rondom my - tuis...rondom my dawie de jager (uit: vonk@verse 1.best books, 2011) aanbieding opgestel...

40
RONDOM MY DAWIE DE JAGER ( UIT : VONK@VERS E 1. BEST BOOKS, 2011 ) AANBIEDING OPGESTEL & VERWERK (UIT BRONNE SOOS AANGEDUI) DEUR: LOUISE FULLARD & RIANA GEORGHIADES

Upload: others

Post on 13-Jun-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

RONDOM MYDAWIE DE JAGER

(UIT: VONK@VERSE 1. BEST BOOKS, 2011)

AANBIEDING OPGESTEL & VERWERK (UIT BRONNE SOOS AANGEDUI) DEUR:

LOUISE FULLARD & RIANA GEORGHIADES

TEMA

LIEFDE

TITEL: RONDOM MY

•Die titel van die gedig vewys na wat die

spreker vir sy geliefde wil sê:

• Ons moet die verhouding rustig aanpak,

maar jy moet by my wees.

•Spreker is in gesprek met sy geliefde!

INHOUD VAN GEDIGDie spreker sê vir sy geliefde hy wil hierdie keer niehaastig wees nie, want omdat hy in die verledehaastig was, het dinge nie uitgewerk soos hygraag WOU gehad het nie.

Hy is daarvan bewus dat sy geliefde ook nog tydnodig het, want hy sien dit in haar oë.

Daarom sê hy as sy in hierdie verhouding tyd wilhê, moet sy net naby hom bly.

Ek wil my tyd vat hierdie

keer

?

RONDOM MY

1 Ek wil my tyd vat hierdie keer

2 ek moet my tyd vat hierdie keer

3 want die haastigheid in my

4 het my al veels te veel keer

5 ondergekry

6 my ondergekry.

7 Ek wil my tyd vat hierdie keer

8 ek moet my tyd vat hierdie keer.

9 Ek sien die blou in jou deur die bietjie in jou oë.

10 Ek weet daar is dinge wat jou ook nog pla

11 dinge wat jou terughou.

12 Kom wys my wie jy is en wie jy graag wil wees.

13 Kom wees net jy, kom wees net jy.

14 As jy wil tyd vat hierdie keer

15 kom vat ‘n rukkie hier by my

16 As jy tyd wil vat

17 kom wees hier rondom my

18 kom wees hier rondom my

19 net as jy wil …

20 net as jy wiI.

TYDENS LEES

Dawie de Jager is 'n lid van die Klopjag-groep (waar hybeter bekend is as Daaf).

Hierdie liedjie is op eenvan Klopjag se CD's beskikbaar.

LIRIEK: LIEFDESGEDIGDit is die woorde van ‘n lied en behoort

gesing te word.

'n Belangrike kenmerk van 'n liriek is

herhaling.

In hierdie geval word die herhalinggebruik om te beklemtoon.

In strofe 1:

Hy wil sy tyd neem (die

verhouding rustig vat) omdathy in vorige verhoudings te haastigwas en dan verkeerd opgetreehet.

In slotstrofe: nooi hy haar uit

om ook haar tyd te neem,

maar naby hom te bly.

BEKLEMTOON …

en dan beklemtoon hy dat dit haar keuse is:

"net as jy wil ... ".

Hy herhaal die woorde "as jy wil" vierkeer en gebruik die ellips baie effektief in die voorlaaste versreël, asof hy wil hê sy moet

nadink oor sy voorstel: "net as jy wil"

VERTELLEREk-spreker

wat vertel hoe hy voelen

hoe hy dinge ervaar

• Strofe 1

r.1 “Ek wil my tyd vat hierdie keer”

r.2 “ek moet my tyd vat hierdie keer”

• Strofe 2

r.9 “Ek sien die blou …”

r.12 “kom wys my …”

• Strofe 3

r.15 “… hier by my”

r.17 “… hier rondom my”

KLANKRYKHEID EN RITMEAlliterasie (alliteration):

Dit is wanneer dieselfdemedeklinker of konsonant kort namekaar in dieselfde versreël herhaalword, veral as dit aan die begin van 'n lettergreep is.

r.12 “… wie jy is en wie jy graag wilwees”

[ALL the rest]

Assonansie (assonance):

Wanneer dieselfde klinker of vokaalklank kort na mekaar in dieselfde versreël herhaal word.

r.4 “het my al veels te veel keer”

[A Selected few…vowels]

REFREIN[CHORUS]Gedeelte van ‘n lied/

gedig wat herhaal word.

r.1 & 2

r. 7 & 8

r. 14

Doel: Beklemtoning en gee ritme aan die gedig.

Hoe die persoon voel:

Bang/versigtig omdathy reeds seergekry het in ‘n verhouding.

GEVOELVOL

BOUUiterlike bou:

Drie strofes

• Strofe 1 = 6 versreëls(sestet)

• Strofe 2 en 3 = 7 versreëls

• Baie herhaling

Innerlike bou:

Innerlike progressie

(verklaring aan sy geliefde)

• Strofe 1 r.1 “Ek wil my tyd vat …”

• Strofe 2 r.12 “kom wys my …”

• Strofe 3 r.17 “kom wees hier …”

RONDOM MYDAWIE DE JAGER

(UIT: VONK@VERSE 1. BEST BOOKS, 2011)

RONDOM MY

1 Ek wil my tyd vat hierdie keer

2 ek moet my tyd vat hierdie keer

3 want die haastigheid in my

4 het my al veels te veel keer

5 ondergekry

6 my ondergekry.

Herhaling(Beklemtoning)

Herhaling(Beklemtoning)

Assonansie

EK-VERTELLER/SPREKER

TITEL: vewys na wat die spreker vir sy geliefde wil sê:

Ons moet die verhouding rustig aanpak, maar jy moet by my wees.

Alleenplasing(Beklemtoon versreël)

r1&2: “ hierdiekeer” verwys dat

vorige verhoudingsanders was

r4: Hy is gewoonlik (“veelste veel keer”) oorhaastig en

dan loop alles verkeerd.TOO MANY TIMES

r5: Bevestig dat die haastigheid hom“ondergekry” het

-GOT TO HIM

r1&

2:

Re

fre

in

Wat wil die persoon beklemtoon?

In strofe 1 en 2:

Hy wil sy tyd neem (die verhouding rustig vat)

omdat hy in vorige verhoudings te haastigwas en dan verkeerd opgetree het.

7 Ek wil my tyd vat hierdie keer

8 ek moet my tyd vat hierdie keer.

9 Ek sien die blou in jou deur die bietjie in jou oë.

10 Ek weet daar is dinge wat jou ook nog pla

11 dinge wat jou terughou.

12 Kom wys my wie jy is en wie jy graag wil wees.

13 Kom wees net jy, kom wees net jy.

Herhaling(

Beklemtoning)

Herhaling(Beklemtoning)

Alliterasie

EK-VERTELLER/SPREKER Metafoor: r.9 “Ek sien die blou in jou deurdie bietjie in jou oë.” “blues”

verwys nahartseer/heimwee/droefheid

Verwys na hartseer wat sybeleef het en wat haar bang

maak om weer in ‘n verhouding betrokke te raak.

r7&8: Refrein

r11,12 &13: Die spreker motiveer haar om net haarself te wees, sonder om voor te gee wanneer sy by hom is.

r7, 8, 9 & 10: Herhaling (Beklemtoning)

Ek wil..., ek moet..., Ek sien..., Ek weet...

Wat wil die persoon beklemtoon?

In slotstrofe:

…nooi hy haar uit om ook haar tyd te neem,

maar naby hom te bly. Beklemtoon datdit haar keuse is of sy by hom wil bly.

14 As jy wil tyd vat hierdie keer

15 kom vat ‘n rukkie hier by my

16 As jy tyd wil vat

17 kom wees hier rondom my

18 kom wees hier rondom my

19 net as jy wil…

20 net as jy wiI.

Herhaling(Beklemtoning)

Herhaling(Beklemtoning)

Herhaling(Beklemtoning)

Ellips…asof hy wil hê sy moet nadink oor

sy voorstel:"net as jy wil"

r1&14: Refrein: Die spreker nooi haar uit om naby hom te bly terwyl sy die besluit neem.

EK-VERTELLER/SPREKER

Vir Musikaliteit

Algemene vrae:1.1 Benoem die tipe gedig.

1.2 Benoem die kenmerke van hierdie tipe gedig.

2. Benoem die tema van die gedig.

3. Watter atmosfeer/stemming is oorheersend in die gedig?

4. Bespreek die innerlike en uiterlike bou van die gedig.

5. Watter boodskap wil die titel van die gedig aan die leser oordra?

6.1 Benoem die tipe spreker in die gedig.

6.2 Waarom is die tipe spreker effektief in die gedig?

Algemene vrae: (Vervolg)

7. Watter effektiewe metode gebruik die digter om klankrykheid aan

die gedig te verleen?

8.1 Wat is die doel van die baie herhaling in die gedig?

8.2 Wat wil die spreker spesifiek beklemtoon?

9. Wat is die funksie van die refrein in die gedig?

10.1 Beskryf in EEN WOORD hoe die ek-spreker in die gedig voel.

10.2 Waarom dink jy voel die spreker so?

11. Met wie kommunikeer die ek-spreker in die gedig?

Vrae: Strofe 1

1. Verklaar in jou eie woorde wat die spreker in die refrein (r.1 en 2) probeer oordra.

2. Benoem die soort rym wat in die refrein gebruik word.

3. Wat is die spreker se probleem as hy op iemand verlief raak?

4. Bewys deur ‘n aanhaling uit strofe 1 neer te skryf wat die nagevolge van sy

probleem vir hom inhou.

5. Noem TWEE maniere hoe die digter die persoon se probleem beklemtoon.

6. Was die spreker al voorheen verlief? Bewys jou antwoord deur ‘n aanhaling uit

strofe 1 neer te skryf.

7.1 Skryf ‘n voorbeeld van assonansie neer uit die strofe en onderstreep die letters.

7.2 Wat wil die digter beklemtoon deur die gebruik van die assonansie in die versreël?

8 Wat is die funksie van die alleenplasing van r. 5 “onderkry”

Vrae: Strofe 2

1. Verklaar in jou eie woorde wat die spreker in die refrein (r.7 en 8) probeer

oordra.

2. r. 9 “Ek sien die blou in jou deur die bietjie in jou oë”

Wie is die jou in die versreël?

3.1 Benoem die beeldspraak wat in r.9 voorkom.

3.2 Watter boodskap wil die spreker met r.9 aan die leser oordra?

3..3 Waarna verwys die woord “blou” in r.9?

3.4 r.12 ”Kom wys my wie jy is en wie jy graag wil wees.”

r.13 “Kom wees net jy, kom wees net jy”

Watter boodskap probeer die spreker aan die vrou oordra in r.12 en 13?

3.5 Wat dink jy kan “die dinge “ wees wat haar pla ? (r.10) Noem TWEE

moontlikhede.

Vrae: Strofe 3

1. Op watter ander wyse behalwe deur herhaling beklemtoon die

digter r.14?

2. Hoe weet jy dat die spreker baie van die vrou/meisie hou?

3. Wat bedoel die spreker met r.17 en 18 “kom wees hier rondom my”

4. r. 14 “As jy wil tyd vat …”

Wat is die funksie van die woordkeuse “As”?

5. Watter woorde sal jy in die plek van die ellips kan gebruik?

6. r.14 “As jy wil tyd vat …”

Waarom dink jy sal die persoon tyd nodig hê om te besluit oor die

verhouding?

Beantwoord jou vrae hier:

ALGEMENE VRAE: ANTWOORDE

1.1

1.2

2.

3.

4.

5.

6.1

6.2

ALGEMENE VRAE: ANTWOORDE

7.

8.1

8.2

9.

10.1

10.2

11.

Antwoorde: Strofe 1

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.1

7.2

8.

Antwoorde: Strofe 2

1.

2.

3.1

3.2

3.3

3.4

3.5

Antwoorde: Strofe 3

1.

2

3.

4.

5.

6.

MEMORANDUM

ALGEMENE VRAE: ANTWOORDE

1.1 Liriek

1.2 ek-spreker; klankryk; herhaling; refrain; Gevoelvol

2. Liefde

3. onsekerheid/liefde/versigtigheid

4. Uiterlike bou: •drie strofes •Strofe 1 = 6 versreëls •Strofe 2 en 3 = 7 versreëls

•herhaling

Innerlike bou: •Innerlike progressie (verklaring aan sy geliefde)

Strofe 1 r.1 “Ek wil my tyd vat …”; Strofe 2 r.12 “kom wys my …”;

Strofe 3 r.17 “kom wees hier …”

5. Die spreker wil sy geliefde by hom hê.

6.1 ek-spreker

6.2 Beskryf hoe hy self dinge sien en ervaar.

ALGEMENE VRAE: ANTWOORDE

7. alliterasie/assonansie/herhaling/refrain

8.1 Beklemtoning

8.2 Hy wil sy tyd neem om te besluit omdat hy in vorige verhoudings

te haastig was en verkeerde besluite geneem het.

9. Beklemtoon en gee ritme aan die gedig.

10.1 bang/versigtig

10.2 Hy het reeds in vorige verhoudings seer gekry.

11. Met sy geliefde.

Antwoorde: Strofe 1

1. Hy moenie oorhaastig optree en besluite neem nie.

2. Paarrym

3. Hy is oorhaastig en neem verkeerde besluite.

4. r.4 “het my al veels te veel keer”

5. herhaling

Alleenplasing

6. Ja, r.4“het my al veels te veel keer”

7.1 r.4“het my al veels te veel keer”

7.2 Hy beklemtoon dat hy al baie in die verlede verkeerde besluite geneem het.

8. Beklemtoon wat die gevolg van sy oorhaastigheid was.

Antwoorde: Strofe 2

1. Hy wil nie hierdie keer oorhaastig wees en verkeerde besluite neem

nie.

2. Die vrou/meisie op wie hy verlief is.

3.1 Metafoor

3.2 Hoe hartseer/seergemaak sy voel en dat sy bang is om weer by

iemand betrokke te raak.

3.3 hartseer/heimwee

3.4 Sy moet net haarself wees en sy moenie voorgee as sy by hom is nie.

3.5 wie sy werklik is

wat sy graag wil hê

Antwoorde: Strofe 3

1. Omgekeerde woordorde

r.14 “ As jy wil tyd vat …”

“as jy tyd wil vat …”

2 Sy moet haar tyd neem om te besluit of sy ‘n verhouding met hom wil

hê, maar sy moet by hom bly terwyl sy besluit.

3. Die vrou/meisie moet by hom bly.

4. Die spreker gee haar tyd en ‘n keuse om haar besluit te neem.

5. Hy wil haar leer ken sodat hy haar beter verstaan.

6. Sy is onseker of sy die regte besluit neem.

Sy vertrou nie die spreker nie.

(sy het in die verlede seergekry in ‘n verhouding)

BRONNELYSVERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL

GRAAD 12 VOORGESKREWE GEDIGTE

(SAAMGESTEL DEUR RIENS VOSLOO)

BEST BOOKS STUDIEWERKGIDS VERSKUNS

VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12

(SAAMGESTEL DEUR BEST BOOKS)

GOOGLE IMAGES

VIR VISUELE ILLUSTRASIES

(HTTPS://WWW.GOOGLE.CO.ZA/IMGHP)