elders in die verhaal lees ons:

“Hier sit julle Cousin Andreas nou, dink hy weemoedig by die boorgat, en julle

ken hom nie eens nie. Maar nou kan julle Cousin ongesiens en ligvoets dwaal, sonder spoor of tyding, want uiteindelik is die plaas nou syne ook. Geen deur is meer vir hom gesluit nie, geen voetpaadjie meer vir hom onbekend nie.”

Haal 'n sin, wat oor dieselfde tema handel, uit paragraaf 1 van die

uittreksel aan. [1] 10.5 Verwys na die huis op Toorberg. 10.5.1 Wie het die huis laat bou? (1) 10.5.2 Vir wie het hy die huis laat bou? (1) 10.5.3 Wat is die leuse op die voorgewel van die huis? (1) 10.5.4 Watter een van die volgende woorde word in die roman gebruik om

die opstal te beskryf? kolossaal, majestueus, tempelagtig, luuksueus. (1) [4] 10.6 Wat was Ouma Magtilt se nooiensvan? [1] 10.7 Gee die betekenis van die woord buffet (paragraaf 2). [1] 10.8 Watter karaktertrek van Ella kom na vore uit haar aksies in paragraaf 1?

Skryf net een woord neer. [1]

Page 19: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

19

10.9 In paragraaf 2 staan: “My hande bewe en ek kan aanvoel iets gaan gebeur.”

Wat het net ná hierdie uittreksel gebeur? [1] 10.10 Watter karaktertrek van die Moolmans het tot hulle ondergang gelei? Skryf een woord uit paragraaf 6 op jou antwoordblad neer. [1] 10.11 In paragraaf 6 word van De la Rey gesê dat “een been hom al meer pla”.

Wat was met sy been verkeerd? [1] 10.12 Verduidelik hoe daar spanning geskep word in paragraaf 2. [2] 10.13 Noem twee dinge waaroor Ella 'n aanvoeling gehad het. Gee jou

antwoord vanuit 'n agternaperspektief. [2] 10.14 Verduidelik kortliks watter vreemde ervaring Kaatjie Danster daardie dag

langs die pad gehad het. [2] 10.16 In paragraaf 2 lees ons dat Abel en die geoloog gaan water soek het in

die boveld. Verduidelik kortliks watter stappe die volgende Abels gedoen het om die water te behou:

10.16.1 OuAbel (2) 10.16.2 Abel (2) [4] 10.17 Wat het daartoe aanleiding gegee dat die volgende as StiefMoolmans

beskou word? 10.17.1 Kaatjie Danster se familie (2) 10.17.2 De la Rey Moolman (2) 10.17.3 Koevert Moolman (2) [6] /30/

Page 20: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

20

VRAAG 11 TOORBERG (Opstel/Paragrawe) Beperk jou antwoord op elk van die volgende vrae tot tussen 150 en 200 woorde. 11.1 Ella Moolman sê aan Abraham van der Ligt: “Dit klink so soos De la

Rey, jare gelede, in die perskeboord. Hy’t ook só gesê. ‘Bewondering’.” Bespreek die ooreenkoms tussen die magistraat en De la Rey Moolman. [10] 11.2 Bespreek die rol van StamAbel Moolman in die roman Toorberg. Verwys na die volgende sake:

• Sy rol as pionier • Die legendes wat oor hom vertel word • Sy siening van die vrou [10]

11.3 Hoe tree elk van die volgende vroue teenoor Abel Moolman op?

• Ella Moolman • Amy O’Leary Moolman • Kaatjie Danster [10]

/30/

Page 21: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

21

VRAAG 12 KRINGE IN 'N BOS (Kontekstueel) Lees die volgende uittreksel uit Kringe in 'n bos van Dalene Matthee noukeurig deur en beantwoord die vrae. 1 “Ek het nie tyd vir jou agterna stories nie, Freek. Ek het gekom

om met Jozef te praat.” 2 “Ons het niks om vir mekaar te sê nie,” gee Jozef antwoord. 3 “Julle staat op julle pa en ma se grafte!” 4 'n Windswael kom duik laag oor die kruppelbos agter hulle. 'n

Klompie delwers kom met pikke en grawe oor die skouers uit die Bos, elkeen met 'n drag vuurmaakhout by hom. Saul wag tot hulle verby is voordat hy weer na Freek draai.

5 “Freek,” waarsku hy, “ek gaan nie met jou sukkel nie. Ek wil met Jozef praat en ek wil alleen met hom praat!”

6 “Niemand sê vir Freek Terblans waar hy in hierdie bos mag staan of nie mag staan nie, Saul Barnard!”

7 “Moenie my soek nie, Freek.” 8 “Wat wil jy hê?” vra Jozef en hy wag vir 'n antwoord. 9 “Vir jou,” sê Saul en besluit om Freek te ignoreer. 10 “Om wat te maak?” Dis 'n uitdaging. 11 “Om vas te stel of dit moontlik is om die strydbyl tussen ons neer

te lê.” 12 “Vergeet daarvan.” 13 Uit die hoek van sy oog sien Saul hoe Maska Freek met 'n

gesukkel wegkry. “Met ander woorde,” sê hy vir Jozef, “jy is nie bereid om dinge uit te praat nie.” En hy kry die gevoel dat hy voor ’n muur staan.

14 “Nee. Daarby waarsku ek jou, ek staan met 'n vrag hout wat annerweek moet dorp toe. As ek weer by MacDonald aankom om soos 'n hond weggejaag te word omlat jý staan en moeilikheid maak het, sal die hel losraak!”

15 “Hoeveel skuld jy MacDonald?” 16 “Dit traak jou nie!” 17 “Maar daar was darem 'n tyd toe dit vir my noodgedwonge moes

traak! Toe elke pennie van my slaafloon by MacDonald van júlle skuld afgetrek is!”

18 “Dit lieg jy!” 19 “As ek kom lieg het, sou ek iets anders gesoek het om oor te lieg.

Iets beters. Soos oor die tyd toe ek weggegaan het sodat julle hout kon uitsleep en MacDonald sy sin kon kry.”

20 “Ek weet nie waarvan jy praat nie.” 21 “Daar is baie dinge waarvan jy nooit wou weet nie. Die

maklikste uitweg was om mý skuldig te maak vir alles sodat jy nie nodig had om die bloubokkie se kop oop te kap nie! Jy’s aan meer liegte verkwansel as waarvan jy ooit sal weet, Jozef Barnard!”

Page 22: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

22

22 Ek staat nie voor jou op koort nie!” skree Jozef woedend. 23 “Nee, nie voor my nie, maar voor jouself en voor jou ander

kinders, oor wat van hulle gaan word. 24 Die skielike waaksaamheid in Jozef is soos die opkom van 'n

geweer se loop. “Jy het niks met my kinders te doen nie. Niks!” 25 “Seker nie, maar ek gaan nog altyd vir jou vertel wat van hulle

gaan word. Hulle sal gelap en gestop en verkneg staan soos jý, Jozef. Jy sal hulle sien byl swaai vir 'n tiekie se suiker en 'n tiekie se koffie en sien hoedat hulle nie eers hulle eie name kan skryf nie!”

12.1 “Ek het nie tyd vir jou agterna stories nie, Freek.” (paragraaf 1). 12.1.1 Wat is Saul se gevoel teenoor Freek? (1) 12.1.2 Wat het Freek gedoen om hierdie gevoel by Saul te ontketen? (1) [2] 12.2 “Julle staat op julle pa en ma se grafte!” (paragraaf 3). 12.2.1 Wie is hier aan die woord? (1) 12.2.2 Hoe oud was Saul toe sy ma dood is? (1) 12.2.3 Hoe is sy pa dood? (1) [3] 12.3 Wat word bedoel met “kruppelbos”? [1] 12.4 “Om vas te stel of dit moontlik is om die strydbyl tussen ons

neer te lê.” (paragraaf 11). 12.4.1 Wat beteken dit “om die strydbyl tussen ons neer te lê”? (1) 12.4.2 Watter gebeurtenis in hulle jeug het veroorsaak dat Saul en

Jozef verskillend oor dinge dink? (1) [2] 12.5 Watter karaktertrek wat ook duidelik by Saul en by hulle

pa voorkom, openbaar Jozef met “Dit traak jou nie!” (paragraaf 16)? [1] 12.6 Waarheen het Saul weggegaan (paragraaf 19)? [1] 12.7 Verwys na die oopkap van die bloubokkie se kop (paragraaf 21). 12.7.1 Op watter ouderdom het Saul die bloubokkie se kop oopgekap? (1) 12.7.2 Watter groep mense het geglo dat die bloubokkie se gal in sy

kop sit? (1) 12.7.3 Wat was Saul se bevinding oor die gal nadat hy die bloubokkie

se kop oopgekap het? (1) 12.7.4 Hoe het die oopkap van die bloubokkie se kop Saul se denke

beïnvloed? (1) 12.7.5 Wat was sy gevolgtrekking oor die groep mense wat geglo het dat

die bloubokkie se gal in sy kop sit? (1) [5] 12.8 Wat word bedoel met “koort” (paragraaf 22)? [1] 12.9 Benoem die beeldspraak in paragraaf 24. [1] 12.10 Na watter universele problematiek word in paragraaf 25 verwys? [1]

Page 23: 0001.2 AFRIKAANS EERSTE TAAL HG (PRIMêRE TAAL) …wcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2006 (0001.2) AFRIKAANS EERSTE (PRIMêRE) TAAL HG/V2

23

12.11 Wat was die oorsaak dat Jozef “soos 'n hond weggejaag” is by

MacDonald? Verduidelik. [2] 12.12 Hoe het dit gekom dat Jozef “skuld” het by MacDonald? Verduidelik. [2] 12.13 Noem twee opofferinge wat Saul gemaak het ter wille van sy familie. Soek die antwoord in paragrawe 15 tot 21. [2] 12.14 Wat bedoel Saul met “jy is aan meer liegte verkwansel” (paragraaf 21)? [2] 12.15 Gee twee redes hoekom dit ironies is dat Jozef sê: “Jy het niks met my

kinders te doen nie. Niks.” Baseer een rede op gebeure wat chronologies voor hierdie woordewisseling plaasgevind het en een rede op wat ná hierdie woordewisseling plaasgevind het. [4]

/30/ VRAAG 13 KRINGE IN 'N BOS (Opstel/Paragrawe) Beperk jou antwoord op elk van die volgende vrae tot tussen 150 en 200 woorde. 13.1 “Dit was 'n deurmekaar nag van opstand en verontregting, van moedeloosheid en selfbejammering.” Bespreek Saul se frustrasies as

• gebrandmerkte. • bewaarder. [10]

13.2 “Van kleins af het hulle by mekaar verbygedink.” Bespreek die verhouding tussen Saul en Jozef deur op die volgende te wys:

• Hulle verskil in denke • Hoe Jozef vir Saul gehelp het • Hoe Saul vir Jozef gehelp het [10]

13.3 Bespreek die rol wat die volgende vroue in die lewe van Saul gespeel het:

• Sy ma • Sanna • Kate se ma [10]

/30/ GROOTTOTAAL: /100/