die pad saam - vkb.co.za · pdf filepad saam wild en jag grain field chickens gaan van krag...

68
Pad Saam Pad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie 2013 DIE

Upload: lyquynh

Post on 21-Feb-2018

336 views

Category:

Documents


72 download

TRANSCRIPT

Page 1: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Pad SaamPad Saam

Wild en jag

Grain Field Chickens gaan van krag tot krag

NTK en VKB spesiale aanbiedings

Invoere op rekordvlakke

uitgawe 16 Desember/Januarie 2013

DIE

Page 2: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

WAT JY OOK AL IN DIE WILDERNIS TEËKOM, DIE ALLESVEROWERENDE TOYOTA HILUX REEKS HET IETS OM DIT MAK TE MAAK.

BESKIKBAAR IN DUBBELKAJUIT: 2.5 D-4D 4x4 SRX, 2.5 D-4D Raised Body Raider, 2.7 VVT-i Raised Body Raider,

3.0 D-4D Raised Body Raider, 3.0 D-4D Raised Body Raider Outo, 3.0 D-4D 4x4 Raider, 3.0 D-4d 4x4 raider outo,

4.0 V6 Raised Body Raider Outo, 4.0 V6 4x4 Raider Outo

MODEL VERTOON: 3.0 D-4D RAISED BODY RAIDER MET BYKOMSTIGHEDE.

Page 3: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

1000

4054

JB/

JH

B/A

Page 4: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Des/Jan 2013in hierdie uitgawe

Voorwoord: Hannelie Cronjé Koos Janse van Rensburg Vkb & NTK Kersgroete Finansies Mortimer Toyota Wat sê die wet? Veiligheid Oom Hennie (Oudste en...) Dieregesondheid Slaap sag sy lam...... Meganisasie Wild en Jag Deel 1 Hoenderbedryf Veevoere Pannar Pieter Zietsman (Jongboer v.d. Jaar) ZZ2 Kersies Tuin Gesondheid Algemeen VKB & NTK Nuus VKB & NTK Promosies Foto Kompetsie

3456141516-1718-1920 -2324-262729/3132-3536-38394042-4344-4546-4950-5354-5556-5960-6364-65

36

16

24

Uitgewer:VKB en NTKRedakteur: Hannelie Cronjé/ Posbus 100/ Reitz 9810 Tel:058 863 8223 /[email protected] Eindredakteur: Koos Janse van RensburgOntwerp en Uitleg: Etienne Janse van RensburgTaalversorging: Lize Mulder Druk: Oranje Drukkers, SenekalAdvertensies: Hannelie Cronjé www.vkb.co.za

Alle regte van Die Pad Saam word voorbehou ingevolge Artikel 12(7) van die Wet op Outeursreg.

Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings deur skrywers of medewerkers nie.

VKB beskik oor ‘n klientedienssentrum wat bestuur word deur die groep se skakelbeampte,

me Anelie Swemmer:Kontak haargerus by 058-863 8277 of per e-pos by [email protected]

Page 5: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

As ek terugdink aan hierdie jaar, kan ek nie anders as om net weereens te besef hoe wonderlik die lewe is nie. Daar was ’n paar “af dae”, maar die lekker dae oorheers by verre. My oudste dogter het onlangs hierdie e-pos vir my gestuur, en ek deel dit graag met julle elkeen. Daar is so baie waarhede daarin vervat, en dit vat ook sommer alles saam wat ek wou sê oor die afgelope jaar en ook ook vir 2013.

“Wees altyd dankbaar vir alles wat jy het en lewe eenvoudig. Hoe minder goeters jy het, hoe minder ‘worries’ het jy ... en hoe lekkerder slaap jy!

“Wees onvoorwaardelik lief vir jou gesin en familie en aanvaar elk-een presies net soos hy/sy daar is. Vriende kan jy kies; familie nie!

“Moenie toelaat dat jou brein muf met ‘issues’ soos onvergewensgesindheid, skuldgevoelens of griewe nie. Sorteer dit uit voordat die son sak.

“Hardloop jou lewens-‘speedometer’ in die rooi. Help waar jy kan en lewe voluit terwyl jy nog lewe in jou het. ‘Use it - or lose it’!

“Geniet die eenvoudige dinge. Die ‘image’-goed en ‘keeping up with the Jones’ is sommer tydmors.

“Vermy bedompige ‘gyms’ wat stink na yuppie-spuitgoed en waar mense in snaakse Star Wars-klere soos hamsters op gevriesde fietse sit en trap. Kry oefening deur te gaan stap langs die see of in die veld of op ‘n rêrige fiets te ry. Doen iets in die buitelug!

“As jy ‘n ‘no-name brand’ T-hemp sien waarvan jy hou, koop dit. Vergeet van die name-goed wat jy in elk geval nie kan bekostig nie – solank dit net gemaklik pas. Laat andere maar hulle geld mors op goed wat vir hulle vals selfvertroue in hul eie plastiekwêreld gee!

“Lag dikwels lank en lekker. Dit hou jou gesond. Haal diep asem, drink meer water as wat jy moet, en kou jou kos fyn. Eet meer van die goed wat ’n mens pluk of uit die grond grawe.

“Moet nooit alleen drink nie, en wanneer jy ietsie vat, hou matigheid voor oë. ALTYD!

“Behou jou grappige vriende en vermy die sures – hulle trek jou net af na hulle vlak.

“Jou huis is jóú plek en daar leef jy soos jý wil. Vergeet die snobs! En die beste kar is een wat klaar be-taal is!

“Stel God eerste, en alle ander goed sal self in plek val. Glo!

“Sê vir mense dat jy vir hulle omgee. Môre kan te laat wees!”

Ek hoop julle vind saam met my hoop in hierdie boodskap van Kersfees soos in Matt 1:23 verwoord word: “ Immanuel - God by ons”. Dis juis ’n boodskap van hoop! God stuur sy Seun om in ’n wêreld waar daar nie hoop is nie, hoop te bring. God laat ons nie alleen in die deurmekaarwêreld nie. Hy is by ons. Hy belowe nêrens dat ons gespaar gaan bly van al die hartseer nie, maar Hy belowe wel dat Hy sy Seun Jesus stuur – dat ons nie alleen is nie!Lekker lees aan die tydskrif en mag elkeen van julle ’n geseënde Kersfees beleef, en mag 2013 ’n won-derlike jaar vir ons almal wees.

Kers- en Nuwejaarsgroete - Hannelie

Voorwoord

3

Page 6: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Baie dankie aan al ons lede vir julle volgehoue en lojale ondersteuning. Mag die vrede en vreugde oor die Kerstyd deel wees van jou en jou familie se vieringe, en mag die voorspoed in 2013 in tonnemaat op jul landerye staan.

VKB- en NTK-personeel.

Page 7: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Dit voel soos gister wat ek die vorige Kersbood-skap vir Die Pad Saam geskryf het. Die jaar snel so vinnig verby dat mens bykans net tred

hou met die seisoene en nie met die baie detail wat tussenin gebeur nie.Vir VKB en sy lede is die jaar ’n jaar wat vir baie redes onthou sal word. Wisselende gevalle van sukses is behaal. ’n Sekere gedeelte van ons streek het die afgelope jaar baie droë weer ervaar en oeste was van die swakste in dekades, ander was weer bevoor-reg om op kritiese stadiums goeie reën te kry en het bykans rekordoeste behaal. Dit is maar die verhaal van landbou oor baie jare. Gelukkig verhang die natuur se bordjies en omstan-dighede en ons bedieningsgebied lyk tans so belo-wend soos wat dit baie lank gelede laas gelyk het. Die voorspellings van El Niño het verander na meer neutrale omstandighede, en as die voorspellings vir El Niño sou voortduur, is daar altyd ’n kans dat die voorspellers net so verkeerd kan wees oor El Niño se uitwerking as wat hulle was met La Niña verlede jaar. Produkpryse is op winsgewende vlakke vir normale oesopbrengste. Die koring het ’n ideale begin en toon groot belofte. Planttyd was lanklaas so tydig oor ’n groot deel van ons bedieningsgebied. Die tafel is gedek vir ’n besonderse jaar.Ook wat VKB betref was daar wisselende mates van sukses. Ons sukses is afhanklik van die sukses van ons lede; as dit met húlle goed gaan, gaan dit met óns goed. Die klein oeste in sekere gebiede het ons na-

Koos Janse van Rensburg

delig getref en die groot oeste in ander gebiede het weer vir ons sekere voordele ingehou. Ons nuwe projekte het later van die grond af gekom as wat ons graag sou wou hê. Die hoenderpryse het op baie swak basisse gedraai vir die Suid-Afrikaanse bedryf, maar gelukkig het die onsigbare hand inge-gryp en sake het genormaliseer en ons kan met trots en dankbaarheid terugkyk op ’n opwindende jaar waar die kernbesigheid van VKB ons gedra het deur die moeilike tyd. Die nuwe projekte is operasioneel en vertoon goed en as die seisoen vir ons produsente so volhou, sien ons weereens uit na ’n uitstekende jaar vir VKB en sy produsente.Dit maak mens maar weer net nederig en mens besef opnuut dat ons opdrag is om voluit te lewe en ons werk aan te pak met passie en alles binne ons menslike vermoë te doen om ons besighede te laat floreer. Dan alleen kan ons ons saak opdra aan ons Skepper, Sy seën op ons arbeid toebid en rustig wees oor die uitkoms van ons arbeid, hetsy of dit positief of negatief is. Met die ingaan van die Kersseisoen wil ons vir elkeen van ons produsente en ander klante ’n geseënde Kersfees toewens. Ons vertrou dat hierdie tydperk ook ’n tydperk van verootmoediging sal wees in elkeen van ons se lewe en dat ons ook weer die wonder sal ervaar van die grootste geskenk wat elkeen van ons ooit kan ontvang, naamlik die feit dat Christus vir elkeen van ons aan die kruis gesterf het om ons vry te koop van ons menslike swakheid.

Ons wens vir elkeen van u alle voorspoed toe vir 2013

5

Page 8: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Die voorneme om somergewasse aan te plant het op 25 Oktober verskyn. Gebaseer op hierdie inligting is scenario’s ontwikkel en beskikbaar gestel op Graan SA se webtuiste. Hier volg ‘n opsomming van hierdie scenario’s:Witmielies: Met ‘n oordragvoorraad van 906 000 ton en die voorneme om 1,6 miljoen hektaar witmielies aan te plant, be-hoort Suid-Afrika teen ‘n opbrengs van 4,33 ton/ha ‘n uitvoerbare surplus van 1 832 000 ton op 30 April 2014 te lewer. Die moontlikheid van verdere uitvoere tot en met 30 April 2013, om die verwagte oordragvoorraad van 906 000 ton kleiner te maak, is nie uitgesluit nie.

Geelmielies: Met ‘n oordragvoorraad van 461 000 ton en die voorneme om 1,135 miljoen hektaar geelmielies aan te plant, behoort Suid-Afrika teen ‘n opbrengs van 4,92 ton/ha ‘n uitvoerbare surplus van 994 000 ton op 30 April 2014 te lewer. Die moontlikheid van verdere uitvoere tot 30 April 2013 om die verwagte oordragvoorraad van 461 000 ton kleiner te maak, is nie uitgesluit nie.

Totaal mielies: Met die oordragvoorraad van 1 368 000 ton en die voorneme om 2,735 miljoen hektaar mielies aan te plant, behoort Suid-Afrika teen ‘n opbrengs van 4,58 ton/ha ‘n uitvoerbare surplus van 2 888 000 ton op 30 April 2014 op te lewer. Bykomende uitvoere tot 30 April 2013 kan die oordragvoorraad van 1 368 000 ton verlaag. Som-mige handelaars is van mening dat produksie in die huidige bemarkingsjaar tot 300 000 ton meer kan wees as die finale oesskatting. Die voorraadsituasie plaas mieliepryse onder druk. Sorghum: Met die oordragvoorraad van 56 700 ton en die voorneme om 65 000 hektaar sorghum aan te plant, behoort Suid-Afrika, teen ‘n opbrengs van 2,7 ton/ha steeds ongeveer 30 000 ton te moet invoer om teen 31 Maart 2014 ‘n surplus bo die pyplyn van 11 500 ton te realiseer. Die voorraadsituasie ondersteun sorghumpryse. Sonneblom: Met die oordragvoorraad van 104 000 ton en die voorneme om 525 000 hektaar sonneblom aan te plant, be-hoort Suid-Afrika teen ‘n opbrengs van 1,3 ton/ha en met verwagte invoere van 28 000 ton teen 31 Desember 2013 steeds ‘n tekort bo die pyplyn van 75 000 ton te realiseer. Die tekort bo die pyplyn teen Desember 2013 kan 62 000 ton beloop. Die voorraadsituasie ondersteun sonneblompryse.

Sojabone: Met die oordragvoorraad van 199 000 ton en die voorneme om 504 000 hektaar sojabone aan te plant, behoort Suid-Afrika teen ‘n opbrengs van 1,75 ton/ha en met verwagte uitvoere van 160 000 ton teen 31 Desember 2013 ‘n surplus bo die pyplyn van 52 000 ton te realiseer. Die opname van sojabone deur nuwe perskapasiteit in 2013 is ‘n moontlikheid en kan die surplus bo die pyplyn beïnvloed. Die voorraadsituasie plaas sojaboonpryse onder druk. Grondbone: Met die oordragvoorraad van 20 000 ton en die voorneme om 43 000 hektaar grondbone aan te plant, be-hoort Suid-Afrika teen ‘n opbrengs van 1,50 ton/ha en met verwagte uitvoere van 17 000 ton teen 31 Desem-ber 2013 ‘n surplus bo die pyplyn van 5 000 ton te realiseer. Die voorraadsituasie ondersteun grondboonpryse.

Vraag en aanbodprojeksies vir die nuwe bemarkingsjaar 2013/2014deur Wessel Lemmer (senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA)

6

Page 9: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Die toestande vir somergewasaanplantings is gunstig en produsente is druk besig met aanplantings. Die vroeë somerreën oor die groot-ste gedeelte van die tradisionele VKB-gebied was baie welkom en

dit voorspel hopelik nog meer opvolgreën vir die res van die somerseisoen. Die beperkte hektare koring wat wel aangeplant is, ver-toon in hierdie stadium uitstekend. Vir die eerste ses maande wat geëin-dig het op 30 September 2012 behaal VKB ’n omset van R2 191 miljoen wat heelwat beter is as die vorige jaar asook die begroting. Die prys van kommoditeite, wat skerp gestyg het, asook verhoogde omsette by die kommersiële dienste-afdelings, is grootliks vir die hoër omsette verant-woordelik. Graanpryse beïnvloed egter nie VKB se wins so direk soos in die geval van die produsente nie. Algemene Handel, Meganisasie en Insethandel het aansienlike stygings in omsette in vergelyking met die vorige jaar en die begroting getoon.

Die nuwe nywerhede (Hoenders, Veevoer en Oliepers) het almal met produksie begin, maar dit sal nog geruime tyd neem voordat hulle ’n positiewe bydrae tot die netto wins maak. Met die uitsondering van Saadverwerking en die nuwe nywerhede presteer alle afdelings uit-stekend en oorskry meeste afdelings se resultate die begroting asook die vorige jaar se wins. Hoewel die huidige jaar se mielieoes groter was as die vorige jaar, is die wins deur die Graanbemarkingsdepartement gerealiseer, heelwat laer. Die potensiaal vir positiewe posisierolle tussen maande was min en die Safex-mark was meestal op ’n invers.Die VKB-groep se netto wins vir die ses maande geëindig 30 September 2012 is R79,6 miljoen teenoor die vorige jaar se R68,3 miljoen en die be-groting van R71,7 miljoen.Wat VKB se ander beleggings betref dra almal by tot die goeie resultate, maar is dit veral NTK Limpopo Agric en Crown Bag wat uitsonderlik goed presteer.

VKB se totale kapitaal is aansienlik hoër as die vorige jaar, maar in lyn met die begroting, soos in onderstaande grafiek waargeneem kan word. Die investerings in die nywerhede, hoër graanvoorrade asook ‘n groter debiteureboek is grootliks vir die styging verantwoordelik. Die styging in graanpryse asook heelwat meer onverkoopte tonne het ‘n wesenlike invloed op graanvoorraadwaardes en vandaar die styging in Augustus. Die totale kapitaal aan die einde van September beloop R1 718 miljoen waarvan 29% rentedraende skuld is. Hoewel die totale kapitaal toegeneem het teenoor die vorige jaar het die rentedraende gedeelte egter gedaal.

VKB se finansiële resultate vir April 2012 tot September 2012 lyk belowendArtikel deur Markus Mittermaier

Die halfjaarresultate vergelyk baie goed met die vorige jaar asook met die begroting. Ten spyte van die nuwe nywerhede se aanvangsverliese is die wins van die groep hoër as die vorige jaar vir die ooreenstemmende tydperk. Die vooruitskatting vir die res van die jaar wat aan die einde van die ses maande gedoen is, toon dat VKB die begrote wins van R148,7 miljoen gaan oorskry en baie naby aan die 2011-jaar se rekordwins gaan eindig. VKB geniet ongekende ondersteuning en lojaliteit van sy aan-deelhouers en dit is die hoofrede vir die goeie resultate.

7

Page 10: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Suid-Afrika het ʼn haas onver-sadigbare aptyt vir ingevoerde goedere ontwikkel, wat besig

is om druk op die betalingsbalans te plaas.Gedurende die eerste helfte van-jaar was goedere-invoere 12% hoër as gedurende 2005 se volle jaar. Voorlopig is daar geen rede tot onnodige kommer nie, aangesien ʼn groter-wordende tekort of die lopende rekening dikwels onver-mydelik vir die proses van verdere ontwikkeling en ekonomiese groei is.

Infrastruktuur bied ʼn voorbeeld. Indien ʼn land besig is met die uitbreiding van sy vermoë om op redelike groot skaal elektriese krag op te wek of nuwe damme te bou, kan dit gebeur dat duur inge-voerde toerusting tot ʼn tekort op die handelsbalans lei.Nog ʼn rede vir ʼn bietjie geduld met die beoordeling van die handels-balans is in seisoenaliteit van in- en uitvoere geleë. Dit word dikwels in die landbousektor aangetref, terwyl valutaverdienste wat met toerisme verband hou, ook heel-wat in die loop van ʼn kalenderjaar kan skommel.Verder moet die potensiaal om uitvoere in die mediumtermyn te verhoog, ook in ag geneem word. Gelukkig vir Suid-Afrika verwag die Internasionale Monetêre Fonds dat ekonomiese groei volgende jaar in die meeste van Suid-Afrika se vernaamste handelsvennote gaan toeneem, met al ses die wêreld se grootste ekonomieë wat op ʼn

positiewe groeipad verkeer. Nog ʼn belangrike maatstaf vir die ontleding van buitelandse handel is die samestelling daarvan. Indien ʼn land se ekonomiese welvaart afhanklik is van die invoer van produkte soos olie en intermediêre vervaardigde produkte, is ʼn groter-wordende tekort op die handels-balans dikwels ʼn teken van hoër ekonomiese groei, soos trouens ook voor die onlangse resessie ervaar is.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie groei nou al vir twaalf agtereenvolgende kwartale teen ʼn positiewe reële koers van bykans 3% en verskeie sektore is besig om momentum op te bou. Die Reserwebank verwag reële groei van meer as 3% vir 2013, terwyl sommige ekonome groei van na aan 4% vir 2013 in die voor-uitsig stel.Nie minder nie as twee derdes van Suid-Afrika se totale invoere ge-durende die eerste agt maande van 2012 word deur slegs drie ka-tegorieë verteenwoordig, naamlik masjinerie & toerusting, voertuie en olie, en brandstof. Sonder dié in-voere sal die Suid-Afrikaanse ekonomie in duie stort. Aan die ander kant moet die land deur middel van uitvoerverdien-ste hiervoor betaal, anders sal die wisselkoers beduidend verswak. Uitvoere sukkel egter om op dreef te kom ná die resessie van 2008/09.Gelukkig bestaan ʼn land se be-talingsbalans darem nie net uit ʼn handelsrekening nie en is daar ook buitelandse valuta wat op die finansiële rekening invloei. Hier ver-

toon die prentjie aansienlik beter, met ʼn kumulatiewe netto invloei van meer as R1,1 triljoen sedert 2004. Hoewel die onlangse laer kre-dietgradering van Suid-Afrika se staatskuld deur Moody’s kommer laat ontstaan het oor die volhou-baarheid van ʼn wesenlike oorskot op die finansiële rekening, is daar egter ʼn sterk teenpool.Slegs drie dae ná die skokbesluit van Moody’s het die gesag-hebbende internasionale finan-siële instelling Citigroup besluit om Suid-Afrika in sy wêreldindeks van staatseffekte in te sluit, wat sonder twyfel die finansiële rekening op ʼn strukturele basis sal versterk. Dié indeks bestaan uit ʼn uitsoek-groepie van slegs 23 lande wat aan die nodige vereistes ten opsigte van fiskale en ekonomiese stabiliteit voldoen en Citigroup se besluit staan lynreg teenoor dié van Moody’s.Die tyd sal leer welke een van die twee korrek was, maar die aan-vanklike reaksie op die kapitaal-markte dui op ʼn verleentheid vir Moody’s, aangesien die op-brengskoers op Suid-Afrikaanse staats-effekte nie opwaarts be-weeg het nie (soos wat behoort te gebeur ná ʼn afgradering).Op die keper beskou kan ʼn groter-wordende tekort op die lopende rekening gedurende die res van die jaar ʼn bedekte seëning wees, aangesien die reële wisselkoers van die rand steeds Suid-Afrika se internasionale mededingendheid teenwerk.Hoewel die rand sedert 2010 ver-swak het, is die reële wisselkoers tans op naastenby dieselfde vlak as die 2000-basisjaar en sal ʼn ma-tige verdere verswakking welkome nuus vir uitvoerders wees.

Invoere op rekordvlakke

deur dr. Roelof Botha, Ekonomiese Raadgewer, PwC

Suid-Afrika se handelsbalans (insluitend goud)

-20

-15

-10

-5

0

5

10

15

20

1/'08 2 3 4

1/'09 2 3 4

1/'10 2 3 4

1/'11 2 3 4

1/'12 2

R miljard

Samestelling van Suid-Afrika se invoere Januarie tot Augustus 2012 Bron: SARS

Olie & brandstof

Glas & edelmetale

Plastiek & rubber

Papier, hout & leer

Klere & skoene

Voertuie

Metaalprodukte

Chemikalieë

Masjinerie

Landbou

Miljard

Reële effektiewe wisselkoers van die rand(2012 = gemiddeld tot 20 September, Bron: SA Reserwebank)

70

80

90

100

110

120

2000 '01 '02 '03 '04 '05 '06 '07 '08 '09 '10 '11 '12

Indeks; 2000 = 100

8

Page 11: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie
Page 12: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Geld wat stom is, maak ruilhandel makliker

In ’n primitiewe dorpie, sowat 20 000 jaar gelede, het daar ’n jag-ter, ’n kleremaakster en ’n bakker

gewoon. Buite die dorpie was daar ’n koringboer en ook ’n melkboer. In die berg daar naby het ’n ou man gewoon wat mooi klippe versamel het. Elkeen van hierdie persone het baie gou agtergekom dat hulle hul werk geniet as hulle spesialiseer en ook meer produkte kan produseer as hulle hulself op een aktiwiteit toespits. Gevolg-lik het die onderlinge uitruil van produkte baie belangrik geword om hulle eie situasie mee te kon verbeter. Dié uitruilskema het baie doeltref-fend gewerk maar die enigste probleem was dat die jagter graag vleis vir klere by die kleremaakster wou ruil, maar sy was ‘n vegetariër. Die melkboer wou graag sy kaas vir brood by die bakker ruil, maar laasgenoemde kry ’n uitslag van suiwelprodukte. Die ou oom in die berg vrek weer oor biltong, maar hou nie daarvan om diere dood te maak nie. Die jagter ruil toe van sy vleis vir ’n goue klippie by die ou oom. Toe die kleremaakster die klippie sien, bied sy dadelik aan om vir die jagter ’n stel klere te maak in ruil vir die mooi klippie. Die melk-boer het weer die goue klippie in ruil vir kaas by die kleremaakster gekry en dit vir die bakker gaan aanbied vir brood. Later word net die goue klippies as betaalmiddel aanvaar en ’n goudsmid kom vestig hom op die dorp wat die groot klippe tot ewe groot kleiner stene verwerk sodat elke steen dieselfde gewig is. Hy bêre die onverwerkte klippe in sy kluis. Op ’n dag het die kleremaak-

ster nie ’n goue steen byderhand om vir die melkboer te gee nie. Sy gee toe vir hom ’n brief wat aan die goudsmid opdrag gee om ’n steen te maak uit een van haar onverwerkte klippe in sy kluis en dit aan die melkboer te gee. Meer mense begin toe sommer die briefies gebruik en later ruil hulle bloot die briefies vir produkte uit in plaas daarvan om elke keer by die goudsmid ’n steen te gaan haal. So ontstaan papiergeld in die plek van goue stene.

Ruilmiddel

Die inwoners van die primitiewe dorpie het met verloop van tyd ’n geldstelsel ontwikkel wat vir almal as ruilmiddel aanvaarbaar was. Geld, eerder as elkeen se selfgeproduseerde produkte, kon toe vir ’n ander se produkte verruil word. Geld verteenwoordig dus ’n produk en stel mense in staat om een produk te vervaardig maar ’n ander te verbruik. Geld gee vry-heid om iets anders te verbruik as wat ’n mens self kan produseer. As daar in aanmerking geneem word dat produkte weer die resultaat van arbeid is, is geld in wese ’n ruilmiddel vir arbeid. In die voorbeeld van die primitiewe dorpie kon die ontwikkeling van die geldstelsel bietjie versnel word. In die werklike lewe het hierdie ontwikkeling oor eeue heen plaas-gevind. Die mensdom het met verloop van tyd verskeie items as ruilmiddel probeer. Onderskeie groepe het ook nie noodwendig dieselfde items as ruilmiddel ge-bruik nie. Ruilmiddels wat gebruik was, is skulpe, klippe, boombas,

walvistande, hondetande en vere. Ander ruilmiddels soos vee, vrugte en graan is ook gebruik.Die eenvoudige feit is gevolglik dat geld enigiets kan wees wat mense wil hê dit moet wees. Dit is egter nie te sê dat die ooreengekome geldstelsel noodwendig goed en sonder gebreke is nie. Die gemene deler tussen al die verskillende stelsels is dat die gebruikers daar-van onderling tevrede moet wees dat dit ’n aanvaarbare ruilmiddel is waarmee hulle met vertroue met mekaar kan handel dryf.

deur dr. Philip TheunissenComputus Bestuursburo

10

Page 13: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Waarde

Geld op sigself het geen waarde nie, maar dit bied toegang tot waarde. Wat in die voorafgaande verhaaltjie opval, is dat geld met-tertyd sy direkte waarde verloor het en slegs ’n syfer op ’n papier begin raak het. In die internet-era het geld selfs ’n digitale aandui-ding geword. Hierdie “ont-koppeling” van geld aan iets wat ’n werklike waarde het, word moontlik gemaak omdat mense daarvan oortuig is dat geld ’n waarde het en ook hierdie waarde kan behou. As mens egter mooi daaroor nadink, is geld ’n baie wankelrige basis om ’n finansiële stelsel op te baseer aangesien die waarde daarvan baie meer sim-bolies as realisties is.Gelukkig hoef ons nie net op die geloof van mense in die waarde van geld te vertrou nie. Hoewel

arde

op sigself het geenn w waaaaaardrdrdddde eee emaar dit bied toegang ttoot de. Wat in die voorafgfgaande

aaltjie opval, is dat gegeld met-d sy direkte waardede v verloor n slegs ’n syfer r oop ’’nn papier

n raak het. In d die intnteernet-era eld selfs ’n n ddigitale aaandui-geword.. H Hieierdrdie “onnt-eling” vvanan g geleld d aan n ieietststs w wat

erklike wawaarardede h hetet, , worddddd ntlik gememaaaak k omo dat meeeemense eeeeeeeevan ooortrtuiuig g isis ddat geld ’’n de hett een n ooo k hiierrdidie e wwwaararararrrrrrddddededdde

behou. AAs s memens eegter mmmooi oor nadidinknk, , isis g geld ’n’ bbaaiekelrige bbasasiss oom ’n finaannsiëëëëëëlele el op te e babaseseerer aaangeesiene dieie de daaarvrvanan b baiaie e meeerr sim-s as realalisistitieses iis.s.kkig hoeoef f onons s ninie e nenet opp die of van mmenensese iin didie e waaarde geld te vertrtrorou u ninie.e. H oeoeweell

geld op sigself geen waarde het nie, sit daar darem ’n “orga-nisasie” daaragter wat tot op ’n sekere vlak die waarde van geld kan waarborg. Vroeër is hierdie rol deur individuele banke vervul, maar deesdae het elke land ’n sentrale bank wat die waarde van sy geldeenheid rugsteun. Hierdie waarborge hou mense se vertroue in ’n geldeenheid in stand.

Kenmerke

Dit is duidelik dat ’n geldeenheid op sigself geen waarde het nie omdat dit in wese ’n konsep vir waarde is wat in mense se koppe bestaan eerder as wat die waarde fisies bepaalbaar is. Gevolglik moet geld oor sekere kenmerke beskik om as geldeenheid te kan dien:

Ruilmiddel: Geld moet teen enige goedere of dienste geruil kan word, ongeag wie daarby betrokke is. Rekeneenheid: Die waarde van die goedere of dienste wat geruil moet word, moet in ’n bepaalde hoeveel-heid geld uitgedruk kan word. Duursaam: Geld moet by voorkeur met verloop van tyd nie tot niet kan gaan nie.Deelbaar: Die geldeenheid se waarde moet verklein of vergroot kan word om by die waarde van die goedere of diens aan te kan pas.Draagbaar: Geld moet ’n hoë waarde volgens sy gewig hê sodat dit gemaklik rondgedra kan word.Wisselbaar: Geld moet vir elkeen dieselfde waarde hê, ongeag wie daarmee wil koop of waar daarmee gekoop word.Intrinsiek: Geld se intrinsieke waarde moet gelykstaande wees aan die waarde wat dit in die betalings-verkeer verteenwoordig.

Geld is dus enigiets waarop mense ooreenkom om hul produkte en dienste onderling mee uit te ruil maar het op sigself geen waarde van sy eie nie. Dit is ’n onderlinge betroubare sim-boliese konsep wat mense op die waarde van hulle arbeid plaas. Geld se ondersteunende waarde is dus arbeid en daarom kan geld as blote simbool op sigself nie vir mense rykdom skep nie. Die enigste werklike rykdom wat die mens kan akkumuleer, is om sy kennis, ondervin-ding en vaardighede te verbeter sodat hy die waarde van sy arbeid kan verhoog.

11

Page 14: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Die land-boubedryf ervaar

tans goeie groei met ferm kom-mo-diteitspryse en sterk vraag. Natuurlik is daar al-tyd sei-soenaliteit

en siklusse betrokke en ook sekere industrieë wat baie goed presteer ten koste van ander, maar oor die algemeen is daar definitief ’n positiwiteit wat tans uitbreiding-strategieë ondersteun.Daar is verskillende makro-ekono-miese elemente wat die ekono-miese bal aan die rol hou. Laer ekonomiese groeikoerse inter-na-sionaal plaas egter verdere druk op veral die Europese kon-tinent. Verder sal ons plaaslike ekonomie ook teen ’n stadiger pas groei, maar teen ’n beter koers as die globale speelveld. Lande waar die bruto binnelandse produk (BBP) stewig sal groei, sluit in Indië, China en Rusland, om maar ’n paar te noem. Die wêreld betree waarskynlik ’n tydperk van verlengde verlangsaming in groei. Rentekoerse sal laag bly oor die mediumtermyn, wat kapitale uitbreiding ondersteun en dit vir landbou moontlik maak om no-dige vervanging te implementeer. Hoewel die huidige rand-dollar-wisselkoers sterker presteer as die laaste kwartaal van 2008, het die wisselkoers oor die laaste paar weke weer begin depresieer, wat uitvoergeleenthede ondersteun.Die landbou se bruto-inkomste-vlakke het ook goed presteer en winsgewendheid was ondersteun deur goeie kommoditeitspryse. Die bruto inkomste het jaar-op-jaar met 22% gegroei tot en met Junie 2012, terwyl die netto boer-derywins met 56% toegeneem het (grootliks danksy veranderinge in

0%

2%

4%

6%

8%

10%

12%

14%

2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011

Source: StatsSA, DAFF, DTI and own calculations

GI Upstream linkages Downstream linkages

Willie du Plessis - Hoof Agribesigheid SA

Dit is noodsaaklik dat gemeenskappe, besighede en die jeug die waarde van landbou verstaan en waardeer

lewendehawe-voorraad). Mielies het die grootste bydrae tot die hoër inkomstevlakke gelewer met ’n jaar-op-jaar groei van 22% wat ’n addisionele R14,2 miljard by landbou-inkomste gevoeg het.Landbou se ruilvoet, hoewel steeds onder druk, volg ’n positiewe ten-dens. Dit is grootliks danksy beter integrasie in die waardeketting wat agribesighede toelaat om ’n groter deel van die verbruiker se rand te bekom.Belegging in die industrie het ook toegeneem met skuldvlakke wat gegroei het om uitbreiding te finansier. Hoewel skuldvlakke ge-groei het, bly die solvabiliteit binne aanvaarbare vlakke en reflekteer dit potensiaal en vertroue in die in-dustrie. Verder is dit interessant dat die waarde van totale bates meer as verdubbel het oor die laaste dekade. Volgens sekere ekonome lyk die landbousektor se groei oor die kort- tot mediumtermyn baie goed en sal die sektor se BBP-groei die res van die ekonomie vir die volgende twee jaar uitpresteer. Landbou bly ’n strategiese indus-trie met ’n baie belangrike stabi-liseringsrol in die breër ekonomie. Daar word talle male verwys na landbou se klein direkte bydrae

tot BBP, maar indien die voor- en terugwaartse bydrae ook in ag geneem word, kan die bydrae tot 12% toeneem.

Dit is noodsaaklik dat gemeen-skappe, besighede en die jeug die waarde van landbou verstaan en waardeer. Suid-Afrika se landbou is te gefragmenteer en benodig vrymoedige leierskap om ’n visie te skep wat eenheid bevorder onder al die spelers in die waardeketting. Om dit te bereik, moet daar kon-struktiewe en sinvolle betrokken-heid en kommunikasie plaasvind.Dit gaan ook in die toekoms nóg belangriker raak vir leiers in beide die privaat en openbare sektor om uitdagings deur samewerking te oorkom. Landbou is in die unieke posisie om deur eenheid noe-menswaardige mylpale te bereik. Landbou moet egter gedestigma-tiseer word om weer by die jeug van vandag aanklank te vind en as ’n beroepsgeleentheid gesien te word. Landbou van die toekoms gaan baie verskil van vandag en die boere en besigheidsmanne wat hierdie golf gaan ry en oorleef, sal moet aanpas by die vinnig veran-derende omgewing.

12

Page 15: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie
Page 16: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

As Toyota-handelaar op Reitz beplan Mortimer Toyota, wat sedert September deel

is van die plaaslike gemeenskap, om hul naam as betroubare motor-handelaar en diensverskaffer gestand te doen en die onderne-mings en boeregemeenskap van die streek tot diens te wees – soos waaraan hierdie mense gewoond is.Mortimer Motors het in 1961 sy deure in Escort geopen, en hoe-wel dit nie van die begin af ’n Toyota-handelaar was nie, het die stigterslede gou genoeg besef dat Toyota in die toekoms een van die mees gesogte voertuie sou word. In 1969 is die Toyota Hilux in Suid-Afrika bekendgestel en is tot vandag toe steeds een van die heel grootste rolspelers in die 1-ton-voetuigmark. Dit was dus onver-mydelik dat Mortimer in daardie jaar ’n Toyota-handelaar geword het.In 1997 het Mortimer Toyota die franchise in Ladysmith bekom. In 1998 was dit Newcastle wat bygekom het, en in 1999 was dit Harrismith se beurt. In 2003 het Mortimer Toyota Bethlehem die lig gesien. Met Mortimer Toyota Reitz as die “baba” in hierdie gesin van ses, geniet die plaaslike gemeen-skap nou al die voordeel van al die jare se ondervinding wat hierdie onderneming kan bied.Die feit dat die bestuur van Mor-timer Toyota Reitz in die hande van plaaslike mense geplaas is, bete-ken dat kliënte steeds met beken-des gaan sake doen – mense wat die plaaslike mense en omstan-dighede ken. Dit is dus soos om met ou vriende besigheid te doen – geen onverwagse verrassings nie.Mortimer Toyota beskou hulself ook as deel van die plaaslike ge-meenskappe waarbinne hul sake doen, en roem daarop dat hulle as familie-onderneming hul kliënte as deel van hul uitgebreide familie beskou.

WAT DOEN MORTIMER TOYOTA VIR DIE GEMEENSKAPHierdie onderneming glo daaraan

Alles loop reg,

steeds altyd reg met Mortimer Toyotaom betrokke te wees in en by die gemeenskappe met wie hulle sake doen. Hulle is uiters besorg oor die omgewing en die noodsaaklikheid daarvan om hulpbronne en die natuur te bewaar vir ons nageslag. Daarom doen hulle alles in hul ver-moë om van papier tot glas, olie en selfs die gasse van motors se lugversorgers te herbenut. Groot bedrae geld word bestee wanneer ’n nuwe motorhandels-onderneming gevestig word om absoluut seker te maak dat hul koolstofvoetspoor ten opsigte van besoedeling so klein as moontlik is. Hulle dra ook by tot die op-ruiming van die omgewing en betrek skole en an-der instansies by skoonmaaksessies in parke en sensitiewe gebiede in die gemeenskap.Hierdie onderneming is reeds ten nouste betrokke by die boere-vereniging en het reeds ook as borge opgetree tydens die VKB Rugbyweek.

WAT BIED MORTIMER TOYOTA REITZAl ses die motorhandeltakke is toegerus met die nuutste werks-winkels en hoogs opgeleide tegnici om ondernemings se voertuie in stand te hou en optimaal te laat werk. Hierdie werkswinkels en diens-sentrums is deur Toyota Suid-Afrika goedgekeur.Wanneer onderdele vervang moet word, sorg Mortimer se 24-uur-koerierdiens dat die nodige binne 24 uur afgelewer sal word sodat kliënte se ongerief tot die minimum beperk word.Wanneer jy ’n voertuig deur Mortimer Toyota aankoop, word finansiering vinnig en doeltreffend gereël, en elkeen van die werk-nemers is ingestel op net die heel beste naverkoopdiens.

Hulle bied ook ’n 24-uur-teen-spoeddiens vir al hul kliënte, en as jou Toyota vir jou probleme gee, belowe hulle om jou met raad en daad by te staan. Met hierdie onderneming as jou “vennoot” kan jy verseker wees dat jou onderneming se wiele aan die rol sal bly.

Tel. 058 86 32831 Faks: 058 8632521

Dirk Wium Verkoopsbestuurder Sel: 084 580 3516

Connie Neethling Verkoopskonsultant Sel: 083 751 1458

Mike Fourie Verkoopskonsultant Sel: 083 258 6711

Gerhard Lourens Verkoopskonsultant Sel: 072 435 4497Ander Mortimer-takkeMortimer Weskus Vredenburg 022 713 2216Mortimer Toyota Bethlehem 058 303 5441Mortimer Toyota Estcourt 036 352 3045Mortimer Toyota Harrismith 058 623 0939Mortimer Toyota Ladysmith 036 637 7084Mortimer Toyota Newcastle034 312 9465

Mortimer Toyota Reitz Kontakbesonderhede

14

Page 17: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

In só ’n kontrak moet al die voordele gestipuleer word, soos byvoorbeeld jaarlikse verlof, siekteverlof, gesinsverantwoordelikheidsverlof, salaris, kennisgewing van diensbeëindiging en so meer.

Dit is baie belangrik om nie van ’n standaard dienskontrak gebruik te maak nie aangesien die boerdery-aktiwiteite aansienlik kan verskil van een werkgewer na ’n ander. Gewoonlik sal daar ’n proeftydperk in so ’n kontrak ingebou word. Let daarop dat die werknemer se dienste nie bloot net beëindig kan word aan die einde van die proeftydperk nie. Daar moet vooraf gesprekvoering wees waar die werkgewer die werknemer se tekortkominge skriftelik moet dokumenteer. So ’n gesprek(ke) neem gewoonlik die vorm van ’n beradingsessie aan. Afgesien van die dienskontrak moet daar ook ’n verblyfkontrak opgestel word wat al die verblyfaspek-te van die werkers wat op plase bly, spesifiseer. Die rede hiervoor is dat die verblyfaspekte onder die jurisdiksie van die departe-ment grondsake val en dat dit wat in die dienskontrak vervat is, onder die departement arbeid val. Die kontrakte kan in Afrikaans óf Engels gedoen word, maar ek sal aanbeveel dat iemand die inhoud daar-van tolk in die werknemer se taal en dat daardie per-soon (die tolk) op die kontrak aanteken dat hy dit aan die werknemer getolk het en dan daarby teken. In die geval waar daar weduwees in diens is en op die plaas woonagtig is, moet hulle ook die verblyfooreenkoms onderteken, aangesien hulle dan as die okkupeerder gereken word.

Vastetermynkontrak

’n Vastetermynkontrak kan slegs gebruik word in gevalle waar ’n persoon vir ’n sekere projek aangestel word wat vir ’n sekere tydperk duur. ’n Vastetermynkontrak kan byvoorbeeld nie gebruik word om iemand in ’n permanente pos aan te stel nie, maar jy gebruik dan die vastetermyntydperk om eers die persoon te evalueer. Sou hy nie die mas op-kom nie beëindig jy die kontrak aan die einde van die tydperk. Daar is nie ’n vasgestelde periode waarop iemand

op dié wyse aangestel kan word nie. Togwerkers sal gewoonlik vir ’n kort periode aangestel word. ’n Voor-beeld waar iemand vir ’n langer termyn aangestel word, is byvoorbeeld wanneer jy ’n plaas huur en jou huurkontrak is vir vier jaar en jy het wer-kers net vir daardie periode nodig. Die termynkontrak word dan gekoppel aan jou huurkontrak.

Tydelike kontrak

’n Tipiese voorbeeld van ’n tydelike kontrak is waar ’n werknemer vir ’n lang tydperk siek is en jy stel iemand in sy plek aan vir daardie tydperk. Weereens, soos in die geval van ’n vastetermynkontrak kan jy hier ook nie iemand in ’n permanente pos op ’n tyde-like basis aanstel en dan die persoon se dienste aan die einde van die tydelike kontrak beëindig nie. Wees net bedag daarop om nooit iemand aan te stel alvorens so ’n persoon sy kontrak geteken het nie. By gebrek aan ’n skriftelike kontrak, word daar aanvaar dat die persoon permanent aangestel is, indien die aangeleentheid op ’n dispuut sou uitloop. Let ook daarop dat ’n huiswerker op ’n plaas ook as ’n plaaswerker geklassifiseer word en dat die salaris daarom dieselfde moet wees as die ander plaaswerkers s’n.

Is jy seker jou dienskontrak bevat al die nodige elemente?Ons het verlede maand gekyk na dienskontrakte en die noodsaaklikheid daarvan. Vandeesmaand kyk Johan Strydom van nader na wat alles in die dienskontrak gestipuleer moet word. Onthou, ’n diens- of werkkontrak dien ter beskerming van beide partye die werkgewer én die werknemer.

w

15

Page 18: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Ken die feite oor plaasmoorde en landelike veiligheiddeur Danie Appelgryn

’n Week gelede, nadat ek gevra is om ’n artikel saam te stel oor moontlike beskermingsmetodes en tegnologie wat boere kan help om aanvalle te voorkom, was ek baie opgewonde om ’n bydrae te lewer. In die daar-opvolgende paar dae wat ek spandeer het aan navorsing, het my opgewondenheid egter verander in abso-lute nederigheid. Nederigheid omdat die pyn wat veroorsaak is, onmeetbaar is in enige berekenbare of nagevorste verklaring. Ek deel dan ter nagedagtenis en met respek aan die slagoffers my kennis en inligting met nederigheid.Ek het met ’n paar rolspelers gepraat en gekyk wat reeds gedoen word rakende die bekamping en stryd teen plaasaanvalle om sodoende ’n samewerkende fokus te skep eerder as om net nog ’n kant van die storie te vertel. Ek het besluit om my fokus daarop te plaas om die boere en rolspelers bekend te stel aan bestaande tegnologie wat kan help in die stryd teen landelike veiligheid.Ek is heeltemal bewus daarvan dat daar al van oral af een of ander spesialis hul kennis met jou gedeel het en moontlike oplossings gelewer het. Ek gaan jou nie ’n ou storie op ’n ander manier probeer vertel nie, maar eerder vir jou wys waar die storie(produk) sy oorsprong het, wat die boer en organisasie van binne sal be-magtig om meer effektief te wees met oplossings.Ek glo nie een oplossing is noodwendig geskik vir almal nie, en as ek die eindgebruiker kan blootstel aan wat gewoonlik net aan die installeerder en tegnikus bekend is, weet ek meer en meer individuele, groepe en ge-biedsoplossings sal gevind word. Waar begin ons dan, en wat moet jy eerste doen1. Raak betrokke by jou plaaslike veiligheidsinisiatief, en bly op hoogte van Afriforum se “Een dosyn projekte teen plaasaanvalle”.2. Volg en maak die wenke om veiliger te lewe, deel van jou bestaan.3. Onthou daar is baie kennis daar buite, maar daar bestaan nie so iets soos ’n ekspert in dié tipe misdaadvoorkoming nie.4. Elkeen het dus die reg om sy insette en bydraes te lewer. Jy is nie in die stad waar die buurman of gewapende reaksiespanne vyf minute weg is nie.5. Moenie arrogansie met oplossings misgis nie. Een boer se opgeblaasde selfvertroue is ‘n ander se pyn. Wees haastig om te luister en geduldig met jou antwoord.

Jou en jou gesin se veiligheid hang steeds deur Kobus Breytenbach (voorsitter van Wet en Orde Vrystaat Landbou)

‘n Veilige omgewing in die landelike gebiede is een van die hoekstene vir ’n suksesvolle en volhoubare landboubedryf. Verskeie rolspelers asook toerusting dra by tot die verskil tussen ’n onveilige en ’n veilige omgewing. Hoewel die SAPD ’n konstitusionele verantwoordelikheid ten opsigte van misdaad-bekamping en -voorkoming het, is dit dikwels weens verskeie redes ontoereikend. Landbouers/produsente het ook ’n verantwoordelikheid om na hulle eie huis en haard om te sien. Die traak-my-nieagtige houding en onbetrokkenheid dra dik-wels by tot ’n toename in misdaad. Gevolglik word ’n onveilige toestand ook so bevorder. Die gereelde inoefening van ’n gebied se veiligheidsplan saam met die SAPD kan die leemtes uitwys. Tans is daar ’n verskeidenheid veiligheidstoerusting soos alarms, kameras en kom-munikasietoerusting in die handel verkrygbaar. Deeglike ondersoeke moet gedoen word alvorens sodanige toerusting aangekoop word sodat dit doeltreffend en effektief aangewend kan word vir die doel waarvoor dit benodig word. Die gebruik van sodanige hulpmiddels is van groot waarde vir ’n veiliger omge-wing. Daar bestaan geen waarborg dat sulke hulpmiddels misdaad geheel en al sal voorkom nie. Misdadigers raak vaardiger om veiligheidstelsels te omseil om sodoende hul doelwit te bereik. Volgens navorsing deur UNISA gedoen onder gevonniste misdadigers, bly die beste afskrikmiddel steeds goeie beligting en daardie kleiner wakker tipe hond in die huis.Lees meer in die volgende uitgawe oor Nalatigheid, Pro-aktiewe optredes en paraatheid

16

Page 19: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

grootliks van jou af

Veiligheidswenke wat in die volgende uitgawes bespreek sal word

Nou wat is dan ’n moet as dit by sekuriteitstoerusting kom?1. Kommunikasie Kommunikasie tussen jou en jou bure in die omgewing is van kardinale belang. 2. Alarmstelsel Moenie op gehalte inboet nie. Nee, jy hoef nie die duurste te koop nie. In die volgende aflewering sal ons inligting oor geure, kleure en oplossing wat beskikbaar is.3. CCTV-kameras Asof alarmstelsels nie genoeg is nie, dan nog kameras ook? Tegnologie het so ver gevorder dat ’n betroubare stelsel nie meer ’n plaas se prys kos nie. As jy ’n stelsel kan bekostig, sou ek sê dit is ’n moet. Bostaande toerusting is in volgorde van belangrikheid gelys. Alles gaan oor bekostigbaarheid; skaf dit dus in hierdie volgorde aan.

Mense wat nie die toerusting kan bekostig nie, moet hulle toespits op die wenke hieronder (sal in die volgende uitgawe breedvoerig bespreek word):Verdere toerusting soos elektriese heinings, toegangsbeheer, identifikasiestelsels en nog veel meer. Stuur gerus navrae oor spesifieke behoeftes wat ek sal ondersoek en probeer antwoorde verskaf. ’n Brokkie produknuusAlmal wil deesdae op hul selfone kan kyk wat gebeur by die werk of by die huis (of op die plaas). As jy ’n ADSL-lyn (permanente gekoppelde Internet-konneksie) het, is dit nie ’n probleem nie. Maar... wat as jy op ’n plaas bly en Telkom sê vir jou jy is jou varkies kwyt? Tegnologie het egter al tot so ’n mate gevorder dat – afhangend van waar jy bly – ons die probleem kan oorbrug sonder dat dit ’n plaas se geld kos. Tot dusver was die oplossings baie duur, maar dinge het verander en ek glo in die volgende paar jaar sal ons eksklusiewe tegnologie baie bekostigbaar wees vir die algemene publiek. Ek en ’n installeerder het ’n baie duur oplossing vereenvoudig tot ’n baie bekostigbare oplossing vir enigiemand wat in ’n gebied bly waar daar selfoonnetwerkopvangs is. En waar die opstel gewoonlik ’n kopseer kan wees, het ons dit in ’n doen-dit-self-projek omskep. Nie net sal jy kan inskakel op die kameras nie; jy daar is van die toerusting wat jou van enige voorvalle in kennis kan stel. Sulke stelsels is volop en vrylik beskik-baar in die stad. Dit is egter nou baie meer bekostigbaar en betroubaar vir die boer op die plaas.

Jy kan uitsien na:

1. ’n Bespreking oor alarmstelsels – tipes, tegnologie en aanbevelings van spesialiste op die gebied.2. ’n Bekendstelling aan instansies en organisasies wat tot nou toe geslote was vir die boer.3. CCTV-stelsels vir die boer op die plaas.4. Veiligheidswenke en beplanning.5. Ander stelsels - eksklusiewe tegnologie.6. Hoe lyk jou gebied se veiligheidsnetwerk? En nog vele meer.Produkte wat in die artikels gelys en geadverteer word, sal gemotiveer en gestaaf word deur die verskaffer self. Vir enige navrae, kontak my per e-pos by [email protected].

17

Page 20: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

deur Hannelie Cronjé maar daar het hulle net die room afgeskep en dan stuur hulle weer die res terug. Toe besluit ek dan moet hulle maar die melk óp die plaas kom haal.”So met die jare het oom Hennie vir hom nog plase aangekoop. Hoewel hy steeds nog ’n klompie beeste het, word die melkery nie meer bedryf nie. “My seun Paul het so ’n paar jaar gelede afge-tree. Nou bestuur hy maar die plase vir my. Maar ek hou maar nog ’n stewige hand op alles,” skerts hy. “Ek gaan kuier baie op die plaas en ek moet nog gereeld soute en lekke aanry soontoe.”Hy haal ’n kasregisterstrokie uit sy sak en wys vir my: “Kyk, ons koop nog al die jare by VKB, en ons betaal vir alles kontant.”Oom Hennie bly steeds op hoogte van wat alles op die plase aangaan sodat hy in voeling kan bly met die boerdery. Oom Hennie se een dogter, Susan, het ’n koffiewinkel in Pretoria, en die ander een, Alida, woon op een van die plase by Reitz. “Ons verhuur van die grond vir saaiery, en wat ons vir die beeste nodig het, plant ons nog self,” vertel hy.Toe ek vir oom Hennie vra of hy nie vir my die plaas wil gaan wys nie, is hy vuur en vlam. Ons spreek af om die volgende Maandag plaas toe te gaan.“Ek sal Oom-hulle so elfuur kom oplaai,” bied ek aan.“Nee, my kind, ons sal halfnege reg wees vir jou. ’n Mens moet vroeg uitry plaas toe,” wys hy my tereg.Daardie Sondagoggend in die kerk praat die dominee weer nét met my toe hy preek oor be-jaardes. “Moet hulle nie onderskat nie – die seniors het baie meer wysheid en kennis as wat ons

aan kan dink,” sê hy, en ek dink onmiddellik aan oom Hennie en tannie Joyce (en aan my pa en ma!). Halfnege Maandagoggend is ek by Huis Sorgvry om die twee op te laai. Hulle albei is amper deftig uit-gevat. Langs die pad wys hy die plaas se grense en tannie Joyce vertel saam aan staaltjies van lank gelede. Op die plaas, by Paul se huis, ver-welkom sy vrou, Marieta, ons, en dit word ’n kuier op die voetpad van herinneringe waarop ek rustig saamstap, saam rus, saam lag en my verluister. So tussen die stories deur hoor ek dat oom Hennie vlot Zoeloe en Sotho kan praat. Hy gesels oor sy liefde vir sy Drakens-berg-beeste en hy vertel ook van sy Bonsmaras. En tussendeur spog hy as’t ware met hul drie kinders, ses kleinkinders en nege agter-kleinkinders.“Hy het op ’n dag met ’n donkie hier op die plaas aangekom,” vertel Paul op ’n kol. “Toe my pa die donkie sien sê hy, ‘Donkies is baie beter as perde’. Blykbaar in Dundee nog, het al die perde gevrek, maar die donkies het oorleef. My pa sê hy het met ’n donkie skool toe gery. Hy is baie lief vir donkies. Jy sal sien, hier op die plaas loop die donkies saam met die beeste en wei.”Die kuiery verskuif later na Lower Basigo, die plaas waar oom Hen-nie grootgeword het, en waar sy kinders ook grootgeword het. Met die heimwee duidelik in sy oë wys oom Hennie waar hy ‘n “lêwwe-trie” gebou het. “Ons het alles hier op die plaas self gebou met plaveistene wat ons van Vereeniging af aangery het. Toe ons hier gekom het, was hier net ’n varkhok. Sien jy daar waar daai gras nou staan, daar

Op ’n Maandagoggend teen elfuur stap ek by oom Hennie (92) en tannie Joyce van der Watt in by Huis Sorgvry op Reitz. Hulle plekkie is netjies en die mooi an-tieke meubels en ander oudhede blink in die oggendson wat deur die venster op die twee grysko-ppe val waar hulle elkeen met ’n glas vrugtesap sit. Die warmte wat my omvou terwyl ek daar by hulle twee sit, kom beslis nie net van die son af nie; dit straal uit hulle uit. Binne tien minute verlang ek na my eie ma wat net so mooi na my pa kyk soos wat tannie Joyce met oom Hennie doen. En ek verlang na my eie pa – ’n man met net soveel kennis, deernis, sagtheid, vriendelikheid, sterkte (miskien nie meer fisies nie, maar beslis nog in alles anders), en liefde vir sy kinders, klein- en agterkleinkinders as oom Hennie. En skielik dink ek aan Snotkop se liedjie, “Song vir my Dad”.Ek ruk myself vinnig reg sodat ek nie die draad van ons gesprek verloor nie, en luister weer na hoe oom Hennie vertel hoe hy as kind van Dundee in Natal saam met sy ouers na Reitz toe getrek het in 1933 waar hulle op die plaas Klipfontein gaan woon het. “Ons was vier kinders – die ander heelwat ouer as ek – maar ons kinders is daardie tyd vooruit met die trekkery, met my ouers en al die skape wat padlangs agterna gekom het – al die pad geloop. Toe, ’n paar jaar later, trek ons na die plaas Delta. Daar het ek in die plaasskool begin skoolgaan. “En toe ek klaarmaak met skool, het ek ’n melkery op die plaas Heuweltop begin. Jong, eers het ek die melk pad toe geneem,

Oom Hennie van der WattOudste en seker trotsste lid van VKB

18

Page 21: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

het ek perskebome geplant gehad. En die twee damme wat jy daar sien, hulle het ek ook gebou,” vertel oom Hennie trots en beduie na die damme en na die treinspoor toe. “Die treine het altyd hier op die plaas stilgehou om water uit die put te kry.”Met die terugry beduie hy na al die bome wat hy geplant het; die drade wat hy gespan het, en ek besef oom Hennie se spore lê diep in hierdie stuk aarde. Die bewyse van sy lewe daar, staan soos monumente.

Oom Hennie se gunstelinge:

Gereg: Lekker stukkie skaapvleis, maar deesdae ook visDrinkdingetjie: Glasie wit wynMusiek: Sagte, rustige musiekTV-program: StoeiLees: Ek het nooit tyd gehad vir lees nie, maar deesdae lees ek sommer alles

Song vir my Dad Snotkop

Dis nooit maklik nie, my woorde lê ver.Maar ek wil dit sê.So ek skryf dit in 'n song vir my dad.Soms is dit moeilik om die woorde te sê.So ek skryf 'n song, wat sê hoe baie lief ek hom het.En my ster.Is nie ver.Want my held.Is my dad.

Hou my sterk, en so ek skryf dit in 'n song vir my dad.En al lê, al lê 'n donker wolk oor daai berg.Weet ek, die son skyn altyd helder by dad.En al breek, al breek 'n storm los oor die see.Weet ek, my pa sal altyd daar vir my wees.Want my ster.Is nie ver.En my held.Is my dad.

Hou my sterk, so ek skryf dit in 'n song vir my dad.Dis nooit maklik nie, my pen los 'n merk.Maar ek wil dit sê.So ek skryf 'n song vir my dad.Daar's soveel woorde en my woorde is min.So ek skryf 'n song.Wat sê hoe trots ek op my pa is.Want my ster.Is nie ver.En my held.Is my dad.

Hou my sterk.So ek skryf dit in 'n song vir my dad.En al lê, al lê 'n donker wolk oor daai berg.Weet ek, die son skyn altyd helder by dad.

Teen die tyd dat ek hulle by Huis Sorgvry groet, is oom Hennie en tannie Joyce vir my soos eie familie. Met die wegry dink ek weer aan Snotkop se liedjie en aan al die monumente wat oom Hennie met sy handewerk agterlaat hier in Reitz se wêreld – wat ’n wonder-like getuigskrif vir ’n merkwaardige mens se lewe.O ja, oom Hennie, VKB sê dankie vir oom se ondersteuning die 72 jaar wat oom al lid is.

En al breek, al breek 'n storm los oor die see.Weet ek, my pa sal altyd daar vir my wees.

Kom reënweer op jou dagbreek, en soms hartseer.Weet net ek sal altyd daar wees.En in onweer, kan niks my keer, want ek weet.My pa het my van beter geleer.En al lê, al lê 'n donker wolk oor daai berg.Weet ek, die son skyn altyd helder by dad.En al breek, al breek 'n storm los oor die see.Weet ek, my pa sal altyd daar vir my wees.Want my ster.En my held.Hou my sterk.So ek skryf dit in 'n song vir my dad.

19

Page 22: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Bosluis-oorgedraagde siektesdeur Corné Mostert

Ons weet dat bosluise direkte en indirekte skade veroorsaak. Die grootste verliese is weens bosluis-oorge-draagde siektes soos rooiwater, anaplasmose (galsiekte) en hartwater. Die beheer van hierdie siektes is kom-pleks en ’n goeie kennis van die verskillende bosluise en hul lewensiklusse word benodig om die siektes doel-treffend te kan bestuur.

Afrika rooiwaterAfrika rooiwater word oorgedra deur die nimf- en volwassestadium van twee bloubosluisspesies (R. decoloratus en R. microplus). Hierdie rooiwa-terbesmette bosluise dra dan ook weer die rooiwa-terprotosoa (B. bigemina) transovariaal oor na die volgende geslag wanneer hulle eiers lê, om so-doende hul voortbestaan te verseker. Siektetekens verskyn sewe tot 14 dae ná blootstelling en die volgende simptome kan ge-sien word: hoë koors (40-41,5ºC), ligte tot donker-rooi/bruin urine en bloedarmoede. In gevorderde gevalle: geelsug, swak eetlus, lusteloosheid, swak-heid, onwilligheid om te beweeg en moontlik ’n droë neus, dowwe haarkleed, diarree en aborsies.

Rooiwater het die grootse impak. In die veesiekte-opnames blyk dit maar die een siekte te wees wat deur die jaar as ’n probleem genoem word. Daar is twee ti-pes naamlik Afrika rooiwater (B. bigemina) en Asiatiese rooiwater (B. bovis)

VoorkomsRooiwater kom voor wanneer die bloubosluisladings baie hoog is in die somer- en herfsmaande (Janu-arie tot April). Dit kan ook selfs voorkom in die winter en lente - ve-ral as bosluisladings nog hoog was gedurende die winter.

Behandeling Om rooiwater te behandel kan Diminizene- of Imidocarb-produkte onderskeidelik gebruik word. Dien

Asiatiese rooiwaterAsiatiese rooiwater word oorgedra deur die lar-westadium van die bloubosluis (R. microplus). Hierdie rooiwaterbesmette bosluise dra ook die rooiwater-protosoa (B. bovis) transovariaal oor na die volgende geslag wanneer hulle eiers lê, om sodoende hul voortbestaan te verseker. Siektetekens verskyn nege tot 14 dae ná blootstelling en die volgende simptome kan gesien word: hoë koors (40-41,5ºC), senuweesimptome (spiertrillings, swak koördinasie, stuiptrekkings, koma), urine nie altyd gekleur nie, en bloedarmoede. In gevorderde gevalle: geelsug, swak eetlus, luste-loosheid, swakheid, onwilligheid om te beweeg en moontlik ’n droë neus, dowwe haarkleed, diarree en aborsies.

altyd daarmee saam onderste-unende behandeling toe om die dier so spoedig moontlik gesond te kry. Raadpleeg ook u vee-arts indien rooiwater op u plaas voorkom. Beheer Beperk die kans vir rooiwater deur ’n goeie bosluisbeheer-protokol te volg.

Met uitbrakeRaadpleeg u veearts.

Isoleer besmette diere (be-handel met middels wat Diminazene of Imidocarb bevat, en ondersteunende behandelings). Monitor die siek diere.

Ná ’n uitbraak, ent diere met rooiwater-entstof indien nodig (raadpleeg u veearts hieroor).

WenkeBeheer ekto-parasiete deur te dip.

Dip meer gereeld wanneer diere na ongebruikte of spaarkampe geskuif word.

Dip een keer per week of vol-gens die 5-5-4-dag-dipsisteem met baie hoë bosluisuitdaging.

Ent diere met rooiwater entstof(raadpleeg u veearts)

20

Page 23: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

veroorsaak jaarliks groot verliese

VoorkomsGalsiekte kom gewoonlik seisoe-naal in die maande vanaf Augus-tus tot Mei voor. ’n Hoër voorkoms van galsiekte kan gesien word wanneer die voorkoms van bos-luise en bloedsuiende vlieë ook hoër is.

Behandeling Om galsiekte te behandel kan produkte wat Oksitetrasiklien of Imidocarb bevat, gebruik word. Dien altyd daarmee saam onder-steunende behandelings toe om die dier so spoedig moontlik gesond te kry. Raadpleeg ook u veearts indien galsiekte op u plaas voorkom.

Beheer Beperk galsiekte deur ’n goeie bosluis- en vliegbeheer protokol te volg.

WenkeDip meer gereeld wanneer diere na ongebruikte of spaarkampe verskuif word.

Dip een keer per week of vol-gens die 5-5-4-dag-dipsisteem met ’n baie hoë bosluisuit-daging.

Ent diere met galsiekte-entstof (raadpleeg u veearts) Maak ook gebruik van blok-metodes (raadpleeg u vee-arts).

Met uitbrakeRaadpleeg u veearts

Isoleer besmette diere

Behandel met middels wat Oksitetrasiklien of Imidocarb bevat, en ook onderste-unende behandeling

Beperk verdere oordraging (beheer bosluise en vlieë deur te dip). Monitor siek diere.

Ná ’n uitbraak, ent diere met galsiekte-entstof (raadpleeg u veearts)

Anaplasmose (Bosluis-oorgedraagde galsiekte)Galsiekte (A. marginale/centrale) word oorgedra deur die nimf- en volwasse stadiums van vyf verskillende bosluise (R. decoloratus, R. microplus, R. simus, R. evertsi, H. marginatim ru-fipes). Galsiekte word ook deur bytende vlieë (S. calcitrans) en besmette naalde oorgedra. Siektetekens word gesien drie tot ses weke ná blootstelling en die volgende simptome kan gesien word: volgehoue of wisselende koors (> 40º C), bloedarmoede, geelsug, rumen-stase, hardlywigheid en ’n daling in melkproduksie in die geval van melkkoeie.

21

Page 24: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

VoorkomsHartwater kom heeljaar voor. Hou verband met klimaatstoe-stande en bosluisladings.

BehandelingOm hartwater te behandel, kan middels wat Oksitetrasiklien bevat, gebruik word. Dien altyd daarmee saam onder-steunende behandelings toe om die dier so spoedig moontlik gesond te kry. Raadpleeg ook u veearts indien hartwater op u plaas voorkom.

BeheerBeperk gevalle van hartwater deur ekto-parasietbeheer.

HartwaterHartwater (Ehrlichia (Cowdria) ruminantium) word oorgedra deur die nimf- en volwasse stadium van die bontbosluis (A. hebraeum)Siektetekens verskyn nege tot 29 dae by beeste en sewe tot 35 by skape ná blootstel-ling. Die volgende simptome kan gesien word: hoë koors (40-42 ºC), lusteloosheid, skuim by die bek, swak eetlus, “hoogtrap”-aksies en moeilike asemhaling. Diere maak konstante koubewegings, stoot hul koppe teen voorwerpe, lê met kop na agter getrek, pote uit-gestrek en maak trapbewegings.

WenkeMaak gebruik van die 5-5-4-dag-dipsisteem

Ent diere met hartwater-ent-stof (raadpleeg u veearts)

Maak gebruik van blokme-todes (raadpleeg u veearts)

Met uitbrakeRaadpleeg u veearts. Isoleer besmette diere en be-handel met middels wat Ok-sitetrasiklien bevat, en onder-steunende behandelings

Beperk verdere oordraging (deur te dip) en monitor siek diere.

W

M

Ná ’n uitbraak, ent diere met hartwater-entstof (raadpleeg u veearts)

Voorkom verliese dié somer deur bosluis-oorgedraagde siektes op u plaas hok te slaan deur middel van fyn waarneming en ’n goed beplande bosluisbeheerprogram asook gebruik te maak van middels met hoogstaande gehalte en effektiwiteit.

22

Page 25: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Brommeraanvalle by skape veroorsaak groot ekonomiese verliese (direkte- en indirekte verliese) en daar word jaarliks miljoene rande gespandeer om brommeraanvalle te beheer.In Suid Afrika is die groenbrommer (L. cuprina) verantwoordelik vir 90% van die aanvalle terwyl die

koperstert-skaapbrommer (C. chloropyga) vir 10% van die aanvalle verantwoordelik is. Die ernstigheid en aan-tal brommeraanvalle word grootliks bepaal deur die hoeveelheid primêre brommers wat in die gebied teenwoor-dig is. In normale jare kom aanvalle hoofsaaklik voor in Oktober/November en dan weer in Maart/April. In nat seisoene kan aanvalle vanaf Oktober tot April verwag word. Woltipe skape word meer geteister. Belangrike faktore wat lei tot brommeraanvalle is die soort vag (veseldikte) en die tipe wolvet wat stadige uitdroging van die vag tot gevolg het. Brommers word gelok deur klam plekke op die skaap se vel waar wol begin ontbind (vagvrot) en velskilfers verrot. Die volgende vogtige plekke op ’n skaap se lyf is gevaarpunte vir brommeraanvalle:

Die mikgebied van ooie - weens benatting deur urineDie mikgebied van alle skape - weens maagwerkDie peesterarea van ramme en hamelsDie basis van ramme se horings

Proewe toon dat 89,4% van die aanvalle op die stert en langs die vulva voorkom. Ten spyte daarvan dat die aan-valsplekke skoon geskeer en behandel is, kan aanvalle herhaaldelik op dieselfde plek voorkom. Om te verseker dat skape minder geteister word deur brommers, kan die volgende voorkomingsmaatreëls toegepas word:

Teel selektief gladdelyf skape wat minder vatbaar is vir brommersSny sterte van ooitjies net lank genoeg om vulva toe te maakMikskeer skape op strategiese tye van die jaarBeheer bosluise en behandel bosluis bytplekke Behandel diere wat maagwerk het om besoedeling van die wol te voorkom deur skape te doseer of antibi-otika te gebruik Behandel alle wonde wat septies kan raakDie uitvoer van die Mules-operasie by geplooide skape

Chemiese beheer kan toegepas word deur geregistreerde dipmiddels te gebruik wat ’n eis het teen brommers. Die strategiese gebruik van ’n insekgroeireguleerder saam met dipmiddels, kan die effek van dié behandelings verleng. Raadpleeg u veearts vir die beste oplossing om u skape teen brommeraanvalle te beskerm.

laat boere groot skade ly

TTTTTT

MMMMMMMMBBBBBBBBBBBB

BBBBBBDDDDDDDD

Brommeraanvalle

23

Page 26: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Slaap sag, my lam, m

deur Hannelie Cronjé

Vat koeie ooit ’n middagslapie? Lê skape en slaap? En gems-

bokke? En gaan lê olifante en koedoes ooit in die arms van Mor-pheus, of staan hulle sommer net so op die plek en knip ’n uiltjie?Volgens www.sleepfoundation.org het diere wél baie spesifieke slaapgewoontes, en party daar-van stem nogal ooreen met dié van mense. Net soos mense gaan diere ook deur verskillende fases van slaap. “Rapid Eye Movement” (REM), oftewel die paradoksale stadium waartydens die oë toe is maar die oogbal vinnige, klein bewegings maak en die stadium is waarin ’n mens droom, kom ook by diere voor. Droom hulle ook? Wie sal weet, want hoe antwoord ’n dier op daardie vraag as jy hom sou vra? Wetenskaplikes weet egter dat die breingolfpatroon tydens REM-slaap onder diere

soortgelyk is aan die mens s’n. “Beide mense en alle ander soogdiere toon dieselfde vlak van breinaktiwiteit en verhoogde hart-klop tydens REM-slaap,” lees ons op die webblad. “Honde sal byvoorbeeld blaf of hul bene beweeg asof hulle hardloop. Selfs eendbekdiere se bewegings is in hierdie fase van slaap die na-bootsing van die bewegings wat hulle maak wanneer hulle ’n krap jag voordat hy dit vang. "Die enigste manier om menslike slaap te verstaan, is om diere te bestudeer," sê prof. Jerome Siegel (PhD), professor in psigiatrie aan die UCLA-sentrum vir Slaapnavor-sing. "As ons diere se slaap beter kan verstaan, kan ons die kern-aspekte van mense se slaap beter verstaan." "Soogdiere het almal dieselfde fundamentele slaapsiklus," sê prof.

Adrian Morrison (DVM, PhD), ’n professor in gedragsneuroweten-skappe by die Universiteit van Pennsylvania Veeartsenysentrum. “Tydens REM-slaap sien jy dieselfde soort oogbewegings, verlamming en bewegings by verskillende spe-sies."

Hoeveel slaap kry diere inVolgens die bron kan kameel-perde vir weke aaneen wakker bly terwyl meeste van die vlermuis-spesies weer bykans die hele dag slaap. Snaaks genoeg stem rotte se slaappatroon grootliks met mense s’n ooreen omdat hulle ook slaap nodig het om hulle krag op die bou om die volgende dag nuwe take aan te leer. Navorsing op sekere honde het wetenskaplikes al baie gehelp in die behandeling van slaap-

z z z z z

24

Page 27: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

môre is nog ’n dag...stoornisse. Dit blyk uit die navorsing dat die verskille in die tye wat lewende wesens slaap, baie te doen het met hul breinmetabolisme. Kleiner diere waarvan die breinmetabo-lisme hoër is, het meer slaap nodig, terwyl groter soogdiere gewoonlik minder slaap omdat hul breinme-tabolisme minder of stadiger is. Alle diere wat minder as gemid-deld vier ure per dag slaap, is groter soogdiere soos olifante, beeste en kameelperde. Diere wat wei, bring soveel tyd deur deur te eet, dat hulle min tyd oor het om te slaap. Perde staan na raming sowat 98% van die tyd, dus bring hulle ook nie veel tyd in die REM-fase deur nie.Morrison is van mening dat diere se slaapskedules afhang van die gevare waarin hulle verkeer. Volgens hom slaap party voëls met die een oog oop om dop te hou dat hulle nie onverhoeds deur ’n roofdier oorval word nie. Volgens Charles Amlaner Jr, (PhD), direkteur van dierenavor-sing aan die Indiana State University, stel diere hulself in gevaar as hulle te veel slaap. “Voëls wat op die bui-terand van die groep voëls sit en slaap, is ook meer geneig om met die een oog oop te slaap as die ander voëls wat besef dat die res van die swerm hulle beskerm.” Baie van die aap- en bobbe-jaansoorte sal in die botoppe van bome sit en slaap. Hulle slaap dus geensins gerieflik nie, maar hulle sal ook nie sommer deur hul vyande in die hande gekry word om hulle aan te val nie.Ander soogdiere sal weer veilige plekke uitsoek om te gaan slaap.Dit is ook interessant dat soogdiere wat in die water woon, net sulke unieke slaapgewoontes het. Wan-neer meeste van hierdie diere slaap, is die een helfte van hul brein altyd wawyd wakker om hulle te waarsku teen roofdiere of ander gevare. Dit bring ook mee dat diere soos dolfyne onbewustelik na die oppervlak van die water kan

swem om asem te haal – dit alles terwyl hulle vas aan die slaap is.Die kenners is van mening dat die begrip van mariene soogdiere se slaapgewoontes 'n sleutel is tot die begrip van mense se slaapge-woontes. Wetenskaplikes het vir jare ge-sukkel om die breinabnormaliteit te vind wat narkolepsie (slaapsiekte) veroorsaak. Min het hulle geweet dat die mens se beste vriend, naamlik die hond, hulle hiermee sou kon help.Groot vooruitgang is gemaak in die behandeling van narkolepsie toe William Razen (MD, PhD) van die Stanford Universiteit se slaapna-vorsingsentrum, vasgestel het dat sekere honde soortgelyke simp-tome as dié van narkolepsie toon: skielike ineenstorting en spierswak-heid wat tot verlamming kan lei.Hierdie aanvanklike waarne-mings het gelei tot die ontdekking dat narkolepsie in honde deur gene veroorsaak word, naamlik die hipokretien reseptor 2 wat deur Mignot, MD, PhD, aan die Stanford Universiteit vasgestel is. Verdere na-vorsing deur Siegel en Mignot het getoon dat mense wat aan narko-lepsie ly, ’n baie klein hoeveelheid van die narkolepsie-voorkomende chemiese stof, hipokretien, in hul breine het. Siegel het ook vasge-stel dat die graad van ’n hele paar van die simptome verminder word indien die honde met hipokretien ingespuit word. “Hierdie bevindings het dus ge-impliseer dat dit moontlik is om die vermiste hipokretienmolekules in pasiënte met hierdie ongesteldheid te vervang deur die regte middels te ontwikkel om dit te behandel,” lui die bron.Deur diere se slaappatrone en –ge-woontes te bestudeer het dus die potensiaal om ook ander breintoe-stande in mense te behandel. Dit sal egter steeds interessant wees om te weet hoeveel slaap diere werklik inkry. Volgenswww.sleepfoundation.org het die meeste diere ’n daaglikse patroon van rus en aktief wees. Party diere

is bedags meer aktief terwyl ander weer snags meer beweeg. Hierby is ’n tabel wat vir ons ’n aanduiding gee van hoe lank diere in ’n siklus van 24 uur slaap:z

25

Page 28: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Gemiddelde totale slaaptyd per 24 uur

Gemiddelde totale slaaptyd as persentasie van 24 uurSpesies

Vlermuise 82,91% 19,9 uurMens (baba) 66,7% 16 uurTier 65,8% 15,8 uurLeeu 56,3% 13,5 uurRotte 52,4% 12,6 uurMuis 50,3% 12,1 uurHaas 47,5% 11,4 uurEend 45% 10,8 uurHond 44,3% 10,6 uurBottelneusdolfyn 43,3% 10,4 uurBobbejaan 42,9% 10,3 uurSjimpansee 40,4% 9,7 uurMens (volwasse) 33,3% 8 uurVark 32,6% 7,8 uurGuppie (vis) 29,1% 7 uurMens (ouer) 22,9% 5,5 uurBeeste 16,4% 3,9 uurSkape 16% 3,8 uurAfrika-olifant 13,8% 3,3 uurDonkie 13,0% 3,1 uurPerd 12,0% 2,9 uurKameelperd 7,9% 1,9 uur

Page 29: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie
Page 30: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie
Page 31: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie
Page 32: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

WILD EN JAG: DEEL 1

Agtergrond“Volgens die wette van Suid-Afrika, wat gegrond is op die Romeins Hollandse reg, word wild beskou as res nullius. Dit beteken inderwaarheid dat die wild van Suid-Afrika aan niemand spesifiek behoort nie, maar aan die bevolking in geheel. Selfs al het jy die wild wettig gekoop, word dit aan jou toevertrou deur spesifieke wetgewing in die vorm van spesifieke permitte.“Dit is dus noodsaaklik dat ʼn voornemende wildplaaseienaar hom- of haarself vergewis van die wetlike vereistes.”Maar eers is daar ʼn paar belangrike vrae wat jy jouself moet afvra:

1. BewaringDie probleem in die wildbedryf is dat die konsep van bewaring in baie gevalle moet plek maak vir finansiële gewin. “Die edele gedagte van natuurbewaring word vinnig onderdruk as geld ter sprake is,” sê Kobus.“Natuurlik is die hele jagbedryf ʼn groot bron van inkomste vir die individu en ook vir die land in geheel, maar dit is belangrik dat elke wildboer bewaringsbewus moet wees. Die luiperd wat die rooibok vang, is deel van die ekostelsel en verdien, nes ander roofdiere, hul plek in bewaringsplanne.”

2. Doel van die plaas“Elke stuk grond of plaas is nie ʼn wildsplaas nie. Die drakrag van die plaas moet eers bepaal word voordat dit omhein word en as wildsplaas bedryf word.“So is die dra-krag in die Waterberge byvoorbeeld baie laag en is ongeveer 12 hektaar nodig vir 1 grootvee-eenheid. Aangeplante weiding en byvoeding speel uit die aard van die saak ʼn bydraende rol, maar hierdie drakrag moet steeds in berekening geneem word.“ʼn Saaiplaas kan nie oornag in ʼn plaas omskep word waar koedoes aangehou word nie.” Dit mag dalk na ʼn vereenvoudigde stelling klink, maar Kobus het al snaakse dinge in sy 29 jaar in bewaring gesien. “Dit is noodsaaklik om jouself eers af te vra of die plaas geskik is om as wildsplaas bedryf te word.”

OmgewingSuid-Afrika sien baie anders daar uit as 100 jaar gelede wat omgewing betref. Kobus Pienaar het byvoorbeeld foto’s van Nylstroom wat 100 jaar gelede geneem is. Dit is opvallend dat daar deesdae baie meer bome in die gebied is. Ook die Springbok-vlakte en baie ander gebiede is vandag veel boomryker as ʼn eeu gelede.Volgens Kobus is een rede daarvoor dat veldbrande vandag grootliks beheer word, anders as in die verlede. “Veldbrande kom natuurlik voor en het grasvelde in stand gehou,” verduidelik Kobus. “Aangesien brande nou beperk word, het verbossing ingetree. Die voor- en nadele van brandbeheer kan wyd gedebatteer word, maar die feit is dat tradisionele grasvelde en savanna plek gemaak het vir bosveld. Dit het ʼn verandering in veral voëllewe teweeggebring sodat baie grasveldvoëls nou bedreig is.”Dit het ook ʼn bepaalde impak op die tipe wild wat voorheen voorgekom het in die gebied teenoor wild wat deesdae eerder aangetref word. “Digte bosse is onnatuurlike habitat vir vlakte-wild soos sebra, hartebees en ander spesies.“Dit is juis hierdie veranderinge wat ʼn voornemende of bestaande wildboer of wildplaaseienaar in gedagte moet hou voordat hy wild aanskaf.”

Wild- en jagplase klink moontlik na ’n kontantkoei, maar volgens Kobus Pienaar, se-nior omgewingsbeampte by die departement ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme, is daar etlike faktore en wetlike aspekte wat in aanmerking geneem moet word voordat jy wild aanskaf. Hy het met Delene Snyman gesels.

Kobus Pienaar,

30

Page 33: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Doen jou huiswerk deeglik voordat jy met wild begin boer

Wetlike vereistesMinimum grootte van grond benodig vir hervestiging van wild, byvoorbeeld 50 hektaar vir rooibokke, 200 • hektaar vir koedoes, 400 hektaar vir kameelperde, swartwitpense, ens. Hierdie spesifikasie word gebaseer op voedingsbehoeftes sowel as persoonlike ruimte van betrokke spesie. ʼn Kameelperd wat op ʼn kleiner gebied aangehou word, sal uitbreek, wat dan trauma en kostes sal impliseer.Siektedraende diere, byvoorbeeld buffels, vereis spesiale permitte wat met registrasie by veeartseny • gepaard gaan.Omheiningsvereistes verskil afhangende van die spesies wat aangehou word. Anders as vir meeste bok-• soorte wat 2,4 meter omheining vereis, is slegs 1,8 meter nodig vir rooibokke.Vervoerpermitte.• Vrystellingspermit of sertifikaat van voldoende omheining stel die wildboer vry van enige ander permit soos • jagpermitte, vangpermitte en verkooppermitte.Sou buitelandse jagters besoekers aan die wildplaas wees, moet fasiliteite geïnspekteer word en aan • bepaalde vereistes voldoen alvorens buitelandse jagters dit mag gebruik. ’n Fisiese besoek word deur die departement gedoen.Meer inligting beskikbaar by die departement van omgewingsake.•

SlaggateKobus waarsku teen sekere slaggate in die wild- en jagbedryf.• Die wet as sulks is ʼn slaggat as jy nie op hoogte daarvan is nie. Jy mag aangekla word sou wetgewing • oortree word.Moenie net aanneem dat die habitat geskik is vir die tipe wild wat jy wil aanhou nie. ʼn Ekologiese habi-• tatsanalise word ten sterkste aanbeveel.Onthou dat ander wette soos die waterwet en die brandwet steeds van toepassing is op die wildboer.• Die grootste slaggat is egter onkunde. Omdat jy ʼn dam op jou plaas het, beteken nie noodwendig jy kan • ʼn seekoei aanhou nie. Seekoeie eet nie vis nie! Jy moet genoeg gras hê om hom te voed.

Ten slotteKobus Pienaar beskik oor geweldig baie inligting oor natuurbewaring. By elke kantoor van die departement van omgewingsake sal jy kundige persone vind wat jou van die nodige inligting en hulp sal voorsien sou jy ʼn wildplaas wou koop of jou huidige plaas in ʼn wildplaas omskep. Kontak gerus jou naaste kantoor of vir Kobus Pienaar by 082 809 8875 (kantoorure).

“Die resep vir ʼn suksesvolle wildsboerdery is: Doen jou huiswerk en hou jou motiewe suiwer.”

31

Page 34: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie
Page 35: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie
Page 36: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Toe Grain Field Chickens op Reitz so ’n bietjie meer as vyf maande gelede die eerste

braaikuikens in ontvangs geneem het, was daar uiteraard groot opgewondenheid oor hierdie nuwe vertakking van VKB se besig-heid, maar tóg ook ’n bietjie onsekerheid oor wat die uitkoms van die besluit sou wees om hoenders deel te maak van die groep se bedrywighede.Vandag kyk die bestuur met ‘n glimlag terug op die afgelope vyf maande, want volgens Sas Kasselman, besturende direkteur van Grain Field Chickens, gaan die onderneming van krag tot krag.“In die eerste week van operasie het ons sowat 9 000 hoenders per dag geslag. Vandag slag ons 40 000 per dag!” vertel Sas trots.

Die geslagte hoenders word na die Boxer-groep, die BJ-groep, verskeie onafhanklike groothandelaars en ook na VKB- en NTK-takke versprei waar dit aan die publiek te koop aangebied word. Volgens Sas is kliënte baie spesifiek oor watter snitte hulle verkies. “Ons gewildste produk oor die algemeen is die IQF 2 kg. In VKB-gebied is dit egter heel hoenders en braaipakke wat die grootste aftrek kry.“Ons opsny- en vrieskapasiteit bepaal hoeveel hoenders heel ge-hou en hoeveel in porsies opgesny word. Ons behou tans so 16% van die hoenders heel en die res word in porsies gesny.“Tot dusver is die reaksie van ver-bruikers se kant af baie positief,” vertel Sas. “Daar is van die verpak-kingsgroottes verander nadat die mark aan ons gesê het dat hulle die braaipakke eerder in ’n 6,4 kg boksverpakkings wil hê.”Sas vertel dat daar tans sowat 18 lede van VKB is wat elk 46 hokke opgerig het waar hulle die hoenders grootmaak wat dan aan Grain Field verskaf word. Op die vraag oor hoe gereeld hy

Kan ek die resep kry, asseblief?

Of jy nou ook drie keer per dag hoender eet soos Sas, of net een keer per week, jy kan dalk die wenner wees van R500 se Grain-field-hoender as jy vir ons jou gun-steling-hoenderresep stuur. Maak nie saak of dit vir braaihoender, hoenderpotjie, gebakte hoender of hoenderpastei is nie; dit moet net lekker wees en ’n mens moet dit met Grain Field-hoender kan voorberei. Stuur jou resep aan [email protected] om ons te bereik vóór 12 Januarie. Die bonus is dat jou resep boonop ’n plek in ’n Grain Field-re-septeboek mag kry. Span dus jou kookvernuf in en deel daardie familieresep nou met al ons lesers sodat die resep in ’n glansryke resepteboek verewig kan word.

Grain Field gaan van krag tot krag

Iranse afvaardiging kuier by GFC

Toe die departement van landbou, bosbou en visserye onlangs laat weet dat ’n afvaardiging van Iran graag besoek by Grain Field Chickens wil aflê, het die opge-wondenheid hoog geloop.Die oogmerk van die afvaardiging was om die gehalte van abattoirs vir beide rooivleis en pluimvee in Suid-Afrika te bepaal en ’n moontlike uitvoerkanaal na Iran te vestig.Die nasionale en provinsiale de-partement van dieregesondheid het Grain Field Chickens as die pluimvee-abattoir aangewys en op 30 Oktober het die afvaardiging onder leiding van dr. Sarah Musinze (Suid-Afrika) en dr. Ebrahimzadeh Hamid (Iran) besoek kom aflê. Daar is intensief na die gehalte van die produk, die interne prosedures en kwaliteitstelsels gekyk. Die kom-mentaar was baie positief en die besoek is op hul versoek afgesluit met ’n besoek aan Reitz Braaikuik-ens buite Reitz. Die kwaliteit van die kuikens en bio-sekuriteitsmaatreëls op die plaas het ’n baie goeie indruk op die

self hoender eet, antwoord Sas selfvoldaan: “Drie keer per dag.”

groep gelaat en by monde van Dr. Hamid is hulle geweldig beïn-druk met Grain Field Chickens as ‘n projek.Die laaste woorde van Dr. Hamid is dat GFC beslis in die nabye toekoms nog ‘n besoek kan ver-wag ná hul vergadering met die owerheid in Iran.

Dr. Ebahimzadeh Hamid van Iran (tweede van links agter) en dr. Sarah Mutsinze (derde van regs agter)van Suid-Afrika was baie beïndruk met Grain Field Chickens as projek. Hulle staan hier saam met veeartse en internasionale in- en uitvoer-verteenwoordigers.

34

Page 37: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

By New Way Power (Edms.) Bpk. is ons krag gesetel in ons innoverende en oplossingsgebaseerde bena-dering tot kragopwekking. Voeg hierby ons gevestigde en toeganklike ervaring en bystandsraamwerk, en ons word met reg bestempel as ’n markleier op die gebied van kragopwekking, verplasing en

beheertegnologie. Ons stelsels dek die volle veld van aanwending van dieselaangedrewe kragopwekkers en waterpompe. Al ons stelsels is beskikbaar in standaard of pasgemaakte ontwerp en vervaardiging om te verseker dat ons aan elke kliënt se unieke behoeftes voldoen. Ons streef daarna om slegs die mees toepaslike en omvattendste stelsels aan die eindverbruiker te bied.Ons verskaf ook betroubare kontrakinstandhouding en 24-uur-velddiensbystand om optimale doeltreffendheid en werking van ons stelsels te verseker.

Redes waarom New Way Power as die ideale keuse bestempel word vir kliënte wat totale oplossings vereis:• Ons verskaf alles van projekontwerp, vervaardiging en indienswerkstelling tot langtermynonderhoud.• Ons inkorporeer globale kundigheid en standaarde om produkte van die hoogste gehalte en dienste moontlik te bied.• Ons kort aanvoortyd, ten volle toegeruste diensafdeling, volledige produkreeks en mededingende pryse maak van ons die ideale vennoot vir kragbronoplossings.

John Deere-aangedrewe kragopwekkersDie innoverende tegnologie en produkbetroubaarheid wat met die handelsmerk-markleier geassosieer word, verseker vervaardiging van duursame en betroubare produkte van die hoogste gehalte.Beskikbare groottes in die John Deere-reeks wissel van 20 kVA tot 450 kVA en kan as oop eenhede of in weer- en klankdigte omhulsels verskaf word. Die eenhede lewer vinnige reaksie vir bystandsaanwending met uitsonderlike vragherstelkenmerke. As primêre kragbron het die een-hede ’n gesogte reputasie verdien vir verlengde werks-verrigting en lae onderhoudskoste.Die kragopwekkers kan met verskeie kontrolepaneelopsies verskaf word, waaronder sleutelaansluit, outomatiese aan-skakeling en oorskakeling en ook gesinchroniseerd.

Enjin-aangedrewe waterpompeOns waterpompstelsels bied hoë werkverrigting en word deur ’n diverse reeks industrieë aangewend om water te verplaas. Deur die stelsels van hoogstaande komponente te vervaardig, verseker ons robuuste en liggewig ontwer-pe wat maklik verskuif, gebruiksvriendelik en veilig is om te gebruik.

Onderdele en komponenteNew Way Power bied ’n omvattende reeks onderdele en komponente vir gebruik in ons stelsels. Ons uitgebreide pakhuis hou duisende onderdele, diensfilters en kompo-nente met hoogs opgeleide spesialiste wat gereed staan om tydige bystand te verleen. Enige onderdeel of kompo-nent kan verder van ons lokale of globale venote op kort kennisgewing verkry word.

laat jou nooit in die duister nie

NEW WAY POWER (Edms.) Bpk. (gestig 1983) is een van Suid-Afrika se grootste verspreiders van kragopwekkers en enjins vir topvraag-, primere-,

bystand-, losstaande of gesinchroniseerde kragopwekking. Nie alleen is die maatskappy die

Suid-Afrikaanse en sub-Sahara Afrika verspreiders van internasionale handelsmerke soos Deere & Kie., Mitsubishi Engine, Doosan Infracore,

Marathon Electric en Dong-I Transmissions nie; hulle het ook ’n gerespekteerde reputasie

vir ingenieurs-uitnemendheid gegrond op hoogstaande prestasie, gehalte vervaardigging

en uitsonderlike ingenieurswese. New Way Power se hoofkantoor is in Alberton-Noord met takke in Durban en Kaapstad.

Page 38: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

In die 18 jaar wat ek betrokke is by die verskaffing van voer aan die suiwelbedryf, is dit vir seker die grootste kostegreep wat ons

nog in die bedryf ervaar het. Soos almal teen hierdie tyd bewus is, het die insette dramaties gestyg in dieselfde tyd as wat die plaashek-melkpryse afgeneem het. Dit is ook teen dié tyd bekend dat die groot dryfkrag in graanpryse gestu is deur die rampspoedige droogte in die Verenigde State van Amerika.

Het die suiwelbedryf nog bestaansreg op die Hoëveld?

As voerverskaffer met groot kapi-tale investering moet ons ongeluk-kig die vraag aan onsself vra: het die suiwelbedryf nog bestaansreg op die Hoëveld en meer spesifiek die Noordoos- en Noordwes-Vrystaat? Ons sien dat daar ’n baie ag-gressiewe konsolidasie tans in die suiwelbedryf plaasvind onder produsente sowel as verwerkers. Daar is onlangs melkkopers wat oorgeneem is of gelikwideer is met negatiewe korttermyngevolge vir produsente. Op die langtermyn maak dit egter sin.Wat die produsentekant betref, lyk die statistiek uit ’n veevoerperspek-tief as volg:

Bo en behalwe die grootte van die kuddes is die hoeveelheid voer verbruik per kop per dag ook meer aangesien die genetiese vorde-ring meer produksie teweegbring wat weer meer en hoër vlakke van voeding benodig. Die konsoli-dasieproses is egter voortdurend en ons sien dat koeikuddes van 500 koeie en meer redelik algemeen raak. Wat betref die vraag van be-staansreg vir suiwel in die Hoëveld, is ons baie meer positief as ses maande tot ’n jaar gelede. Dit begin algemeen in die media bekend word dat daar melktekorte ontstaan wat opwaartse druk op melk- en suiwelprodukpryse gaan plaas. In Nieu-Seeland is die gemiddelde prys van suiwelprodukte reeds 17% hoër as ’n jaar gelede. Ongeluk-kig het die insetkostes baie meer en vinniger gestyg as wat in die melkprodusenteprys gebeur het. Om die waarheid te sê, die pro-dusenteprys het gedaal. Na aan-leiding van die internasionale pryse van suiwelprodukte wat reeds in ander wêrelddele begin styg het, soos in Nieu-Seeland, kan ons waarskynlik binnekort stygings in plaaslike plaashekpryse sien. Daar is egter goeie vooruitsigte wat insetkostes betref. Termynkon-trakte op Safex, wat grane betref vir die 2013 bemar-kingsjaar, lyk definitief of ons in ’n dalende fase inbeweeg. Die vol-gende graankontrakte is soos op 7 November 2012 op Safex verhan-del:Die algemene verwagting is

dat die VSA weereens rekord-oppervlakte somergewasse gaan aanplant. Indien ’n tweede ramp-droogte nie weer toeslaan nie, sal wêreldvoorrade tot ’n mate styg, wat nog verdere druk op bo-genoemde pryse kan plaas. Die pryse hierbo dui daarop dat, as die tendense aanhou, prysdalings wat insette betref, in die volgende bemarkingsjaar vir die suiwelbedryf kan realiseer. Die volgende ses tot sewe maande gaan egter moedhou verg.

Waar staan Nu-Pro Voere in die bedryf

Nu-Pro Voere het die afgelope jaar baie veranderinge geïmple-menteer. Stephen Slippers het onder andere betrokke geraak as konsultant vir herkouervoeding by die maatskappy. Alle navorsing en produkontwikkeling word deur hom hanteer. Slippers was vir agt jaar die nasionale tegniese direkteur vir Herkouervoeding van Meadow Voere nasionaal. Nu-Pro Voere presteer tans uit-sonderlik goed. Sien hiernaas voorbeelde van drie kuddes uit die Nu-Pro klante basis:

Daar is inderdaad steeds plek vir die suiwelboer in die Hoëveld

Gemiddelde syfers Koeie-kudde 85 250Liter per koei per dag 16 25Voeraankope per maand (ton) 18 75

Des 2012 Jul 2013Sojabone R 5 370 R 4 964Sonneblomme R 5 970 R 4 915Mielies R 2 482 R 2 248*Soja-oliekoekArgentinië R 5 843 R 4 893

*Die prys van soja-oliekoek in Durban-hawe direk vanaf invoerder.

deur Niel Ungerer, besturende direkteur, Nu-Pro Groep

36

Interne statistiek versamel oor die laaste 18 jaar (van toepassing op die Noord-Vrystaat)

1994 2012

Page 39: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Voeding per kop per dag: NP SuperMelk Mielievry 6,12 kg Geelmeel 4,76 kgHominy Chop 1,7 kgKatoensaad 1,7 kgMieliekuilvoer 18,7 kgKoringstrooi 1,57 kgEragrostis Teff 1,45 kgGemiddelde koste per koei per dag = R 62,51Gemiddelde melkproduksie = 23,6 liter per koei per dag

Kudde 2:Holstein-kudde – 1 000 koeie (word drie keer per dag gemelk)

Voeding per kop per dag: NP MaxiCow 21% Suiwel 13,8 kg Geelmeel 1,2 kgKatoensaad 2,6 kgMieliekuilvoer 18 kgLusern Prima Graad 6 kgKoringstrooi 1,5 kgEragrostis Teff 1,5 kgGemiddelde koste per koei per dag = R 98,76Gemiddelde melkproduksie = 38 liter per koei per dagDie produk word as ‘n klantemengsel hanteer

Kudde 3:Jersey-kudde – 560 koeie (word drie keer per dag gemelk)

Voeding per kop per dag: NP UltraMelk 19% Suiwel 11 kg Katoensaad 2 kgMieliekuilvoer 4,5 kgSorghum Kuilvoer 4,5 kgLusern Prima Graad 6 kgMolasse 1 kgMielieblare 0,5 kgGemiddelde koste per koei per dag = R 68,00Gemiddelde melkproduksie = 27 liter per koei per dag

37

Nu-Pro Commodities:Die roumateriale-afdeling van die Nu-Pro-groep, Nu-Pro Commodities, speel ook ’n groot aanvullende rol vir suiwelboere aangesien die verskaffing van goeie gehalte lusern, katoensaad, molassestroop en ander rou materiale as ’n aanvullende diens vir klante gebied word. Die graanafdeling binne Nu-ProCommodities is ook behulpsaam by die graanver-skansing en verskaffing van mielies aan boere wat mielievrye produkte koop.

Nu-Pro-uitbreidings:Die Nu-Pro-direksie het onlangs uitbreidings aan die veevoeraanleg ter waarde van R16 miljoen rand goedgekeur om produkuitset en kwaliteit nog verder te verbeter. Die uitbreidings behels nog ses oor-hoofse uitlaai-buise wat addisionele bergkapasiteit van 240 ton produk in losmaat behels (Fase I is reeds begin); ’n tweede korrelpers met ’n 15 ton per uur produksie-vermoë (Fase II, April 2013), en in Fase III addisionele toerusting om hoëgehalte-braaikuiken-voer te produseer. Laasgenoemde uitbreiding is geskeduleer om in 2014 plaas te vind. Hierdie uitbreidings bevestig die Nu-Pro-span se vertroue in die mark en dat daar wel ’n toekoms vir suiwelboerdery in die Vrystaat is.Skakel gerus die toegewyde span kundiges by Nu-Pro Voere om u te help om u suiwelkudde optimaal te laat presteer!Kantoor: 058 – 303 9587Let wel: Ter beskerming van klante se privaatheid en vertroulikheid, is voorbeelde van foto’s en rantsoene gebruik.

Kudde 1:Ayrshire-kudde – 700 koeie (word twee keer per dag gemelk

Page 40: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Dis nou tyd om te besin oor somerlekaanvulling of lekaanvulling vir weidende diere op groenweiding. Groen weiding is hoog in proteïen, hoogs verteerbaar en diere op sulke weidings neem toe in massa. Maar met 'n minerale aanvulling (P6-lek) sal beeste sowat 130 g/dag vinniger groei as wanneer hulle geen lek sou ontvang nie. Fosfor (P) is dus beperkend om optimale gewigstoename te verkry.Indien die GDT van weidende diere verder verhoog moet word, vorm energie die tweede beperkende voedingstof en sal energie dus saam met P aangevul moet word om 'n verdere respons in toename te verkry. Energieaanvulling is relatief duur en om die rede bevat 'n energie-aanvulling 'n ionofoor soos byvoorbeeld Salinomycin-Na. Die ionofoor verseker dat die energie beter benut word, gevolglik bespaar dit voer en is so 'n aanvulling koste-effektief.

PRODUKTE BESKIKBAARDie volgende produkte uit die Voermol-stal kan oorweeg word.

MINERALE-SUPPLEMENTE

VOERMOL SUPERMOL

Jou voerkraalin die veld

Met Supermol is 'n daaglikse toename van tot 1.2 kg per dier per dag op groenweiding moontlik

graan is nodig nie

voerkraal koste nie

Verseker dat vervangingsverse goed uitgroei en teikenmassas bereik

verse en koeie

winsgewend

SOMERTYD IS FOSFORTYD

Wat die natuur kort -sal Voermol voorsien

50 Jaar van Uitstaande Produkte & Diens

Voermol Supermol Reg. Nr. V 7267 (Wet 36/1947)

Registrasiehouer: Voermol Voere (Edms) BpkPosbus 13, Maidstone 4380.

www.voermol.co.za

Indien meer inligting verlang word, raadpleeg u naaste Voermolagent,'

Voermol SuperfosV17422

Hierdie is 'n smaaklike klaar-gemengde minerale lek. Aanbevole inname 120 g - 240 g/bees/dag.

Rumevite 6PV11995

Klaar-gemengde minerale lek. Aanbevole inname 110 g - 240 g/bees/dag.

Rumevite 12PV11994

Minerale-lekkonsentraat. Meng met gelyke dele sout om 'n P6-lek te gee. Aanbevole inname 110 g - 240 g/bees/dag.

Voermol FosfaatblokV10264

Fosfaatblok gereed om te voer. Verwagte inname 110 g - 240 g/bees/dag.

Selfmeng minerale lek Meng 50 kg Rumevite 12P met 50 kg sout en met 50 kg Voermol Super 18. Hierdie mengsel is 'n smaaklike lek wat goeie resultate gee veral waar lekinname op P6-lekke laag is. Aanbevole inname 120g - 240 g/bees/dag.

ENERGIE- EN MINERALE-SUPPLEMENTEGroei kan verder verhoog word deur 'n energie-aanvulling. Die volgende produkte kan hier oorweeg word. Dit is egter belangrik dat die produkte slegs oorweeg word as aanvulling tot voldoende goeie kwaliteit groenweiding.

Voermol SupermolV7267

Energie- en mineraleaanvulling met 20 % proteïen vir diere op groenweiding. Geen vermenging is nodig nie. Aanbevole inname 1 000 g - 1 200 g/bees/dag.

Voermol EnergieblokV11456

rgie- en mineraleaanvulling vir diere op groenweiding. Aanbevole inname 1 400 g - 2 000 g/bees/dag.

Voermol MoloviteV10264

Energie- en mineraleaanvulling vir diere op top kwaliteit groenweiding. Geen vermenging is nodig nie. Aanbevole inname 1 000 g - 1200 g/bees/dag.

Page 41: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie
Page 42: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Net soos in 2010 is Pieter Zietsman vanjaar as Limpopo se Jongboer van die Jaar aangewys in hi-erdie kompetisie wat deur AgriSA aangebied word. Net soos twee jaar gelede is hy nederig trots op sy toekenning, en sê dat alles genade van Bo is. Pieter se sukses kan aan twee kara-ktereienskappe toegeskryf word: hardwerkendheid en deeglikheid. Dit is sy sleutels tot sukses wat hy toepas in alle fasette van sy boerd-ery. “Ek het dit by my pa en by my oupa geleer en dit is wat ek ook graag aan my twee seuns, Tiaan en Divan, wil oordra. Dit is ook my advies aan alle opkomende jong boere,” sê Pieter.Pieter het in die Tomburke-omgew-ing grootgeword waar sy pa en sy oupa voor hom, geboer het. Hy wou nog altyd geboer het maar ná skool was die landbou op ʼn laagtepunt en tabak in ʼn krisis. Daar was nie plek vir Pieter op die plaas nie en hy is Ellisras toe waar hy sy ambag as dieselwerktuigkun-dige gedoen het.Daarna het hy ʼn landboudiploma aan die Tegnikon van Pretoria verwerf en sy praktiese opleiding by ʼn boer in Thabazimbi gedoen. Nog steeds was die tyd nie ryp vir Pieter om te kom boer nie en vir die volgende ses jaar is hy be-trokke in die boubedryf, hoofsaak-lik aan die Wes-Rand. Hier, sê hy, het hy geleer om te “operate”.Toe Pieter uiteindelik terug kom na die plaas naby Tomburke, het hy lande by sy pa gehuur om te bewerk. In die ses jaar wat hy nou boer, kon hy sy pa se plaas koop, nog twee plase bykoop en is hy in die proses om ʼn vierde te koop.Hoewel Pieter nog tabak plant, fokus hy nou op rankgewasse onder besproeiing. “Ek plant op kontrakbasis, wat gemoedsrus verseker,” sê hy.Buiten die buitelug-aanplanting het hy ook ses nethuise waarin soetrissies (“peppers”) geplant

word. “Die nethuise is my vrou, Nadia, wat ’n voedseltegnoloog is, se deel van die boerdery. Sy bestuur dit ten volle.” Pieter beplan om uit te brei na wildvleisboerdery aangesien die wildvleismark nog ver onder vol-voorsiening is. Hy beplan om ʼn slaghuis aan te lê juis vir die doel om vleis te lewer. In hierdie stadium wil hy nie van jagters gebruik maak om die vleis af te haal nie en sal dit eerder self doen sodat hy beter kontrole op aanwas en afhaal kan uitoefen.Hy het drie plaasbestuurders in sy diens, ʼn voorraadbestuurder en tussen 80 en 120 plaaswerkers op die plase. Maar die persoon waarop Pieter die meeste steun, is sy vrou, Nadia. Nie net bestuur sy die nethuise nie, sy hanteer ook die administrasie van die boer-dery. Hoewel Pieter veel eerder op die lande en in die veld wil wees, is hy al meer in die kantoor omdat bestuur so belangrik is.Pieter maan dat swak bestuur mislukking waarborg. “Jy móét jou finansies bestuur; presies weet wat jou uitgawes is – bereken per hek-taar; spaar waar jy kan,” beklem-toon hy. Hierdie bestuurstaak voer hy deeglik uit sodat daar geen verrassings uitspring aan die einde van ʼn seisoen nie. “Dis soms die klein jakkalsies wat die wingerd verniel en daarom moet jy ook

klein onkostes beheer en beperk.”Dit is vir Pieter belangrik om balans in sy lewe te handhaaf. Sy gesin is sy eerste prioriteit. As stokperdjie boer hy ook met perde. Maar ge-trou aan Pieter Zietsman, doen hy ook dit met oorgawe! Sy hings het onlangs vierde plek in die nasionale kompetisie verower!As dit by besigheid kom, sorg Pieter dat hy teen die beste prys aank-oop. Hy doen graag besigheid met NTK en praat met groot lof van Nicolina Koekemoer, tak-bestuurder van Tomburke. “NTK is my voorkeurverskaffer – mits die prys natuurlik reg is!” glimlag hy, en stem saam met baie ander boere van die omgewing dat NTK se winkel pragtig lyk na die opgra-dering en dat Nicolina die regte jokkie is wat altyd haar beste gee.Oor die toekoms van landbou in Suid-Afrika bly Pieter positief want hy is van nature ʼn positiewe mens. Terwyl ander mense skrikkerig is om grond te koop, is hy te gretig om dit te doen. “Al lyk dinge in die politiek soms minder as rooskleurig, kyk ek na Bo en boer positief vorentoe.”Pieter en Nadia Zietsman is waar-dige wenners van Jongboer van die Jaar vir Limpopo. Hulle verdien eintlik die toekenning saam, want hulle vorm ʼn hegte en gedugte span. Hulle hardwerkendheid en deeglikheid is beslis ʼn wenresep!

Limpopo se Pieter Zietsman raap weer Jongboer-prys op

deur Delene Snyman

Pieter en Nadia saam met hul kinders Tiaan en Divan

40

Page 43: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie
Page 44: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

ZZ2 – ’n naam sinoniem met tamatiesme – is sinoniem met die Van Zyls en sinoniem met Lim-popo. Maar ZZ2 is reeds lankal meer as net dit. ZZ2 is ’n landbou-onderneming in Mooketsi, Politsi, Polokwane en Musina in die Limpopo-provinsie, asook in Ceres en Riebeek-Wes in die Wes-Kaap en in die Langkloof in die Oos-Kaap. Dit is in 1966 as ’n private maatskappy geregistreer. Dees-dae produseer ZZ2 ook uie, avokadopere, appels, pere, steenvrugte en beesvleis hoewel tamaties nog die hoofgewas is met ’n jaarlikse produksie van ongeveer 160 000 ton.Al het ZZ2 oor die jare verander, uitgebrei en aangepas, word dit steeds met dieselfde beginsels bestuur as waarmee Bertie van Zyl die onderneming begin het. Bertie is in 2005 oorlede, maar sy nalatenskap leef voort in ZZ2 waarvan sy seuns Tommie en Phile onderskeidelik uitvoerende hoof-beampte en direkteur is.

VerledeDie ZZ2-handelsmerk is ’n be-kende ikoon in Suid-Afrika en het’n trotse geskiedenis. Na afloop van die Anglo-Boereoorlog in 1902 is ’n maatreël ingestel waarvolgens boere ’n geregis-treerde nommer gekry het om hulle vee mee te merk. Burt van Zyl, Bertie se oupa – wat as die stigter van die ZZ2-boerdery besk-ou word – het die geregistreerde

brandmerk, ZZ2, in 1903 ontvang. Dié merk het oor tyd migreer van ’n brandmerk vir vee na ’n han-delsmerk vir al ZZ2 se produkte.Bertie het op die ouderdom 16 die skool verlaat om die boerdery-verantwoordelikhede van sy vader oor te neem. Dit was in 1949 en daar was gemengde gewasse verbou, met die hoof-fokus op aartappels. Dit was ’n harde lewe en die gesin kon skaars oorleef. Bertie, met sy ondernemende geaardheid, het gou besef dat sy buurman meer geld met tamaties as aartappels maak. Die klimaat in die vrugbare Mooketsi-vallei maak dit moontlik om die hele jaar deur tamaties te plant. Hoewel dit nie maklik was om sy pa oor die lewensvatbaar-heid van tamaties te oortuig nie, het hy in 1953 sy eerste suksesvolle tamatie-oes gepluk.Volharding, ’n oog vir ’n sake-geleentheid, ’n aanleg vir kommunikasie met arbeiders in hul eie taal en ’n onwrikbare selfgeloof het Bertie oor die jare goed te staan gekom. Teen sy dood in 2005, het hy ZZ2 tot ’n multimiljoen rand boerdery-onderneming opgebou en het hy sy merk in die openbare lewe ge-maak – beide in die landbousek-tor en op provinsiale en nasionale vlak.

VandagDie raad van direkteure van Bertie van Zyl (Edms.) Bpk. bestaan uit ’n kombinasie van onafhanklike en uitvoerende direkteure met Tommie van Zyl as HUB. Die direkteure het ’n breë er-varing in die boerdery, besigheid en regsaangeleenthede.Die arbeidsmag is saamgestel uit ’n kombinasie van seisoens- en voltydse werknemers waarvan almal se dienskontrakte ten volle aan alle toepaslike arbeidswet-gewing voldoen, en is betrokke by ’n aantal SEB-inisiatiewe.

VisieZZ2 het ten doel om die maat-staf van sukses in die landbou te wees, en om as ’n lewende, oop sisteem, waarde vir al sy belange-groepe te skep.

MissieZZ2 lewer hoëgehalte primêre landbouprodukte en dienste. ZZ2-praktyke optimaliseer hulpbronne, is gebaseer op natuurboerdery-beginsels en is eties, omgewings-vriendelik en volhoubaar. ZZ2 dien kliënte wat waarde nastreef.

Gemeenskapsbetrokkenheid ZZ2 dra by tot die befondsing van die primêre skool op sy perseel in Mooketsi en werk nou saam met die departement van onderwys. ZZ2 finansier en bestuur 13 crèches vir die kinders van werknemers waar opvoedkun-dige programme aangebied en gebalanseerde etes voorsien word.

is ware juweel uit Limpopo

Tommie van Zyl

42

Page 45: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Daar is twee klinieke op die plase met gekwalifiseerde verpleeg- personeel en ’n dokter wat een keer per week besoek aflê. Mobiele klinieke besoek afgeleë plase. ZZ2 het twee van sy eie ambulanse om pasiënte te ver-voer. ’n Aantal opvoedkundige programme word aangebied om werknemers in te lig oor gesond-heidsverwante aangeleenthede, byvoorbeeld oor cholera en MIV-programme. Dit word tydens werkstyd en in noue same-werking met die departement van gesondheid aangebied.ZZ2, tesame met die Makgato Ge-meenskapseiendomsvereniging, is vennote in die Munnik Bewarea.ZZ2 en die PHEEA Gemeen-skapseiendomverening, wat uit ongeveer 450 gesinne bestaan, is betrokke by die Diphiring Bewarea.

ToekomsNatuurboerdery is ’n benadering tot kommersiële boerdery wat daarop gemik is om die wette en kragte van natuurlike ekosisteme in te span vir gesonde en volhoubare gewasproduksie - sonder om die voordele van tegnologie en wetenskap in te boet.Sedert 2002 het ZZ2 ’n program geïmplementeer vir die geleidelike omskakeling van al sy boerdery-aktiwiteite, insluitend die produksie van tamaties, uie, avokado’s en appels, van ’n oorwegend konvensionele chemiese tot ’n meer ekologies gebalanseerde boerderybenadering. Voedingstofaanpassings word gemaak op grond van die stadiums van plantegroei, grondchemie en gereelde weefsel-analise. Al die ZZ2-plase is GLOBALGAP geakkrediteer.

Natuurboerdery word in natuurlike klimate bedryf.ZZ2 wil die omgewing waarbinne hulle werk verantwoordelik benut deur hulpbronne bewarend en volhoubaar aan te wend.

leier van gister, vandag en môre .

Kampuitstappies behoort propvol avontuur, pret en opwinding te wees, maar julle moet ook só toegerus wees dat dit vir jou en jou gesin ‘n ontspanne en genotvolle ervaring is. Om ten volle voorbereid te wees vir jou buitelugavontuur het jy Basecamp nodig.

Die kombinasie van hoë gehalte, groot verskeidenheid en bekostigbare pryse maak Basecamp se reeks buite-lugtoerusting onweerstaanbaar.

Eksklusief beskikbaar by landboukoöperasies en VKB- en NTK-winkels.

43

Page 46: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Kan jy dalk uitbrei oor die plant van kersieboompies. Is daar iets spesifiek wat ’n mens in

gedagte moet hou ten opsigte van kompos, ensovoorts?Die aspek of ligging van ’n blok kersies wat aangeplant word, is krities. Daarom sal daar na geskikte grond gesoek word op oostelike en suidelike hellings waar dit ’n bietjie koeler is. Grondkartering word voor aan-planting gedoen om te verseker dat die grond goed dreineer. Sandleemgrond is gewoonlik geskik vir die aanplant van kersies.Grondontledings word ook vooraf geneem sodat alle voedingstowwe en mikro-elemente reggestel kan word voordat die kersieboompies geplant word.Ná die toediening van die bemes-tingstowwe word die land geskeur-ploeg en gedolploeg om te verseker dat die bemestingstowwe deeglik deur die hele profiel van die grond meng.Omdat phytophtora ’n probleem by meeste van die kersie-onderstamme is, word die plantrye opgeërd om vrywater by die wortelsones te voorkom.

Op watter ouderdom begin kersie-bome dra?Kersiebome begin eers van jaar vyf af dra en is eers in jaar agt in volle produksie.

Vertel vir ons van bloeiseltyd, en die rol van bye in die bestui-wingsproses.Kersies blom oor ’n tydperk van sowat drie weke. Die volgende is baie belangrik om goeie bestuiwing te verseker: Die meeste kultivars wat tans aange-plant is, moet kruisbestuif word. Daarom is dit belangrik dat 20% van die aanplanting bestaan uit kruisbestuiwers (ander kultivars) wat op dieselfde tyd blom as die

hoofkultivar. Bye speel ’n groot rol met die kruisbestuiwing en daar word 10 korwe per hektaar kersies uitgesit om voldoende by-aktiwiteit te verseker. Bytellings word gedoen in die boorde om bogenoemde te verseker.Hoë humiditeit is baie belangrik. Sterk winde kan bestuiwing nadelig beïnvloed. Bye is nie aktief ge-durende koue, bewolkte dae nie en daarom is sonskyn en warmer dae van die uiterste belang.Voorts moet die voedingstatus van die boom en grondvog opti-maal wees aangesien enige vorm van stres goeie bestuiwing sal benadeel.

Wat is die beste temperatuur vir kersies?Gematigde somers (maksimum 32°C)met lang, koel winters (met temperature tussen 0°C en 16°C) is ideaal vir kersies. Elke kultivar het ’n bepaalde behoefte aan koue wat gedurende die wintermaande bevredig moet word. In ons streek word daar dus gekyk na kultivars met ’n lae koue-behoefte omdat ons winters kort is met min dae waarvan die temperature tussen 0 en 16 °C is.

Waarmee word siektes op kersie-bome gespuit?Swamme en insekte word chemies beheer. Slegs geregistreerde mid-dels word hiervoor gebruik. ’n Lys van middels is beskikbaar by die Suid-Afrikaanse Kersievereniging.

Wat is die grootste gevaar waaraan kersiebome blootgestel word?Ons grootste risiko’s is laat koue in ons blomtyd vanaf die eerste week in September tot die begin van Oktober. Indien temperature in hierdie tyd onder vriespunt daal, kan baie groot skade voorkom met

blomme wat afsterf.Haelnette word ook oor alle aan-plantings aangebring om hael-skade te voorkom.’n Kersie bars oop indien dit reën kry wanneer dit ryp word, daarom word baie van ons blokke ook met plastiek bedek om hierdie skade te voorkom. Dit is egter baie duur en sterk winde kan baie skade aanrig aan die plastiek.Barsbestande kultivars is reeds ingevoer en in proefblokke aange-plant. Ons wag nou om te sien of die kultivars hier gaan aanpas en produseer.

Hoe lank neem dit van bloeisel- tot pluktyd?Vroeë kultivars is reeds binne 30 dae ná blom gereed om gepluk te word terwyl dit vir ander kultivars tot 90 dae neem.

Voer julle uit of word meeste van julle produksie plaaslik verkoop?Alle produksiepraktyke is gerig op die uitvoermark. Die aanvraag plaaslik is egter van so ’n aard dat daar slegs klein hoeveelhede uitgevoer word. Ons kompeteer direk met Chili, Australië en ander produserende lande in die suide-like halfrond. Dus word daar deeg-lik marknavorsing gedoen voordat ons vrugte uitvoer.Ons lewer egter ook direk aan ons groot supermarkte.Dit is ook belangrik om te weet dat die koueketting met die oes van die kersies van groot belang is. Dit beteken dat vrugte so gou moont-lik nadat dit geoes is, in hidro-verkoelers afgekoel word tot op ± 4°C, waarna die temperatuur dan konstant gehou moet word omdat enige fluktuasie van tem-peratuur die raklewe van die vrugte nadelig sal beïnvloed.Die kersies word ook op ’n pak-masjien verpak waartydens die kersies in verkoelde water oor die paklyn beweeg sodat selfs hiér die temperatuur egalig gehou word.

Dis kersietyd in die Vrystaat en oral sit die robynrooi vruggies en wag om geoes te word. Kersiekonfyt, ingelegde soet kersies vir vrugtekoeke, vars kersies met hul steeltjies aan saam met Pavlova of brie-kaas, kersielikeur... Die moontlikhede is eindeloos.Die Pad Saam het met Steve Terblanche van die plaas Pietersfontein in die Reitz-distrik gesels oor kersieboerdery.

deur Hannelie Cronjé

blomme wat afsterf.etersfontein

g

sr

e

gies en wag

s kersies rsielikeur...

etersfontein

deur Hannelie Cronjé

Die robyne van die Vrystaat is gereed vir die oestyd

44

Page 47: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Kersie-limonade (sowat 2 liter)• 400 g kersies, ontpit en fyngekap• 60 ml heuning• 1 vanieljepeul of 5 ml vanieljegeursel• 100 ml water• sap en skil van 2 suurlemoene• 1 liter gekoopte limonade• hand vol vars kruisement• hand vol vars kersiesPlaas kersies, heuning en vanieljesaadjies/-geursel in middelslag-pot. Voeg water, sap en skil van suur-lemoene by en bring tot kookpunt. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 5 – 8 minute of tot kersies pap is. Laat afkoel en puree in voedselverwerker tot glad. Gooi puree deur sif om van skille ontslae te raak. Laat afkoel tot yskoud. Meng kersiepuree met limonade. Sit voor op ys met vars kruisement en heel kersies.

Kersie-en-pistasieneut-plaatkoekies (6 porsies)• 250 ml melk• 2 eiers• 245 g (440 ml) koekmeel• 20 ml bakpoeier• 250 g kersies, ontpit en fyngekap• 100 g pistasieneute, fyngekap• sonneblomolie vir braai• 250 ml Bulgaarse jogurt • 100 ml heuningMeng melk en eiers in ’n middelslag-mengbak. Voeg meel, bakpoeier, kersies en neute by. Meng goed tot gladde beslag. Verhit bietjie olie in ’n pan tot matig warm. Skep lepels vol van die beslag in die pan. Laat stadig braai tot die bokant van elke koekie vol lugborrels is wat bars op die oppervlak. Draai om en laat verder braai tot goudbruin en gaar. Sit warm voor met jogurt en heuning.

Kersie-beignets (6 – 8 porsies)• 140 g (250 ml) koekmeel• 5 ml koeksoda• 5 ml bakpoeier• 125 ml soetwyn• 60 ml melk• 3 eierwitte• kanola-olie vir diepbraai • 250 g vars kersies• versiersuiker om bo-oor te sif• 250 ml kersiejogurtSif koekmeel, koeksoda en bakpoeier saam. Voeg soetwyn en melk by en roer tot gladde beslag. Klitseierwitte tot sagte punte vorm en vou by mengsel in. Verhit kanola-olie tot warm. Doop kersies in beslag en laat ekstra beslag afloop. Sit in warm olie en braai 3 – 5 minute of tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier. Sif versiersuiker oor en sit voor met kersiejogurt

Kersie-Resepte van Sarie Kook

45

Page 48: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

om interessante vorms te skep. “Deesdae is daar twee soorte materiaal wat gebruik word vir die ‘mure’ van die dammetjie: óf sement wat met spesiale toevoe-gings behandel word om dit waterdig te maak, óf dik plastiek soos dié wat gebruik word om onder teëldakke te plaas,” lui die artikel. “Die dammetjie moet minstens 30 cm diep wees; verkieslik dieper sodat die water in die somer nie te warm word nie. Verskillende dieptes sal ook goed wees vir die aanplant van waterplante. Dié moet in potte geplant word sodat hulle beter beheer kan word. “Die bou van 'n dammetjie wat met plastiek uitgevoer word, is baie maklik. Bepaal die grootte (oppervlakte) van die dammetjie en gaan koop dan die materiaal by die ysterwarewinkel. Maak net seker dat voorsiening gemaak word vir genoeg materiaal vir die diepte van die dammetjie. Lê die plastiek oor die dammetjie en laat loop water daarin. Soos die gewig van die water die materiaal af-trek, probeer om die ergste voue uit te trek. “Wanneer die dammetjie vol is, los sowat 30 cm van die plastiek rondom en plaas klippe daarop. “Wanneer die dammetjie met se-ment uitgevoer word, neem dit 'n bietjie langer. Verskeie produkte is deesdae beskikbaar wat by die sement gevoeg word om dit waterdig te maak. Die mense by die winkel behoort raad te kan gee. Wanneer die dammetjie gebou is, moet 'n mens net kans gee dat die sement verhard en dan 'n paar keer met skoon water uitspoel. “Dit geld in albei gevalle. Laat die water 'n paar dae staan en plaas eers die plante daarin om die water leefbaar te maak. Dis ook 'n goeie idee om gruis onderin die

Jou droom van ’n waterfokus-punt in jou eie tuin is uiteindelik verwesenlik: jy het ’n dammetjie ou leeshoekie wil inrig. Nou soek jy nog net die regte plante om daar wortel te skiet sodat jy daarheen kan verdwyn vir ’n stukkie “ek tyd”. Volgens David Viljoen, tuinbou-kundige en tuinontwerper, is hier ’n lysie plante wat absoluut ide-aal is vir dié doel:

dammetjies te plaas waar mikro-organismes kan leef en hul werk kan doen.”In die artikel word ook aan die hand gedoen dat wanneer 'n pomp ingebou word, mens liewer 'n elektrisiën moet kry om dood-seker te maak dat die drade al-mal reg gelê en waterdig is, veral as jy nie self heeltemal bedrewe is met die installering van elektriese drade en pompe nie. “'n Vleiland wat 'n groot trekpleis-ter vir voëls is, kan op dieselfde grondslag as die dammetjie van plastiek gebou word. Dit word net nie so diep gegrawe nie en met grond en klippe opgevul en beplant met plante wat van nat ‘voete’ hou. Daar is talle sulke plante by kwekerye beskikbaar. 'n Mens kan selfs so 'n vleiland uit 'n gewone dammetjie met sy oor-loop voed.”En siedaar! Een, of miskien twee naweke se werk, en daar het jy ’n oase waar jy die koelte, rustig-heid en voëlgesang kan geniet. Ons lewe so gejaagd en bring hopeloos te min tyd in die natuur deur. Maar met so ’n dammetjie in jou eie tuin, skep jy jou eie klein natuurtuintjie.

Koos Kombuis sing in een van sy liedjies uit die 80’s: “Almal wil ’n huisie by die see hê”, want almal van

ons heg mooi herinneringe en sentimentele waarde aan va-kansies by die see, of by ’n groot dam. ’n Vakansie met karavane, tente, vakansiehuisies, rondawels, swembroeke en die geur van sonbrandroom. Maar eintlik gaan dit oor die water. Ons eerste nege maande voor geboorte bring ons in vrug-water deur. Kleintyd is dit ’n heer-like ervaring om onder die sproei-er in die tuin deur te hardloop; mekaar met waterpistole te skiet en in die swembad te baljaar. Tieners bring ure in die bad deur, omring met water. As ons aftree, gaan ons weer water toe – die huisie by die see in baie gevalle.Maar jy kan jou eie waterbron, jou eie oase, in jou eie tuin skep. En dis veel makliker as wat jy vermoed. Jy sal dalk een of twee mense se hulp en ’n bietjie “el-bow grease” nodig hê, maar die genot om agterna jou eie handewerk te geniet, gaan jou gou laat vergeet van die sweet. Besluit eerstens waar in die tuin jou dammetjie moet wees. Waar gaan dit prakties wees, en waar gaan dit bydra tot die voorkoms van jou tuin? Neem die sonlig, die res van die plantegroei – soos groot bome wat koelte kan verskaf, maar ook bome wat nie jou dammetjie met sy blare gaan bemors nie – en watertoevoer in ag. Soek ’n kol in die tuin waar die wintersonnetjie steeds ’n bietjie hitte sal verskaf, maar maak seker dat die somerson nie te fel op daardie kol skyn nie.Volgens ’n artikel by www.volks-blad.com kan jy sommer ’n tuins-lang gebruik om die buitelyne van jou dammetjie uit te lê, want die tuinslang kan lekker gebuig word

i t t t k dddd jjjjjiiji ll iikkkkkkkkkd tji t l ikK bbbbbbbbb iii ii iiiK b i i i iii ttt ttt ttt kkkkkkkki kiii ii iiiSkep vir jou 'n oase in jou tuin met ‘n mooi dammetjie

Laat plante voordeel trek uit jou tuindammetjie

46

Page 49: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

‘n Swamdoder snoeiwondmiddel vir die gebruik op

rose, wingerde, struike en vrugtebome na snoei.

KUMULUS®WG‘n Waterdispergeerbare korrel swam-en mytdoder vir die beheer

van sekere swamsiektes asook sekere myte en blaaspootjies.

STERISEAL

Kliëntediens: Tel: 0861 EFEKTO (333586) [email protected] www.efekto.co.zaAgro-Serve (Pty) Ltd t/a EfektoTM Reg. Nr. 1973/000868/07 Posbus 652147, Benmore, 2010

Kumulus®WG (Reg nr: L2404, bevat Swael 800g/kg)

Steriseal (Reg nr: L4231, bevat ‘Busan 1009’ 10g/kg & 8-Hidroksikinoliensulfaat 10g/kg). Skadelik.

S

Page 50: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Phoenix reclinata (wildedadelboom) – ’n aantrek-like, maar groot palmsoort. Halleria lucida (notsung) – ’n pragtige, immergroen boom wat graag naby water en in moeraswoude groei. Die boom is uiters gehard en aanpasbaar in die meeste klimaatstreke en kan selfs in ’n kleiner tuin ’n aanwins wees. Salix mucronata (safsafwilger) – ’n lieflike, inheemse wilger om langs ’n stroom of in nat grond te plant. Dié boom is ook gehard en baie aanpasbaar in droër grond. Syzigium cordatum (waterbessie) – baie nuttig vir vleierige plekke, maar wees bedag op die ag-gressiewe wortelstelsel. Elegia tectorum (Kaapse dekriet) en Elegia capen-sis (fonteinriet) – grasieuse plant wat nie omgee om in nat grond te groei nie. Cyathea dregei (boomvaring) – dié inheemse boomvaring is skaars, maar pragtig in ’n moeras-tuin. Gomphostigma virgatum (besembossie) – ’n lieflike struik met silwergrys loof en soetgeurige, wit blom-metjies. Iris laevigata – irisse wat in die lente blom, met blou of geel blomme; onmisbaar in ’n moerastuin. Phygelius capensis (Kaapse foksia) – daar is nuwe variëteite van hierdie pragtige meerjariges op die mark wat sommer spoggerig naby water en in baie nat grond groei en bloei. Die uiters elegante Gunnera manicata (reuse-rabarber) aard goed in ’n moerastuin. Die blare word reusagtig groot. In ons land het ons het ’n inheemse vorm wat Gunnera perpensa (rivierpam-poen) genoem word en kleiner is (60 cm x 60 cm).Crinum macowanii (rivierlelie) se pragtige blomme verskyn vanaf die lente tot laatsomer. Daar is ‘n hele paar ander spesies en almal van hulle kom van nature naby water voor.Wachendorfia thyrsiflora (rooiknol) is ’n manjifieke gesig in die lente wanneer die meer as een me-ter lange ritse vol goudgeel blommetjies bokant die skerp geplooide mentgroen blare verskyn. Die plant is rustend in die laatsomer tot herfs (wanneer hulle verdeel kan word) en sal selfs met hul wortels of risome in die water groei. Nog ’n voordeel is hulle bereidwilligheid om in ligte skaduwee te blom.Zantedeschia aethiopica (wit aronskelke) is die ideale plant om naby water en in sopnat grond te plant en gaan jou boonop van arms vol snyblom-me voorsien in die laat-winter en vroegsomer. Die boom daarby is Syzigium cordatum (waterbessie).Geniet jou tuindammetjie as stilwordhoekie of saam met jou gesin en vriende!

PhPhhoeoeenniinix x rereclcclllininnini atttata ( (wilddedaddellelbbboom) – – ’’’nn a aaanttr kkekek-lilikee, mamaaarara g grooto ppalalmsmsoooortt. HaHalllleriai lucucididaa ( (nonotstsunung)g) – ’ nn prpragagtitigege, imimmemergrgroen boom wat graag naby water en in moeraswoude groei. Die boom is uiters gehard en aanpasbaar indie meeste klimaatstreke en kan selfs in ’n kleiner ttuiin ’ ’n aanwiins wees. Salix mucronata (safsafwilger) – ’n lieflike, inheemse

Ideale plante vir joudammetjie

Page 51: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Na ’n lang en ysige winter is die somer hier en oral staan die tuine geilgroen noudat daar nie meer ryp is wat alles verkluim nie. Oral is die tekens van die nuwe siklus sigbaar soos wat meerjarige plante weer uitloop en nuut geplante plantjies hul eerste tekens van lewe wys. Maar net so bly soos wat ons is oor die nuwe plantegroei, is die insekte ook, want hulle plunder genadeloos onder ons tuine!Volg hierdie wenke om insekte en ook ander kwale in die tuin hok te slaan:’n Goedkoop en maklike manier om van sommige insekte ontslae te raak, is om 15 ml koeksoda, 1,25 ml skottelgoedseep en ongeveer 3,5 liter water te meng en dan jou plante daarmee te spuit. Miere: Maak 'n emmer halfvol met als-blare en vul die emmer met kookwater. Laat oornag staan en haal dan die blare uit. Gooi nou drie koppies asyn en een koppie waspoeier by die water. Spuit waar die miere pla om hulle die trekpas te gee.Verhoog grond se pH deur landboukalk in die grond in te werk.Verlaag grond se pH en bring meer suur in deur blomswael, ystersulfaat, veenmos, dennenaalde of blaarkompos in die grond in te werk. Dit is ideaal vir die dele waar jy krismisrose, katjiepiering, asaleas, konifere, japonikas en baakhout (Gregia sutherlan-dii) plant.Beheer plantluise en rooispinnekop: Gooi twee kop-pies kookwater op twee hande vol kappertjieblare. Laat staan vir ’n kwartier. Verdun 10 druppels van hierdie "tee" met een liter water en spuit die plante. Beheer snywurm, bolwurm, vrugtevlieë, roes en meeldou: Maak 'n konsentraat aan deur twee liter kookwater oor 300 g vars of 30 g gedroogde absint of wurmkruid te gooi. Laat staan vir 15 minute sodat dit kan trek en syg dit deur ’n doek. Verdun 20 ml van hierdie konsentraat met een liter water en spuit jou plante. Om snyblomme langer in ’n rangskikking vars te hou, voeg ’n teelepel aluin en ’n teelepel Engelse sout in twee liter water en gooi die verlangde hoeveelheid van hierdie mengsel in jou blompot by jou snyblomme.Om rose langer vars te hou, gooi 15 ml suiker en een teelepel bleikmiddel en ’n teelepel wit asyn op 2,5 liter water en gooi die verlangde hoeveelheid van hierdie mengsel in jou blompot saam met jou rose.Luise op konifere kan met ’n sterk mengsel van wit asyn en water bespuit word. Dit kan ook op aar-beie gebruik word. Bron: www.volksblad.co.za

Maak korte mette van insekte op jou plante

’’Naa ’staaarypp idiee nweeetekkeMaMaaplan

Page 52: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Toe die woorde “MI-virus” en “vigs” in die vroeë 1980’s vir die eerste keer die koerantblaaie ge-tref het, het ons nog geen idee gehad tot watter mate hierdie siekte sou groei om’n internasio-nale pandemie te word nie. Mil-joene mense het sedertdien weens hierdie virus gesterf, en talle kinders wêreldwyd word daagliks wees gelaat omdat hul ouers daaraan sterf. Ook in Suid-Afrika word ons met dié siekte en die gevolge daarvan geraak, en is dit ons plig om ingelig te wees en ook die mense rondom ons in te lig en op te voed oor ’n gesonde leefstyl ter voorkoming en ook die behandeling van die

siekte. Watter soort virus is MIV?Volgens Stellenbosch Universiteit is die MI-virus (MIV) deel van ’n familie of groep virusse genaamd lentivirusse. “Hierdie virusse ver-oorsaak siekte op ’n baie stadige manier. Ander soorte lentivirusse is in ’n wye verskeidenheid nie-menslike primate gevind. MIV is verwant aan die simiaanse (aap-) immuniteitsgebreksvirus (SIV).” Dit word nou algemeen aan-vaar dat MIV ’n afstammeling van die SI-virus is, hoewel dit steeds onbekend is presies hoe die oordrag van dié virus tot die mensdom plaasgevind het, en hoe lank gelede reeds dit plaas-gevind het. Navorsing wat deur die wetenskaplike Beatrice Hahn

en haar span van die Universiteit van Alabama gedoen is, bevestig dat die sjimpansee-virusse uit die wes-sentrale deel van Afrika die naaste aan MIV-1 verwant was. Volgens Stellenbosch Universiteit het hierdie span navorsers die bevrore weefsel van ’n sjimpansee ondersoek “en gevind dat die simiaanse virus waarmee dit besmet was (SIVcpz) amper identies aan MIV-1 was. Die sjimpansee was afkomstig van ’n subgroep sjimpansees wat alge-meen in die wes-sentrale deel van Afrika voorkom, en dat die virus op een of ander stadium van sjim-pansees na mense oorgedra is. “Dit is egter nie noodwendig duidelik dat sjimpansees die oor-spronklike bron van MIV-1 was nie, want sjimpansees word slegs by uitsondering met SIVcpz besmet.” Wat het veroorsaak dat die epi-demie so vinnig versprei het?Volgens Stellenbosch Universiteit is daar ’n aantal faktore wat moont-lik tot die skielike ver-spreiding kon bydra: Internasionale reis: “Die rol van internasionale reis in die versprei-ding van MIV was duidelik sigbaar in die geval van ‘Pasiënt Zero’. Pasiënt Zero was ’n Kanadese vlugkelner, Gaetan Dugas, wat baie gereeld oor die wêreld heen gereis het. Analise van verskeie van die vroeë gevalle van vigs het getoon dat die be-smette individue hetsy direk of in-direk seksuele kontak met die vlug-kelner gehad het. Hierdie gevalle kon nagetrek word na verskeie verskillende Amerikaanse stede, wat die rol van internasionale reis in die verspreiding van die virus toon. Dit het ook daarop gedui dat die siekte heel moontlik die gevolg van ’n enkele oordraagbare agens was.Die bloedbedryf: “Namate bloedoortappings roetine geword het in die mediese praktyk, het die bedryf wat in hierdie toenemende behoefte aan bloed voorsien, ook gegroei. In party lande, soos die

VSA, is betaalde sken-kers gebruik, wat ook binneaarse dwelmgebrui-kers ingesluit het. Hierdie bloed is dan die wêreld oor gestuur. Ver-der het bloeiers in die laat 1960’s begin om te baat by die bloeds-tollingseienskappe van ’n produk genaamd Faktor VIII. Om hierdie stolmiddel te produseer, moes bloed egter van duisende indivi-duele skenkers verkry word. Faktor VIII is wêreldwyd versprei, wat dit waarskynlik maak dat bloeiers aan nuwe infeksies blootgestel is.”Dwelmgebruik: “In die 1970’s, ná die Viëtnam-oorlog en ander kon-flik in die Midde-Ooste, was daar ’n toename in die beskikbaarheid van heroïne. Hierdie verhoogde beskik-baarheid, tesame met die ontwik-keling van weggooibare spuite en die stigting van dwelmhuise waar mense dwelms kon koop en toerusting kon huur, het nog ’n roete verskaf waardeur die virus oorgedra kon word.”

Behandeling van MIV’n Positiewe toetsuitslag beteken jy het MIV-teenliggame in jou bloed, en is dus met die MI-virus besmet. Die mediese persoon wat die bloedtoets gedoen het en die uitslag vir jou gee, sal jou inlig oor wat jy te wagte kan wees, en ook waar jy die nodige behandeling en berading kan kry. “’n Positiewe uitslag beteken nie jy het vigs nie. Baie mense wat positief toets, bly vir baie jare gesond, selfs al begin hulle nie dadelik medikasie neem nie.”

’n Positiewe leweHoewel MIV steeds ’n baie ernstige infeksie is, lewe mense met MIV en vigs vandag langer danksy nuwe en doeltreffende behandeling. Volgens Stellen-bosch Universiteit is daar wel ’n hele paar goed wat jy kan doen om seker te maak dat jy tot ’n groot mate lewensgehalte kan behou:• Win inligting in oor jou in-feksie. Kennis van die feite van MIV en vigs kan ’n deel van die vrees vir

Vigs Wees ingelig oor die grootdeur Hannelie Cronjé

50

Page 53: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

die onbekende verminder en jou ’n mate van beheer gee wat jy nodig sal hê om besluite oor behandeling te maak.• Maak seker dat jy ’n dokter of gesondheidsorgverskaffer het wat weet hoe om MIV te behan-del. • Monitor jou infeksie. Besoek jou dokter gereeld en maak seker dat jou liggaam en bloed gemoni-tor word en dat jy voortdurend ingelig gehou word oor jou opsies en keuses. Beskou jou dokter as jou gesondheidsvennoot.• Om met MIV te leef, gaan oor die lewe, nie net oorlewing nie. Sosiale aktiwiteite, tyd saam met mense wat jy liefhet, en genoeg slaap en rus kan ’n groot verskil aan jou gesondheid maak.

Feite oor antiretrovirale terapie“In ’n stadium is geglo dat die virus ná infeksie dormant in die bloed bly en slegs aktief raak nadat ’n persoon vir jare met MIV geleef het. ’n Paar jaar gelede het weten-skaplikes egter ontdek dat die virus vanaf die oomblik van infeksie aktief is, en homself die heeltyd repliseer, en dat dit deur die lig-gaam se immuunstelsel beveg word. Dit plaas ’n enorme druk op die immuunstelsel.“Antiretrovirale (ARV-) middels stop die replisering van die virus deur die virustelling in die bloedstroom onder 50 MIV-kopieë per milliliter bloed te hou, wat beteken die

virus kan nie in toetse waargeneem word nie. Die virus is steeds teen-woordig, maar die immuunstelsel kry kans om te herstel omdat dit nie besig is om die virus te beveg nie. Toegang tot hoogs aktiewe anti-retrovirale terapie (HAART) het daartoe gelei dat vigs amper besig is om ’n chroniese, beheer-bare siekte in ontwikkelde lande te word. Ten einde doeltreffend te wees, moet ten minste twee en verkieslik drie verskillende medi-synes saam geneem word om die kanse dat weerstand ontwikkel, te verminder. Die medikasie moet elke dag vir die res van jou lewe geneem word en jy moet gereeld met la-boratoriumtoetse gemoni-tor word (viruslading en CD4-seltellings) om te bepaal of die medikasie doeltreffend is.”

Voorkoming is beter as genesing-Maak gereeld werkers bewus van die volgende.Hoewel MIV-besmetting nou be-handel kan word en dit nie meer ’n onmiddellike doodsvonnis is nie, is dit steeds uiters noodsaaklik om alles in jou vermoë te doen om die nodige sorg en versigtigheid aan die dag te lê om besmetting te voorkom. Seksuele oordraging: Bly getrou aan jou lewensmaat! Die gebruik van kondome moet ook beklem-toon word. Kondome word oraloor beskikbaar gestel sodat dit nie net as voorbehoedmiddel teen

Vigs otste pandemie van ons tyd

swangerskappe gebruik moet word nie, maar ook teen seksueel-oordraagbare siektes en MIV. Dwelmmisbruik: Waar naalde ge-bruik word, is dit uiters noodsaaklik om te sorg dat ’n naald nie van een gebruiker na ’n ander aange-gee word nie.Oordraging tussen ma en baba: Swanger vroue kan dit aan hul ongebore baba oordra en ook tydens borsvoeding. Ma’s wat met die virus besmet is, moet dit onmid-dellik aan die mediese personeel bekend maak sodat die nodige sorg tydens swangerskap toege-dien kan word. Besmette ma’s moet ook ontmoedig word om hul babas te borsvoed.Toevallige aanraking met be-smette bloed: Sorg altyd dat jy plastiek- of chirurgiese hand-skoene dra voordat jy bloeiende pasiënte behandel, aangesien jy deur die bloed besmet kan word as jy enige stukkende plekkies aan jou eie vel het.

51

Page 54: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Aarbeie Beveg kanker Beskerm die hart Help met ge-heue Kalmeer jou

Appelkose Beveg kanker Beheer bloed-druk Help met sig Beskerm teen

AlzheimerVertraag ver-oudering

Appels Beskerm die hart Voorkom hardly-wigheid Stop diarree Verhoog long-

kapasiteit Steun litte

Artisjokke Help met spys-vertering

Verlaag choles-terol Beskerm die hart Stabiliseer

bloedsuikerBeskerm teen lewersiektes

Avokadopeer Beveg diabetes Verlaag choles-terol

Help voorkom beroerte

Beheer bloed-druk

Goed vir sagte vel

Beet Beheer bloed-druk Beveg kanker Maak gebeente

sterk Beskerm die hart Help gewigsver-lies aan

Blomkool Beskerm teen prostaatkanker

Bestry borskank-er

Maak gebeente sterk

Maak blou kolle gesond

Beskerm teen hartsiektes

Bloubessies Beveg kanker Beskerm die hart Stabiliseer bloedsuiker

Help met ge-heue

Voorkom hardly-wigheid

Boontjies Voorkom hardly-wigheid

Help om aam-beie te genees

Verlaag choles-terol Beveg kanker Stabiliseer

bloedsuiker

Broccoli Maak gebeente sterk Help met sig Beveg kanker Beskerm die hart Beheer bloed-

druk

Druiwe Help met sig Genees nier-stene Beveg kanker Bevorder bloed-

vloei Beskerm die hart

Groen tee Beveg kanker Beskerm die hart Help voorkom beroerte

Bevorder gewigsverlies

Vernietig bak-terieë

Grondboontjies Beskerm teen hartsiektes

Bevorder gewigsverlies

Beskerm teen prostaatkanker

Verlaag choles-terol

Hawermout Verlaag choles-terol Beveg kanker Beveg diabetes Voorkom hardly-

wigheidGoed vir sagte vel

Heuning Genees wonde Help met spys-vertering

Beskerm teen maagsere

Verhoog ener-gie Beveg allergieë

Joghurt Beskerm teen maagsere

Maak gebeente sterk

Verlaag choles-terol

Bevorder immu-niteit

Help met spys-vertering

Kastaiings Bevorder gewigsverlies Beskerm die hart Verlaag choles-

terol Beveg kanker Beheer bloed-druk

Kersies Beskerm die hart Beveg kanker Genees slaa-ploosheid

Vertraag ver-oudering

Beskerm teen Alzheimer

Kool Beveg kanker Voorkom hardly-wigheid

Bevorder gewigsverlies Beskerm die hart Help genees

aambeie

Koringkern Beveg kolonk-anker

Voorkom hardly-wigheid

Verlaag choles-terol

Help voorkom beroerte

Verbeter spys-vertering

Koringsemels Beveg kolonk-anker

Voorkom hardly-wigheid

Verlaag choles-terol

Help voorkom beroerte

Verbeter spys-vertering

Lemmetjies Beveg kanker Beskerm die hart Beheer bloed-druk

Goed vir sagte vel

Genees skeer-buik

Lemoene Verhoog immu-niteit Beveg kanker Beskerm die hart Help met

asemhaling

Mango Beveg kanker Help met ge-heue

Reguleer skild-klier

Help met spys-vertering

Beskerm teen Alzheimer

Okkerneute Verlaag choles-terol Beveg kanker Help met ge-

heue Verlig jou bui Beskerm teen hartsiektes

arbeie Beveg kanker Beskerm die hart Help met ge-heue Kalmeer jou

Eet jouself gesond

52

Page 55: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Olyfolie Beskerm die hart Bevorder gewigsverlies Beveg kanker Beveg diabetes Goed vir sagte

vel

Patats Help met sig Lig jou bui Beveg kanker Maak gebeente sterk

Perskes Voorkom hardly-wigheid Beveg kanker Help voorkom

beroerteHelp met spys-vertering

Help genees aambeie

Piesangs Beskerm die hart Verlig hoes Maak gebeente sterk

Beheer bloed-druk Stop diarree

Pomelo Beskerm teen hartaanvalle

Bevorder gewigsverlies

Help voorkom beroerte

Beveg prostaat-kanker

Verlaag choles-terol

Pruimedante Vertraag ver-oudering

Voorkom hardly-wigheid

Help met ge-heue

Verlaag choles-terol

Beskerm teen hartsiektes

Pynappel Maak gebeente sterk Verlig verkoues Help met spys-

vertering Los vratjies op Stop diarree

Rissies Help met spys-vertering

Goed vir seer keel

Maak sinusse oop Beveg kanker Bevorder immu-

niteit

Rys Beskerm die hart Beveg diabetes Beveg nierstene Beveg kanker Help voorkom beroerte

Sampioene Beheer bloed-druk

Verlaag choles-terol

Vernietig bak-terieë Beveg kanker Maak gebeente

sterk

Spanspek Help met sig Beheer bloed-druk

Verlaag choles-terol Beveg kanker Bevorder immu-

niteit

Suurlemoene Beveg kanker Beskerm die hart Beheer bloed-druk

Goed vir sagte vel

Genees skeer-buik

Tamaties Beskerm die prostaat Beveg kanker Verlaag choles-

terol Beskerm die hart

Olyfolie Be

Patats He

Perskes Vowi

Piesangs Be

Be

53

Page 56: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Wenke teen Haaiaanvalle

Vir diegene wat die vakansie see toe gaan se onthalwe, bring ek die volgende oor hoe om ’n ontmoeting met ’n haai te voorkom, onder julle aandag:

Wenk nommer 1:Moenie in die see swem nie. Ongeveer 100% van alle haaiaanvalle gebeur in groot watermassas, beter bekend as ‘die see’. Proe aan die water. As dit soos sout smaak en as dit branders het, is jy in die see. Draai om en gaan lê liewers onder jou sambreel met ‘n drankie.

Wenk nommer 2:Swem saam met vet mense. Sorg dat daar ALTYD groot, vet mense saam met jou in die water is. Die kanse dat jy vinniger as hulle kan swem en wegkom, is baie goed. As jy een van hierdie vet mense is, moet liewers nie in die eerste plek in die water gaan nie. Skuil onder jou sambreel.

Wenk nommer 3:Moenie in die water gaan sonder ‘n mes nie. Die mes word gebruik om die swemmer naaste aan jou te steek indien jy ‘n haai gewaar. Sodra hy/sy bloei, swem so vinnig as wat jy kan weg. Die haai sal agter die bloed aan kom, so maak jou uit die voete!

Wenk nommer4:Luister noukeurig! Elke haai het ‘n temalied. As jy die volgende hoor, swem vir jou lewe: ‘Da- dam... da-dam... da-dam...’ As dit só klink: ‘DADAM-DADAM-DADAM’, is jy klaar in jou tjops. Ek herhaal hierdie sin vir al die blonde dames met die sonbrand uit *’n bottel uit: As ‘DADAM’ hard klink en nie sag nie, beteken dit dat die haai naby jou is en jy dalk moet wegkom. Daar is ‘n verskil tussen ‘n haai en ‘n dolfyn.

Wenk nommer 5:Moenie paniekerig raak nie. Wees kalm en bly stil as ‘n haai jou byt. Jy is in elk geval klaar in jou peetjie in en dit gaan jou niks help as jy huil en skree soos ‘n maer vark nie. Die ander mense op die strand probeer ontspan en sal dit waardeer as jy kan stilbly. Om iemand soos ‘n mal ding te hoor skree en huil terwyl jy probeer ontspan, is vreeslik onaangenaam. Dink aan die kinders en bejaardes en hou op so aansit, asseblief. Ja, dit IS vreeslik erg, maar dis baie meer traumaties vir die ander mense om dit te sien en al daai geluide te hoor, so bly net stil, asseblief. Daar is in elk geval niks meer wat jy teen dié tyd kan doen nie, want jy het wenke een tot vier nie ernstig opgeneem nie.”

Grappies op ’n stokkie: Slaan ag op die waarskuwings by strandoorde, en onthou die see is baie magtiger as ons.Geniet die uitspantyd

Page 57: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Peet se Padstal net buite Bela Bela het onlangs, op pad terug van die kykNET Buite-ekspo, my oog gevang en ek móés net stilhou, want die bus en die karwag het my nuuskierig gemaak.En wat ’n aangename verrassing was dit nie! Hier kry jy heerlike tuisgemaakte konfyte en ingelegde produkte, en interessante handgemaakte ornamente – van draadkarre tot ou em-aljebekers.In die restaurant-gedeelte lees jy die spyskaart van die swartbord af, want hier word na harte-lus gekook en die spyskaart verander gereeld. Maak jou dus gereed om vir middagete aan te sit – of dit nou binne of buite is – en heerlik daar te vertoef. As daar dus mense by jou bestem-ming is wat jou op ’n sekere tyd verwag, is dit nou die tyd om hulle te bel en te sê jy gaan ’n bietjie laat wees.Buite onder die koeltebome vorm die voëlgesang, die eende se gesnater en die hoenders se gekekkel die agtergrondklanke waarteen jy heerlik kan ontspan. Gaan kuier gerus by hierdie padstal en word aangenaam verras deur die groot verskeidenheid produkte teen bekostig-bare pryse.

tt ssee PaPadstal nenettt bbbbubbuitittiittititeeee BBeelaa BBeeeellllaaaaa heet onlangs op

Heerlike uitspanplek langs die pad

55

Page 58: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Reitz BraaikuikensDit was met groot entoesiasme en opgewondenheid wat ons 240 000 geel piepende kuikentjies in die nuwe hoenderhuise afgelaai het. Reitz Braaikuikens se eerste siklus hoenders word tans gevang en geslag. Elke hok het tydens die siklus 118 ton voer verbruik en daagliks tot 12 000 liter water gedrink. Gedurende die siklus het elke hoender ongeveer 3 kg kos geëet. Die mortaliteite gedurende die 34 dae was bo standaard asook die daaglikse groei. Die uitslag gewig was tussen 1,85 kg - 1,95 kg. Dit is vir Reitz Braaikuikens ‘n voorreg om deel te wees van so groot projek.

Johann Claassen, ’n boer van Petrus Steyn, het op 7 November R5 000 se hoenders van Grain Field Chickens aan verskeie organisasies in Petrus Steyn bewillig. Hier is van die kindertjies van die Tshepong kindershuis vir gestremde kinders wat deur die skenking verras is.

VKB-kriekettoernooiDie vyfde VKB-kriekettoernooi het gedurende die afgelope vakansie plaasgevind. Voortrekker het aan tien spanne die geleentheid gebied om drie T20-wedstryde te speel. Voortrekker se eerstespan, sowel as die o.15-span het deelgeneem en baie goeie oefening ingekry voordat die Vrystaat-proewe gedurende die laaste naweek van die vakansie plaasgevind het.Die eerstespan het die toernooi onoorwonne afgesluit ná oorwinnings oor Oos-Vrystaat B, Randpark High School en Jim Fouche. Die kolwer met die meeste lopies vir die span was Meyer Mare; die bouler met die meeste paaltjies was Ammi Pelser, en die speler wat die meeste met die bal en die kolf bygedra het, was Jaco van der Merwe. Die o.15A-span het twee wedstryde gewen, onderskeidelik teen Witteberg en HTS Louis Botha.Daar het ook ‘n baie lekker atmosfeer geheers tydens die Super Over-kompetisie, wat die Vrydagmiddag gespeel is en HTS Louis Botha het met die prys weggestap deur Ladysmith in die finaal te klop. Die funksie wat daarna in die Japie van Wyk-lapa plaasgevind het, is goed ondersteun deur ouers en eregaste en groot dank is verskuldig aan die ouers van die eerstespan, wat dit puik gereël het.Bethelhem Hoërskool bied jaarliks kriekettoernooi aan vir spanne van regoor die land. VKB was weer ’n trotse borg van hierdie geleentheid.

VKB betrokke by Totalindex Outback Bergfietsrit in VilliersDie tweede Totalindex Outback Bergfietsrit is vanjaar op 27 Oktober inVilliers aangebied.Ryers van regoor die land, sover as Margate, het aangetree om aan die 30 km-roete of die 50 km-roete, waarvan 28 km enkelbaan is, deel te neem.Die roete is uitgelê deur plaaslike ryers met internasionale ervaring, wat ongetwyfeld gesorg het dat ryers wat die uitmergelende ABSA Cape Epic 2012/3 gery het en gaan ry, deelgeneem het.Die 50 km resies is dan ook op asemrowende wyse deur Shuan Ward, SA-fietryer ge-wen, Ward is ‘n ryer van die Prisma Bergfiets-span.Corrie Swart het die 30 km-titel ingepalm.

Loslitdag VKB IT se kaptein doen dit!– RegstellingMarlene Davis van die IT-afdeling het gewys hulle span het die beste leier. Dankie, IT, dat julle vir ons gewys het julle is die leiers van môre!

GRATIS AAN ALLE VKB-LEDE:U kan u VKB-notaboek vir 2013 vanaf 10 Desember by u naaste handelstak gaan afhaal. U kan kies tussen sakboek-, A4- of A5-grootte. Vra gerus by u tak.

, IT,

Reitz Braaikuikens

Reitz Braaikuikenst was met groot entoesiasme en opgewondenheid wat ons 240 000 geel epende kuikentjies in die nuwe hoenderhuise afgelaai het Reitz Braaikuikens se

56

Tshepong-kinderhuis op Petrus Steyn smul aan hoender

Page 59: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Bearing Man deel reeds ʼn paar maande al dieselfde ruimte as NTK se Meganisasietak in Bela Bela. Die amptelike opening was ʼn spog-geleentheid wat deur boere en klante van Bela Bela en die Springbok- vlakte bygewoon is.Dawie van den Berg van Bearing Man het verskeie uitstallings gehad in dieselfde stoor waar die verversings bedien is. Boere het van vroegmid-dag reeds opgedaag en tot laat saam gekuier.

Die Letaba-fees wat onlangs gehou is, het baie goeie aftrek by die plaaslike inwoners gekry. Interessante stalletjies en lekker kos het mense van oor die hele gebied bymekaar gebring.Meganisasie het weggestap met die eerste prys terwyl Handel ʼn tweede prys losgeslaan het in die buitelug-afdeling.

André Chester is onlangs aangestel as silobestuurder op Lehau. Sy vrou, Bianca, werk deeltyds ook daar om die administrasie op datum te hou. Hulle woon op Settlers en geniet NTK en die Springbokvlakte baie!Die egpaar het albei voorheen vir ʼn landboumaatskappy gewerk. Welkom, André en Bianca Chester.

MSD is NTK se voorste verskaffer van dieregesondheidsprodukte. Buiten die feit dat hulle produkte van hoogstaande gehalte lewer, doen hulle baie moeite om die NTK-personeel op te lei om hul produkte met vertroue te kan bemark.Op 28 Augustus het die Suidelike takke, en op 29 Augustus die Noorde-like takke se personeel bymekaar gekom vir in diepte opleiding deur MSD. Die Suidelike takke het by Naboomspruit byeengekom by André de Leeuw. Hy het ʼn voerkraal by Naboomspruit en is ʼn lid van NTK.

Bearing Man deel reeds ʼn paar maande al dieselfde ruimte as NTK se

Beeste is op die plaas behandel. Die Noordelike takke het by Limpopo Melkery in Louis Trichardt bymekaargekom. Hulle is ook lid van NTK. Bokke is op hierdie plaas behandel.Personeel het die geleentheid gekry om kennis en inligting toe te pas op die diere onder die beskermde oog van die veearts en MSD se mense.Die opleiding was uitstaande en wys net weereens watter vennootskap daar tussen NTK en sy verskaffers is. Geen wonder dat MSD die nommer een verskaffer van dieregesondheidprodukte aan NTK is nie.

Die Chesters van Lehau

NTK- en MSD-opleiding

Nuwe takbestuurder op RoedtanBaie geluk aan Michael van der Merwe wat bevorder is tot tak-bestuurder op Roedtan. Hy was voorheen op Modimolle werksaam as assistent-takbestuurder.

Bearing man

Letaba-fees

Chesters van Lehau

Die groep van die opleiding in die Noorde bygewoon het

Michael van der Merwe

57

Page 60: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

NTK-ekspo beïndrukDie NTK-ekspo wat onlangs in Modimolle aangebied is, was voorwaar iets om te beleef! Dit was anders as vorige ekspo’s in die sin dat daar niks te siene was wat al voorheen in ʼn handelstak beskikbaar was nie. Alles wat op uitstalling was, was óf van ʼn nuwe verskaffer, óf nuwe produkte van bestaande verskaffers. Dit was interessant en opwindend, soveel so dat tak-bestuurders en personeel vra vir selfs nog meer volgende keer!Toe die reëlings van die ekspo ʼn aanvang geneem het, is verskaffers gevra om uit die boks te dink. Aanbiedings moes só gedoen word dat takke aangemoedig word om die betrokke produkte aan te skaf. En die verskaf-fers het nie teleurgestel nie! Hulle het meer as hulle kant gebring om van die ekspo ʼn groot sukses te maak.Die dag is gereël deur Johan Groenewald se afdeling. Die dames het hulself oortref. In sy openingsboodskap het Tienie hulle bedank vir die groot po-ging. Hy het verskaffers en NTKners verwelkom. Tienie het ook gesê dat NTK en verskaffers nooit te gewoond aan mekaar moet raak nie, aangesien besigheidsbeginsels altyd die uitgangspunt moet wees.

Expo at VendaThe Expo that was recently held at NTK’s branch at Venda was a huge suc-cess. It was well attended by farmers, local business people and the public in large. But the success of the day is evident when you look at the figures – the bottom line is that Venda made money!Even more suppliers took part in this expo than last year. They came with ga-zebos, products and personnel with expertise. The people of Venda could get firsthand information, could ask questions and get to see how to use the products.Branch manager and his wife, Gerhard and Regina Swart, left no-thing to chance and planned and executed the day to perfection. They know how to do business in Venda!NTK borg landloopHoërskool Nylstroom het op 15 September gasheer gespeel vir die jaarlikse NWU-PUK Noordvaal Landloop Finaal. Dit was ʼn byeenkoms wat bygewoon is deur 24 hoërskole en 13 laerskole van Gauteng, Mpumalanga en Lim-popo.Hierdie byeenkoms is werklik ʼn spoggeleentheid op skole-landloop se jaar-likse kalender en dit was die eerste maal wat ʼn skool in Limpopo die dag aangebied het.

PMR.africa rewards NTKPMR.africa, an independent market research company, awards certificates to acknowledge companies, departments or institutions for competencies. PMR.africa wants the companies to utilize the award, not as a marketing tool only, but also to thank the personnel and staff for creating the perception and reality out there that this company, depart-ment or institution is an undisputed leader in the respective industry. After all, there is a successful team behind each successful and highly rated com-pany, department or institution.NTK received two of these prestigious awards from PMR.africa, namely a diamond arrow in agriculture and a golden arrow in agricultural products and tractors. The awards are always the end result of a research process whereby com-panies, departments, institutions and individuals are nominated and rated by respondents against specific attributes or criteria. A company, depart-ment, institution and individual cannot “enter” the research process but must always be nominated and rated by the respondents. The ratings are always based on the perceptions of the respondents.David Kekana represented NTK at the ceremony and accepted both awards on behalf of NTK. He echoed the view of PMR that it

Johan Groenewald, David Kekana en Wynand Benadie

Hoërskool Nylstroom

Inligting word deurgegee na Skoliere van die omgewing

Besoekers kuier saam

58

Page 61: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

takes a team effort to achieve these awards. That is why congratulations to every single person working at NTK are in order. Well done, NTK!The awards represent competitiveness, effectiveness, excellence, leader-ship, resilience and indicate customer service and customer satisfaction. That’s NTK!

Kierieklapperfees in MokopaneKierieklapperfees in Mokopane beteken net een ding: NTK is daar! Sig-baar! Doelgerig! In voeling! In die kol!Ruan Kruger laat nie op hom wag as daar ʼn kans is om sy tak te bemark nie. Hy is altyd reg vir aksie en die Kierieklapperfees was weereens net die regte geleentheid om NTK onder die publiek se aandag te bring.

Springbokvlakte-skou bied diere en vele meerVanjaar was die Springbokvlakteskou bygewoon deur boere, dorpenaars en ʼn hele klomp studente. Lowveld College of Agriculture se studente het saam met dosente deur die stalletjies gestap, na die diere gekyk en so hul praktiese kennis ver-beter. Hierdie studente het aangedoen by NTK se besproeiingsuitstalling waar hulle met verskaffers gesels het. Omdat hulle die opkomende en kom-mersiële boere van die toekoms is, was die kontak van groot waarde vir NTK.Lammie Henn van NTK Besproeiing is as voorsitter van die Springbokvlak-te-skou verkies. Hy het waardevolle kontak met rege-ringsamptenare gemaak en die moontlikheid van ʼn kapitale investering in die toekoms van die skou is nie uitgesluit nie. Die skou van verskeie beesrasse het mense van oor die provinsie gelok aangesien dit ʼn streekskou was. BKB se vetveeveiling was ook baie suk-sesvol en dit is dan ook hier waar NTK as borg opgetree het.

Oesfees op LetsiteleDaar was weer ʼn heerlike fees op Letsitele – die Oesfees en natuurlik was NTK daar!Kobus Oosthuizen was daar met sy trekkers en Willie Els het Handel ver-teenwoordig. En aan belangstelling en voete het dit ook nie ontbreek nie.

Ontmoet Charl le Roux van Modimolle-siloNTK verwelkom vir Charl le Roux by die Modimolle-silo. Hy het in 2002 by OTK, wat later Afgri geword het, begin werk. By Vaal Silo het hy as assistent begin terwyl hy op Balfour gebly het. Later was hy bestuurder by die silo aangrensend aan Standerton en die laaste sewe maande was hy bestuurder op Leslie.

kykNET Buite-ekspo op MbiziGedurende die naweek van 21 tot 23 September 2012 is die kykNET Buite-ekspo weer by Mbizi Caravan Lodge aangebied. Die oord is 8 km buite Warmbad op die Thabazimbi-pad geleë. Die missie van die kykNET Buite-ekspo is om die buitelewe te bevorder en te simuleer in ʼn veilige plaasomgewing en om die gesinswaardes deur familie-aktiwiteite in die buitelewe te inspireer.Hierdie buite-ekspo was die vierde van sy soort wat die lig gesien het en die tweede een wat by Mbizi Caravan Lodge aangebied is. Dit was die eerste keer wat NTK Warmbad betrokke was by die ekspo en ook met groot sukses. Estelle Benadie en haar span is beïndruk met die reëlings van die skou asook met die ekspo self. Dit was beslis die moeite werd.Die stalletjie is met groot sorg deur NTK-personeel beman. Verskaffers het natuurlik ook hul kant gebring. Attie en Wessel van LandMark/Agrinet was daar om veral te help met aanlyn-inkopies van LandMark. Christo Dames van Partrite was ook daar sowel as Magda en Cid van BushTec.

Hoërskool NylstroomKierieklapperfees

Kobus en Willie by die Meganisasie-uit-stalling

Cid en Magda van Bush Tec

Charl le Roux

Estelle (takbestuurder van NTK Warmbad), Dané en Merissa

59

nnnn

Page 62: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie
Page 63: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie
Page 64: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie
Page 65: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie
Page 66: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

Verroes en VerlateWenner Elmien Mostert(Reitz)...Sy wen Drie dae-wegbreek op die Jagplaas Lubbeslust

2DE Tiani Claassen(Reitz)Sy wen naweek vir haar en haar gesin by Frontier Inn en Casino enR200 Eetbewys van GoldenGate Bethlehem Spur

3DE Tiani Claassen(Reitz)R300 Eetbewys van GoldenGate Bethlehem Spur

A PEERMONT RESORT

BETHLEHEM, FREE STATE

Johan Blignaut Drive (N5)BethlehemTel: (058) 307-6000

E-mail: [email protected]

www: www.frontiercasino.co.za

3 Star

Metcourt HotelCoachman’s Saloon Conference facilities

Gaming:

Slots and Tables

Little Rascals Child Care

Facility and Magic Company

Children’s Entertainment Dirty Down Car Wash

ALCOHOL NOT FOR SALE TO PERSONS UNDER THE AGE OF 18 YEARS. DRINK RESPONSIBLY.

Fotokompetisie Wenners Okt/Nov

1ste

2de

3de

Page 67: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie

WEN MEER AS R10 000 SE PRYSE!NTK en VKB se fotokompetisie gee jou die kanns om meer as R10 000 se pryse met elke uitgawe te wen deur net vir ons te wys wat jy alles met jou kamera kan doen. Jou foto kan dalk ook nog verskyn in VKB of NTK se dagboek of kalender.

Totale prys per uitgawe:• R500 - eetbewys van Spur;• ‘n Naweek vir die hele gesin by Frontier Casino in Bethlehem;• Drie dae-wegbreek op ‘n jagplaas, Lubbeslust (tussen Alldays en Waterpoort)

Dei wenners van bogenoemde pryse van elke uitgawe kwalifiseer dan vir die finale beoordeling waar daar ‘n algehele 1ste, 2de en 3de plek aangewys sal word in Januarie 2013 waar die groot pryse losgeslaan word; onderskeidelik R1000, R500, R300 in kontant; asook ‘n eetbewys by die Spur op Bethlehem ter waarde van onderskeidelik R500,R330, R200; en ook ‘n naweek vir die hele gesin by Frontier Casino in Bethlehem, ingesluit aandete; of ‘n drie dae lange weg-breek op ‘n jagplaas genaamd Lubbeslust (tussen Alldays en Waterpoort).

Oktober/November se tema is “bejaardes”. Die sluitingsdatum is 15 November 2012. Oorspronklikheid sal beslis in jou guns tel.

Reëls:• ‘n Maksimum van 5 foto’s per persoon.• Die beroordelaars (Bethlehem Fotografieklub) se beslissings is finaal.• Geen ptyse mag omgeruil word vir kontant nie.• Stuur inskrywings voor 15 November 2012 aan [email protected]. Indien dit nie vir jou moontlik is nie gan na jou naaste Handelstak en vra die bestuurder om die foto te stuur via e-pos na hierdie e-pos adres.• Foto’s is VKB se eindom en kan gebruik word soos nodig.• Formaat van foto’s: dit moet ‘n JPEG wees en nie groter as 1MB• Wenners sal aangekondig word in die Januarie/Februarie-uitgawe• Verskaf asseblief jou naam, ouderdom, selfoonnommer en adres.

NTK en VKB se fotokompetisie gee jou die kans om meer as R10 000 se pryse met elke uitgawe te wen deur net vir ons te wys wat jy alles met jou kamera kan doen. Jou foto kan boonop dalk ook nog in VKB of NTK se dagboek of kalender gepubliseer word.

Totale prys per uitgawe:R500-eetbewys van Spur• ‘n Naweek vir die hele gesin by Frontier Inn & Casino in Bethlehem• Drie-dag-wegbreek op Lubbeslust, ‘n jagplaas tussen Alldays en Waterpoort•

Die wenners van bogenoemde pryse van elke uitgawe kwalifiseer dan vir die finale beoordeling in Januarie 2013, waar daar ‘n algehele eerste, tweede en derde plek aangewys sal word. Die wenners hiervan wen onderskeidelik R1 000, R500 en R300 in kontant, asook eetbewyse by die Spur op Bethlehem ter waarde van onderskeidelik R500, R300 en R200 en ook ‘n naweek vir die hele gesin by Frontier Inn & Casino in Bethlehem (aandete ingesluit), of ‘n drie-dag-wegbreek op Lubbeslust.

Desember/Januarie se tema is “Die somer is hier”. Die sluitingsdatum vir jou inskry-wings is 5 Januarie 2012.Oorspronklikheid sal beslis in jou guns tel.

Reëls:‘n Maksimum van vyf inskrywings per persoon sal aanvaar word.• Die beoordelaars (Bethlehem Fotografieklub) se beslissings is finaal.• Geen pryse mag vir kontant omgeruil word nie.• Foto’s is VKB se eiendom en kan gebruik word soos nodig.• Foto’s moet in JPG-formaat wees; nie groter nie as 1MB.• Die wenners sal in die Januarie/Februarie aangekondig word.• Inskrywers se naam, ouderdom, adres en selfoonnommer moet die inskrywing vergesel.• Stuur inskrywings voor 5 Januarie 2013 na [email protected]. Indien dit nie vir jou moont-• lik is nie, gaan na nou naaste handelstak en vra die bestuurder om die foto’s namens jou

per e-pos na bogenoemde adres te stuur.

Page 68: DIE Pad Saam - vkb.co.za · PDF filePad Saam Wild en jag Grain Field Chickens gaan van krag tot krag NTK en VKB spesiale aanbiedings Invoere op rekordvlakke uitgawe 16 Desember/Januarie