bruljant 2011a

32
Uitgawe 11 Jaargang 6 2011 bRuLjAnt Nuwe L e e u w e n h o

Upload: wilna-smith

Post on 06-Mar-2016

242 views

Category:

Documents

3 download

DESCRIPTION

Uitgawe 11 Jaargang 6. Opgedra aan Lizelle Barnard

TRANSCRIPT

Page 1: Bruljant 2011a

Uitgawe 11Jaargang 6

2011 b R u L j A n t

Nuwe

Leeu

wen

ho

Page 2: Bruljant 2011a

InhoudsopgaweRedakteursbrief .....................................................................1Hoofdebrief..............................................................................2Wenners in Jesus....................................................................3Nuwe personeel, klokkies en ratels.................................4Welkom nuwe maats en 2011 Graad 1‘s..........................6Wappergeleenthede.............................................................10Klaskameraktiwiteite............................................................11Viva Vriendedag....................................................................12Kaskardag................................................................................13Vat 5..........................................................................................14Valentyn....................................................................................15Nuwe lapa en Mediaweek..................................................16Koorkamp.................................................................................19Marimba kamp.....................................................................20Skaak marathon.....................................................................21Atletiek.....................................................................................23Netbal.......................................................................................24Rugby........................................................................................25Welpie-brokkie......................................................................26Hoërskoolnuus......................................................................27Brulborrels en kopkrappers.............................................28

Page 3: Bruljant 2011a

Liewe Welpies en Leeuwenhoffers,

Het ons nie almal so begin bid, toe ons nog weerloos en

klein was nie: “Here Jesus ek is klein, swak onkundig en onrein...”Maar op ‘n manier moet die weerloos-heid en onsekerheid oorkom word. Daarom gee Jesus vir ons Ef. 6:13 “Trek die volle wapenrusting van God aan...”Borsharnas: Om jou hart te beskermStewige heupgordel: Die waarheid en nie die leuen nie. Praat altyd die waarheid, trek dit aan, hou dit aan en oefen elke dag om dit te gebruik. Die

wapenrusting is ‘n wonderlik gawe wat ons van God ontvang het.Skoene: Om die pad te loop op Jesus se weg. Die lewe by Leeuwenhof is ‘n reis.Helm: Om my verstand te beskerm, my gedagtes en

denke altyd skoon te hou.

My Wese: Ek weet mos Hy het verlossing gebring ook vir elke Leeuwenhoffer wat dit glo.Skild: In my regterhand, met hom moet ek die ongeloof keer.Swaard: My aanvalswapen, kort, breed, tweesnydend en vlymskerp. Ek is reg vir enige iets met die Here aan my sy.Dit is nou die tyd vir Leeuwen-hoffers om tot die belangrike besef te kom: “Ek is ‘n soldaat van en vir Jesus, besig om oorlog te veg. Gelukkig met Jesus se wapenrusting van die sterkste materiaal aanmekaar gesit, onfeilbaar deur die Meester self. My wens is dat elke kind en ouer by Leeuwenhof in 2011 geseën sal word met Jesus se wapenrusting.Groete Mev. L. Barnard

Redakteursbrief

1

Page 4: Bruljant 2011a

By Leeuwenhof Akademie geskied alle onderrig- en opvoedingsgebeure vanuit ‘n Christelike perspektief. Ons missie by die skool is hoogstaande kwaliteit opvoeding en onderrig, handhawing van waardes, die ontwikkeling van selfwaarde en die vaslegging van respek en verantwoordelikheid.Ons totale gemeenskap van ouers, opvoeders en leerders is gefokus op ‘n langtermyn doelwit wat die volgende pilare insluit:1. Belydenis van ons geloof in Jesus Christus, saam met

gesonde dissipline.2. Akademiese uitnemendheid.3. Voortreflikheid t.o.v. buitemuurse aktiwiteite.4. Professionaliteit as deel van Leeuwenhof se gemeenskap.

Gedurende die eerste helfte van die jaar salueer ons die leerders vir hulle netjiese voorkoms en gedrag sowel as hulle passie en toewyding met hulle deelname aan aktiwiteite.Baie geluk aan ons leerders wat uitstaande uitkomste bereik het op:• Akademiese gebied.• Seniorkoor: ATKV deelname.• Redenaars: ATKV Halfeind en Landsfinaal.• Rugbyspanne: Goue Leeus Semi-Finaal.• Atletiekspan: Interlaer Kampioene.• Netbalspanne: ISASA Kampioene.• Skaakleerders.• Marimbas en viole by bemarkingsaksies.

GroeteMnr. J. Bezuidenhout

Hoofdebrief

2

Page 5: Bruljant 2011a

Elke week word net lekkerder en ons kan nie wag om ons familie elke week te sien nie. 2011 gaan ‘n ongelooflike lekker jaar wees vir ons familie - vol pret, plesier en vriendskap!

Totsiens Boelies!!!! Ja, ons 747 Familiegroepe is nou al ‘n jaar lank ‘n

instelling by Leeuwenhof waar ons in groepe as ‘n familie bymekaar kom.

Van die klein graad 1’s tot die groot graad 7’s kom almal oor die weg en

gee om vir mekaar. Die bande in die families bly groei en sterker word. Dit

is ons doel om AL die boelies in ons skool te elimineer en in hierdie periode

leer ons hoe om dit te doen en hoe om ‘n boelie te hanteer.

So, gaan ons vriende maak en Boelies UITSORTEER? Lank lewe FAMILIEGROEPE!!!

Dis so lekker om ook ‘n familie by

die skool te hê wat jou kan help met

probleme of as jy net wil gesels, en dit is

regtig hoe dit voel, jy voel waarlik

of jy ‘n ‘brother from another

mother’ het.

Elke groep het ‘n Graad 6 en 7

leier wat vir opleiding gaan by

tannie Ingrid en juffrou

Anlie. Die leiers gebruik

daardie kennis om die

periode saam

met die Juffrou

‘familiehoof’

so lekker as

moontlik vir

die familie

te maak

deur speletjies,

opdragte, plakkate

maak en vele meer.

3

Wenners in Jesus

Page 6: Bruljant 2011a

Juffrou de Swardt

word nou Mev. Wood

Juffrou de Klerk word Mamma

Ons wou almal graag by juffrou de Swardt se troue gewees het. Haar troue het plaasgevind op Sater-dag 19 Maart by ‘De Hoek Country Lodge’ in Heidelberg. Juffrou se wittebrood was ‘n ge-heim, maar blykbaar het sy Mauritius baie geniet! Baie sterkte met die nuwe lewe Juf. Wood, die

vraag is net…. “Wie het die ruiker gevang?

Watter kleure is juffrou se troue?

Roos pienk en maroon

Watter blomme gebruik juffrou?Veldblomme

Watter soort rok het juffrou?‘n Wit rok natuurlik en hoe hy lyk, is ‘n

geheim. Julle sal moet wag vir die foto’s!

Daar is groot opgewondenheid in juffrou de Klerk se familie. Ek is seker julle het almal al gesien, of gehoor dat juffrou de Klerk swanger is met haar dogtertjie Miané, wat op 14 April haar verskyning gemaak het. Juffrou de Klerk is baie opgewonde oor die woelige bondeltjie vreugde wat haar op haar tone gaan hou. Ons Leeuwenhoffers sê baie geluk en ons hoop juffrou kom wys ons juffrou se groot liefde sommer eersdaags!

Is die babakamer reg en watter kleur is dit?JA! Die mure is roomkleur en die beddegoed is pienk…die tema is HELLO KITTY

Wat verwag juffrou van die nuwe uitdaging?‘n Woelige bondeltjie vreugde wat my op my tone hou en min slaap. My dae van op die bank lê en

tv kyk is getel!

Wat se juffrou se familie van die verrassing?Almal is vreeslik opgewonde en sien baie uit. Ek dink sy gaan baie bederf word. Veral deur haar oupas!!

5

Mmmm... pasta en sushi.

Kyk graag CSi en Kyknet en was in 1989 in Gr. 1 by

Laerskool President Steyn. Wil vakansiehou alleen op ‘n eiland....

Hoekom Leeuwenhof? Puik dissipline, mense wat omgee en vriendelikheid van leerders.

Ek het geen rolmodel nie want ek glo Jesus het elkeen uniek geskape om Sy plan op aarde uit te voer. As

almal net hulself is sal die lewe baie meer interessant wees. Bly by wat jy glo

en hou by God se riglyne. Gee om vir mekaar.

Quiero aprender espanol! Je

veuw apprendre le franҫais! Wǒ xiǎng xué zhōngwén! Daar is niks soos ‘n

STEAK nie!! Ek was in 1991 in gr. 1 in Nabeep Hoërskool in Namakwaland, ja, ek was in gr.

1 al in ‘n hoërskool... Ek droom van vakansie in Amerika, Australië, Nieu Seeland, China, Indië, Alaska en my eie 4x4 in Serengetti om die migrasie te sien….daarna sal ek ophou!!!

Wat is spesiaal van Leeuwenhof? Die KINDERS!!!! Elkeen van hulle het SOOO diep in my hart ingekruip… en dit is nou

eers die begin!!!

Ek wil Frans praat en in Italië gaan vakansie hou. Mmmm... Pizza! Kyk graag

Grey’s anatomy en was in 1995 in KZN in graad 1. Leeuwenhof kinders is oulik en personeel is vriendelik, hier GEBEUR dinge! My ma is my

rolmodel - sy doen alles met liefde en werk hard. Vir my is respek en eerlikheid belangrik, my leuse is:

Carpe Diem, gryp die dag! Hoekom Leeuwenhof?

Dit is ‘n uitstekende skool en ek wou graag deel wees daarvan!

WELKOM AAN BOORD

4

Page 7: Bruljant 2011a

Juffrou de Swardt

word nou Mev. Wood

Juffrou de Klerk word Mamma

Ons wou almal graag by juffrou de Swardt se troue gewees het. Haar troue het plaasgevind op Sater-dag 19 Maart by ‘De Hoek Country Lodge’ in Heidelberg. Juffrou se wittebrood was ‘n ge-heim, maar blykbaar het sy Mauritius baie geniet! Baie sterkte met die nuwe lewe Juf. Wood, die

vraag is net…. “Wie het die ruiker gevang?

Watter kleure is juffrou se troue?

Roos pienk en maroon

Watter blomme gebruik juffrou?Veldblomme

Watter soort rok het juffrou?‘n Wit rok natuurlik en hoe hy lyk, is ‘n

geheim. Julle sal moet wag vir die foto’s!

Daar is groot opgewondenheid in juffrou de Klerk se familie. Ek is seker julle het almal al gesien, of gehoor dat juffrou de Klerk swanger is met haar dogtertjie Miané, wat op 14 April haar verskyning gemaak het. Juffrou de Klerk is baie opgewonde oor die woelige bondeltjie vreugde wat haar op haar tone gaan hou. Ons Leeuwenhoffers sê baie geluk en ons hoop juffrou kom wys ons juffrou se groot liefde sommer eersdaags!

Is die babakamer reg en watter kleur is dit?JA! Die mure is roomkleur en die beddegoed is pienk…die tema is HELLO KITTY

Wat verwag juffrou van die nuwe uitdaging?‘n Woelige bondeltjie vreugde wat my op my tone hou en min slaap. My dae van op die bank lê en

tv kyk is getel!

Wat se juffrou se familie van die verrassing?Almal is vreeslik opgewonde en sien baie uit. Ek dink sy gaan baie bederf word. Veral deur haar oupas!!

5

Quiero aprender espanol! Je

veuw apprendre le franҫais! Wǒ xiǎng xué zhōngwén! Daar is niks soos ‘n

STEAK nie!! Ek was in 1991 in gr. 1 in Nabeep Hoërskool in Namakwaland, ja, ek was in gr.

1 al in ‘n hoërskool... Ek droom van vakansie in Amerika, Australië, Nieu Seeland, China, Indië, Alaska en my eie 4x4 in Serengetti om die migrasie te sien….daarna sal ek ophou!!!

Wat is spesiaal van Leeuwenhof? Die KINDERS!!!! Elkeen van hulle het SOOO diep in my hart ingekruip… en dit is nou

eers die begin!!!

WELKOM AAN BOORD

Page 8: Bruljant 2011a

by

Leeuwenhof

Welkom

Aan al die nuwe maats wat deur die jaar by ons aangesluit het...

6

Page 9: Bruljant 2011a

7

Page 10: Bruljant 2011a

WELKOM AAN ONS

GRAAD 1 MAATJIES8 9

Page 11: Bruljant 2011a

WELKOM AAN ONS

GRAAD 1 MAATJIES8 9

Page 12: Bruljant 2011a

KlokseremonieDit is uiteindelik die begin van die gr

1’s en nuwe maats se Leeuwenhof skoolloopbaan. Die klokseremonie

het plaasgevind op 31 Januarie 2011 by die kloktoring voor die saal.

Elke maatjie het ‘n beurt gekry om die klok te lui soos Leeuwenhof tradisie dit vereis. Die ouers was ook daar en kan saam

getuig. Jy is nou ‘n ware Leeuwenhoffer. Baie, baie geluk!

Wapper die vlagOns ‘wapper die vlag’ tradisie het volwaardig vlam

gevat in 2011. Die vlae is gewapper om al die nuwe graad 1’s en nuwe maats te verwelkom. Ons het die vlae ook laat wapper om ons atlete sterkte toe te wens vir die atletiek en goeie sportmanskap.

Op 17 Februarie het elke Leeuwenhoffer ‘n Suid-Afrikaanse vlaggie gekry en het ons op maat van ‘When I get older, I will be stronger’ die vlae laat wap-

per by die Interlaer by Goudrif Hoërskool. Ons is seker dat dit ons atlete aangespoor het met hulle pragtige prestasies en die heerlike gees op die

10

Page 13: Bruljant 2011a

KlasaktiwiteitePartymaal voel dit asof jy in ‘n outydse fliek is voor daar klank was.

Juffrou praat en praat, maar jy kan net nie meer

konsentreer nie. Die inligting gaan by die een oor in en by die ander

oor uit. Volgens mev. Anlie van Zyil, ons Adjunkhoof van Akademie, is die

klaskamer nie altyd die ideale plek om kinders te leer nie. Hoe meer

sintuie hulle gebruik, hoe beter sal hulle konsentreer en hoe langer en

beter onthou wat hulle geleer het. Beweging, stories en prentjies is

belangrike hulpmiddels wat onderwysers kan gebruik. Daar

is ‘n wye verskeidenheid goed wat ons doen. Ek het met

‘n paar van die maats gepraat en hier is van hulle gun-

steling aktiwiteite en uitstappies nog van hierdie jaar:

Gr 1: Het tandeborsels skool toe gevat vir tandedag Hulle het die klanke van letters geleer deur elke dag ‘n nuwe letter te kry bv. S vir Springmielies.Gr 2. Ons het hare gewas en gesonde kos by die Leeupark swembad gaan eet om te leer hoe om skoon en gesond te leef. Ons het ‘n resep vir heerlike kaasbroodjies gelees en gevolg. Daarna is ons tafelmaniere getoets, ai tog!Gr 3: Ons het probeer om ‘n spaghetti pak te weef soos mense gedoen het in hulle leesboeke, maar het uitgevind dat dit onmoontlik is om dit te doen. Party kinders eet spaghetti vir die eerste keer met tamatiesous, waar is die vleis??Gr 4: Ons het ‘n Coke bottel swart geverf in Wetenskap, ‘n gaatjie daarin gemaak en gekyk hoe ‘n plant na die son toe groei! Ons het miniatuur skole gebou in groepe met mannetjies, geboue en sportgronde.Gr 5: Ons het ‘n rou eier in Wetenskap ondersoek Ons het ook boontjies geplant en’n fyn bestudering gemaak van hoe vinnig hulle groei.Gr 6: Ons het die spysverteringskanaal van die mens uit klei gebou en daarna rympies gemaak van al die bene in die menslike liggaam!!Gr 7: Ons dissekteer die rot, vis, duif ens. Ons vat paddas en slakke huis toe…nog iets vir ma om op te pas! (my padda leef nog!) 11

KlokseremonieDit is uiteindelik die begin van die gr

1’s en nuwe maats se Leeuwenhof skoolloopbaan. Die klokseremonie

het plaasgevind op 31 Januarie 2011 by die kloktoring voor die saal.

Elke maatjie het ‘n beurt gekry om die klok te lui soos Leeuwenhof tradisie dit vereis. Die ouers was ook daar en kan saam

getuig. Jy is nou ‘n ware Leeuwenhoffer. Baie, baie geluk!

Wapper die vlagOns ‘wapper die vlag’ tradisie het volwaardig vlam

gevat in 2011. Die vlae is gewapper om al die nuwe graad 1’s en nuwe maats te verwelkom. Ons het die vlae ook laat wapper om ons atlete sterkte toe te wens vir die atletiek en goeie sportmanskap.

Op 17 Februarie het elke Leeuwenhoffer ‘n Suid-Afrikaanse vlaggie gekry en het ons op maat van ‘When I get older, I will be stronger’ die vlae laat wap-

per by die Interlaer by Goudrif Hoërskool. Ons is seker dat dit ons atlete aangespoor het met hulle pragtige prestasies en die heerlike gees op die

10

Page 14: Bruljant 2011a

Ons is almal baie trots daarop om Leeuwenhoffers te wees. Daarom kan

ons nie wag om vir ons vriende ons fantastiese skool te wys nie. Vriendedag gee ons hierdie

geleentheid. Eers moet jy besluit wie om te nooi en dan begin pret. Die dag met die meeste

opgewondenheid moet definitief Vriendedag wees.

1 April 2011

Naam: Wiaan Visser

Skool: Laerskool Oosterkruin

Graad: 4

Het jy lekker by Leeuwenhof gekuier?

Ja, dit was vir my baie lekker om die

dag by die skool te kuier. Ek sal graag

by Leeuwenhof wil skoolgaan!

Naam: Celene Janse van RensburgSkool: Laerskool WitfieldGraad 7

Wat dink jy van Leeuwenhof? Leeupark is so groot en interessant. Ek dink dit is slim om al die sportvelde saam te sit en die swembad is mooi en blou. Ek oorweeg dit om na die skool toe te kom, want hier is perdry en swem ‘n sport. Busry was ook ‘n belewenis!

In die een dag wat ek hier was, het ek gesien dat Leeuwenhoffers streef na hulle doelwitte. Die kinders is baie vriendelik, hulle het sagte harte en aanvaar jou dadelik as ‘n vriend.

Viva Vriendedag!

Baie geluk aan die leerders wat deelgeneem het aan die halfeindrondte van die ATKV redenaars. ‘n Spesiale geluk aan Charlize Herman wat aan die landsfinale

gaan deelneem in Stellenbosch!

Redena

ars

Halfeindrondte Finaliste:

Hanno Nel, Piero du Toit, Inge Botha, Luandri van Vuuren,

Charlize Herman

12

Page 15: Bruljant 2011a

K a skarOp 19 Februarie 2011 het almal hul asems diep

opgehou toe dit die dag van ons kaskardag

sous! Die reën kon ons Leeuwenhoffers se

gees nie demp nie en met al ons positiwiteit

het die son sy kop uitgesteek! Al die welpies

en leeus begin stoot! Die gees was duidelik,

want almal het op hul beste gestoot, getrek,

geruk en gepluk vir die wetenskaplaboratorium!

13

Page 16: Bruljant 2011a

1 2 3

4 5 6

7 8 9

10 11 12

VAT5Raai w

atter hand behoort aan watter onderw

yser...14

Page 17: Bruljant 2011a

‘n Lekker ‘Spin and Win’ kompetisie het ons definitief besig gehou met verrassings. Die lekkerste was waar jy vir iemand ‘n liedjie kon laat speel met ‘n keuse van oor ‘n 1000 liedjies! Valentynsbriefies het ook bygedra tot die opwinding van die dag. Wat ‘n ‘bruljante’ dag vol liefde!!!

ValentyN !Amouer, gra, afetto, dragoste, dashuri beteken alles dieselfde…..LIEFDE! 14 Februarie, - Valentynsdag! Die dag waaarop elkeen vir daardie spesiale persoon of maat iets gee om hulle te herinner aan hulle vriendskap. Die gr. 7’s het besluit om wonderlike, klein persentjies te verkoop bv. hout hartjies, uitveërs, ‘stickers’ en baie meer.

15

Page 18: Bruljant 2011a

Leeuwenhof kan spog met ‘n nuwe lapa! Die amptelike inwyding op 24 Maart moes ongelukkig weens die reën uitgestel word na 4 April tydens saalopening. Die lapa met sy ingeboude braaiers, onthaalgeriewe en musiektoerusting beloof om ‘n lekker kuierplek vir baie funksies te wees.

Lapa !

16

Page 19: Bruljant 2011a

Leeuwenhof Laerskool se mediasentrum het vanjaar heerlik fees gevier gedurende Nasionale Biblioteekweek vanaf 19-21 Maart.

Op 23 Maart het skryfster en Graad 11-leerder by Garsfontein Hoërskool, Saskia Kuschke, kom kuier. Saskia het die boek , “Sonja Serfontein en die Groot Kaas” geskryf. Sy het die leerders vermaak met ‘n pittige praatjie en wenke oor hoe om te skryf.

Daar was ook 2 kompetisies. ‘n Tekenkompetisie is gehou vir Graad 1-3 waar leerders hulle hul gunsteling storieboek-karakter moes teken. Die prente was asemrowend en dit het baie kopkrap geverg om die 12 wenners te kies met soveel aspirantkunstenaars in die skool.

Vir Graad 4-7 is daar ‘n Blokraaisel-skattejag in die mediasentrum gehou. Daar is vrae gevra oor boekkarakters, skrywers en feite. Daar was 8 gelukkige wenners.

Mediaweek

17

Page 20: Bruljant 2011a

18

Kultuur

Page 21: Bruljant 2011a

Koorkam

p

Op Vrydag 11 Maart, wag almal angstig vir die klok om te lui vir die tweede pouse, maar die keer het die kinders ‘n spesiale opwinding in hul arte oor vrydag en saterdag se

koorkamp. Die kamp het begin met ‘n lekker vrolike lied om ons energie net ‘n klein bietjie meer te maak. Die oomblik waarvoor ons almal gewag het…die Pizza, was natuurlik ‘n

hoogtepunt en ons het lekker gesmul daaraan. Die Pizza opsy geskuif, het ons weer hard geoefen om op Leeuwenhof se standaard te bly. Saterdag oggend was ons almal weer

by die skool van 9-12 om verder te oefen. Saterdag is ons geheue verfris en ons was baie wakker so vroeg in die oggend. Baie dankie aan almal wat die kamp gereel en moontlik

gemaak het, ons waardeer dit baie! Ons sal julle nie teleur stel nie!!!

Page 22: Bruljant 2011a

Mar imba kamp

20

Page 23: Bruljant 2011a

SKAAK marathon

Saterdag, 5 Februarie 2011, vanaf 9:00-12:00, is ‘n rookwolk bokant Leeuwenhof se skoolsaal opgemerk.

By nadere ondersoek, is gevind dat die breinkrag van 3 spanne by die skaakmarathon die oorsaak was van hierdie buitengewone verskynsel.

Die Pionne (Gr 1-3), Jordar Fourie, Piero du Toit, Stefan van Niekerk, die Ruiters (Gr 4-5), Michael Jonker, Stefan van Schoor, Andrea Senekal en die Biskoppe (Gr 6-7), Ernest van Rensburg, Freddie Page het van die geesdrif en genot gekook!

Die uitslae? Ongelooflik goed!!!

Die langste skaakspel ooit het

20 ure en 15 minute geduur! Dit

was tussen Ivan Nikolic en Goran

Arsovic in 1989. Na 269 skuiwe

het die spel gelykop geëindig.

21

Page 24: Bruljant 2011a

Sport22

Baie geluk aan al die atlete wat so goed presteer het by Gauteng. Volgens Leeuwenhofgeskiedenis was hierdie jaar se atletiekseisoen die beste wat die skool nog ooit gevaar het. Volgende jaar gaan al die atlete net so hard moet werk soos die atletiekseisoen wat nou verby is om dieselfde resultate te bereik. Elke atleet het met al die byeenkomste hard vir hulle

plekke geveg en die vrugte daarvan op die Interlaer gepluk. Die afdeling wat volgens mnr. Boshoff, die afdelingshoof van sport, die meeste verbeter het, was die velditems. Al wat ons nou moet doen is hard werk en glo dat ons, ons eie doelwit kan bereik!

2011 se atletiekseisoen

was die beste seisoen wat Leeuwenhof nog beleef het. Die atlete het uitstekend

gevaar op al die byeenkomste. Daar was 44 atlete wat aan

die D17 kampioenskappe deelgeneem het en 7 was

Gauteng toe.

Die atlete, veral die

velditems het besonder goed presteer. Elke atleet het met al die byeenkomste hard vir hul plekke geveg

en vrugte daarvan op die Interlaer

gepluk!

Atle

te h

et o

ns verras

Ons sal baie hard

moet werk indien ons dieselfde resultate as in 2011 wil bereik. Ek glo met harde werk en vol-

harding kan ons dit meer doen.

Atletiek in 2011

Ons het baie

goed op al die byeenkomste gevaar. Leeuwenhof wen die

Interlaer met 191 punte.Uit

slae

van

byee

nkomste

AtletiekAtletiek

Hoe het die atleti ek die jaar gevaar?

23

Page 25: Bruljant 2011a

Page 26: Bruljant 2011a

fiksheidbalvaa

rdighede

Spanbou

OefenSeuns verstaan dit nie: Jy mag nie met ‘n bal hardloop nie! Hulle sal dalk kan netbal speel as hulle

by die Leeuwenhof ‘girls’ kan byhou, maar dan sal hulle bereid moet wees om van Leeupark tot by

Klein-Kariba te oefen! Die oopspanne het die naweek van 4-6 Maart ‘n oefenkamp by Klein-Kariba

bygewoon. Dit was ‘n naweek van fiksheid, vinnige voete en balvaardighede. Die ander skole kon

nie by Leeuwenhof meisies kers vashou nie en ons het koning gekraai tydens die wedstryde.

Daar was gelukkig ook tyd vir spanbou, pret en plesier. 19 moeë dogters het Klein-Kariba gegroet,

gereed om die netbalseisoen aan te pak. ‘n Groot dankie aan Juffrou Esmarie en Juffrou Tania,

dit was onvergeetlik!

Die 0/9 tot o/12 spanne het dieselfde naweek ‘n oefenkamp by Leeupark bygewoon. Daar is gesweet, geswoeg, gespring, gegooi en gehardloop. Spelpatrone het deel van die dogters se slaappatrone geword en Hop, hop spinnekop, die bal het

in die gat gehop het in ons ore gemaal!

Baie dankie vir almal se harde werk. Ons glo Leeuwenhof se netbal sal in 2011 die vrugte pluk. Onthou seuns, as julle wil byhou,

moet julle bereid wees om te oefen!

netbalnetbal

24

Page 27: Bruljant 2011a

RugbyDie rugby het hierdie jaar goed afgeskop

by die Konka

Kamp en het sommer seepglad verloop. Ons ondervind

toewyding by die seuns, ouers en afrigters van Leeuwenhof!

In tye van nood het ons ons beste gegee al het dit

bloedsweet geverg! Ek dink die rugbyspanne het hope pret

gehad en ondervinding opgedoen. Die Eerste span het hul

spesiale Eerstespanpette van Heno Mentz ontvang tydens

‘n spogaand. Dankie mnr. Disney Evans vir al die reëlings.

Meneer Jacobs het ‘n spesiale aand vir al die sportleiers

gehou waartydens die Kaptein se “kreet” bespreek is!

Dankie vir die moeite. 2011 se Rugby sal en moet in

mnr. Bezuidenhout se spogboekie kom!

Konka kampe is nou al ‘n jaarlikse instelling

by Leeuwenhof se rugby. Hier word daar

kliphard geoefen om voor te berei vir die jaar se

rugbywedstryde. Daar is ook ander aktiwiteite

soos swem, lanternbekruip en nagmars.

Hierdie kamp is kliphard!!!!

25

Page 28: Bruljant 2011a

•Atletiek - Juan du Toit, Melissa Brits in Gauteng Skole Atletiekspan, Melissa Brits: 3de plek by SA’s.

•Swem - Jesse Nielson - Gauteng Provinsiaal.•Rugby - Ligawenners: O/15, O/16 en 1ste’s;

Alle spanne in ¼-finaal vir kleinskole Beeld Trofee•Netbal - O/14. O/16, O/17 en 1ste’s speel

ISASA uitspele vir privaatskole•Karate - Wenette Jordaan WSKF SA kleure.

12, 13Aug. neem sy deel aan Wêreld- kampioenskappe in Tokio.

•Hokkie - 1ste Dogterspan 2de in liga

Water-en waatlemoenfees

open die verrigtinge by die voorskool, die jaar! Ons gly in die water, speel met jellierige, grillerige mengsels, dra water in

emmertjies, spring op waterspringkastele, eet waatlemoen dat die pitte spat! Na so ‘n natterige, prettige saamspelery, voel ons

nuwe maatjies ook sommer tuis.

Ons dagprogram hou die kleuters se aandag geboei! Van tema-besprekings oor interessante onderwerpe, kunsaktiwiteite,

wetenskapeksperimente, persepsielesse, musiek, beweging en versies, fantasiespel, opvoedkundige speelgoed, buitespel tot

een van die hoogtepunte van die dag – storietyd- werskaf ons met ywer en entoesiasme. So word klein maatjies gestimuleer en

aangespoor om tot volwaardige landsburgers te ontwikkel.

26

Page 29: Bruljant 2011a

Ons is baie opgewonde oor die Hoërskool se bouprojek wat tydens die algemene

Jaarvergadering goedgekeur is!

Ons hoop om binnekort te begin, maar droom solank groot drome oor beter fasiliteite, ons eie

skoolsaal en ‘n produk wat van uitmuntendheid getuig!

Die voorlopige kunstenaarsvoorstelling in die agtergrond laat reeds ons tone krul!.

•Atletiek - Juan du Toit, Melissa Brits in Gauteng Skole Atletiekspan, Melissa Brits: 3de plek by SA’s.

•Swem - Jesse Nielson - Gauteng Provinsiaal.•Rugby - Ligawenners: O/15, O/16 en 1ste’s;

Alle spanne in ¼-finaal vir kleinskole Beeld Trofee•Netbal - O/14. O/16, O/17 en 1ste’s speel

ISASA uitspele vir privaatskole•Karate - Wenette Jordaan WSKF SA kleure.

12, 13Aug. neem sy deel aan Wêreld- kampioenskappe in Tokio.

•Hokkie - 1ste Dogterspan 2de in liga

Ons is skerp!

Ons gaan bou !

Page 30: Bruljant 2011a

Kelner, kelner, wat soek hierdie leeu in my sop?

Hy soek seker sy brul, meneer?

Pasiënt: Dokter, dokter ek voel soos ‘n wiel.Dokter: Drink hierdie pil en kom maak môre

weer ‘n draai!

Hoekom is

Dracula so onpopulêr?

Want hy is ‘n pyn in die nek....

Wat

is

baie harig en hoes?

Wat sê die een seekat vir die ander seekat?Kom ons druk bietjie arm, arm, arm, arm, arm, arm, arm, arm...

Watter stem sing ‘n boom in die koor?

Bas !

king

-kong het eintlik net ‘n sein gesoek

...

‘ n Kokosneut met verkou

e

28

Page 31: Bruljant 2011a

28

2 1 7

6 5 3 4

9 4 3

9 3 8

6 5 1 9

1 9 2

5 8 4

1 3 9 7

4 2 9

Puzzle 1 (Medium, difficulty rating 0.47)

Generated by http://www.opensky.ca/~jdhildeb/software/sudokugen/ on Sun Jul 3 20:31:22 2011 GMT. Enjoy!

Puzzle 1 (Medium, difficulty rating 0.47)

324861975796523184581947362219638457653472819478195236935784621162359748847216593

Generated by http://www.opensky.ca/~jdhildeb/software/sudokugen/ on Sun Jul 3 20:31:22 2011 GMT. Enjoy!

VAT 5 antwoorde1. Juf. Marais 2. Mnr. Uys 3. Mnr. Jacobs 4. Juf. Byleveldt5. Juf. Laguage 6. Juf. Hood 7. Juf. v.d. Bergh 8. Juf. Uys9. Pretorius 10. Juf. v. Rooyen 11. Mnr. Evans 12. Juf. Gey v Pittius

Soek die 9 verskilleSudokuSudokuantwoord

Page 32: Bruljant 2011a

Skool open - 6 September

Individuele fotos – 9 September

Geslagsvoorligting oueraand – 15 September

Gr. 1 Opedag – 17 September

Leeufees - 15 Oktober

BRUL-Flitse

H/v Geldenhuis & AntonstraatBedfordviewPosbus 2573 Bedfordview 2008

Tel: (011) 622 1806Faks: (011) 622 1679www.leeuwenhof.co.za