teling - boran cattle breeders' society of south africa 2019-02-25آ 4 bylae tot landbouweekblad...
Post on 04-Jul-2020
0 views
Embed Size (px)
TRANSCRIPT
’N BYLAE TOT
15 FEBRUARIE 2019
TELING Innovering in die veebedryf
ALGEMENE NAVRAE Hoofkantoor, Bloemfontein Tel: 051 410 0900 E-pos: info@studbook.co.za Webwerf: www.sastudbook.co.za Straatadres: Henrystraat 118, Westdene, Bloemfontein
HOOFBESTUUR Hoofbestuurder Dr. Japie van der Westhuizen 082 331 9923 japie@studbook.co.za
Uitvoerende sekretaresse Me. Shérri van Zyl 051 410 0995 sherri@studbook.co.za
Bestuurder: Finansies en ondersteunende dienste Me. Petro Lloyd 051 410 0998 petro@studbook.co.za
Bestuurder: Rekenaardienste Mnr. Nico de Jager 051 410 0911 nico@studbook.co.za
Bestuurder: Aantekening- en datadienste Mnr. Herman Labuschagne 082 495 9764 herman@studbook.co.za
Bestuurder: Genetiese en adviesdienste Dr. Bobbie van der Westhuizen 082 802 6606 bobbie@studbook.co.za
BEMARKING NAMENS SA STAMBOEK Me. Ainslee Oosthuysen van Spotted Apple 074 120 4450 ainslee@spottedapple.co.za
SPESIALIS GENETIESE EN ADVIESDIENSTE Pretoria-kantoor (Huis 11, Univer- siteit van Pretoria Proefplaas,
Suidstraat, Hatfield, Pretoria) Mnr. Schalk Greyling 082 807 1544 schalk@studbook.co.za
Me. Suretha Francis 083 584 0814 suretha@studbook.co.za
Dr. Helena Theron 082 376 2483 helena@studbook.co.za
Dr. Bernice Mostert 072 380 6401 bernice@studbook.co.za
Me. Donné Kruger 082 550 5606 donne@studbook.co.za
TEGNIESE ADVISEURS KwaZulu-Natal (melk), Gauteng, Limpopo en Mpumalanga Me. Thalia Brameld 071 493 1111 thalia@studbook.co.za
Oos-Kaapse grensgebied (vleisbeeste en kleinvee) en Oos-Vrystaat Mnr. Gerdus de Klerk 072 691 3600 gerdus@studbook.co.za
Noordwes en Noord-Kaap (Vryburg) Mnr. Dolf Cloete 082 660 3266 dolf@studbook.co.za
Vrystaat (melk) Mnr. Rampie de Wet 083 631 6040 rampie@studbook.co.za
Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordoos- Vrystaat en Noord-Natal (vleisbeeste) Mnr. Andries Riekert 082 465 0671 andries@studbook.co.za
Wes- en Suid-Kaap Me. Chanelle Steenekamp 072 836 4108 chanelle@studbook.co.za
Wes-Vrystaat, Natal- Middellande en Suid-Natal (vleisbeeste en kleinvee) Mnr. Siebert Vermeulen 082 548 4608 siebert@studbook.co.za
Oos-Kaap Mnr. Ruann Kruger 082 766 0562 ruann@studbook.co.za
Bylae tot Landbouweekblad 15 Februarie 2019 3
INHOUD 4 Teel diere wat ’n verskil maak
8 Kyk nuut na voeromsetting en metings van karkasse
14 Beefmaster-sukses: Die Van Reenen-storie
16 Genetiese verbetering begin met teeldoelwit
18 Vooruitgang deur vennootskappe
SA STAMBOEKLBW
4 Bylae tot Landbouweekblad 15 Februarie 2019
T eling van plaasvee kan kortliks omskryf word as die keuse wat gemaak word tussen geskikte diere wat
kan dien as ouers vir ’n volgen- de geslag produksiediere. Daar is nie kortpaaie nie, maar wel ’n snelweg om deur teling ’n winsgewender kudde te skep.
Hierdie keuse bepaal dus die toekoms van produksie- doeltreffendheid, waaronder die aantal diere wat aangebied word om te verkoop, die insette wat nodig is om te produseer, en die gehalte van die produk wat beskikbaar gestel word. Die gehalte bepaal weer die prys op die mark vergeleke met soort- gelyke produkte.
Die keuse wat tydens seleksie uitgeoefen word, sal bepalend wees vir die voortbestaan van ’n onderneming, omdat dit die
wins sal bepaal (sien DIAGRAM 1 ). Dit maak nie saak of die
veeprodusent teeldiere aan medeprodusente verskaf (stoet - teler), of êrens anders in die veeproduksie-waardeketting ’n bestaan moet maak nie. Dieself- de beginsels geld. Die strewe is om die bydrae van die faktore bokant die lyn in die diagram so groot as moontlik te maak, maar met ’n beperking op die faktore onder die lyn. Soos in enige besigheid beteken dit dus groter doeltreffendheid (biologies en ekonomies) om die volhoubaarheid van die onderneming te ondersteun.
RIGTINGWYSERS 1. Stel ’n duidelike doelwit op wat alle tersaaklike faktore in ag neem. Die uitdaging vir die veeboer is om duidelik die pad wat gevolg
moet word, te omskryf. Teling, in al sy fasette, is dus eerder ’n roete as ’n bestemming. Langs dié roete is bakens wat meet of doelwitte bereik is of nie. Deeg- like beplanning en meting teen dié bakens is dus belangrik.
In die afwesigheid van be- troubare genetiese meriete- syfers (sonder BLUP-syfers) is kommersiële veeprodusente genoodsaak om fenotipiese (waargenome of gemete) syfers te gebruik om doelwitte op te stel. Diere wat in aanmerking kom as ouers vir die volgende geslag, word dan daaraan ge- meet. Die grootste enkele fak- tor wat sal bepaal wat die uitset sal wees vergeleke met insette, is die optimale benutting van hulpbronne, waarvan voeding die belangrikste is.
In ’n tipiese veeproduksie- eenheid is daar natuurlike of
ander weiding, asook ander voer (ook in melkproduksie- eenhede). In die lig van die op- timale benutting van die beskik- bare hulpbronne, is die seleksie van die geskikte diere wat die hulpbronne sal benut, die vol- gende faktor wat aandag kry.
Vir primêre produsente sal die vroulike diere altyd die grootste bydrae tot produk- sie-doeltreffendheid lewer, en dit moet altyd by hul doelwit- bepaling in ag geneem word. ’n Produsent sal byvoorbeeld glad nie geduld kan hê met koeie en ooie wat nie betyds beset raak nie. Vir stoettelers is teelwaar- des vir vroulike vrugbaarheid beskikbaar.
Speenkalf- of lambemarkers moet ook deeglik bewus wees in watter mate die verkoop- bare kalf of lam (of meer- linglammers) ’n beter opbrengs lewer as hul moeders se onder- houdsbehoeftes. Die vraag is dus hoeveel kos nodig is om die koei- of ooikudde produktief te hou, sodat optimale repro- duksie gewaarborg kan word. Selfs in die geval van kruisteel- stelsels is daar groot verskille in die doeltreffendheid van die moeders wat kruiskalwers of -lammers soog.
Hoewel dit moontlik ekstra insette vir kommersiële produ- sente verg, kan dit die moeite werd wees om die produkti- witeit van vroulike diere aan te teken en vir seleksie te oor- weeg. Die doeltreffendheid van melkkoeie behoort gemeet te word aan hul produksie-doel- treffendheid ten opsigte van
LBW
Teel diere wat ’n verskil maak
Veeprodusente kan verskillende rigtingwysers op die telingsnelweg gebruik
om diere te teel wat ’n verskil maak en doeltreffender is, en só die volhoubaarheid
van hul onderneming verseker.
SA STAMBOEK JAPIE VAN DER WESTHUIZEN
DIAGRAM 1: UITWERKING OP VOLHOUBARE WINSGEWENDHEID
Winsgewende produksie in die veebedryf steun swaar op goeie teelmateriaal en vooruitgang deur teling. ’n Teelbeleid en betrou- bare stamboominligting is noodsaaklik om doeltreffender diere te teel. FOTO’S: THEUNS BOTHA
Uitsette
Aantal produkte
Gehalte en aan- vaarbaarheid
Effek op volhoubare winsgewendheid
Teeldiere
Insette
Inset per teeldier
Aantal teeldiere
Aantal produkte
Inset per ver- koopbare produk
Prys
Omset
Bylae tot Landbouweekblad 15 Februarie 2019 5
die prysstruktuur waarvoor vergoed word. Dit sluit ook reproduksie-doeltreffendheid en produksie relatief tot on- derhoud in.
Hierdie eerste padteken sluit ook duidelike kriteria in, soos
beperkte teeltye en die uitskot van vroulike diere wat nie aan minimum reproduksie-stan- daarde voldoen nie. Stoettelers sal elke dier ook aan die mi- nimum standaarde ten opsigte van teelwaardes meet.
2. Meet en teken korrek en akkuraat aan. Sonder akkurate meting het jy nie ’n benul waar jy is en in watter rigting jy op pad is nie. Die beginsel is om die eien- skappe te omskryf en aan te
teken wat deel van jou doel- wit vorm, pleks daarvan om te raai of, deur ander eienskappe te gebruik, met ’n ompad by die einddoel uit te kom.
Seleksie vir vrugbaarheid (en fekunditeit) by koeie en ooie kan direk gemeet word. Daar- om maak dit nie sin om van die snelweg af te wyk deur jou oë te volg en mooi vroulike diere te kies wat oorslaan nie. Selekteer koeie of ooie wat gereeld nage- slag speen. Dit is baie maklik om te meet. Raaiwerk is ’n afdraaipad vanaf die snelweg.
3. Gebruik genetiese meriete (pleks van subjektiewe waarneming) om teeldiere te oorweeg as ouers van die volgende generasie. Hoewel die vergelyking met die eerste oogopslag baie inge- wikkeld lyk, dui dit op logiese waarhede (sien DIAGRAM 2 ).
Seleksie-vordering per jaar hang af van hoe akkuraat jy meet, of jy raai en of jy
Die sleutel-vergelyking wat aandui hoe vinnig vordering op die seleksie-snelweg kan wees.
DIAGRAM 2: VORDERING OP DIE SELEKSIE-SNELWEG
Jaarlikse genetiese vordering
Proporsie geselekteer
Variasie van teelwaardes
Akkuraatheid van teelwaardes se
voorspelling
BV t
rBV,BV
L
BV
Ouderdom van teeldiere
6 Bylae tot Landbouweekblad 15 Februarie 2019
LBW SA STAMBOEK
eerder teelwaardes gebruik om jou besluite te neem. Dit be- hels onder meer hoe vrugbaar jou vroulike diere is en hoe lank hulle produktief in jou kudde bly (omdat dit die ver- vangingsverhouding bepaal), hoe streng die teler was wat die bul of ram geselekteer het (sy of haar seleksie-intensiteit), wie jy as kuddevader gebruik, en hoe vinnig jy van onproduk- tiewe teeldiere ontslae raak en met beter nageslag vervang. ’n Ander belangrike faktor is om wyd te gaan soek vir