adobe photoshop, adobe illustrator & adobe indesign cs5 · 2011-10-07 · * adobe photoshop cs5...

12

Upload: others

Post on 04-Jun-2020

108 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign CS5 · 2011-10-07 · * Adobe Photoshop CS5 (fotomanipulasie) * Adobe Illustrator CS5 (logo-ontwerp) * Adobe InDesign CS5 (tydskrifuitleg)
Page 2: Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign CS5 · 2011-10-07 · * Adobe Photoshop CS5 (fotomanipulasie) * Adobe Illustrator CS5 (logo-ontwerp) * Adobe InDesign CS5 (tydskrifuitleg)

The world is but a canvas to the imagination 3 Algemene inligting 3,4 Tekenkuns vlak 1 & 2 6Skilderkuns algemeen 7Skilderkuns vlak 1,2 & 3 8Rekenaarsagteware: 9 Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign CS5Grafiese ontwerp vlak 1 9Webbladontwerp vlak 1 & 2 10Fotografie vlak 1 (Inleiding tot fotografie) 11Fotografie vlak 2 (Gevorderde fotografie) 12Sagteware vir digitale fotografie: Adobe Photoshop CS5 12Fotografie: besigheidspraktyk 13Fotografiewaardering en -geskiedenis 13Kuns en filmwaardering 14Drama ADK 15Drama vlak 1 en 2 16Binneversiering 17Kreatiewe onthaal 17Inleiding tot modeontwerp 18Videowerkswinkel 19Sagtewarewerkswinkels 20Bankbesonderhede & registrasievorm 21-22

INHOUD ONTWERP DEUR GÜTE IMMELMAN & JEAN LE CLUS-THERON

Page 3: Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign CS5 · 2011-10-07 · * Adobe Photoshop CS5 (fotomanipulasie) * Adobe Illustrator CS5 (logo-ontwerp) * Adobe InDesign CS5 (tydskrifuitleg)

THE WORLD IS BUT A CANVAS TO THE IMAGINATIOIN -Henry David Thoreau

3

KreatiwiteitsentrumDie Kreatiwiteitsentrum strewe daarna om die wêreld te verbeter. Nie deur die armes te voer of die kweekhuisgasse te verminder nie (alhoewel dit ook vir ons belangrik is). Ons wil die wêreld vir jou aanbied as ‘n wit doek waarop jy met jou verbeelding kosbare beelde kan skep. Ons wil jou help om jou kreatiewe talent te ontwikkel en te koester.

Die Kreatiwiteitsentrum strewe daarna om kreatiewe opleiding van die hoogste gehalte te verskaf, sodat jy jou talent kan ontwikkel en ‘n verskil kan maak. Ons wil toesien dat jou werk van die beste gehalte is – of jy nou jou buurman se muur met graffiti wil versier, of jou werk aan die wêreld wil uitstuur. Ons wil trots wees as ons naam op jou CV verskyn – en ons wil ook nie hê jy moet minderwaardig voel in die geselskap van jou vriende wat by ‘n private instansie in Johannesburg studeer het nie.

Ons hou al die nuutste nasionale en internasionale neigings dop en ons probeer ons bes om dit aan jou beskikbaar te stel. Praktiese kennis is vir ons belangrik en ons wil jou dinge leer wat jy in die bedryf kan gebruik.

Tydsduur van kursusse* Alle kursusse, behalwe waar anders aangedui, begin in April en duur tot Oktober.* Inligting oor die kursusdae en -tye kan gevind word by die uiteensettings. Slegs Drama ADK word aangebied tydens universiteitvakansies.* Alle klasse, behalwe waar anders aangedui, is geskeduleer van 18:00-20:00 en begin in die week van die 4de April.

KursusmateriaalKursusgangers is verantwoordelik vir die aankoop van die nodige materiaal – dit is dus nie ingesluit by die kursusfooi nie. ‘n Materiaallys sal tydens jou eerste klas aan jou gegee word.

SertifikateKursusgangers ontvang IKAS- goedgekeurde sertifikate aan die einde van hul kursus by die sentrum se jaaruitstalling. Kursusgangers wat nie aan die minimum- vereistes van die sertifikaat voldoen nie, maar wat 70% van die klasse bygewoon het, sal ‘n bywoningsertifikaat ontvang. Kursusgangers wat uitstekend gevaar het deur die jaar sal beloon word met ‘n lof- sertifikaat.

AssesseringKursusgangers moet aan vasgestelde minimumvereistes voldoen om te kwalifiseer vir ‘n sertifikaat. Die aard van assesseringsprosedures word deur elke dosent bepaal.

Jaaruitstalling & kunswerkeDie uitstalling word gehou begin Nov. 2011. Een werk per kursusganger word uitgestal, en een gas per kursusganger. Koste vir ektra gaste is R20pp. Die uitstalling is oop vir die publiek vir 1 week. Werke kan afgehaal word na afloop van die uitstalling. Indien werke en sertifikate nie afgehaal word voor 31 Maart 2012 in gebou F2 G05 nie sal dit die besit word van die sentrum. Alle kunswerke in hierdie boekie is geskep deur vorige kursusgangers. Deur inskrywing van ‘n kursus gee die kursusganger die kreatiwiteitsentrum toestemming om gekose werke te gebruik vir beeldmateriaal in komende prospektusse en advertensies.

Professionele sertifikate in ...Fotografiepraktyk:Die kurrikulum bestaan uit die volgende:* Fotografie vlak 1 (Inleiding tot fotografie)* Fotografie vlak 2 (Gevorderde fotografie)* Sagteware vir digitale fotografie * Fotografiewaardering en -geskiedenis* Fotografie: Besigheidspraktyk

Grafiese ontwerppraktykDie kurrikulum bestaan uit die volgende:*Grafiese ontwerp (vlak 1)*Rekenaarsagteware (Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign)Enige drie van die volgende: *Tekenkuns *Webbladontwerp (vlak 1/2)*Fotografie (vlak 1/2)Alle kursusse moet suksesvol voltooi word om te kwalifiseer vir ’n Professionele Sertifikaat.

Toelating tot rekenaarlokaleToegang tot die rekenaarlokale in die Perskor-sentrum (F20) vir die kursusse Rekenaarsagteware, Webbladontwerp, Sagteware vir digitale fotografie en Grafiese ontwerp moet voor die kursus begin gereël word. Beskermingsdienste (018 299 2209) van die NWU reik diverse toegangskaarte uit vir die draaihek in die Perskor-sentrum. Prosedure:1. Kry ‘n brief by Jean wat bevestig dat jy ingeskryf is vir die besondere kursus. 2. Neem brief na Beskermingsdienste en kry ‘n diverse kaart (koste: R40).2. Verskaf die kaartnommer aan Jean sodat sy dit kan aktiveer. 3. As jy reeds ‘n studente/diverse kaart het, skryf dit op jou registrasievorm sodat dit geaktiveer kan word.

Page 4: Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign CS5 · 2011-10-07 · * Adobe Photoshop CS5 (fotomanipulasie) * Adobe Illustrator CS5 (logo-ontwerp) * Adobe InDesign CS5 (tydskrifuitleg)

TEKENKUNS vlak 112 April tot Oktober (40 ure)

Dinsdag 17:30 tot 20:30 Gebou F2, kamer G16

Aangebied deur Jean LampenR1550

Die kursus is gerig op persone wat vaardighede in tekenkuns wil ontwikkel. Elke kursusganger se spesifieke vlak van intreekennis sal deur die kursusaanbieder in ag geneem word.

KursusinhoudIn hierdie kursus sal gevorderde tekentegnieke bemeester word. Die klem word gelê op gevorderde perseptuele akkuraatheid en waarnemingstudies, die verkenning van ekspressiewe lyngebruik en merktegnieke, sowel as tonaliteite.

Kursusuitkomste Na afloop van die kursus moet die kursusganger ‘n gevorderde begrip toon vir vormtaalelemente soos driedimensionele vormgewing, lig- en skaduwerking, arseertegnieke en perspektiefbeginsels.Die kursusganger moet tekenmediums soos potlood, houtskool en inkpen met gevorderde vaardigheid kan hanteer.

Tekenkuns word beskou as die grondslag van alle visuele kunsdissiplines en dit speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van waarnemingsvermoëns.

TEKENKUNS vlak 214 April tot Oktober (40 ure)Donderdag 17:30 tot 20:30

Gebou F2, kamer G16Aangebied deur Ian & Carina Marley

R1550

Hierdie kursus is gerig op persone wat reeds ‘n algemene kennis van tekenkuns het. Persone wat reeds ‘n kursus in tekenkuns geloop het (soos Tekenkuns vlak 1) kan met hierdie kursus voortbou op hul kennis en vaardighede. Die kursus is daarop gerig om die kursusganger se individuele styltegniek te ontwikkel.

Kursusuitkomste* Kreatiewe gebruike van vormtaalelemente* Ontwikkeling van kreatiewe oplossings* Selfvertroue om driedimensionele onder-werpe akkuraat op ‘n tweedimensionele op-pervlak weer te gee* Beginsels van perspektief kan toepas* Kommentaar lewer oor eie tydse kwessies d.m.v tekenkuns

65

LOUIS BARRY

Page 5: Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign CS5 · 2011-10-07 · * Adobe Photoshop CS5 (fotomanipulasie) * Adobe Illustrator CS5 (logo-ontwerp) * Adobe InDesign CS5 (tydskrifuitleg)

SKILDERKUNS ALGEMEEN5 April tot Oktober (40 ure)

Dinsdag 09:00 tot 12:00 Gebou F2, kamer G16

Aangebied deur Marna de Wet R1550

KursusuitkomsteDie kursus is gerig op enige persoon wat wil begin skilder of wat reeds kan skilder. In hierdie klas kan elke kur-susganger vorder op sy, of haar eie vlak en tempo. Kursusuitkomstes kan toegepas word op vlak 1, 2 en 3, af-hangende van die kursusganger se vlak van skildervaardigheid. ‘n Basiese tekenagtergrond is ‘n voorvereiste (bv. Tekenkuns vlak 1).

8

NELLIE LAUBSCHER

SKILDERKUNS vlak 113 April tot Oktober (40 ure)Woensdag 17:30 tot 20:30

Gebou F2, kamer G16Aangebied deur Marina Koeleman

R1550

Hierdie kursus is gerig op enige persoon met ‘n belangstelling in skildertegnieke en wat sy/haar kennis en vaardighede wil ontwikkel. ‘n Basiese tekenagtergrond is ‘n voorvereiste (bv. Tekenkuns vlak 1).

Kursusuitkomste* Die kursusganger word bekendgestel aan die basiese skildertegnieke met olieverf as medium, ‘n inleiding tot die karaktereiens-kappe van hierdie medium en die tegnieke wat daarmee aangewend kan word. * Basiese kleurbeginsels: Die kursusganger word bekendgestel aan die kleurwiel, kor-rekte kleurvermenging, die assosiasie van kleur en die skep van volume, diepte en vorm. * Die kursusganger word blootgestel aan die geskiedkundige ontwikkeling van skilderkuns, asook die meesters se tegnieke.

SKILDERKUNS vlak 2/311 April tot Oktober (40 ure)

Maandag 17:30 tot 20:30 Gebou F2, kamer G16

Aangebied deur Elna VenterR1550

Voorvereistes: Basiese teken- en skildervaar-dighede (bv. Teken vlak 1 en Skilder vlak 1)

Vlak 2: Gerig op persone wat reeds ‘n al-gemene kennis van skilderkuns en olieverf as medium het. Studente kan met hierdie kur-sus voortbou op hul kennis en vaardighede.*Die kursusganger word ingelei tot ’n meer eksperimentele fase met die oog op verdere uitbreiding van sy/haar tegnieke, die gebruik van kleur, die gebruik van mediums, sowel as konseptuele denke. Die kursusganger word aangemoedig om style en mediums te kombineer en ‘n vryheid van uitdrukking word aangemoedig.Vlak 3: Gerig op dié wat reeds vaardig is en Skilderkuns vlak 2 voltooi het. Die kursus-ganger word gehelp om ‘n eie styl te ontwik-kel en om te konseptualiseer, voortdurend vernuwend te dink en te eksperimenteer. In hierdie kursus sal die kursusganger die vry-heid hê om onder leiding van die aanbieder te ontwikkel tot ‘n kunstenaar in eie reg.

Vlak 2 & 3 projekte:* Stillewe * Landskap * Selfportret * Figuurstudie * Eie keuse

Page 6: Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign CS5 · 2011-10-07 · * Adobe Photoshop CS5 (fotomanipulasie) * Adobe Illustrator CS5 (logo-ontwerp) * Adobe InDesign CS5 (tydskrifuitleg)

REKENAARSAGTEWARE7 April tot Oktober (18 weke)Donderdag 18:00 tot 20:00

Gebou F20, Perskor-rekenaarlokaalAanbieders: Karen Groenewald &

Karin JoubertR2200 of R850 per sagtewareprogram

Hierdie kursus is gerig op persone met ‘n belangstelling in grafiese ontwerp wat sagteware wil gebruik om ontwerpe te genereer, en ook om beelde en foto’s te manipuleer. Kursusgangers moet rekenaargeletterd wees. Die kursus word in drie gedeel:

* Adobe Photoshop CS5 (fotomanipulasie)* Adobe Illustrator CS5 (logo-ontwerp) * Adobe InDesign CS5 (tydskrifuitleg)

WEBBLADONTWERP vlak 15 April tot Mei (6 weke; 26 ure)

Dinsdag 17:30 tot 20:30Saterdag 9 April 9:00-13:00Saterdag 21 Mei 9:00-13:00

Gebou F20, Perskor-rekenaarlokaalAangebied deur Elrie Visser

R1700

Rekenaaragtergrond is ‘n voorvereiste. Adobe Photoshop CS5 word aangeleer/opgeknap op Saterdag 9 April. Saterdag 21 Mei word gebruik vir afronding van die webblad-ontwerp.

Kursusinhoud en -uitkomste* Die aanleer van basiese HTML-, CSS- en webontwerpbeginsels.* Die beplanning (tegnies en esteties), bou en onderhoud van ‘n webtuiste en die pub-lisering daarvan op die internet. * Die aanleer van Adobe Dreamweaver CS4.* Kursusgangers sal aan die einde van die kursus ‘n suksesvolle, werkende webtuiste kan skep en publiseer op die internet.

WEBBLADONTWERP vlak 2 19 Julie tot Okt (12 weke; 24 ure)

Dinsdag 18:00 tot 20:00 Gebou F20, Perskor-rekenaarlokaal

Aangebied deur Elrie Visser R1700

Persone wat vir hierdie kursus inskryf moet reeds oor kennis beskik van basiese webbladontwerp, soos behandel op vlak 1. Dit sluit Adobe Photoshop, HTML, CSS en Dreamweaver in.

Kursusinhoud en -uitkomste* Die aanleer van Adobe Flash CS4* Die aanleer van ActionScript 2.0* Integreer Adobe Flash, -Dreamweaver en -Photoshop in ‘n webblad.* Aan die einde van die kursus sal die kursusganger ‘n meer gevorderder HTML- webtuiste kan integreer met Adobe Dreamweaver en -Flash.

GRAFIESE ONTWERP vlak 113 April tot Oktober (40 ure)Woensdag 18:00 tot 20:00

Gebou F2 G10/F20 Perskor-rekenaarlokaalAangebied deur Karin Joubert

R1800

Die kursus is gerig op persone wat ‘n belangstelling in grafiese ontwerp het en wat self wil leer ontwerp.

* Inleiding tot grafiese ontwerp, ontwerpbeginsels en -dissiplines* Ontwikkeling van konseptualiserings-vermoë* Inleiding tot tipografie* Inleiding tot korporatiewe ontwerp* Aanleer van basiese rekenaarvaardighede in Adobe Illustrator CS5

Die doel is om die kursusganger:* vertroud te maak met die elemente van grafiese ontwerp;* die basiese ontwerpbeginsels te leer om visueel te kan kommunikeer; * te leer om ‘n onderskeid te tref tussen suksesvolle en onsuksesvolle ontwerpe;* in staat te stel om ‘n geslaagde ontwerp te genereer;* ‘n basiese begrip te gee van grafiese ontwerp in die praktyk; en* ‘n basiese agtergrond te gee van drukprosesse en hoe om ‘n ontwerp drukgereed te kry. 10

Page 7: Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign CS5 · 2011-10-07 · * Adobe Photoshop CS5 (fotomanipulasie) * Adobe Illustrator CS5 (logo-ontwerp) * Adobe InDesign CS5 (tydskrifuitleg)

14 12 FOTOGRAFIE

RUAN KRUGER

Die kursus is gerig op persone met ‘n belangstelling in fotografie (stokperdjie of beroepsgerig). In hierdie kursus leer die kursusganger die basiese beginsels van fotografie en hoe om ‘n kamera te gebuik. Die besit van ‘n 35mm SLR-kamera is ‘n voorvereiste. Kursusgangers moet ook ‘n A4 flip file aankoop wat sal dien as portefeulje van die jaar se werk.

Kursusinhoud en -uitkomste* Om die kursusganger vertroud te maak met die basiese werking van die SLR-kamera.* Bekendstelling van die hoofvelde van fotografie deur middel van praktiese opdragte.* Onderrig in die beginsels en estetiese aspekte van goeie fotografie.* Ontwikkel vaardighede om beter foto’s te neem* Verskeie uitstappies vir praktiese sesssiesNa afloop van die kursus moet die kursusganger ‘n portefeulje indien met die volgende foto’s: * Portret (formeel, informeel en aksie)* Landskapfotografie* Stillewe* Makro* Natuurfotografie* Argitektoniese fotografie* Nagfotografie

Kursusgangers moet aan die begin kies by watter een van die twee klasse hulle elke week gaan inskakel. Dui op die registrasievorm duidelik aan watter aand sessie jy gaan bywoon.

FOTOGRAFIE vlak 1 (Inleiding tot fotografie)

4/7 April tot Oktober (40 ure)Maandag 18:00 tot 20:00

Donderdag 18:00 tot 20:00Aanbieders: Hesmé Schoeman (Maandag) &

Lezeth vd Walt (Donderdag) Gebou F2, kamer G13

R1850

FOTOGRAFIE vlak 2 (Gevorderd)5 April tot Oktober (40 ure)

Dinsdag 18:00 tot 20:00 Gebou F2, kamer G13

Aangebied deur Adriaan vd WaltR1900

Die inhoud van die kursus is gemik op per-sone wat oor ‘n basiese kennis van foto-grafie beskik (Fotografie vlak 1). Tydens die eerste les gaan ‘n teoretiese en praktiese toets afgelê word ter bevestiging van ger-eedheid vir vlak 2. Indien dit blyk dat jy nie heeltemal gereed is nie, sal vlak 1 geneem moet word. Die kursusganger moet ‘n SLR-kamera (film of digitaal), flits en driepootstaander hê.

Die volgende aspekte word behandel:* Hersiening van beginsels van fotografie* Wat maak ‘n foto suksesvol?* Portretfotografie* Ateljeefotografie* Beligting en ligmeters* Filters en lense* Kunsfotografie* Kommersiële fotografie**Verskeie uitstappies gaan gereël word vir praktiese uitstappies.

SAGTEWARE VIR DIGITALE FOTOGRAFIE4 April tot Oktober (40 ure)Maandag 18:00 tot 20:00

Gebou F20, Perskor-rekenaarlokaalAangebied deur Karen Groenewald

R2000

Hierdie kursus is gerig op enige persoon met ‘n belangstelling in digitale fotografie en wat foto’s wil manupileer met die sagtewareprogram Adobe Photoshop. Geen kennis van Photoshop is nodig vir toelating tot die kursus nie. Kursusgangers moet egter ‘n digitale kamera (groter as vyf megapixels) besit.

Kursusinhoud en -uitkomsteDie inhoud van hierdie kursus bied die kursusganger die geleentheid om op ‘n praktiese wyse kennis te maak met digitale fotografie. Kursusgangers leer hoe om foto’s op te knap en te manipuleer met Adobe Photoshop CS5. Basiese fotografietegnieke en -beginsels word ook behandel.

Tegnieke wat onder meer aangeleer word:* Die neem van panoramafoto’s * Die herstel van ou en geskeurde foto’s* Die herstel van kleur * Hoe om foto’s drukgereed te maak* Fotografiebeginsels

Page 8: Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign CS5 · 2011-10-07 · * Adobe Photoshop CS5 (fotomanipulasie) * Adobe Illustrator CS5 (logo-ontwerp) * Adobe InDesign CS5 (tydskrifuitleg)

1613

AIMEÉ ENGELBRECHT

21 Julie tot September (6-8 weke) Donderdag 18:00 tot 20:00

Gebou F2, Kamer G10Aangebied deur Prof. John Botha

R800Leer hoe om foto’s krities te evalueer en waardeer. Kursusinhoud en -uitkomste* Die vroeë ontwikkeling van fotografie: Camera Obscura tot die laat 18de eeu.* Vroeg 19de eeu: Niepce en Daguerre, asook die kamerarevolusie.* Ander baanbrekers soos Kodak, Eastman, Talbot en Nadar. Die belangrike bydraes van Marey en Muybridge.* Film en inkleding: Thomas Eakins, Dorothea Lange, Ansell Adams, Man Ray.* Surrealiste, Sue Hartke, Stuart Franklin, John Heartfield.* Kontemporêre verwikkelinge, 1940 tot 1990. Fotografie teen die einde van die 20ste eeu. Digitale fotografie.* Die kursusganger sal na afloop van hierdie kursus oor ‘n goeie oorsigtelike kennis van die vroeë ontwikkeling van fotografie tot en met die vroeg 21ste eeu beskik.* Die kursusganger sal oor die vermoë beskik om foto’s te evalueer en meer volledig te waardeer. * Fotograwe sal die kennis prakties kan toepas.

Die kursus is gerig op enige persoon wat graag ‘n eie fotografie-onderneming wil begin. Kursusinhoud* Besigheidsbegrippe, finansiële beplanning, bestuurspraktyke en bemarkingstrategieë.* Regsaspekte soos kontrakte, handelsmerke, patente en kopiereg.* Aanbieding van werk: portefeuljes en tentoonstellings.* Inligting oor die inrig van ‘n ateljee. * Apparatuur, toerusting en materiaal.* Hoe om jouself te bemark en suksesvol met kli ënte te werk.

FOTOGRAFIE BESIGHEIDSPRAKTYK20 Julie tot Augustus (6 weke, 12 ure)

Woensdag 18:00 tot 20:00 Gebou F2, kamer G10

Aanbieders sal aangewys word R800

EN -GESKIEDENISFOTOGRAFIEWAARDERING KUNS- EN FILMWAARDERING

5 April tot Oktober (40 ure)Dinsdag vanaf 18:00

Gebou F2, kamer G10Aangebied deur Prof. John Botha

R1450

Gerig op persone met ‘n onversadigbare belangstelling in die kunste, met die klem op die rolprentbedryf. Spesifieke belangstelling van die kursusgangers word in ag geneem met rolprente, kunssoorte en kunswerke wat behandel word.Die eerste halfuur van elke klas word bestee aan ‘n bespreking van die tema bv. Ekspressionisme. Eers word aan die hand van visuele kunswerke verduidelik wat met die begrip bedoel word; dit word aktueel uitgebeeld deur na historiese en kontemporêre voorbeelde te kyk. Daarna bespreek die groep ‘n rolprentsnit. Die volgende rolprente word onder meer gedeeltelik vertoon en bespreek:*Orson Welles: Citizen Kane *Robert Wiene: The Cabinet of Dr. Caligari *Sergei Eisenstein: The Battleship Potemkin *Katinka Heyns: Die Storie van Klara Viljee *Krzystof Kieslowski: Three Co-lours Blue *Roberto Rossellini: Rome Open City *Ingmar Bergman: The Seventh Seal *John Ford: The Grapes of Wrath *Alfred Hitchcock: Vertigo *Jean-Pierre Jeunet: Amelie *Jean Renoir: La Regle du Jeu (The Rules of the Game) *Akira Kurosawa: The Seven Samurai (Direk daarna: en-kele snitte uit The Magnificent Seven) *Vincente Minelli: An American in Paris *The Scent of Green Papayas / Battle of Algiers /Picnic at Hanging Rock

Page 9: Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign CS5 · 2011-10-07 · * Adobe Photoshop CS5 (fotomanipulasie) * Adobe Illustrator CS5 (logo-ontwerp) * Adobe InDesign CS5 (tydskrifuitleg)

18

Deur monoloë, samesprake, gedramatiseerde prosa, poësie, stemoefening, mimiek en improvisasie en ‘n kort kamerakursus in die derde jaar, word jy afgerond om al die vereisters vir optrede in die vermaaklikheidswêreld te leer.

Tydens die April- en Julie- universiteits- vakansies word een werkswinkel van 9-12 aangebied.

Praktiese eksamens waar jy ‘n program moet aanbied vind einde Oktober plaas en eksaminering word voor regisseurs of spelers in die bedryf afgelê.

Die ADK is in 1939 gestig en tans is die direkteure Milla Louw, Frans Marx, Wilna Snyman en Franciska van der Merwe. Groot name in die bedryf soos Marius Weyers, Henry Mylne, David Rees ens. is oud- ADK- lede.

DRAMA ADK vlak 1, 2 en 3 ADK (AKADEMIE VIR DRAMAKUNS)

Februarie tot November

Tye geskeduleer volgens studente Gebou F20 uitstallokaal

Aangebied deur Franciska vd Merwe R5000 (R2500*2)

Kontak Franciska by 082 781 8032 aangaande toelating en onderhoude

Sluitingsdatum: 18 Februarie

Deeltydse ADK (Akademie vir Dramakuns) diploma van 4 jaar (vir studente of volwassenes) asook ‘n junior ADK drama- diploma van 3 jaar (vir hoërskoolleerlinge).

Die ADK -diploma sluit die volgende in:*een uur per week les (maksimum 2 studente in ‘n klas)*een uur per week groepklas (behandeling van referate, teorie, kritieklesse, toneelstukke en dies meer)

DRAMA vlak 213 April tot Oktober (16 weke)

Woensdag 17:00 tot 19:00 Cachet-kleinteater

Aangebied deur Jacques HoltonR1700

Kursusinhoud

Drama vlak 2 bestaan uit dieselfde inhoud as Drama vlak 1, maar dit word op ‘n meer gevorderde basis behandel. Die kursus is gerig op studente wat wil voortbou op hul kennis en vaardighede. Kursusgangers gaan tekste in diepte analiseer en vertolk en aan die einde van die jaar ‘n toneelstuk op die planke bring. Baie individuele aandag word aan studente gebied.

DRAMA vlak 113 April tot Oktober (16 weke)

Woensdag 19:00 tot 21:00 Cachet-kleinteater

Aangebied deur Jacques HoltonR1700

Die dramakursus is gerig op enige persoon wat belangstel in drama (veral teater).

Kursusinhoud

Die volgende aspekte word behandel: * toneelspeltegnieke * liggaamwerk* stemwerk * mimiek * regie* teatergeskiedenis * choreografie* teksanalise * karakteranalise* monoloog * dialoog * toneelwerk

Indien daar nie genoeg mense inskryf vir Drama vlak 2 nie sal die Drama vlak 1 kur-sus se tyd verskuif na 18:00-20:00.

1615 DRAMA

Page 10: Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign CS5 · 2011-10-07 · * Adobe Photoshop CS5 (fotomanipulasie) * Adobe Illustrator CS5 (logo-ontwerp) * Adobe InDesign CS5 (tydskrifuitleg)

20

KREATIEWE ONTHAALSes weke (18, 25 Julie

1, 15, 22, 29 Aug)Maandag 18:00 tot 20:00

Aangebied by Christa Galli deur Berglau R1500

Hierdie kursus is gerig op persone wat belangstel in kreatiewe onthaaltegnieke en hul kennis en vaardigheid daarin wil ontwikkel. Persone wat wil inskryf, hoef geen voorafkennis te hê nie.

1: Gange en onthale: Ontbyt, laat ontbyt, noenmale, ligte middagete, piekniek, braai en tee en koffie.2: Gange en onthale: Hors d‘oevres, buffetetes, formele etes en skemerkelkies.3: Onthaaletiket: Uitnodigings, die ideale gasvrou, gasheer en gas. Spyskaartbeplanning: Keuse van geregte, balans van kossoorte en vele meer.4: Tafeldektegnieke: Kreatiewe maniere van dek vir verskillende geleenthede, gebruik van servette, breekware en ander tafelversierings om die regte atmosfeer te skep.5: Garnering, sowel as blom- en tafelversierings6: Wynwaardering en -bediening: Die bediening van wyn en die regte gebruik van verskillende soorte glase saam met ‘n ete maak dadelik van ‘n gewone maaltyd ‘n gesellige geleentheid.

INLEIDING TOT MODEONTWERP(20 uur kursus)

*EERSTE AANBIEDING: 8-16 April Vrydag 8 en 15 April 18:00 tot 21:00 Saterdag 9 en 16 April 9:00 tot 17:00

*TWEEDE AANBIEDING: 22-30 Julie Vrydag 22 en 29 Julie 18:00 tot 21:00 Saterdag 23 en 30 Julie 9:00 tot 17:00

Gebou F2, kamer G13 & G04Aangebied deur Carina Louw

R850

Die kursus in gemik op enige persoon wat belangstel in modeontwerp en wat graag in die bedryf wil werk. Alle aspekte van modeontwerp word behandel, soos die ontwerp van reekse, asook hoe om soos ‘n ontwerper te teken. Die kursus fokus op teorie én toepassing.

Kursusinhoud*Werksgeleenthede*Waar kan ‘n mens modeontwerp gaan studeer?*Hoe werk die bedryf?*Hoe om ‘n moodboard saam te stel*Aspekte soos materiaal, teken en ontwerp

Hoe om jou portefeulje saam te stelHoe om ‘n reeks te ontwikkel en ontwerp.

BINNEVERSIERING vlak 113 April tot Oktober (40 ure)Woensdag 18:00 tot 20:00

Gebou F2, kamer G13 & G04Aangebied deur Tanya van Jaarsveld

R2300 (insluitend handboek, mosaïek-, verftegnieke & blomversieringpakkette)

Gerig op persone wat hul kunskennis en -vaardigheid in binneshuise ontwerp wil ontwikkel en uitbrei. Die fokus is op residensiële woonruimtes. * Basiese ontwerpbeginsels: Die gebruik van balans, ritme, beklemtoning, harmonie, skaal en proporsie in binneontwerp.* Binneversieringselemente: Die kreatiewe hantering van ruimte, vorm, lyn en tekstuur.* Die kreatiewe gebruik van kleur en beligting: Beplanning en keuse van kleur, asook die optimale benutting van lig.* Basiese komponente van binneversiering: Vloere, mure, plafonne, vensters, deure, meubels en bykomstighede.* Kreatiewe verftegnieke: Voorbereiding en hantering van verfoppervlaktes, asook die skep van dekoratiewe verfeffekte.* Vernuwing en hergebruik van meubels: Dekoratiewe tegnieke en afwerkings op ou bestaande meubels.* Kreatiewe uitleg van woonruimtes: Sosiale sones, werks- en ondersteuningsareas, asook privaatruimtes.

WERKSWINKELS 1817

ANNERINE MULLER

Page 11: Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign CS5 · 2011-10-07 · * Adobe Photoshop CS5 (fotomanipulasie) * Adobe Illustrator CS5 (logo-ontwerp) * Adobe InDesign CS5 (tydskrifuitleg)

ADOBE PHOTOSHOP CS57 Mei of 13 Augustus

Saterdag 9:00 tot 13:00 Gebou F20, Perskor-rekenaarlokaalAangebied deur Karen Groenewald

R500Die basiese beginsels van Adobe Photoshop CS5 word aangeleer. Met die program kan jy onder andere foto’s manipuleer. Kursus-gangers moet rekenaargeletterd wees.

ADOBE ILLUSTRATOR CS5 28 Mei of 10 September Saterdag 9:00 tot 13:00

Gebou F20, Perskor-rekenaarlokaalAanbieder sal aangewys word

R500Die basiese beginsels van die pakket word aangeleer. Met Illustrator kan jy logo’s, besigheidskaartjies en briefhoofde ontwerp. Kursusgangers moet rekenaargeletterd wees.

ADOBE INDESIGN CS514 Mei of 3 SeptemberSaterdag 9:00 tot 16:00

Gebou F20, Perskor-rekenaarlokaalAangebied deur Karin Joubert

R1000 Leer die basiese beginsels van die pakket. Met die program kan jy brosjures, koerante en tydskrifte uitlê. Kursusgangers moet rekenaargeletterd wees.

SAGTEWAREWERKSWINKELS

VIDEOWERKSWINKELFINAL CUT PRO / iMOVIE

Hierdie werkswinkel word vier keer die jaar aangebied: 16 April11 Junie2 Julie

17 SeptemberSaterdag 9:00 tot 18:00

Gebou F2, Mac lokaal k101Aangebied deur Wessie vd Westhuizen

R1000

2019

Kursusuitleg:Hierdie een dag kursus is gerig op persone wat wil leer hoe om ‘n videokamera suksesvol te gebruik en die video oor te plaas op DVD- formaat d.m.v rekenaarsagteware.

Alhoewel dit nie ‘n voorvereiste is nie kan die kursusganger sy eie digitale “HANDHELD” Kamera wat op DVD, Hardeskyf of flashstick/memory stick kan skiet, saambring met alle kabels wat gepaardgaan met die kamera.

Vir diegene wat nie beskik oor ‘n videokamera nie, sal kameras beskikbaar wees om mee te werk tydens die werkswinkel. Daar sal ook video snitte beskikbaar wees om mee te werk op die rekenaars.

Sessie 1: Praktiese videowerk• Hantering van videokamera• Film- en videoformate• Video-estitika• Redigering-estitika

Sessie 2: Digitale omskakeling van video• Basiese sagteware-opleiding in Apple Final Cut Pro en iMovie• Redigeringstegnieke en videoproduksie op die iMac• Basiese tegniese redigering• Finalisering van videowerk en formatering vir hoë-definiese televisie en DVD-toepassings deur middel van iDVD.

Maksimum aantal inskrywings: 12

Page 12: Adobe Photoshop, Adobe Illustrator & Adobe InDesign CS5 · 2011-10-07 · * Adobe Photoshop CS5 (fotomanipulasie) * Adobe Illustrator CS5 (logo-ontwerp) * Adobe InDesign CS5 (tydskrifuitleg)

REGISTRASIEVORM

Titel

Van

Voorletters

Noemnaam

Huistaal

ID-nommer

Posadres

Kode

Tel. ( )

Sel. ( )

E-pos adres

Studentenommer/ Diverse kaartnommer

Sertifikaat afr/eng ?

Kursus(se) waarvoor u registreer

Handtekening (ek verstaan al die

voorwaardes van registrasie, en bl. 3 & 4 )

21 22

Hoe om te registreer:

Registreer voor of op 31 Maart 2011 (werkswinkels se sluitingsdatum is een week voor die datum van aanbieding). 10% heff-ing op die fooi geld vir laat registrasies .

Betalingsprosedure: 1) Betaal die kursusgeld by kassiere in die administrasiegebou (Joon van Rooy, Gebou F1) in die volgende kost-estring: 01.45401.57728.3.S497600. Verstrek asseblief jou voorletters en van.

2) Inbetalings kan ook by die bank of met die internet gedoen word: ABSA, TomstraatTakkode: 335138 Rekeningnommer: 670642313 Krediteur: PUK nr. 3, NWU, Potchefstroom.Gebruik jou voorletters en van, asook 45401, as verwysing, bv. P Swanepoel 45401.

Bring, faks of e-pos jou registrasievorm asook die bewys van betaling aan Jean le Clus, kamer G05, gebou F2. Registrasie is eers voldoende wanneer beide die registrasievorm en bewys van betaling ontvang is.

Voorwaardes vir registrasie:

* Die Kreatiwiteitsentrum behou die reg om ‘n kursus te kanselleer indien onvoldoende registrasie ontvang word. In so ’n geval sal alle kursusgangers in kennis gestel word en alle gelde sal terugbetaal word.

* Kansellasies sal tot 10 werksdae voor ‘n betrokke kursus begin (5 dae vir werkswin-kels), aanvaar word en gelde sal terugbetaal word (20% administrasiefooi). In die geval waar u nie tien werksdae voor die kursus in aanvang neem kanselleer nie, sal u geld nie aan u terugbetaal word nie.

* Onvoorsiende omstandighede kan tot gevolg hê dat iemand anders die kursus aanbied.

* Besondere vereistes word gestel ten opsigte van die minimum en maksimum aantal inskrywings per kursus. ‘n Vasgestelde aantal kursusgangers moet inskryf alvorens ’n kursus aangebied kan word. Indien al die plekke gevul is, sal geen verdere registrasies toegelaat word nie.